Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22986 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5933 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 673 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Driesvan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Sleep n' Exclusive met n' Pajero 3.2 DiD.
Middag mede campers. Ons was nou laas vir 4 weeke in die KNP en geduurende die trip het ek besluit dit is tyd om my 2005 Pajero 3.2 DiD GLX met 338 000Km te vervang. Ek kyk om weer n' 2015 of laater Pajero te koop.
My 2005 model het nie common rail nie en het maar gesukkel teen die steil opdraandes. Party keer (Schoemanskloof pas) het die spoed tot 40Km/h gedaal. Die brandstof verbruik was so tussen 16 en 21L/100km. Kan iemand vir my se hoe sleep die nuwe (Gen 4) Pajero's. Hulle het nou tog meer Kw en Nm.
Paul
Wat dink julle van die Unichip van Dastek?
Paul
Met n beter en goeie voertuig kan jy nie verkeerd gaan nie.
Moet net nie al jou kamp gelde op n voertuig paaiement betaal nie.
Dankie Jin. Ek gaan koop wat ek kan bekostig sonder om kamp in te boet. Daar is mos prioriteite :)
Paul
Dankie Jin. Ek gaan koop wat ek kan bekostig sonder om kamp in te boet. Daar is mos prioriteite :)
Gaan vir goud.
Ek sleep my 2011 Gypsey Regal met ‘n 2013 Pajero SWB (141Kw / 440 Nm) en sleep is ‘n plesier. Ek dink die gelaaide gewig van die Regal is in die omgewing van 1300kg.
Jou karavaan is heelwat swaarder, maar ek dink dit is steeds ‘n goeie kombinasie.
Al vele male voorheen bespreek, dis nou die chip ding. Kort antwoord is, bly weg. Dit kan jou groot enjin herbou koste op die hals haal.
Al vele male voorheen bespreek, dis nou die chip ding. Kort antwoord is, bly weg. Dit kan jou groot enjin herbou koste op die hals haal.
Blykbaar nou nuwe generasie chip wat met addisionele funksie uitkom om jou enjin te beskerm deur basiese vereistes nie te oorskry nie.
Skoonseun het verlede week dit geinstalleer (voertuig verkoop)
Ek myself sal voorstel jy kyk na die nuwer model. Self is ek nie tengunste van 'n chip nie maak nie saak wat wie van dit sê nie. My ondervinding was nog net negatief.
As die nuwe voertuig se spec is soos wat Johan sê 440Nm dinke ek jy gaan heel gemaklik sleep. 'n Ander voertuig is nou wel meer geld om uit te haal as net 'n "chip" maar ek sien dit eerder as beter "reliability" oor die langer duur.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek het die naweek gekyk toe n nuwe fortuner n exclusive trek. Die Fortuner het maar bietjie gehang agter. So dit lyk my dit is nogal n swaar mannetjie en moet mooi kyk wat jy voor aan koppel
Ek dink ook n short wheel base sal nie die ding doen en ek sal vir n langer wheel base gaan.
Dan ook dink ek die sleep voertuig moet diesel wees. Pajero is n puik voertuig maar het verskeie stories oor baie swaar op diesel, veral petrol
Lees graag wat die manne te sê het.
Bakoor ek het air bags in my Fortuner laat aanbring. Ek het reeds 'n paar jaar gelede in Moremi gevind die kar se gatjie stamp gou deur met die boswa. Al my probleme is opgelos en hy sak nie 10mm met die Fleetline nie. Dis heerlik om n geteerde stamp-pad te ry (soos naby Carolina en Ventersdorp) en te voel hoe stewig alles voel. Geen oorleun of gehop nie.
Danie, dankie vir die waardevolle terugvoering. Volgens vele tegniese navraag wat ek alreeds op die 2.8 GDC Fortuner gedoen het is daar volgens my twee belangrike dinge om te doen wat my sal pas op die Fortuner en dit is air bags agter soos jy gedoen het. En dan hom chip wat sy 450 nm op stoot na 500 nm. Jy kan hoër gaan maar ek sal dit nie doen.
Dan dink ek die 2.8 GDC sal n masjien van n sleep voertuig wees. Dit sit die 2.8 GDC in n heel ander kategorie. Toyota reken ook meeste eienaars chip die voertuie probleem vry
Groot sorry Paul / manne ons kaap die draad nou. Dit is Pajero wat hier bespreek moet word.
😱 Enige outjie maak n foutjie maar ons gesels so lekker dat mens nie kop hou.
Nee wat geen probleem nie. Die thread is om ondervinding met sleep voertuie en die chip van voertuie te doen om die sleep vermoe te verbeter. Toe ek die Penta gesleep het was my Pajero gemaklik. Nou met die swaarder Exclusive kan sy nie dit gemaklik behartig nie. Ek het hierdie storie op n' ander forum gekry en ek kan dit beaam.
