Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22986 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5933 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 673 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Driesvan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Stabilizers
More aan almal
Daar is baie geskryf oor die onderwerp, nie seker of die vraag spesifiek gevra was nie. Ek sleep tans n Gypsey Raven (GVM 1100Kg). Ek sleep altyd tussen 90 en 100km/h, die karavaan het tot op hierdie stadium baie stabiel gesleep sonder enige hulpmiddels om "bokspring" te teen voeter. My vrae is:
1 Sleep julle gesoute manne met n stabilizer?
2. Sou julle aanbeveel dat ek een aanskaf, vir wis en onwis? (Kan seker self antwoord, soos engels man sal se "peace of mind")
3. Wattter stabilizer sou gepas wees vir hierdie tipe karavaan? (1100Kg GVM, enkel as)
Hi Dries.
Hierdie vraag is eintlik 'n persoonlike besluit en dit wat jy tans doen om agtergrond kennis te kry sodat jy jou beslissing kan maak is een van die beste stappe.
Baie belangrik is dat 'n stabiiseerder nie gebruik moet word om 'n bestaande onstabile situasie reg te maak nie, maar dit is daar om jou by te staan sou 'n situasie opduik wat jy dit mag nodig he.
Ek self gebruik stabiliseerders sedert ek my eerste karavaan gekoop het en het hier en daar sonder dit gesleep en mens kan baie duidelik agter kom wat is die verskil om te sleep met of daarsonder.
Hier is die feite wat ek kan gee uit my eie ondervinding:
Kom ons se jy gaan bv 'n bus op die snelweg verby, Dan gebeur die volgende, wanneer jy naby genoeg is begin julle die slipstream te deel en as jy sonder 'n stabiliseerder sleep sal die bus eers jou sleep voertuig nader trek en dan die karavaan sekondes daarna en soos jy verby beweeg los hy eers weer jou voertuig en dan daarna die karavaan. Ek glo jy het die natuurlike neiging van slipstream al ervaar en jy sal ook weet dat die onafhanklike beweging van jou voertuig en karavaan vererger kan word as daar nog dwars winde ook teenwoordig is. Met die gebruik van 'n stabiliseeder sal jy vind die oomblik wat die twee kombinasies die slipstream deel trek die bus jou hele kombinasie as 'n eenheid nader en los weer jou kombinasie as 'n eenheid. So hierdie is maar een senario wat ek jou kan vertel waar 'n stabiliseerder jou help.
'n Persoon wat wel al MET en SONDER 'n stabiliseerder gesleep het is die enigste wat die ervaring met jou kan deel van hoe 'n stabiliseeder jou help. So daar gaan heelwat mense wees wat se , Ja dis die beste om met een te sleep, ander gaan weer se Ek sleep al jare sonder een en dis nie nodig nie.
Ek het van 2007 tot 2011 my boot agter my Penta gesleep. Die lang kombinasie was heel stabiel tot en met 75Km/h dan het die boot agter die wa sulke links en regs swaai bewegingtjies gemaak. Vriend het agter my gery en dit meegedeel. Ek het niks in die sleep voertuig gevoel nie. Daar was wel 'n Yellowblade stabiliseeder tussen voertuig en karavaan maar niks tussen Wa en die boot nie. Ek het toe (verkeerdelik) want jy maak nie 'n bestaande fout reg met 'n stabiliseeder nie, nog 'n Yellowblade tussen die wa en boot gesit en dit het die hele kombinasie 100% stabiel gehou selfs teen 100km/h.
Dit is nog 'n bewys dat 'n stabiliseeder werk. Ek het toe my boot so gesleep maar steeds net die spoed beperk tot 80km/h.
So tensy iemand iewers 'n negatiewe insident of insidente kan weergee tov stabiliseerders, die is feite uit my eie ondervinding. Die besluit om 'n stabiliseeder te gebruik of nie le by jouself.
Vir die gewig van jou wa 1100Kg sal die Yellowblade 100% werk. Kamp maat van my sleep 'n Palma wat effens swaarder is en die yellowblade werk puik saam met sy Navara.
Laaste vraag wat ek het, en ek vra dit tong in die kies ..........................................
Deesdae is die waarde van 'n Sleepvoertuie en Karavane bykans R1,5 miljoen selfs R2 Mil. As 'n persoon beide verloor in 'n situasie en die versekering moet al daai geld uitbetaal en hulle soek 'n rede om nie te betaal nie. Wat gaan jou antwoord wees as hulle vra wat het jy gedoen om seker te maak jou kombinasie is stabiel op ons paaie waar ons weet 'n slag gat kan sommer nou voor jou in die pad inspring????????
