Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22987 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5934 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1423 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 674 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 462 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Driesvan | 186 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Sleep voertuig
Goeie middag
Ek het ñ Mahindra S11 auto en sleep ñ Jurgens Penta. Ek het opgemerk daar is ook ander kampers met dieselfde voertuig en wil net weet hoe vind hulle sleep die voertuig?
Lazy, welcome to CP.
My across neighbour has a S11 and tow an Exclusive.
I do not think you will have a problem with a Penta.
Myself has a Penta and tow my Penta with a Nissan X-Trail - 2.0lt Dci, manual (2011 model) with ease.
I know Leon from the forum has a Mahindra D/C and also tow an Exclusive.
He can perhaps advise.
Search on Google: Towcar Specs.
Thanks for the reply Gerden. I noted that Leon has a Mahindra, I just want to find out if he done a chip or mapping on his or is he satisfied with the power as is - standard?
Regards
Hi, Lazy. Jammer oor my Afrikaanse terugvoering.
Jou naam as Lazy het my verwar (LOL).
Leon sal definitief antwoord, maar soos ek Leon ken, glo hy nie aan "Mod's" aan sy voertuie nie.
My X-Trail self is 100% standaard, sonder "Chip" ens...
Kom ons kyk wat sy antwoord is, maar in my opinie is dit Å 5/5 kombinasie.
My X-Trail = 4,5/5 met die Penta wat voldoende is vir my.
Ek sleep op gelyk pad in 5de rat alhoewel myne 6-spoed handrat is.
Slegs teen n "incline van 1:20" moet ek oor skakel na 4de rat en teen n spoed van 100km/h wissel my brandstof verbruik tussen 8,5 - 9,8 km/lt.
Met my Sprite Swift van 860kg was my verbruik = +/- 9,5 - 10 km/lt afhangende van wind en "inclines".
Wees gerus, jy sal nie n probleem met sleep ondervind met die Mahindra nie.
LOL, ons wa se naam is Lazy Lizard, sal nog ñ foto later plaas. Baie dankie vir die terugvoer ek waardeer dit baie, ons was Eiland toe en ek het goed gesleep, het net ondervind dat as ñ trok jou spoed breek teen die pas jy maar moet redelik "terug gear" daarom gewonder of die manne dalk gegaan het vir die "chip en mapping"
Geseënde aand
Dink maar tweemaal oor chipping. As jy die masjien meer krag laat onwikkel as waarvoor dit ontwerp is, kan jy dalk net groot skade veroorsaak. Wees eerder rustig as jy sleep. Jy het onvermydelik minder Kilowat per kilogram, aanvaar dit en moenie daarteen baklei nie.
Baie dankie vir die advies ek dink ek sal daarby hou om maar net geduldig te wees - haastig nie wees as jy sleep nie wees maar geduldig.
Geseënde aand
LOL, ons wa se naam is Lazy Lizard, sal nog ñ foto later plaas. Baie dankie vir die terugvoer ek waardeer dit baie, ons was Eiland toe en ek het goed gesleep, het net ondervind dat as ñ trok jou spoed breek teen die pas jy maar moet redelik "terug gear" daarom gewonder of die manne dalk gegaan het vir die "chip en mapping"
Geseënde aand
Ek het al teen erg reen gesleep en sodra ek n trok verbygaan of hy kom verby my, sak my km/h maklik vanaf 100- 110km/h na 80 - 90km/h en dan moet ek terug skakel na 4-de rat en somtyds tot 3de rat.
Soos Fred noem: Hou jou voertuig soos Engineers dit ontwerp het, hulle het geweet tot waarna n voertuig instaat is.
Ek is gekwalifiseerd as: Motorwertuigkundige/Dieselwerktuigkundige asook Auto-Elektries en daarna verder gaan studeer tot Procurememt.
Met my "Speelgoed" het ek rond gespeel en somtyds my "Vingers Verbrand".
Los hom soos hy is.
Dankie vir die goeie raad, ek vat dit en wees maar net meer geduldig soos ek Vir Frederick gesê het.
Ek los hom net soos hy is.
Our S11 SUV manual tows the Sprite Surfer as well as my ex Cruiser 80. A joy to tow with.
And then there's, Power Tools!
