Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22987 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5934 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1423 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 674 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 462 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Driesvan | 186 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Hoe staan in wind?
Hoe staan julle in wind. Ek het nou die dag met 2 kampeerders gesels....die een reken met jou rugkant van setup reguit teen die wind. Die ander persoon reken dis beter om 45* teen wind in te staan. Wat is jul ervaring?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Die rigting van die wind verander gedurig, so ek neem dit nie in ag nie. Wat vir my meer belangrik is,is koelte en die uitsig as daar ‘n mooi een is.
Ek probeer om rugkant vir die gebieds winde bv suidooster of noordwester
wat aan my bekend is,te gee.Die ander windrigtings is nie preoriteit nie.
Ek stem 100% saam met Frans. Vind altyd uit waar die son opkom en waar hy ondergaan. Volgende wat ek in aanmerking neem is die uitsig asook privaatheid.
Met my Sherpa staan ek altyd met sy gat kant windaf...
Wel, soos my vrou altyd vra " van water Kant AF kom die reen?"
My antwoord......"van Bo af"!
Na 34 jaar nogsteeds dieselfde antwoord😂
Kry n balans tussen rugkant teen die rigting vanwaar wind die meeste waai en uitsig. Dit is as jou staanplek dit toelaat.
Ek vertel liewer nie vir my vrou van die wind nie. Ek stap n entjie weg en los hom dan stilletjies.
Ek vertel liewer nie vir my vrou van die wind nie. Ek stap n entjie weg en los hom dan stilletjies.
Skerp raakgevat DJ.
Sommer welkom op die forum ook, met of sonder 'n wind.
As daar ergere winde waai soos aan die Kaapse suidkus, dan draai ek maar die rugkant van die wa so dat die heersende wind teen 45° die wa vat as plek dit toelaat. So nie die rugkant.
As ek die uitsig wil geniet, vat ek my stoel en gaan sit dan met my gesig in die wind en kyk. Ek vind ek kyk vinnig klaar met die suid-ooster van voor, veral as die wind mens van die aarde probeer afwaai.
Vind dit beter as om heeltyd teen die wind te baklei met die tent, en nou en dan op te kyk vir uitsig.
Oor die algemeen ons ek nie veel bekommerd oor die wind se rigting nie. Wat meeste saak maak is hoe ons, ons self "cosy" inrig op die toegekende staan plek.
Maar by die see is bome en beskutting aan die skraps kant en dit maak regtig nie saak watterkant toe jy kyk vir die "cosy" gedeelte nie. In so geval sal ek die karavaan so plaas dat dit help om die wind weg te keer van die tent af. En dit sal ook net help as die wind geredelik uit dieselfde rigting kom.
So kort om gesê tent kyk wind af.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ons kamp buite, so die voertui is altyd aan die wind se kant geparkeer.
Wind waai dan die braaivuur rook weg van ons.
Kan dan gaan kyk na enige uitsig, soos hierbo genoem is...
Ek is nie veel bekommerd oor die wind as ons kort kamp nie. Dan kamp ek maar vir die uitsig. By langer kampe soos Hartenbos slaan ek die karavaan se rugkant na die heersende windrigting toe. Ek wil nie daar in die nag opstaan en aan tentpale vasklou nie. Toegegee die wind kan draai en van die verkeerde kant ook kom. Dit is egter die uitsondering en jy kan nie daarvoor voorsiening maak nie.
Ek stem 100% saam met Frans. Vind altyd uit waar die son opkom en waar hy ondergaan. Volgende wat ek in aanmerking neem is die uitsig asook privaatheid.
Vra altyd waar kom die son ens...
My vorige kamp het ek genoeg gehad en gesê, in my viskas is Å„ kompas.
Ek staan soos ek voel. Ek kyk eers die bure uit en dan besluit ek.
Ek vertel liewer nie vir my vrou van die wind nie. Ek stap n entjie weg en los hom dan stilletjies.
Dan waai hy wind af![]()
Hoe staan julle in wind. Ek het nou die dag met 2 kampeerders gesels....die een reken met jou rugkant van setup reguit teen die wind. Die ander persoon reken dis beter om 45* teen wind in te staan. Wat is jul ervaring?
Moet sê, 45° dan ruk die wind nie die wa te erg nie. Hy roer dan die tent meer.
Sykant teen die wind, veral suidooster oor die oop see, dan ruk hy nogal die wa as hy sterk waai. Die tent is dan geneig om effe te bol as gevolg van die lae druk wat veroorsaak word.
Soms lig hy die dak so effe. As jy nie jou pale en tent aan mekaar vas het nie, gaan jy sukkel om als bymekaar te hou. Dis wanneer die wind jou pale lig en dié dan uittrek.
Het al op plek gestaan waar die wind die karavaan geroer het hoor. Selfs die vasdraai van die hoekstutte het min gehelp.
Sal bietjie die 45 grade ding volgende keer uit toets.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek vermy liewer plekke waar die wind geneig is om kwaai te waai . Daar is vir my niks meer onplesierig as om in die wind te sit nie. Maak my sommer mislik. Dis hoekom ek verkies om in die bos te kamp, en nie by die see nie.
Ja, by die see kry jy maar baie wind.
Ek pak maar altyd klippe op die kant van die tent en gooi maar baie toue. Lyk nie so mooi nie maar ek slaap rustig.
Ed - Hierdie is seker al 'n ou raad. Ek het ook maar klippe gebruik maar my buurvrou se opmerkings oor die armlastiges het 'n ander raad gebring.
Gebruik die aaneenlopende plastiek sakke(lyk soos 'n army kous uit die kadetdae). Sny op die lengte wat jy benodig, maak vol sand, knoop weer en gooi die klippe weg.
Werk vir my soos 'n bom en hou die tent kante mooi op die grond.
Groetnis
