Oasis Holiday Resort
0.4km from Uvongo, KwaZulu-Natal, South Africa
Ratings & Reviews
12
Total Ratings: 12
12 0
The following Resort Ratings are from individuals and do not
necessarily reflect the views of CaravanParks.com or its representatives.
necessarily reflect the views of CaravanParks.com or its representatives.
27 January 2025 Relaxed Camper - Gauteng Type of Resort: Quiet and mature without children
Die toegang roete na hierdie oord is teerpad....tot by jou staanplek, so is maklik bereikbaar met enige sleep kombinasie. Die oord is in Uvongo gelee met n gerieflike stap afstand na die hoof swemstrand. Die oord bied nie vermaak aan nie, maar die doel van n kus oord is om die see en strande te geniet. Die vriendelikheid van personeel is uistaande en is vreeslik behulpsaam. Wilhelm die eienaar het my gehelp om my kamp staanplek staande te kry en met vertrek het hy nie geskroom om my in gietende reen te help om karavaan gehak te kry nie.....weereens baie dankie Wilhelm! Die ablusies was n plesier om te gebruik. Dit was die hele tyd oragtig skoon gewees en het ook elke keer heerlik warm gestort. Ook baie netjiese opwas geriewe en wasmasjien vir klere was. Ons het deurgaans veilig gevoel. Jy kry by aankoms n remote vir die elektriese motorhek. Die atmosfeer in die oord was absoluut heerlik gewees. Mede kampeerders was almal baie vriendelik en bedagsaam. Daar is ook klompie langstaan kampeerders daar wat al soos n familie gevorm het.....so groot vriende daar geword. Hulle het ons die Saterdag aand genooi vir n gesellige oord braai. Ons het regtig lekker gekuier saam met hulle. Op die oord word daar ys, hout, roomys en nog paar items verkoop, maar as jy ander kruideniersware benodig, is Spar en Tops loopafstand van die oord. Daar is ook klompie heerlike restaurante binne loop afstand van die oord. Ons gunsteling was Larry's wat eers in Margate was.....ons geniet hul pizzas en seekos, die uitsig vanuit restaurant is pragtig. Daar is heelwat om te doen in omgewing....Shelly beach met hul visvang trips en dolfyn kyk toere is baie gewild. Oribi gorge is minder as n uur se ry....die pragtigste natuur met baie aktiwiteite wat daar aangebied word. Die staanplekke het hoofsaaklik baie skaduwee. Staanplekke is gras tot sand.....meestal meer sanderig, maar pla nie met grondseil. Elke staanplek het n geboude braaier. Asblikke en krane gerieflike afstand. Van die staanplekke is egter aan die klein kant, somek sou aanbeveel om by bespreking vir kantoor te noem met watter grootte sleep kombinasie jul kom sou dit groter wees. Waarde vir geld? Ja, ek voel ons het puik waarde vir ons geld ontvang. Sal ek terug gaan? Ja, definitief....sal graag weer in nabye toekoms my tentpenne hier wil kom inslaan. Wilhelm die eienaar is self n karavaan kampeerder....so hy verstaan wat die behoeftes is vir sy besoekers. Hy is daagliks baie betrokke met wat alles aangaan in sy oord. Kan hierdie oord met geruste hart aan mede kampeerders aanbeveel
06 May 2024 Craig - Other Type of Resort: Quiet and mature without children
Access road in good condition and well sign posted. Not many leisure activities within the resort. Staff very friendly and helpful. Ablutions need an upgrade but are kept spotlessly clean. The park is fenced and has a main gate which. Remotes are supplied. The resort has a tuck shop with the basics and there are a number of resturants and shops in the area. Roads within the resort are very narrow. Sites large enough and well shaded. We will return.
15 March 2024 Anjeliek - KwaZulu-Natal Type of Resort: Family with children
05 March 2024 Johan en Bes - Mpumalanga Type of Resort: Family with children
Baie veilige skoon oord. Eienaars altyd vriendelik en behulpsaam. Jy gaan moeilike n ander oord kry van die gehalte.
16 February 2021 Campermad - KwaZulu-Natal Type of Resort: Family with children
Will most deffinately return
More Comments