Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22987 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5934 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1423 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 674 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 462 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Driesvan | 186 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Geen swartlysting vir jou (ETol)
Vannaand op kykNET verslag. Jy mag nie op die swart lys gesit word vir ETol wan betaling, het ook verwys na hulle ongeldie bang maak stories.
Presies my redenasie as jy gewilliglik gemelk wil word sal jy gemelk word.
Ek het nou glad nie meer toegang tot selfs TV1,2,3 of e nie. Dus kry ons maar die nuus so met News 24. Laas Woensdag is name vanaf E-Toll na ITC deur gestuur om geswartlys te word.
ITC het bekend gemaak dat hulle nie die mense se name op die swart lys sal plaas nie, net asgevolg van nie betaling aan E-Toll nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Jy moet n plan hê, as jy wil hê, jou plan moet werk.
Duidelik tas hulle maar in die donker rond die E-toll mense.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Gogga maak vir baba bang. Hulle dink seker hul bangmaakstories gaan die wanbetalers van besluit laat verander.
Die swartlysting was maar 'n maklike manier wat SANRAL probeer het om mense te dwing om te betaal. Dit sou min administrasie van hulle vereis. As jy egter geld aan iemand skuld, ook aan SANRAL, en jy betaal nie, kan hulle jou besittings opskryf en laat verkoop. Moet dus nie te gerus wees nie. Hulle sal waarskynlik vir die oues gaan wat groot bedrae skuld en hulle goed verkoop. SANRAL kan dalk ook skuld van meer as drie jaar probeer invorder, wat onwettig is, maar wat dalk net kan deurgaan met 'n verstekvonnis as motoriste nie keer nie.

Ek het nie daaraan gedink nie Heinrich. Jy is waarskynlik reg- nog slegte nuus! Ek is bang mense laat hulle mislei oor die swartlys-kwessie en dan sluk hulle 'n groot wind as die balju by hulle voordeur opdaag.
Ons moet maar die mense hier inlig.
Wat doen ek as die balju by my deur opdaag.................. sluk ek maar 'n wind of klap ek die ou..................![]()
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Die balju is 'n amptenaar van die hof, so 'n klap sal net die situasie aansienlik vererger en hom nie keer om die opdrag van die hof uit te voer nie. Kom ons wees realisties en nie skyn-dapper nie- dan mislei ons dalk mense om wel so op te tree. Ek weet jy praat met 'n tong in die kies, maar mense is soms geneig om uitsprake te glo want hulle het geleer om respek vir 'n persoon se mening te hê en dan reager hulle daarop. Daar is talle sulke voorbeelde veral op die politieke terrein. Dink maar aan uitsprake van sekere politici en die gevolge daarvan.
Ons moet maar die mense hier inlig.
Wat doen ek as die balju by my deur opdaag.................. sluk ek maar 'n wind of klap ek die ou..................![]()
Jy begin jou goed voor die tyd verwyder sodat daar net 'n matras op die vloer en lakens voor die vensters is. En hoop die bank besit nog jou huis en tipper :)
Fred; Elke keer wat hulle vir jou 'n rekening/staat/kennisgewing stuur begin die drie jaar van vooraf tick. Vir die mense wat dus hoop op die verjaring van die skuld wag daar 'n groot verrassing.
Ek raai nou maar as hulle jou nie kan swartlys vlgs die rlevante wet nie sal die skuld ook nie verjaar nie aangesien die verjaar ding waarskynlik deel van dieselfde wet is?
Dit help nie om te raai nie. Verjaring is 'n regsbeginsel wat wel in 'n wet vervat is terwyl die swartlys-bepaling 'n bepaling van 'n ander wet is, so die twee begrippe het nie veel met mekaar te doen nie. 'n Mens kan die wettre op internet gaan opsoek, maar daarvoor het ek nie juis lus nie. As Heinrich reg is, beteken dit in elkgeval dat die SANRAL eise nie sal verjaar nie, nie as gevolg van enige SANRAL of swartlys-wette nie, maar bloot omdat hulle hulle eis aanhou bevestig. As jy niks doen om 'n siviele eis te bevestig nie, verjaar dit na drie jaar, maar die uitstuur van rekenings stuit dit waarskynlik. Let wel: Ek kan dit nie bevestig nie- ek het al lank gelede vergeet hoe dit werk, maar dit klink vir my reg.
Jou oplossing vir as die balju kom, is seker moontlik, maar net as jy weet jy het verstekvonnis teen jou en wanneer die balju kom. Jy wil tog niepermanent net met 'n mattras en kombers voor die venster leef nie. Ek betaal E-Tol oor die gerief wat dit my op ritte op die N1 en N3 gee en my werklike E-Tol is so min dat dit my nie regtig raak nie, maar ek is maar 'n versigtige ou en as ek in Gauteng gebly het, sou ek dit eerder betaal het. Alles wat kan gebeur as jy nie betaal nie, is net te erg. En dan, al is die E-Tol beslis nie regverdig teenoor die Gautengers nie, geniet hulle, en ons soms, tog wel die voordeel van die beter paaie. Sonder die opgraderings sou die hoofpaaie nou al lang parkeerterreine gewees het en mense sou nie tussen hulle wonings en werk kon kom nie, so dis darem nie geld in die water nie.
Ek dink wat van belang is die balju kan nie net opdaag nie. Jy sou eers aangekla word en dan sou mens 'n dagvaardiging gekry het om in die hof te verskyn. Nie net dreigemente nie. So 'n dagvaardiging moet nooit geïgnoreer word nie anders sal jy skuldig bevind word en die balju sal opdaag.