"Hi Mike,
I have the same model and year (2005) Pajero Gen3 than you, but with 326 000km on clock. Recently acquired a 2nd hand Jurgens Exclusive caravan. Pulled it to North Coast in December for 1st time. The car really battled on the passes and around the Pietermaritzburg uphills, with temps going close to red and battling to keep to 70km/h, eventually ending up in 3rd gear with black smoke visible. Consumption was +-21 litres/100km. I have a Racechip installed [after I got caravan] that feels great solo, but made no difference with van hooked. Other friends pull slightly lighter vans with the newer 140kW engines and is very happy. I thought that there would not be such a major difference between the 121 v 140kW engines.I just want to keep a steady 100-105km/h and major uphills +-80-90km/h.
I know the van is very heavy [1500kg plus load up to 1700kg].
Anybody else pulling such heavy vans and your experiences?"
Leon, ek dink nie om my ou kar te chip nie, liewers die nuwe een. Wat ek lees gaan dit nie aanbeveel word nie en miskien ook nie nodig nie. By the way ek was gister by n' paartjie in Lytelton om camp kas covers te laat maak. (Hulle ken jou Leon en was al in Plett saam met julle). Hy sleep sy Exclusive met n' 2L diesel VW Amarok teen 90Km opdraandes in 7de rat. Geen probleem nie. My Pajero is seeker maar net moeg!
Paul
Ek weet 'n man hou maar by dit waaraan hy gewoond is. Maar hoekom kyk jy nie ook na 'n ander maak voertuig nie. Ja Ja ek sal nou wel die 3,2 Ranger aanbeveel maar netso sal ander 'n Toyota aanbeveel en sommige die Amarok.
Daar is soveel opsies wat werklik jou Exclusive met 'n smile gaan sleep. Jy is geholpe met 'n sleep voertuig al sukkel die bietjie.......... my voorstel is, vat jou tyd en reel toets bestuur met verskeie voertuie maar sleep jou wa met hulle.
Ry net teen die afdraande by Ou Yskor af en op en net dit gaan vir jou sê of jy gelukkig gaan wees met die voertuig al dan nie. So kan jy kies en keur en op wiele af kom wat vir jou die beste werk.
Dan is ek bly jy het vir Japie en Lizette ontmoet. Hulle is pragtige mense. Sy het krimp varkie se awning en kantseile vir my gemaak. Julle kan mos die onthou.


Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Danie, dankie vir die waardevolle terugvoering. Volgens vele tegniese navraag wat ek alreeds op die 2.8 GDC Fortuner gedoen het is daar volgens my twee belangrike dinge om te doen wat my sal pas op die Fortuner en dit is air bags agter soos jy gedoen het. En dan hom chip wat sy 450 nm op stoot na 500 nm. Jy kan hoër gaan maar ek sal dit nie doen.
Dan dink ek die 2.8 GDC sal n masjien van n sleep voertuig wees. Dit sit die 2.8 GDC in n heel ander kategorie. Toyota reken ook meeste eienaars chip die voertuie probleem vry
Bakkies, in my wêreld van stelsel ing'swese verwys ons na stellings soos "Toyota reken ook meeste eienaars chip die voertuie probleem vry" as "motherhood statements":) Kom ek verduidelik, "meeste" is 'n term wat niksseggend is, beteken dit 9 uit 10, 1 uit 10, 5 uit 10, of wat? Maw dis onmoontlik om dit te kwantifiseer en word beskou as terminologie wat eerder nie gebruik moet word nie. En dan "Toyota reken..."? Wie is "Toyota" in die geval? Ek glo dis dalk een of ander mekaniek wat by 'n agentskap werk en eintlik min weet van die ontwerps parameters van die voertuig? Dink mens moet so 'n stelling op skrif kry van die vervaardiger self af (uiteindelik is alle waarborg eise iets waarvoor die vervaardiger Pa staan, nie meneer die mekaniek of sy agentskap nie) - nog nooit gehoor van iemand wat so 'n skriftelike vrywaring by 'n vervaardiger kon kry nie. In alle geval moet mens ook seker vra as dit dan reg is om te chip, hoekom verval die voertuig se waarborg onmiddelik? Daar is in wese twee maniere om te peuter met die enjin se parameters, een is die sg chip wat bloot die voertuig se eie ECU beheerseine onderskep en met 'n aanpassings faktor aanpas. Dis iets wat uiters gevaarlik is omdat die ECU nie regtig meer korrekte data het om die enjin te beskerm nie met moontlik 'n uiteinde