Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22987 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5934 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1423 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 674 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 462 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Driesvan | 186 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Juweel van 'n oord net buite Nelspruit draad 1 HIPPOWATERFRONT
Graag wil ek my ondervinding van 'n fantastiese oord deel waar ons tuis was gedurende die paasnaweek. Kyk ook maar gerus op hul web werf vir ander fotos.
www.hippowaterfront.com en wat 'n bonus om ook troeteldiere met die nodige reelings saam te neem.
Die 3km grondpad het wel bietjie sinkplaat en voortjies gespoel maar omdat dit sandgrond is ry dit glad nie sleg nie. Die perseel het baie dele onder bome en pragtige gras. Verder is daar 'n groot "deck" wat tot by die rivier gebou is en mens kyk direk af op die water. Tussen die ry chalets waar die restaurant is en die rivier is mooi grasperk. Die restaurant/kroeg bied lekker ontbyt en aandetes wat mens vooraf kan reel. Persoonlik het ons die smaaklikste marcoroni en maalvleis wat ek nog ooit in 'n restaurant ge-eet het hier genuttig. Soos op die uitgangspad gesien kan word kan mens ook bv in die Buffalo chalets tuisgaan sonder dat mens eers jou woonwa hoef te gebruik as mens oornag. Daar is 'n deel kombuis vir elke 3-4 chalets met mikrogolf, opeas, yskas en eetgerei.
Johan is heeltyd beskikbaar en neem mens persoonlik na jou chalet met aankoms.
Ons het ook Klasie ontmoet by hul chalet en ja hierdie plek is volgens ander kampers ook hul keuse bo Lake Island wat wel bekend is wat wel so effens nader is aan die stad. Die tafief vir kamp is R295 per dag en die Buffalo chalets is R395 wat ek dink fantastiese waarde bied. Daar is 6 staanplekke en ek het die kamparea op 2 fotos hieronder. Die enkel gebou waar elke staanplek se sluitbare privaat ablusie is kan ook agter die 1 woonwa gesien word.
Verder het ons die inwonende seekoeie gehoor en gaan loer en al 7 van hulle gesien binne 30m v d kant v d wal. Wat 'n voorreg om so naby aan hulle te kon wees.
Weens die klomp fotos plaas ek dit op 2 drade.
Ek kan hierdie Lodge ten sterkste aanbeveel vir iemand wat wil ontspan of oornag op pad na oom Paul se plaas.







Maggies, Danie, dit lyk mos sommer BAIE goed ....... Dankie vir die deel hiervan!
Lyk baie rustig daar Danie.
Omdat daar net 6 staanplekke is kan mens sukkel om plek te kry. Dis juis hoekom ek genoem het mens kan ook oornag in die buffalo chalets. Wa kan direk by die chalet staan en weer vrieskas aansit vir die nag.

Frans die Buffalo chalets is nuut en nog nie op die web site nie maar vra vir Johan of hulle beskikbaar is. Dis hoe ek uitgevind het v d Buffalo eenhede.

Fankie, sal die plek onthou vir afgaan KNP toe.

Ek het nou oppad terug gou gaan inloer hier....heel aangenaam gelyk (nie daar gebly nie). Weet iemand of daar n kampeer oord is in Schoemanskloof self?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons wil eerskomende naweek hier inloer...sien nie die oord onder "Resorts" nie....of kyk ek mis?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Laasnag daar gekampeer...heerlike tyd ervaar
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Laat ons weet hoe lyk Satara as jy daar aankom. Shingwedzi se kampeering is half vol maar die draad is tjok en blok.
Paul
Geert what were the overnight charges ?
R450 with private Ablution
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Klompie oop staanplekke, maar daar is paar wat meer as 1x karavaan op n staanplek staan. Oorkant op hoek is bv 2 karavaan en n tent....automaties behoort daar vakante plekke oop te wees. Daar is ook 2 busse - trokke met 36x dome tente, maar neem nie baie staanplekke nie
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Tks Geert
