Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22985 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5932 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Sandvlooie probleem in Kruger
Ons het vandag teruggekom huistoe, en 12 aande prysgegee in Kruger. Ons moes nou 6 aande in Satara en Tsendze onderskeidelik gewees het. Die sandvlooi probleem in genoemde kampe het ons laat besluit om eerder huistoe te kom.
Ons het persone ontmoet wat die afgelope 3 dae uit Satara kom. Hulle was gebyt tot by hulle kniege, en sommige in die gesigte ook. Dit wil voorkom of nie Dettol, Tabard, Peaceful sleep hulle afweer nie. Die dames het summier die beddegoed ook begin was, om daarvan ontslae te raak.
Dit jeuk vreeslik en sommige is eers dokter toe in Skukuza.
Omdat ons ook na Satara toe gaan oor 2 maande het ek, na aanleiding van Grompie se terugvoering, die vraag gevra op facebook....wie dieselfde ervaar. Daar was heelwat mense wat erg gebyt is....klomp dr toe agv uitslag en jeuk. Daar is ook egter klompie wat niks ervaar het nie, nou weet ek nie of dit beperk is tot n sekere gedeelte van kampeer area nie, of was dit mense wat miskien op reenerige dae daar kampeer het nie. Van die mense se raad was om teen sononder en opkoms, waar hulle die meeste aktief is, n langbroek te dra. Ander beweer dit is nie sand vlooie nie maar sand vliee. As dit vlooie is, gaan langbroek nie werk nie....vlooie gaan daarop sit en jy gaan dit saam in jou bed neem. Een persoon het ook genoem dat hy vrot gebyt is in Punda Maria
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dit is jammer ons kan nie ń foto van een gogatjie kry nie.
Groete,
Paul
Ek het al op Google en ChatGPT gekyk i.v.m. sandvlooie (sand fleas). Maar ek sukkel om klinkklare antwoorde te kry.
Ek wonder of dit 'n probleem is wat sommer net eensklaps voorkom. Ons het 'n paar jaar gelede 'n uitbraak van koringkrieke in die noorde van die wildtuin beleef. Dan het ons ook etlike jare gelede 'n uitbraak van gewone krieke in die Wes-Kaap gehad. So ook eenkeer met duisendpote (die kleintjies). En jare gelede met groot duisendpote (shongololos) toe ons in Tzaneen gewoon het. En dan verdwyn die probleem vir jare lank.
Ek hoop die sandvlooi-probleem is iets van die verlede as ons volgende Mei wil wildtuin toe gaan. Want as daar iets is wat jou kan byt (muskiete, vlooie ens.), dan is ek gewoonlik een van die groot slagoffers.
Ek dink dit is die huidige omstandigheede en is van korte duur. Ons het voorheen plae van Mopanie Wurms, koring krieke en dusendpoote gehad.
Die Sonbesies in Punda en Letaba is elke jaar November en December ń plaag. Miljoene van hulle!
Groete,
Paul
Wat is die moontlikheid dat dit dalk muggiebyte is? Ek reageer op hulle byte soos hierbo beskryf. Hulle byte veroporsaak nie amper onmiddelike gejeuk soos 'n muskietbyt nie so jy klap hulle nie weg nie en kom eers later agter jy is gebyt. Ek die reaksie in my geval is kwaai, die jeuk hou dae lank en die swelsel en rooi letsel hou seker twee weke.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred het 'n punt beet. Ons is in April 2024 in St Lucia deur muggies gebyt. Die plaaslike apteker het muggies blameer en het ons Allergex pille gegee want salf het nie gehelp nie. Die pille help om die probleem van binne te beveg.
Koop dus 'n pakkie Allergex - die geel pakkie en nie die witte nie - en ry dit saam.
Ons is Augustus vir drie weke in Satara. Hoop die goed is teen daai tyd weg.
Wonder of Doom of do iets sal werk
Never too old to have a happy childhood
Ek glo nie gif gaan help nie Frans, wat ookal die bytwerk doen. Ek dink dis doeltreffender om te probeer om nie gebyt te word nie, wat seker nie so maklik is nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Groete,
Paul
Are you allowed to sprinkle powder around your tent and on your ground sheet in the Krugerpark.
Diatomaceous Earth will for sure work for this problem. It is an old remedy agains this type of insects. It is totally harmless to animals and people and keeps these type of bugs in check.
The correct type to buy is the food grade one. It can be used around the house and even in pets food to prevent some insect to go in there. You can sprinkle it arround the garden and work it into the ground.
Very old remedy to keep pests in check.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Spoke to our HR friends in Satara. It is a real problem and they seem to be immune to everything that normally works. We would also have left.
They are now luckily visiting family in Durban.
Maybe sprinkling Blu Death around your camp site will help?
Ants have also been a problem in Marula and Balule. Treating their nests with Blue Death works.
Groete,
Paul
The trouble with Blu Death is that it also kills other harmless little animals
Never too old to have a happy childhood
Yes it is a long lasting pyrethroid killing insects. Good and bad.
It is however very likely limited in its contact area. Only crawling insects and only direct contact will kill them.
I will only use it if there is an infestation and at point of source.
Fendona is far safer and more efficient.
Groete,
Paul
Nog klagtes op Sanparks se blad. Soos altyd het hulle direk kommentaar gestop....dit gaan nie probleem oplos om te probeer stilbly en verduister nie.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Waarvan praat ons nou - sandvlooie of sandvlieë?
Ek weet nie ChrisB. Meeste mense sē dis vliee en nie vlooie nie, maar alle foto's wat op sosiale media geplaas word en terugvoering is waar mense onder knieê gebyt word. So my vermoede is dat dit vlooie is...vliee sal mense op die arms en nekke ook byt?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Maak dit saak wat ons dit noem. Ek noem dit sommer sand-bliksempies. as Sanparke my nie krediet gaan gee nie, verloor ek R4378 weens dit.
Ek sal oor 10 werkdae weet of hulle my gaan tegemoed kom.
Ek glo nie SANParks gaan jou krediet gee nie. My Ma het as gevolg van ń nood rug operasie moes kanseleer. Hulle het haar nie krediet gegee nie. Maar laat ons hoop.
Kyk liewer of jy dit kan uitskuif na ń ander arbitrere tyd.
Groete,
Paul
As jy byte will voorkom/behandel is dit noodsaaklik dat jy weet wat jou byt.
Ons dink aan die mense wat tans in Satara gebyt word.
Groete,
Paul



