Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22987 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5934 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1423 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 674 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 462 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Driesvan | 186 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Gariep Dam na Willows in PE
Goeie Môre mede Kampers,
Kan iemand asseblief advies gee oor die beste sleeproete vanaf die dam na Port Elizabeth.
Info beskikbaar op die soekfunksie redelik oud en man wil nie onnodig sukkel as iemand meer onlangse informasie kan verskaf nie.
U hulp word waardeer
Groete
Andre
Andre, ons verkose roete is Hofmeyr, Steysburg, Cradock na PE. Ek weet die padoppervlakte vanaf Cradock is baie goed maar is nie meer so seker oor die toestand vanaf die dam tot by Cradock nie. Dit is 'n redelike stil pad en gewoonlik nie baie trokke nie, aangesien hulle meestal Graaff Reinet omry. Johan Viljoen het dit 'n week gelede gery en sal hopelik hier vir jou meer kan vertel.
Dit is ook beter om vanaf Cradock in PE in te ry met 'n karavaan. Jul ry nie in verkeer vas nie, vanaf die N2 bly julle op die snelweg. Julle gaan mos Willows toe, as ek reg onthou? Dan is dit net vanaf die snelweg deur Summerstrand en hou reguit aan tot by Willows. As jul vanaf Graaff Reinet se kant kom, gaan julle die baie besige pad tussen Uitenhage en PE moet ry en in erge verkeer inry.
Baie dankie vir die terugvoer sover.
Ons waardeer en het nog nie voorheen die voorgestelde roete gery nie.
Veral die stuk tussen Uitenhage en PE was vir my ook 'n vraagteken.
Groete
Al geneuk is by Middelburg ry jy deur die dorp.. die pad deur Hofmeyr ook jare terug gery. Probeer hom. Hy was so vier jaar terug oky.
Maar soos Freda se Cradock om kom jy by N2 uit en daarvandaan ry jy eintlik in die "buitewyke" na Willows.
Ons het biki gaan kyk na Willows na n afwesigheid van n paar jaar en nog steeds n uitstekende kampplek. Ons het altyd by die privaat ablusies gestaan maar die gewone staanplekke is 110% Is in elk geval met n beter "View" en spasie.
Geniet hom.
Onthou ontbyt by Daggaboer , net buite Cradock.
Ekskuus Johan, ek was onder die indruk julle het die Hofmeyr / Steynsburg pad gevat vanaf Cradock. Ons het altyd baie daarvan gehou om daardie pad te ry. Mens weet net nie wat die huidige toestand van die pad is nie. Dalk iemand anders op die forum wat Andre daarmee kan help?
Ekskuus Johan, ek was onder die indruk julle het die Hofmeyr / Steynsburg pad gevat vanaf Cradock. Ons het altyd baie daarvan gehou om daardie pad te ry. Mens weet net nie wat die huidige toestand van die pad is nie. Dalk iemand anders op die forum wat Andre daarmee kan help?
Geen probleem Freda. Noudat ons weet hoe lyk ons is daar nie meer hare-orent-staan gedagtes nie. Jammer oor die verlede se byterigheid. En. Ek is nog steeds spyt ons het nie nog langer daar by vanstadens gebly nie.
Goeiemôre Kampmaters,
Weereens baie dankie vir die terugvoer.
Ek gaan 'n kans vat en oor Hofmeyer en Steynsrus ry en sal dan na die "pensioen inoefening"kom terugvoer gee hier.
Oom Koos -- ek gaan daai Daggaboer plek van jou beslis raakry. Ek gaan nou op Oom Google probeer vasstel presies waar dit is anders gaan ek weer bakhandjies en oop ore staan vir raad.
Groete
Andre en Magda
Ons het Desember daar by Daggaboer se padstal gestop. Dis in die Dagga pas of Daggaboer pas. Of Daggaboer Nek kan nie presies onthou nie.
