Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22986 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5933 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 673 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Driesvan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Straightliner Stabilizer
Google ??
BIG TIME!!
Ek het n ander draad vorentoe gebring oor stabilisers.
Kyk na Deon se raat
Kom ons probeer 'n link te kopie, hoop dit werk,
Click here to go to stabiliser info.
Dit werk toe, heng ek raak nou so goed, ek skrik vir myself![]()
Ek sien dat die terugvoer oor die Straightliner Stabiliseerder oor die algemeen goed is. Ek kan 'n tweedehanse een in redelike kondisie kry vir 'n baie goeie prys.
Gaan hom môre haal in PTA Noord. Wat sou julle sê is goed om na op te let met die algemene inspeksie van die Stabiliseerder. Rede hoekom ek vra is ek kan tussen twee kies om te koop.
Elkeen se parte en dele is als daar waarvoor moet ek oplet om beste een te kies.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ons het by Drie Berge gekamp gedurende die naweek wat verby is. Ek het gebruikgemaak van die Straightliner Stabilizer.
Kan iemand dalk naby fotos plaas van hoe is hulle Straightliner gemonteer. Want die een het 'n gedeelte van die wa se Nose cone gebreek.
Die fotos kan my help om te bepaal waar het ek verkeerd gegaan.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Myne se woonwa bracket is bietjie te ver agtertoe. Dit gaan oor bestaande gaate in die A raam. Hy werk goed soos hy is.
Paul
Ek het dieselfde bracket op die sleep voertuig. Bracket op die A-raam is 600mm van die sleep bal af.
Die kant van die stabilizer waar jy hom aktiveer het die nose cone beskadig.
Paul as jy die wa weer eendag hak om te sleep, neem asb 'n foto as die wa en sleep voertuig in reguit lyne staan en die stabiliseerder is netjies op sy plek.
Ek moet iets doen om te keer dat dit weer gebeur.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon ek sal so maak.
As die onderste bout net onderkant die A raam is dan behoort die Stabiliser onder die A raam te kan deur beweeg as jy skerp draai?
Paul
Ek het 'n soortgelyke bracket wat op die A-raam is. En die blade gedeelte gaan onder deur die A-raam. Die probleem is waar die blade aan die agter kant in die stabiliseerder in gaan. Daar waar die stabiliseerder nou "DIK" raak, breek hy teen die A-raam. Ek vermoed dit het iets te doen met die hoek waarteen die stabiliseerder staan invergelyking met die Monteer punt op die voertuig bracket en die kant van die A-raam.
Ek sal probeer 'n foto neem vanmiddag en dit plaas.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek het toe na die handleiding gaan kyk en agter gekom dat die "Blade" verkeerd om op die stabiliseerder gemonteer is.
Ek sal fotos neem as ek dit regmaak en dan hier kom plaas dat ander mense nie dieselfde probleem kry as wat ek nou gehad het nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek hoop dit help Leon
Paul
Die angle
Paul
Paul is that in 'activated' or 'non-activated' position?
Mine has been lying for 7 years 'the other way'.
Non-activated. Jy moet hom non-activate om hom af te haal en op te sit. Ek los hom dan so tot volgende gebruik. Dit sal seeker beter wees om hom in activated te stoor. Dan is die shock en spring non-activated, released.
Paul
Die fotos help vreeslik baie dankie Paul.
Die bladveer gedeel te op my Stabiliseerder kyk verkeerde kant toe.
Ai tog.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Bring weer ‘n ou draad vorentoe. Het iemand nog die manual van die straightliner?
Die wa wat ek nou gekoop het, het een saam maar het geen idee hoe die ding werk of vassit nie.
Dan punt nommer 2, mer die Rangers wat “anti-sway” het help dit nog om ‘n stabilizer op te sit?
Hentie ek dink ek sal jou kan help met 'n Manual. Waarheen stuur ek dit.
Dan daar is al vir 'n paar jaar die anti sway en stabilisering aspekte beskikbaar in voertuie. Punt no 1, mens moet altyd onthou dat daai meganismes eers aktiveer nadat die popo die fan gestrike het. So moet my nie verkeerd verstaan nie ek is 'n voorstander van veiligheids meganismes, maar die begin eers help, nadat die voertuig met sy marakas begin het.
Punt 2, geen een van die voertuig maatskappye praat oor, of dui aan, of spog hoe die stelsels help wanneer die betrokke voertuig swaai met 'n karavaan of groot S/wa agter aan nie. Hulle demo en verduidelik net die voertuig op sy eie.
Laastens probeerdie stabiliser voorkom dat die swaai plaasvind, deur die sleep kombinasie meer stabiel te maak gedurende ruk winde, dwars winde en dies meer. So dit werk voordat die popo die fan strike. Belangrik is mens moet nooit 'n stabiliseerder gebruik om 'n bestaande fout te neutraliseer nie, jy moet eers die fout reg maak dan die stabiliseeder gebruik vir verdere gemoedsrus.
Ek kan nie vir jou sê jy moet dit gebruik nie, elke ou moet maar sy eie besluit neem. Ek myself sleep nie daar sonder nie.
Ons het al hier op die forum die moet of moenie van stabiliseerder deur bespreek. Daar in het ek persoonlike ondervinding gedeel van hoe dit voel om met en sonder 'n stabiliseeder te sleep. Die verskil is beduidend en mens sal dit net weet as jy met die ding sleep en dit dan ervaar.

Dankie Leon,
Jy kan stuur na hentie06@gmail.com asb.
Ek het my heel eerste wa 1985 Fleetline "verloor" agter die voertuig om lae spoed omdat ek nie seker gemaak het hy was mooi gehak nie. Na die onderonsie het ek maar skrikkerig gesleep en elke ruk, stamp en dwarswind laat my happe uit die seat vat. Ek sleep gemiddeld 80-90 km/h en sal enige ektra veiligheids meganismes waardeer. Ek sleep nog altyd met 'n Ranger en nog nooit met stabilizers gesleep nie. Ek het nou die een gemonteer gratis so wou net seker maak dat dié en die "anti-sway" nie teen mekaar werk nie.