Daar was juis hierdie week n vraag op facebook oor n persoon wat belangstel om n Mahindra te koop vir sleep doeleindes. Ek was relatief verbaas gewees oor die 2 groot verskille in terugvoering. Die een helfte praat groot lof oor hul Mahindras en die ander helfte vertel weer oor die teen oorgestelde....watter slegte ervaring hulle het.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Daar was juis hierdie week n vraag op facebook oor n persoon wat belangstel om n Mahindra te koop vir sleep doeleindes. Ek was relatief verbaas gewees oor die 2 groot verskille in terugvoering. Die een helfte praat groot lof oor hul Mahindras en die ander helfte vertel weer oor die teen oorgestelde....watter slegte ervaring hulle het.
Ek is ook nie voorstaander van chip op enige voertuig nie
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
My buurman het n "Plug n Play Chip" op sy BMW X3, ek weet nie die tydperk nie.
Die ou het oneindige probleme.
Eers het die Oilcooler gegroet, toe "Glow Plugs en Injectors".
As hy sy BMW aanskakel, moet ons alles toemaak om die diesel reuk te vermy.
Toe ek my "Diagnostic Tester" koppel, vind ek dat sy "Vacuum Air Consumption" gegroet het.
Volgens n BMW tegnikus reken hy dat dit agv die "Chip" is.
Nou moet die "VAC" vervang word wat n redelikke prys is en vir die toekoms vir meganiese veiligheid, die "CHIP" uit te haal.
Waar ek my vingers verbrand het toe ek nog aktief was (LOL) met my speelgoed het ek 10% vliegtuig brandstof teen 90% petrol gegooi:- (Ons het naby Rand Airport gewoon).
- My Golf (Met Gasflow C/head, 288 Estas Camshaft, Branches en 32- Weber Carburettor vanaf n ou weermag Noddy) het "Chassis" gekraak.
- My Nissan EXA (Met turbo, intercooler conversion, gasflow C/head met 276 STK Camshaft) het op snelweg begin "Airborn" raak teen +/- 180 - 190 km/h wat my en mede motoriste in gevaar gestel het.
Ek hoor die manne se harte maar hulle moet nie vergelykings maak tussen voertuie nie, die Mahindra lewer maar 320 Nm/torque teenoor die ander fabrikate wat tussen 400 - 520 Nm/torque lewer wat sal voel of hy bietjie pap is om te sleep maar doen tog sy werk met die regte wa.
As ek mag vra, wat het die manne met hulle Mahindra's gesleep en water probleme het hulle onedervind?
Met sleep is die wringkragsyfer belangriker as die kilowatts. Met 320NM klink jou voertuig vir my sterk genoeg om jou karavaan en selfs 'n groter een te sleep. Dit sal goed wees om van ander lede met dieselfde sleepvoertuie te hoor. Ek dink Leon het ook so-een en sleep 'n Exclusive wat groter is as jou Penta. Moontlik sal hy mettertyd kommentaar lewer. So 'n dekade of twee gelede het bakkies selde meer as 80KW gehad en baie mense het heel suksesvol karavane, ook grootes, met hulle gesleep. Ek het self vir amper 30 jaar met 'n 2.1L Kombi met 84Kw en 170NM 'n Sprite Supersort lekker gesleep. Jy moet maar net jou sleepvoertuig se beperkings aanvaar. Ek dink ons is bietjie bederf met die kragtige bakkies wat ons deesdae kan koop. Ons moet onthou 'n karavaan is inherent 'n baie lomp voertuig en beslis nie geskik om teen 120k/u te sleep nie. In sommige lande word sleep beperk tot 80k/u
Ek stem saam en is tevrede met wat ek gekry het vir die prys teenoor ander fabrikate.
Gelukkig is ek geduldig en sleep veilig. Ek sal nogtans wil weet watse probleme die ander manne ervaar het.
As ek myself nie verspreek nie, vergelyk my X-Trail se "Specs" +/- dieselfde as jou Mahindra en sleep my Penta met gemak.
Die X-Trail is "FWD" wat ek dink die verskil is dat die Mahindra "RWD" is.
Ek ken Mahindra nie so goed nie, maar het al n 2de Handse XUV 500 toets bestuur en kon voel dat hy aan die "Lui" kant was = die X-Trail.
Tog sal ek voorstel dat jou kombinasie volgens "Specs" is 100% sonder enige probleme.
As ek myself nie verspreek nie, vergelyk my X-Trail se "Specs" +/- dieselfde as jou Mahindra en sleep my Penta met gemak.
Die X-Trail is "FWD" wat ek dink die verskil is dat die Mahindra "RWD" is.
Ek ken Mahindra nie so goed nie, maar het al n 2de Handse XUV 500 toets bestuur en kon voel dat hy aan die "Lui" kant was = die X-Trail.
