Sebenza Creek Bushcamp
7.5km from Modimolle, Limpopo, South Africa
Ratings & Reviews
1
Total Ratings: 1
1 0
The following Resort Ratings are from individuals and do not
necessarily reflect the views of CaravanParks.com or its representatives.
necessarily reflect the views of CaravanParks.com or its representatives.
29 April 2024 Relaxed Camper - Gauteng Type of Resort: Quiet and mature without children
Die toegangs roete is die laaste 5 kilometer goeie grondpad, dit kan gemaklik met enige sleep kombinasie bereik word. Ons het n Jurgens pad karavaan en kon gerieflik 40km/h op grondpad ry sonder om moontlike skade op te tel. Sebenza Creek is n boskamp, so die hoof ontspanning is om te geniet van die natuur se rustigheid en prag. Die kamp is op n pragtige deel buite Nylstroom tussen die mooi koppies. Daar is n pragtige skoon swembad vir die warmer dae om af te koel. Daar is heerlike wandel paadjies op plaas. Hendrik, een van die eienaars het ons op die roete gevat en klomp interesante vertellinge gedeel oor die natuur lewe daar op hulle plaas. Hermi en Hendrik is baie vriendeike an gasvrye eienaars en het selfs die Saterdag oggend al die kampeerders op die plaas trakteer met n heerlike boere ontbyt onder die afdak langs die swembad. Die ablusies is heerlik ruim en het genoegsame toilets, storte en baddens vir die kamp. Daar was ook genoegsame warm water vir alle kampeerders. Die badkamers was ook silverskoon gehou tydens ons verblyf. Ons het veilig gevoel en was nie nodig vir enige bekommernisse nie. Ons het ys en hout benodig....kon net eienaars WhastApp stuur en dis binne enkele minute by ons staanplek afgelewer. Hulle het staal braaiers voorsien, elke staanplek n asblik, krag is op grieflike afstand en ook n kraan by elke kragpunt. Die staanplekke is nie fisies afgebaken nie, so jy kan basies enige plek staan waar jy wil. Daar is meer as genoeg skaduwee bome op in die kampeer area. Daar is ook n gedeelte vir kampeerders wat verkies om "off the grid" te kampeer. Omdat dit n boskamp is, is die atmosfeer baie rustig en alle kampeerders het lekker van die natuur se stilte geniet. Ek voel ons het puik waarde vir ons geld gekry en kan mede kampeerders wat hou van rustigheid aanbeveel om ook Sebenza Creek te besoek. Ek sal graag in die nabye toekoms weer my tent penne hier wil kom inslaan