van pragtige ronde gaaitjies in een of meer suiers gebrand. Die ander is om die ECU se beheer tabelle te "re-map" oftewel die parameters in die sagteware se opkyk tabelle te verander. In die geval bly meeste van die veiligheids eienskappe van die oorspronklike sagteware behoue. Dis meestal ook duurder en uiteraard word dit deur 'n aansienlik slimmer persoon gedoen. Dit het egter steeds die nadeel dat die balans tussen werksverrigting en lewensduur van die enjin nie meer behoue bly nie. Daar is 'n "waarheid" in die ing'swese wêreld wat iets gaan soos "Mother Nature is a b&tch, she never gives away anything for free, it all has a price". Wat opmerklik is by baie chip gesprekke is dat mense wat dit doen ook vinnig praat oor hoe maklik dit is om die chip te verwyder voor die voertuig ingaan vir 'n diens sodat die vervaardiger nie daarvan weet en die waarborg kanselleer nie - kom mos neer op bedrog of minstens growwe oneerlikheid? (terloops party voertuie se oorspronklike sagteware kan reeds die teenwoordigheid van sulke modifikasies optel en stoor in geheue vir gebruik deur die agentskap sodat al verwyder die eienaar die chip die vervaardiger dit wel weet). Weet ek kaap die draad nou effens maar dis dalk vanoggend se koue wind! Ekke sal nou my bek hou :)
Ek sleep ‘n Sensation Vee (1800kg) met ‘n 2016 Pajero en dis moeitevry.
Die diesel verbruik val tot 20l per 100km as ons terugry van die Kruger Park af na die hoëveld toe.
Maar dan klim ons 1300m. Dis iets om in gedagte te hou wanneer jy vebruike wil vergelyk.
Ek gebruik die tiptronic baie wanneer ek sleep en die spoedbeheer gladnie.
Uit beginsel sal ek nie maklik in 5e rat sleep nie tensy die pad gelyk is en met geen wind van voor nie. Ook hou ek by 100 kmhr of stadiger.
Op die Schoemanskloofpas ry ons gewoonlik weg vir die stadiger motors.
Die Pajero se krag is meer as genoeg vir sleep.
Dankie Johan. Die Exclusive is ongeveer 1900Kg of miskien bietjie meer. So baia vergelykbaar met jou Sensation Vee.
Tot hoe ver sak jou spoed teen Schoemanskloofpas?
Leon wrote: Ek weet 'n man hou maar by dit waaraan hy gewoond is.
Leon ek kan nie n' ander SUV met sulke km koop vir wat ek betaal het vir die nuwe Pajero. Ek het ook ongelukig seeker no go-es. Jeep & Landrover en bakkie's is nie op my kyk lys nie. Die voertuig moet ook off-road capable wees. Die VW's en Merc's is soft roaders maar hulle het ongelooflike krag en 1MR+ prys. So dit los net n' paar SUV's wat genoeg krag het en in my prys klas is.
Ek het met verskeie Misubishi Specialist plekke gepraat en hulle se met die BK sal ek maklik die Exclusive sleep. Hulle raai almal ten sterkste aff om enige modifikaasies aan die ECU program (Chip) aan te bring. Hulle sien baia karre met die goed wat groot probleeme optel. Ek glo ook dat as jy meer krag will he koop die kar wat dit as standaard lewer.
Paul
Hi Paul
Die Pajero het meer as genoeg krag vir enige ding wat mens wil aanvang. En sy betroubaarheid is jare terug al bewys.
Sleepspoed teen Schoemanskloofpas sal so 80 kmhr wees .
Stadiger of haastige voertuie maak dat ek stadiger ry.
Teen die skuins afdraende aan die ander kant sal ek die Paj in 3e of 4e los maar ek laat nie toe dat die revs oor 3000 rpm gaan nie.
Weet jy dat Pajero nog net in ‘n paar lande bemark word? En ek sien nie kans vir ander make nie.
En die kilowatts pratery beindruk my nie. Wat gaan mens met 180 kw plus maak?
Ek kan sien dat goeie 2ehandse Pajeros baie skaars gaan word.
Myne moet hou tot ek my kop neerlê.
Ek het my Pajero nou amper 15 jaar gery en sy is uiters betroubaar.
Ek hoor Mitsubishi will die Pajero LWB einde volgende jaar in die paar oorblywende lande ook stop. Dan sal my vervanging een maar ook net weer 15 jaar moet hou.
Ek glo my nuwe een gaan veel beter sleep as my huidige 2005 model met die vorige generaasie engine.
Ek kry haar volgende week en sal seeker die naweek daarna weer sleep Dinokeng toe. Ek sal terugvoer gee.
Paul
Daars dit nou. Gaan vir goud Paul. Ek glo sy gaan doen wat jy verwag.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