Ek kan se, My gemiddelde spoed is onder 100km/h as ek sleep en ek gebruik 'n stabiliseerder sou iets onverklaarbaar gebeur.
Sterkte met jou besluit
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon het dit mooi verduidelik feitlik niks om by bytevoeg .Ek sleep ook al vir 43 jaar karavane ,en ek gebruik n stabiliseerder, elkeen se keuse ,maar dit is net meer gemoedsrus .Ek het al n band gebars op 120 km per uur en geen swaai op die karavaan gehad .Wat die Staightliner doen hy verhoed beslis dat die karavaan n swaai heen en weer doen die karavaan swaai bv links dan bring hy die karavaan terug en hy gaan nie regs ook uit, of sleg minimaal.Ek het dit al getoets deur 90 km per uur tery ,dan die stuurwiel van die bakkie tebeweeg ,en dan kan mens dit duidelik waarneem ,maar weereens elkeen se keuse .Bygesê pak jou karavaan ook reg ,want dit is ook belangrik .
Soos gesê, dis maar n persoonlike keuse maar my antwoorde is: Nee, Nee, slegs die wat die wa reg stuur soos n Trapisium. Ek kan nie sien dat die wringtipe enigsinns n swaar jaravaan kan beheer nie.
My raad is, as dit nie jeuk nie, moenie krap nie of soos die Engelse sê, If it aint broken, don't fix it.
More, Ek het ook al my lewe gesleep met stabiliseerders, een keer probeer sonder "Many Moons Ago" met my Sierra XR6, as ek 'n trok of bus van voor af sien kom het het ek my kneukels wit gedruk op die stuurwiel net om vas te hou want daai tyd se Caravette 6B se neus was so lig dat jy hom met een hand kon optel en amper nie saak gemaak hvl goed jy in daai neus laai nie
Begin met gewone Trapezium en toe later Straightliner, nog nie 'n dag teruggekyk nie en sleep heel gemaklik sonder enige vrees vir dwars winde, trokke, busse of enige iets anders wat 'n swaai kan veroorsaak.
Ek gaan nerens sonder my stabiliseerder op net vir my eie veiligheid
Soos reeds genoem, Leon het dit reeds mooi verduidelik.
Ek kan maar net my persoonlike ondervinding met jou deel.
Ons het vanaf Richardsbaai na Van Reenen gery waar ons oornag het. Die wind het die dag sterk gewaai en tussen PMVB en Mooirivier het my vrou by 'n vragmotor verby gegaan. Dit was op 'n brug oor 'n rivier.
Die woonwa het skielik erg begin swaai. Hy heet my voertuig begin rondruk, seker sowat 3 of 4 keeer voordat die voertuig se "anti-sway" sy werk gedoen het. Dit is 'n ondervinding wat ek nooit weer wil beleef nie.
By ons oornag bestemming het ek gesien dat ek vergeet het om die stabbiliseerder te aktiveer. Nou maak ek dubbel en dwars seker dat ek dit wel doen.
-
Redundancy with Sway Control:
If the vehicle already has an effective sway control system (like weight distribution hitches with sway control or electronic stability systems), adding a Tando or Trapisium stabilizer may be unnecessary or offer limited additional benefit. -
Complexity and Installation:
Installing a stabilizer adds extra components and maintenance considerations, which could complicate the towing setup. -
Potential for Over-Restriction:
Excessive stabilization might make steering feel overly stiff or unnatural, reducing maneuverability. -
Cost:
Purchasing and maintaining an additional stabilizer can be an added expense, which may not always translate into significant benefits if sway control is already effective
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Die een lyk soos 'n AI antwoord ðð¤£
Ons arm mense sleep maar met voertuie wat niks van daai goed in het nie, "No Airbags, No Anti Sway, no EBD of Self Leveling Suspension" ... dis net ek en daai vrag.
Ja wel. Ek kom met sleep van toeka af toe my pa nog sy Jurgens gesleep het. Daai tyd was daar nie al die slim goete op 'n voertuig nie.
Al hier AI goete soos jy noem tree in werking as die popo klaar die fan getref het die voertuig begin swaai en dan moet die AI goete hulle ding doen.
Die stabiliseeder wat ek gebruik tref voorsorg dat die kanse dat die popo die fan tref baie kleiner is.