Tog sal ek voorstel dat jou kombinasie volgens "Specs" is 100% sonder enige probleme.
Afgesien van die onderwerp: Ek lees vandag dat die: Ford Ranger en VW Amarok (The most efficient D/C) voertuie is en ontwerp is deur dieselfde Ingeneer en word gebou in SA onder dieselfde dak, maar met verskillende name en "Embleems"???
Goeie middag
Ek het ñ Mahindra S11 auto en sleep ñ Jurgens Penta. Ek het opgemerk daar is ook ander kampers met dieselfde voertuig en wil net weet hoe vind hulle sleep die voertuig?
Goeie more Andre
Ja ek sleep 'n Jurgens Exclusive met my Mahindra Dusk. Die Exclusive se BVM is 1800kg en ek is eerlik as ek die volgende terugvoer gee.
Die Tipper met net 320Nm krag sleep die Exclusive gemaklik op gelyk paaie teen 'n spoed van 90 - 95km/h. Sodra daar effe opdraandes is werk die Mahindra harder as ander voertuie om die spoed te hand haaf.
Ons was verlede Desember Sabie omgewing toe en daar in die berge kom mens regtig agter dat die Tipper nie die krag het wat ander voertuie soos Ford, Nissan en Amarok het nie. Op 'n baie steil opdraande bo net so voor die kruin is die Exclusive maar teen 40km/h oor die knop.
Die trip laeveld toe en deur die berge in Nelspruit en Sabie omgewing het my baie wysgemaak ten opsigte van my sleep kombinasie.
- Die kombinasie sleep lekker gemaklik teen 'n algemene spoed van 80-95km/h.
- Met opdraandes soos in die omgewing van Bronkhorstspruit moet mens gereeld terug rat en dan loop die enjin revs naby 3000rpm om die spoed te hou. As mens die area regtig beskou is dit relatiewe plat wereld met bulte. Vir die Mahindra om heeltyd 3000rpm te loop is dalk nie 'n goeie ding nie.
- Sal maar die sleep spoed moet aanpas na meer van die 80km/h as die 95km/h in sulke areas. In die Vrystaat en Karoo sal mens seker teen 105km/h kan sleep want met gelyk paaie kies die Mahindra self die 6de rat. Of dit dalk gooed is of nie.
- Met stabiliteit het ek geen issues gehad nie.
Ek moet by noem dat dit vir my regtig 'n aanpassing is om op die manier te sleep. Ek het die voorreg gehad om vir baie lank met kragtige voertuie groot waens te sleep en was bederf met daai voertuie se krag. Ja dit sou great gewees het om ten minste 380Nm of meer te gehad het maar dit het ek nou nie. Die enigste manier is om my sleepsteil aan te pas of om n ander ligter karavaan te koop of sterker sleep voertuig.
Vriende het ook aangeraai ek moet chip en mapping probeer. Ek het gesien wat dit aan Navara's en toyotas gedoen het en sal dit nooit gebruik nie. My opinie oor dit is, daar moet baie meer verander word aan 'n voertuig omregtig 'n krag lewering verskil te sien. NET 'n CHIP of MAPPING verander net die hoeveelheid brandstof inspuiting en die timing daarvan met die res van die enjin wat std bly wel ek het my ondervinding.
'n Chip vir die Mahindra vermeder die beweerde krag maar met ek dink 30Nm. Dit wil se ek sleep dan steeds met minder as 350Nm krag. Dis nie daai +/- R6000 en risiko werd nie.
Hoop die info is van enige waarde.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek sal graag wil weet wat is jou algemene sleep spoed met die Penta. Jou karavaan met 'n BVM van 1500kg is 300kg ligter as my Exclusive.
Dit kan 'n aanduiding vir my wees as ek besluit om karavaan te wissel.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Baie dankie Leon ek waardeer die inligting en is nou tevrede met wat ek by almal gehoor het, ja bly standaard, wees geduldig en pas jou sleepsteil aan met die kombinasie wat jy het, ons is mos nie haastig nie en wil veilig sleep.
My sleep spoed op gelyk pad is 100 - 110 en ek sleep in manual in 5de rat om in my "torque range" te bly, die revs is dan tussen 2000 en 2300 en die enjin klink dan ook sommer gemaklik. Ek moet erken dat by opdraendes soos by Bronkhorstspruit op die N4 gaan ek ook terug na 4de om nie die enjin swaar te laat trek nie.
Baie dankie vir die eerlike raad en opinies ek vat dit, geseënde dag en lekker Kamp.
