Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22986 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5933 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 673 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Driesvan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Die Hel - Gamkaskloof
Al wat ek het is dat die pad soontoe is 'n lekker 4x4 roete. Sorg vir genoeg petrol in en uit. As ek reg onthou is dit 49km maar neem amper 3 ure of so eenrigting.
Daar is 'n eetplekkie daar maar dit is nie altyd oop nie. Ten opsigte van akkomodasie sal iemand anders maar moet help.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Inskrywings oor al die blyplekke in die kloof is op ons webwerf www.flipentilla.com met fotos van meeste van hulle. Gaan kyk gerus.
Hi ja Shoe. Skoon van julle vergeet Flip. Sorry!
Eintlik as ons hier op die forum dink aan iets om te doen of te besoek kan julle sê
"Been there done that................."
Ons moet bietjie onthou! ! !
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Was verlede jaar Desember daar gewees, daar is parkeraad kampplek(tente of boswa) kan nie onthou of hulle krag het nie, glo amper nie so nie. Verder op in die kloof is 'n resturant/ venue, en die mense het ook kampplek, en as ek reg onthou is daar ook huisies beskikbaar by hulle. Dit was hier waar ek op pad uit was en 'n bergviets ryer op pad in was, ons het mekaar met so 'n haar breedte gemis.
Soos Leon se 'n kort afstand is wat baie tyd neem. Die grootste wat ek soentoe sal sleep, is my boswa. Die pad is gesluit vir woonwaens.
Alhoewel my pa in die laat 60's vroe 70's met sy Chevy Comando stasiewa en sy Cabson woonwa daar in en uit is toe neem dit ons omtrent 5 ure een rigting. Moes op van die draaie voorentoe agtertoe en weer en weer totdat ons deur die draai was.
-James Baldwin-
Baie inligting op ons webwerf hier:
GAMKASKLOOF/ DIE HEL
Bel Cape Nature Conservation of Swartberg Nature Reserve
Businessman, writer, photographer, editor, father, brother and husband.
Daar is heelwat gerestoreerde huisies tehuur dink die parkeraad verhuur dit
Koos, Annetjie Joubert hanteer alle besprekings- haar eie asook Cape Nature s'n as agent. (http://www.diehel.com/ ) Daar is kampplekke, staande karavane- bietjie oud maar netjies, en verskeie huisies. Daar is geen elektrisiteit nie. Sy kan ook etes verskaf. Enige voertuig kan daar kom hoewel die pad op plekke bietjie rof is, maar daar is nie bv hoë middelmannetjies nie, maar dis 'n mens se hoogtevrees wat die probleem is met die kwaai afgronde voor jy by die Elandspas kom en dan die pas self. Hoewel ek bietjie aan hoogtevrees ly, sal ek dit weer doen- dis asemrowend. Pasop om nie die klipspringers raak te ry nie- hulle het duidelik geen vrees vir motors nie. Bly net gedurende vakansies en naweke weg- ek kan my voorstel die pad kan 'n probleem wees met baie motors, wat glo wel soms die geval is omdat daar nie veel verbygaanplek is nie. Jy kan nie wettig met 'n sleepding daar kom nie- dis reeds op die Swartbergpas verbied, maar ek sou in elkgeval dit nie wou doen nie- dit sal net 'n nagmerrie wees. Onthou om in die pas toe te gee vir motors van van onder af kom- dis die reêl van die pad. Soek ook sommer Sue van Waart se boek oor Die Hel- baie interresant.
Julle besoek duidelik al die interessante plekke waar ons reeds was en hier en daar een wat ons nog wil doen- baie dankie dat ons kan saamry.
Ek weet ook nie watter pad julle beoog om Kaap toe te neem nie, maar as julle die tyd het probeer gerus roete 62 en staan dan paar dae by Skurwekop naby Robertson-dis pragtig en op die Breerivier en die omgewing het baie te doen
Groetnis en geniet!
Ek weet nie of die ou karavane nog daar is nie. Bly net daar weg. Ons het daar gebly en sommer met die intrap slag deur die vloer geval. ![]()
Die pad word gereeld geskraap, en is in 'n baie goeie toestand. Toe ons Desember daar was was daar 'n Hundai I10 in die kloof gewees. My kommintaar oor die pad was hoofsaaklik oor die draaie die pad kronkel redelik erg op plekke. En dit is wat dit moelik maak om iets grooter as 'n boswa af en op te sleep.
Die klein dogter van ou oom Mostert besit en bestuur die restaurant.
Foto van die laaste paar draaie onder in die kloof. Baie mooi.
-James Baldwin-
Ons was in Mei 2016 daar gewees. In Lenie Marais Huis oorgeslaap. Daar is 'n sonpaneel met batterye in en die ligte asook 'n gewone yskas/vrieskas werk van dit af. In die kombuis is 'n gasstoof. Gasgeyser vir die stort en kombuis beskikbaar. Hoekom ek van die huis hou is die feit dat die badkamer deel van die huis is - nie almal is so nie. Eet Roosterkoek en tuisgemaakte perske konfyt by die restauarant - baie lekker, kry vir jou tuisgemaakte witblits reguit uit die hel ook!!. Sien die fotos van die huis.
Moenie net inry vir 'n dag nie, slaap oor en vat jou tyd in die kloof en met die pad.
Kobus & Ada
Dir het ons ongeveer een uur geneem uit to by die uitkyk punt voordat jy afdaal nou oudshoring se kan toe.
Fred. Ek dink jy is heeltemal reg. Daar is beperkings oor goed wat jy sleep oor die Swartberg pas weens die nou draaie. Ek het met n Toyota bakkie daar oor gery en onder het die rook uit my remme gekom en dit met geen vrag.
Koos: Dit is iets wat jy nie moet mis nie en sal dit geweldig geniet. Daar is beslis mense wat met gewone karre al hel toe gery het. Onbeskryfbare mooi plek. Vat baie fotos en wys ons as jy terug is. Drink water en n puncture repair kit met n pomp is dalk nie n slegte idee om saam te vat.
wees veilig en geniet diet
Gaan en geniet dit tot n Avis Getz met 4 groot mans en baie bier kan dit maak.
Koos, Ek dink alles wat hier geskryf is, gaan jou dalk bang maak. Dis nie nodig nie. Jou Ranger gaan dink dis 'n nasionale pad. Die pad is geskik vir ENIGE voertuig- dis net gewoonlik bietjie uitgery, maar nie erg so nie. Soos ek reeds gesê het, dis nie OP die pad wat erg is nie, maar LANGS DIE PAD- die afgronde. As jy nie aan hoogtevrees ly nie, of as jy daaraan ly en jou oë net op die pad hou, soos ek, is jy OK. Die Hel self is nie juis die groot aantreklikheid nie, hoewel dit mooi en ongerep is- dis die rit daarheen wat die groot ding is- ry stadig, stop gereeld om koffie te drink en na die fynbos te kyk- dis deur en deur die moeite werd.