Die balju stap in klop aan jou deur, jy maak oop, dwa, daar het jy dit.
Die dagvaardiging om in die hof te verskyn is op jou beteken.
Nou is dit jy en die regstelsel, nie Sanral of die balju of 'n politikus nie.
Dis jy!
Spekuleer help niks. As daardie dagvaardiging op jou adres in iemand se hand is het jou skoot geklap.
Presies wat met my kinders gebeur het 4 weke terug.
Die onus rus nog steeds op die klaer om te wys jy het nie betaal nie.
Jy moet wys jy het!
As jy nie kan nie, gaan die regter nie met jou vriendelik wees nie.
Ter wille van hulle besigheid, het my kinders beheer geneem oor die proses en dryf dit nou verder deur die dagvaardiging teen te staan met feite wat hulle moes bymekaarmaak.
Die koste meter loop en die kanse is goed dat die regskoste van die vervolging ook deur my kinders sal betaal moet word.
Hierdie is nie meer speletjies nie, of nou reg of verkeerd of watookal, my kind moet as beskuldigde namens sy maatskappy in die hof staan en die teendeel bewys.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜

Kan OUTA nie bystand bied nie?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
OUTA help net hulle lede, al die ander word die goeie raad gegee om nie die dagvaardiging te ignoreer nie en SSM hulle vriendelike en duur regshulp te gaan sien.
Doen my OUTA bydrae gereeld en het gemoedsrus ... nee wat die E-tol is in sy maai in. En, wat die onderhoud van die paaie aanbetref dit word wel gedoen deur die brandstof bydraes ens. Daar is dus nie juis 'n probleem dat dit parkeer-areas gaan word nie. Die E-tol sou in elkgeval nie juis veel kon bydra nie, want, 90%* daarvan gaan vir die invordering en slegs sowat 10%* van die padgebruikers betaal, so, dink nie ons moet aanspraak maak daarop dat die paaie gedoen word volgens daardie inkomstetjie nie!!
* Hoor sê syfers ....!!!
Die 10%-90% kan moontlik waar wees omdat min mense tol betaal. Dit is aan die begin bekendgemaak dat 'n derde van die tolgeld vir die insameling deur die Oostenrykse maatskappy wat die kontrak gekry het, gaan en res vir die afbetaling van die boukoste. Omdat slegs 'n klein aantal motoriste betaal, kan hierdie persentasies nie behaal word nie en dit is dus moontlik dat die 10-90% syfer waar kan wees. Om 'n derde van die inkomste- as alles reg geloop het- te betaal, is natuurlik buitensporig. Daar is ook destyds gesê as die koste ingesamel word deur die staat, met ander woorde as een of ander vorm van belasting, sal die koste slegs 1% wees. Dit maak baie meer sin en ek glo ook alle burgers behoort vir paaie te betaal want ons baat almal op een of ander manier by goeie paaie. Dan was die boukoste ook blykbaar baie hoër as wat dit behoort te wees, wat niks snaaks in Suid-Afrika is nie.
As daar nie een of ander uitspraak kom wat e-tol onwettig verklaar nie, glo ek nie OUTA of enige slim advokaat gaan 'n wanbetaler se saak wen nie. Ek meen OUTA is op die oomblik besig met so 'n saak, so ons sal maar moet wag en sien. As OUTA slaag, sal die staat seker betaal en ek hoop nie dit gaan weer wees op 'n manier dat slegs Gautengers sal moet opdoek deur bv verhoogde brandstofheffings in die provinsie nie. Maar dan, dit is 'n feit dat ons in Limpopo meer vir brandstof betaal as gevolg van hoër vervoerkoste. Ek dink dit is bietjie onregverdig. Moontlik moet die hele land dieselfde prys vir brandstof betaal wat 'n heffing om e-tol te vervang sal insluit. Ons is tog een land so hoekom kan ons nie almal maar dieselfde vir brandstof betaal nie?
OUTA help net hulle lede, al die ander word die goeie raad gegee om nie die dagvaardiging te ignoreer nie en SSM hulle vriendelike en duur regshulp te gaan sien.
So dis maar basies dieselfde beginsel as n plek soos Legal Wise?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