Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22986 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5933 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 673 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Driesvan | 186 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Road conditions Pretoria to Phalaborwa
Ons ry nou al die laaste 10 jaar die roete Phalaborwa hek toe met die N1 deur Polokwane en dan Tsaneen omdat die N4 deur Belfast/Dulstroom pad so sleg is. Die Dulstroom pad is 475Km en die toll hek fooie is R130. Voor dat die Diamond Hill plaza daar was was dit nog R48 goedkooper met die roete. Die N1, Polokwane, Tsaneen pad is 472Km en die toll hek fooie is R226.
Ons will weer die N4 Dulstroom roete ry maar weet nie hoe die pad kondiesie is nie. Die stuk tussen Dulstroom en Lydenburg was altyd die slegste.
Het iemand onlangs die roete gery en hoe is die pad kondiesie nou?
Paul
Was 6 maande terug op daai pad gewees na my ma in Phalaborwa tussen Belfast , Dullstroom , Leydenburg het hulle plek plek begin reg maak maar daai pad was van mooi na n riller gewees
Ek was ook rukkie terug 35 km buite Dullstroom in die rigting van Lydenburg, Die trokke gaan in aankomende verkeer in in om die gate op die pad te mis want daar is baie plekke geen pad oor nie.
Ek sou se bly weg.
Hierdie laasweek gelees op facebook....ek weet nie hoe waar dit is nie
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie aan almal. Maar ek kry nou teenstrydige inligting?
Is die pad nou geskik vir n' teer pad woonwa?
Paul
Ek weet nie of Rona hier lees nie....sy bly op Dulstroom en behoort 1ste handse info te kan gee
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek dink ry hom dan weet ons almal
Die laaste keer wat ek hom gery het (2019) het ek n' band verloor en n' gat voor in die woonwa gekry. Ek het in Lydenburg n' nuwe band op gesit en met duct tape die gat toe gemaak.
Ek het well n' vermoede dat die pad nou reg gemaak is maar ek gaan dit nie sommer beproef nie.
Paul
Paul
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Paul
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie Geert. Nou is dit beaam.
Ons sal volgende trip die pad vat. Dit gaan nogal nostalgies wees. Toe die pad nog in orde was het ons altyd so Phalaborwa en Orpen hek toe gery. Dit was die goedkoopste en het minder verkeer gahad.
Paul
Onge-bleddie-looflik watter waarde hierdie forum alles bied! Fanx ouens.
Hierdie forum het my all baia geld en tyd gespaar. Dankie aan almal.
Paul
Dankie Geert. Nou is dit beaam.
Ons sal volgende trip die pad vat. Dit gaan nogal nostalgies wees. Toe die pad nog in orde was het ons altyd so Phalaborwa en Orpen hek toe gery. Dit was die goedkoopste en het minder verkeer gahad.
Ons het Maandag met die pad oor Origstad/Lydenburg/Dulstroom/Belfast terug gery van Phalaborwa af.
Die pad tot by Mica was goed tot uitsteekend. Net na die afdraai van die R40 op die R526 het die teer min geraak. Vir die volgende 20km moes ek meestal langs die pad ry teen so 10Km/h. Die laaste stuk tot by die T aansluiting met die R36 was die pad weer goed met min slag gate. Die ress van die pad tot by Lydenburg en die afdraai na Dulstroom op die R540 was die pad goed maar verskriklik hobbelrig vir lang stukke. Die eerste 15Km na die R36/R540 afdraai is vol slag gate met party bo op blinde bulte en die breete van die linker baan en diep. Ek moes n' paar keer stop om te kyk of daar nie skade was nie. Daarna tot by die N4 by Belfast is die pad weer goed. Daar was uiters min trokke. Miskien 10 in totaal.
Nee wat.....om R200 te bespaar gaan ek nie weer hierdie roete vat nie en liewer weer die ou roete oor Tsaneen/Magoebas Kloof en Polokwane/N1 vat.
Paul
Paul thanks for the feedback, you will be saving many of us a nightmare travelling that route. Hope you did not sustain any damage.
No luckily not. The items on the bathroom shelves were all on the ground. First time ever that has happened.
No visible damage though.
Paul
Dankie Paul, dan bly ek maar by my beproefde roete oor Pietersburg--Tzaneen en Gravelotte na P.Borwa.
Dis so jammer dat die paaie so vrot is, ek hou daarvan om by SWADINI oor te bly na, of van die willetuin.
