Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22987 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5934 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1423 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 674 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 462 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Driesvan | 186 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Weerlig en kamp
Weet iemand of daar al ooit n karavaan of iemand se kamp plek deur weerlig geklits is.
Spesifieke die karavaan / tent of jou kamp toerusting.
Darem nog nie raak nie. Die ergste waar ek nog ervaar het tydens kamp, was by Mbizi.....ons het toe nog met die tent gekampeer. Weerlig het baie naby geslaan....ons was so bang....ons het op plasiek stoele gestaan binne die tent, net om nie direkte kontak met die grond te maak nie. Weet nie of dit sou help nie?
Die ander oord waar ons erge weerlig ervaar het was by Devoetpadskloof.....maar ons het toe nie gekamp nie.....het in een van die tenthuisies gebly
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek is ook nie bewus van 'n karavaan wat met weerlig getref is nie.
Ons het egter een nag in September in Ondersabie in die Kruger Wildtuin 'n geweldige elektriese storm beleef, maar ons het heerlik, snoesig in ons Penta geslaap tot ons 'n klop aan die deur gehoor het. Dit was ons pasgetroude dogter en skoonseun wat in 'n tent langs ons gekamp het. Volgens hulle was die weer, weerlig en donderslae verskriklik en hulle het toe maar by Pa en Ma in die Penta se tweede dubbelbed kom inkruip !
Lees hierdie berig....was laasjaar.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Die ergste elektriese storm wat ons beleef het was by Ben Marie buite Witrivier. Ben het ons gewaarsku dat hulle erg deurloop met die weerlig. Gelukkig het ek die kragprop uitgetrek anders sou ons skade gehad het. Die weerlig flits en slag was 'n breekdeel van 'n sekonde uitmekaar. Ek onthou die swael reuk daarna.
Too close for comfort.
Ek het by die eiland in n tent gekamp. Twee nagte was die weerlig so erg dat as Hy slaan Kan jy reg deur die tent seil sien en dit het heelnag aangegaan Vir twee nagte.
Jy voel so blootgestel en Kan niks doen jy wag net Vir tyd om om te gaan. Die donder slag het jou net remind als is nog nie verby. Die dreuning rol weg in die verte en amper soos n eggo rol dit terug tot die volgende blits weer piets.
Sal dit nooit Kan vergeet.
Ander geval was by my huis. Ek staan binne in die voorhuis en kyk deur die venster oor die stoep die weerlig het omtrent n meter en n half voor my op die grond vas geslaan. Het so n swart rook wolk gelos en ek het net daar in n oomblik van swakheid tale gepraat wat ek liewer nie Kan noem. Baie baie scary om dit so baby jou te sien
Weet nie van 'n geval waar weerlig 'n karavaan raak geslaan het nie. Maar dis al om bekend dat as jy visvang by enige dam en die donderweer kom nader gee jy pad van die water af.
Meer nog as jy grafiet vis stokke het want dit gelei elektrisieteit. Dit is ook bekand dat weerlig gewoonlik die hoogste punt in die omgewing sal tref. So as jy langs die water staan met 'n vistok in die hand is die kanse goed dat jy deel uit maak van die hoogste punte in die omgewing veral in vergeleke met die plat water oppervlak voor jou.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Het nog net swaar weer beleef.
Doen maar wat ek geleer is omte doen deur die weer te respekteer.
