Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22987 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5934 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1423 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 674 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 462 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Driesvan | 186 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Lower Sabie Ruskamp Gekose Oord

Lower Sabie Ruskamp - Suidelik, Kruger
Kamp & Leef Gekose Oord
Lower Sabie lê aan die oewer van die Sabie-rivier. In hierdie kalmerende ruskamp is die oorvloed en mildadigheid van die natuur baie sigbaar. ‘n Simboliese voorbeeld hiervan is die reuse geel-riviervy, seker die mees opvallendste van die groot verskeidenheid bome, wat mildelik kos aan talle voëls en insekte voorsien. Terwyl u kyk na die eindelose kom en gaan van wild wat kom drink, kry u insig in die ewige siklus, asook u eie deel daarvan. Lower Sabie is die tuiste van die groot katte.
Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.
Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm
Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.
Hi, weet nie eers of ek plek gaan kry by Laer Sabie nie.
Ek het al gery sonder die wa en na die stand groottes gekyk. Volgens my waarneming is die stands te klein vir 'n Jurgens Exclusive om dan ook die Rally en voertuig te akkommodeer?
Weet nie of iemand met 'n groot wa kan advies gee nie.
Pierre vir daai rede en dat die staanplekke in die middle is en day dit besig is om die staanplekke….naby aan winkel en op deurgans pad…gaan ons min daar heen met ons Exclusive.
Paul
Oom Len het al paar keer met sy Exclusive daar gestaan, maar ek glo mens moet seker maar geskikte een soek. Vir ons persoonlik hou ons die meeste van Lower Sabie se kampeer terein uitleg. Die klein en goed afgebakende staanplekke maak dit byna onmoontlik vir groepe om saam te drom op een staanplek of selfs inwurm op jou staanplek as hulle opening sien. Die samedromming op een staanplek veroorsaak ook krag voorsienings probleme aangesien daar 1x kragpunt per staanplek is en as daar 3 karavane op een staanplek staan, veroorsaak dit dat bure nie kragpunt kry nie. Ek het egter met afgelope 3 besoeke gekyk....die staanplekke waarop ons gestaan het by Lower Sabie het elke keer 4x kragpunte tussen ons en bure gehad...maw 2x elk.
Om jou vraag te beantwoord...ja, nog altyd wat ons daar was, was daar groot dubbel as karavane. Soos genoem nie baie ruim nie, maar is doenbaar
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
So verskil smaak mos maar. Ek het 1 keer Onder Sabie probeer, en nie weer nie. Die klein staanplekkies mag voordele inhou, soos Geert voorhou, maar dis opmekaar en klein. Party is met stene in 'n L-vorm uitgelê, wat toeganklikheid sonder "movers" baie bemoeilik.
Die keer wat ons daar was, het 'n toergroep 'n klomp [15+] klein koepeltentjies op 2 naasliggende staanplekke opgeslaan. Gelukkig nie te raserig gewees nie.
Die Exclusives wat ek daar gesien het, het kwalik op die staanplekkies ingepas, sytent in bosse/struike.
Met my Exclusive kan ek net n’ sy tent opslaan en dan is ek letterlik n’ meter van my buurman se woonwa se sykant. My voertuig pas ook dan nie meer op my staanplek nie.
Nee wat dit is te op mekaar vir ons.
So het elk een sy voorkeure.
Paul
Maar om jou vraag te beantwoord….ja jy kan n’ Exclusive in wurm.
Paul