Als hang af van hoe jy daaroor dink.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
As jy Trapezium gebruik...maak seker dat jy Instruksies mooi lees. Ek het nie mooi gelees nie en ketting verkeerd opgehaak....met skerp draai die stang seergemaak en amper karavaan verloor by Harrismith op hoofweg. Yellowblade fink ek se specs is 1100kg waar Tando 2500kg is
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Arm mense kan nie kla nie maar kan nie glo dat mense hulle woonwaens so deur hulle gatte trek nie
Ja nee wat mense persoonlike smaak maar ek sleep met my Straightliner ek weet ek" overshoot "bietjie ,want hy is eintlik doelmatig vir dubbel" horsebox",maar sonder hom gladnie .Veral nie op die swaar karavane enkel as ,die Classique weeg leeg 1500 kg dan kom die aircon en movers nog by en dan laai jy nog n paar goedjies in, dan kom.jy maklik by 1700 kg .Dit begin dan n ander storie raak, as om ligte karavane tesleep.So ja elkeen se besluit ,maar gebruik hom , maar op die swaar enkel as karavane, werk dit beslis .
Baie dankie vir die advies!
Ek is maar een van daai "eerder bang jan as dooie jan" , daarom my vraag.
Ek het weeg en my pak elke item wat in my karavaan gaan en pak baie spesefiek. My Raven en Sportage sleep baie gemaklik met geen probleme nie maar ja, as n trok my verby vat, hulle jaag of die duiwel agter hulle is deesdae oppad wildtuin toe, dan klou ek maar aan my stuurwiel al bly my kombinasie stabiel.
So ek wil graag een aanskaf vir wanneer die popo die fan strike! ingeval iets buite my beheer gebeur is daar darm die stabilizer as n laaste voorkoming.
Ek sal bietjie huiswerk doen en dan aanskaf en instaleer. Klink my Yellow blade, Tando of staright liner. My kop na yellow blade toe.
En ja-nee pontius, sterkte met jou soektog, ek het 3 jaar n tent en venter trailer gebruik opsoek na iets wat goed na gekyk was. Ek wonder partykeer hoe lyk die mense se huise as hulle karavane so deur getrek is... Dis hartseer on te sien.
Andries, my laaste karavaan was 'n Raven en het baie gemaklik gesleep, eers met KB300 d-teq Isuzu en toe met Chev Trailblazer. Ek het altyd 'n Yellowblade opgesit en nooit enige noue ontkomings gehad nie. Ek het wel een wegbreek nie die Yellowblade opgesit en wou dit as 'n toetslopie gebruik. Ek moet se dat ek wel 'n "verskil" kon voel. Miskien was dit maar net 'n "mind game" maar ek het toe nooit weer sonder die Yellow blade gesleep.
Vroeer jare het ek 'n Tando gebrui, maar die Yellowblade was net makliker om op te sit.
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Dankie vir jou raad Hennie. Ek moet ook dink aan makliker om op te stel. Ek wil nie as die jare aanstap nie in staat wees on self so n meganisme op te sit nie.
As mens nog jonk in die gat is dan doen jy maklik eenvoudige dinge. En die ophaak van 'n Tando stabiliseerder is een van hulle. Een van ons forum lede het naderhand 'n tool geprakseer met hefboom kragte om dit te kon doen.
Hy sal seker later dit beaam wat ek noem. Tando is goeie stabiliseeder. Hy het homself al oor vele jare bewys.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Toe ek laasjaar ons Palma koop, was daar 'n Yellowblade, maar sonder die passtuk vir my motor (Honda CRV) Die Honda spog met 'n "swan" stang. Hoe doen mens nou hier die Yellowblade ?
Hermann, ek kan nie jou vraag be-antwoord nie, maar ek het 'n bekommerde vraag;
Is jou Honda CRV se lisensiegewig meer as die bruto gewig van jou Palma.
Dit is meer belangrik as 'n Yellowblade vit stabiliteit, en ook wet. Dit weet jy sekerlik ook.😃
Toe ek laasjaar ons Palma koop, was daar 'n Yellowblade, maar sonder die passtuk vir my motor (Honda CRV) Die Honda spog met 'n "swan" stang. Hoe doen mens nou hier die Yellowblade ?
Jy kry 'n passtuk wat om die gooseneck sleepstang pas spesiaal vir die Yellowblade. Dit wel vir die ou tipe yellowblade wat 'n plat punt het wat in die passtuk indruk. Weet nie of daar is vir die nuwer modelle nie, want die nuwe modelle werk met 'n square-bar wat deur twee square tubing punte van regs na links druk.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