As die weerlig regtig erg is klim eerder in jou voertuig tot dit verby is, dit werk soos 'n Faraday Cage, jy sal niks oorkom nie selfs al slaan dit die voertuig raak (moet net nie aan blootgestelde metaaldele raak nie!). Dink nie die karavaan is veel van 'n beskerming in sulke gevalle nie
Hier word dus geteken weerlig Kan n gat reg deur jou karavaan slaan
Ons het Desember 2018 by vriende gaan kuier by Rocky Bay toe daar ook n hewige weerlig storm uitbreek. Die hele area se krag was uitgeslaan....so dit was pik donker. Was nogal belewenis gewees om te sien hoe baie die weerlig die see geslaan het
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
My suster en familie staan tans by Devoetpadkloof.Hulle is Saterdag indirek deur weerlig raak geslaan. My suster het van opwas area gekom toe weerlig slaan. Toe sy by karavaan kom, lê haar man, een seun en dogter op die grond....seun in karavaan okay. Haar man en seun is toe hospitaal toe geneem...is darem okay met net baie seer bene ....medikasie daarvoor gekry. Dogter het ander seer, maar was van val teen iets toe weerlig slaan. Hulle wil vandag terugkom, maar kar is ook beskadig....rekenaar drade lyk my gesmelt, kar het ook sulke klein gaatjies in gebrand van weerlig. Hulle gaan vanoggend hoor of versekering hulle gaan kom haal, andersins is ek op bystand om hul karavaan vanoggend te gaan haal. Dit was groot skok vir hulle
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Geert, sjoe dit was letterlik 'n groot "skok" vir hulle. Jy moet tog detail deel, soos dit beskikbaar kom.
Het die weerlig hulle voertuig, woonwa of grond baie-baie naby getref. Genade van Bo dat hulle OK is.
Dit is waarom ek nie in die periode van begin Oktober tot middel Maart sommer hier om Brits kamp nie. O ja, dis nog hael tyd ook dan.
My suster en familie staan tans by Devoetpadkloof.Hulle is Saterdag indirek deur weerlig raak geslaan. My suster het van opwas area gekom toe weerlig slaan. Toe sy by karavaan kom, lê haar man, een seun en dogter op die grond....seun in karavaan okay. Haar man en seun is toe hospitaal toe geneem...is darem okay met net baie seer bene ....medikasie daarvoor gekry. Dogter het ander seer, maar was van val teen iets toe weerlig slaan. Hulle wil vandag terugkom, maar kar is ook beskadig....rekenaar drade lyk my gesmelt, kar het ook sulke klein gaatjies in gebrand van weerlig. Hulle gaan vanoggend hoor of versekering hulle gaan kom haal, andersins is ek op bystand om hul karavaan vanoggend te gaan haal. Dit was groot skok vir hulle
Versekering het net hul kar kom haal en na Middelburg geneem vir assessment. Hul moet self plan maak om karavaan terug Pretoria te kry. Ek gaan oor so half uur soontoe ry om hulle te gaan haal
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dis baie jammer om te hoor Geert - sterkte aan hulle en hoop hulle herstel gou.
Dit is baie interesant dat hulle versekering nie hul wa na hul huis toe geneem het of 'n voertuig gegee het waarmee hulle die woonwa kon sleep nie. Miskien tyd dat hulle kyk wat hul versekeringspolis aandui wat sou gebeur as dit langs die pad gebeur het
Trevor, dalk is die voertuig en woonwa by verskillende maatskappye verseker.
Ek sal redelik moerig wees as Santam so 'n lae hou op my trek. Beide my trokkie en boswa is by hulle verseker.
Trevor, dalk is die voertuig en woonwa by verskillende maatskappye verseker.
Ek sal redelik moerig wees as Santam so 'n lae hou op my trek. Beide my trokkie en boswa is by hulle verseker.
My voertuig en woonwa is ook beide by Santam verseker. Ek het ook die addisionele versekering uitgeneem dat hulle my moet voorsien van ;n vervangende voertuig wat groot en sterk genoeg is om my woonwa te kan sleep.
Geert ek is dankbaar dat jou familie nie te ernstig beseer is nie. Baie sterkte aan hulle.
Dit is een ondervindding wat ek nooit wil beleef nie.
Ons was oppad...nog darem in Pretoria toe my suster weer bel...hulle het toe intussen verder met versekering gepraat en ooreenkoms was dat versekering karavaan Pretoria toe sou neem
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Op hul kar is verskeie sulke klein gaatjies gebrand deur die weerlig.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