Hoender en Mayo op tuisgebakte brood. Baie lekker.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Andre, probeer gerus Daggaboer se plek, ek ken dit nie maar ek weet Johan hulle het daar geëet so jy kan sy woord neem daarvoor. As jul egter nie daar eet nie, kan ek die Nanaga Padstal ten sterkste aanbeveel. Jul kry dit op die roete net soos julle op die N2 opgaan. Dit is 'n baie groot plek en hulle het 'n groot verskeidenheid kos wat jy daar kan eet by tafels binne of buite of kan wegneem. Hul is bekend vir hul tuisgebakte pasteie en roosterkoek.
Ek sal graag wil hoor hoe die Hofmeyr/Steynsburg pad nou is. Ek hoop julle geniet die paar dae by Willows en die res van jul pensioen inoefening.
Ons het Desember daar by Daggaboer se padstal gestop. Dis in die Dagga pas of Daggaboer pas. Of Daggaboer Nek kan nie presies onthou nie.
Hoender en Mayo op tuisgebakte brood. Baie lekker.
Wil net sê. Ek het hulle gevra of hulle nie dalk n man kan uithelp met so.n arm dagga nie. LOL
Maar ongelukkig verkoop hulle net lekker kos. Vetkoeke en en en .
Sien ons trek nou al by dagga aankope op die draad.
Glo die puriste gaan in hulle broeke glipsies maak oor die afwyk van die onderwerp maar aangesien André'tjie die draad begin het kan ons mos maar maak hoe ons wil né.
Oom Koos -- sien op hulle amptelike blad hulle joke dat die dagga voor 6 in die oggend verkoop word maar die padstal maak eers 8uur soggens oop.
Sien dis so 2uur 40 min se ry van Gariepdam volgend Garmap en met die sleep budget ek op so 3 uur.
As ons 6uur padvat is ons dus net by hongor word tyd daar.
Praat myself nou hier in 'n spoegbek in.
Ammer sal jy nie wees nie...
Groete
SWAMBO het die vraag op GesigBoek gevra, en die antwoorde was binne ure daar.
SWAMBO het die vraag op GesigBoek gevra, en die antwoorde was binne ure daar.
Dit is ongelukkig so dat mens soms iets vir iemand vra en dit word nooit geantwoord nie. Hier is nie 'n funksie vir privaat boodskappe nie en jy moet dalk eerder 'n heel nuwe draad begin met jou vraag omdat ou drade vinnig ondertoe beweeg.
Dit is ongelukkig so dat mens soms iets vir iemand vra en dit word nooit geantwoord nie. Hier is nie 'n funksie vir privaat boodskappe nie en jy moet dalk eerder 'n heel nuwe draad begin met jou vraag omdat ou drade vinnig ondertoe beweeg.
Ek wou ook geantwoord het maar sou waarskynlik die verkeerde uitspraak gelewer het.
Dankie Freda. Dis presies soos dit is. Ek het dit ook al so ondervind dat die draad oud word en min lede lees die ouer draad. As jy n nuwe ene begin dan antwoord almal sommer vinnig.
Goeiemôre Anton,
Sien vanoggend hierdie draad vir die eerste keer raak vandat ek die aanvanklike navraag geplaas het.
Ek het gelukkig nie jou frustrasie beleef nie en was vinnig gehelp.
"Hi Andrew, het julle toe die Gariepdam, Steynsburg, Hofmeyr roete gery?"
Geen idee by wie jy 'n antwoord gesoek het nie so ek vra om verskoning as jy met MY wou praat en ek nie op ANDREW gereageer het nie.
In elk geval nou heeltemaal te laat om detail terugvoer te gee maar ek sal beslis weer daardie roete ry. Baie stil en 'n lekker verandering van die "normale" oor Middelburg en Graaf Reinet.
Just bringing this thread forward. Any one travelled these routes lately ?
I‘m going from Addo to Gariep. Has anyone any info on the Cradock-Hofmeyer-Steynsburg- Gariep Dam Road (N10 - R390 - R58).
This would be an alternative to the Cradock - Middelburg - Colesburg - Griep Road (N10-N9-N1).
Some feedback would be great, I‘m doing this Thursday - thanks.
We travelled from Mountain Zebra home in Sept'2024, via Middelburg-Colesberg-Bloemfontein. Then it was in good condition.
