Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22986 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5933 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 673 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Driesvan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Camp Forum Identification.
Ek het lank gelede gevra of hierdie Forum nie dalk n plakker met hulle naam op wil beskikbaarstel nie. Lede kan dit agter op hulle karavane plak sodat hulle mekaar in n kamp kan raaksien en gaan kennis maak. Ons ken mekaar hier maar meeste lede het mekaar nog nie van aangesig tit aangesig gesien nie. Dis n jammerte as jy later uitvind jy was in dieselfde kamp as n ander lid en het dit nie geweet nie. Ek sou bereid wees om vir so n plakker plus versendingskoste te betaal. Hoe lyk dit Bestuur?
Fred, daar is sulke plakkers beskikbaar gestel. Ek het juis steeds een op my bakkie sodat dit op meer plekke sigbaar kan wees - en nie een reaksie van enige persoon ooit gehad nie
Ons kan maar net weer vra en probeer.
Groete
Ek wil ook een he asb sal hier dop hou mooi loop
Ons het 'n hele paar jaar terug, ek dink dit was iewers in 2005 tot 2009 ook gepraat daarvan. Daai tyd het ons gepraat van 'n vlaggie wat jy op die middel paal van jou se tent vas maak of bo op die pen druk. Die rede was dat somtyds staan 'n wa so op 'n staanplek dat jy nie die agterkant van die wa kan sien nie. Dus sal die plakker dan nie werk nie.
Ek self is ook iemand wat nou weer glad nie hou van Stickers op my karre en karavaan nie. Ek trek gewoonlik die plakker van 'n handelaar se naam agter op die karavaan af as ook op die agter ruit van 'n voertuig. Die naam van 'n handelaar wat aangebring is aan die onderkant van 'n nommerplaat haal ek af bloot omdat ek nie hou van plakkers nie.
'n Langerige drie hoek vlaggie met Caravanparks.com se embleem daar op en 'n plek aan onderkant waar mens jou forum naam met 'n permanent marker skryf sal vir my weer puik werk.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ons het 'n hele paar jaar terug, ek dink dit was iewers in 2005 tot 2009 ook gepraat daarvan. Daai tyd het ons gepraat van 'n vlaggie wat jy op die middel paal van jou se tent vas maak of bo op die pen druk. Die rede was dat somtyds staan 'n wa so op 'n staanplek dat jy nie die agterkant van die wa kan sien nie. Dus sal die plakker dan nie werk nie.
Ek self is ook iemand wat nou weer glad nie hou van Stickers op my karre en karavaan nie. Ek trek gewoonlik die plakker van 'n handelaar se naam agter op die karavaan af as ook op die agter ruit van 'n voertuig. Die naam van 'n handelaar wat aangebring is aan die onderkant van 'n nommerplaat haal ek af bloot omdat ek nie hou van plakkers nie.
'n Langerige drie hoek vlaggie met Caravanparks.com se embleem daar op en 'n plek aan onderkant waar mens jou forum naam met 'n permanent marker skryf sal vir my weer puik werk.
Leon, ek stem absoluut saam met jou - die plakkers is net 'n goedkoop manier van advertensie vir die handelaar.
My een motor was gediens by 'n diensplek in JHB. As ek die motor gaan optel, was die advertensie/plakker in die agterruit. ELKE keer het ek die diensstasie gewaarsku en die plakker voor hulle afgetrek.
Toe gebeur dit - ek het die koste van die diens met R 200 verminder, en die verskil afgeskryf as "advertensie koste" Wel twee ure geneem om die sakie op te klaar met die bestuur en die finasieële departement, maar daarna nooit weer so 'n plakker gehad nie!
NS. Ja, ek sou ook so 'n vlaggie projek ondersteun!
Jou idee van n vlaggie kan ook werk Leon. Hoekom is Admin so stil hieroor?
As jy forum lede wil ontmoet...skryf hier waar jy gaan kampeer en wanneer. As iemand op dieselfde plek kampeer en jou graag sou wou ontmoet, sal hy/sy jou kom opsoek. Dink nie vlaggie gaan werk nie, daarvoor is die aktiewes hier te min en wyd verspreid. Ek gaan ook nie elke keer deur n oord stap om te kyk of ek êrens n CP vlaggie sien nie.
Dis hoe ek die eerste keer vir Leon hier raak kampeer het....hy het hier gesê hy gaan 3-berge toe en ons het plan gemaak om ook soontoe te gaan om hom daar te ontmoet (Dit was nie die forum naweek nie)
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dit wat jy se is ook waar Geert. Ons forum lede is bietjie dun gesaai oor die hele land. Volgende slag wat iemand gaan kamp. Begin 'n Wegbreek draad waar jy noem wanneer en Waar jy gaan kamp.
Voor ek vir bv 'n naweek gaan kamp kan ek na die wegbreek draad toe gaan en kyk of ek dalk mede forum lede daar sal kry.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ons kamp nie meer lang tye nie maar neem kort wegbreke gewoonlik sonder 'n vooraf reisplan. Ons ry einlik net agter ons neuse aan. Moontlik doen ander lede dit ook so dis nogal moeilik om so te bepaal wie waar is. Dis ook maar net sommige lede wat hier sê waar hulle uitkamp. Ek sou graag in 'n kamp wil rondstap en medelede uitken om vinnig - of lank- kennis te maak. Alle lede sal ook seker nie kies om identifiseerwaar te wees nie so dalk is my idee doodgebore. As een of ander vorm van identifikasie wel beskikbaar sou wees, sal ek dit graak wil aanskaf. Toe ons lede van SAWA was het ons hulle kenteken met ons tak se naam op ons wa gehad.
Hi Forum Members!
Thank you so much for your brilliant idea, we have discussed it as a team and we have decided to make this vision come to life!
We are currently working on 2 different designs.
1 - A simple forums member license disc sized sticker
2 - A customizable sticker for you to insert your Username to be more recognizable
We will post the designs here when done and you can choose the final look and give us your input of what needs to be changed, added or removed!
We hope you all have an amazing day further! Chat soon
Ek wag in spanning!
Ek persoonlik hou ook nie van die plakker idee nie...plak nie goed op my wa nie.
Verder is dit soos Leon sê, jou wa is nie altyd so geparkeer dat die voor- of agterkant duidelikk sigbaar is nie.
We gonna sort this one out, and that's for sure...
This is actually in my "2026 To Do File"...
Do you want this CaravanParks.com Sticker back... ?
We investigated CaravanParks.com Forums Flags many years ago... and it was almost viable to bring out... we make a prototype and everything... it is still a gr8 idea and could be more viable now... back then the SA Post Office was just on it's way out of business... and back then the courier companies were just too expensive to use in comparison... but we have more efficient and cost effective courier companies now... let's see what happens...
As so-iets beskikbaar is - goed so. Maar ek stem saam met 'n idee dat jy iemand (wat sy detail van sy kampbestemming/datums) hier op dié forum plaas, gaan opsoek as jy terselfdertyd daar is. Sodanig het ek verlede jaar vir Brian by Eiland Spa ontmoet. Ek het ook vir Grompie (weliswaar d.m.v. Kampforum) in Satara raakgekamp. En vir Lennie (Len Loader), wat nie meer hier deelneem nie, op daardie manier die eerste keer by Hartenbos en daarna in Punda Maria.
Ek sal beslis 'n plan maak om vir Paul gedurende Julie in Shingwedzi te gaan opsoek.
Dit klink my dat ek en Brian weer dieselfde tyd by Eiland Spa sal wees (hierdie keer net baie kort vir my) en ek en Grompie behoort mekaar weer volgende Mei in Malalane-kamp en Satara raak te kamp.
Ek dink steeds dis 'n goeie idee en sal graag so 'n plakker op my wa wil hê. Ek, en dit lyk my, meeste Forumlede plaas nie hulle reisplanne hier nie so ander lede weet nie dat hulle dalk saam by 'n plek kampeer nie. Ek en my vrou is maar mense wat ons eie ding doen so ons onderneem nie toere saammet ander nie maar ons verkeer baiemaal heel gesellig saammet bure waar ons uitkamp. Dit sal lekker wees om toevallig medelede by kampplekke raak te loop. Gaan asseblief voort met die idee.
Ja ek sal definitief vir Chris in Shingwedzi in Julie opsoek en dit is omdat ons hier ons planne deel. n' Wit Toyota Hilux DC en Caravette 6B.....correk?
Ek is nie n' sticker mens nie.
Ek het al gesien mense sit n'groen dekking oor die agterkant van hulle drywer tru spiel as hulle aan die SANParks forum behoort. Dit sal nogal vir my werk.
Paul
Ekself hou nie van plakkers nie. Ek het wel toe ons nog lede was, 'n SAWA plakker op die wa gehad en ek sal 'n uitsondering vir die Kamp Forum plakker maak.
Ek het al n hele klomp lede op die forum raakgekamp, maar alle ontmoetings was via gesprekke hier op forum. Ek dink as niemand niks gesê het nie en ek moes net volgens stickers gaan, het ek nog geen forum lid persoonlik ontmoet nie. Al sou n lid my buurman wees en niks hier sê nie, sal ek nie weet.
Vir Caravanparks.com sal dit voordelig wees vir advertensie/blootstelling en bemarking van hul besigheid, maar dink nie vir forum lid ontmoeting nie
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dit het al gebeur dat ek hier se waar ek is en dan kom n' forum lid na my toe en stell homself voor. Ek het vir Richard en Rusty so in Berg en Dal ontmoet. Net so ook het Geert my kom op soek in Satara en B & D, omdat ek dit hier genoem het. Maar ek het hom al n' paar keer ontmoet.
Ons gaan van 12 & 13 Julie in Forever Phalaborwa wees en dan van 14 Julie tot 28 Aug Shingwedzi dan Tsendzeleka 28 - 1st Sept......daarna weet ek nou nie verder nie. Wit Pajero en Exclusive.
Paul
Ja ek sal definitief vir Chris in Shingwedzi in Julie opsoek en dit is omdat ons hier ons planne deel. n' Wit Toyota Hilux DC en Caravette 6B.....correk?
Ek is nie n' sticker mens nie.
Ek het al gesien mense sit n'groen dekking oor die agterkant van hulle drywer tru spiel as hulle aan die SANParks forum behoort. Dit sal nogal vir my werk.
