Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22985 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5932 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Ryloper
Ek laai gister na werk n ryloper op. Na n ruk toe vra hy vir my of ek nie bang is om rylopers op te laai nie, en hoe weet ek of hy nie miskien n reeksmoordenaar is nie.
Toe se ek vir hom nee wat, die kanse dat daar 2 reeksmoordenaars gelykertyd in een motorkar sal wees is baie onwaarskynlik.
Toe klim hy sommer so in die ry uit sonder om te groet. Flippen ongeskik en ondankbaar sal ek sê!!!
Groetnis.
Be the person YOUR DOG thinks you are.
Ongepoetste jakkals 🦊
ðŸŒªï¸ Worry ends where faith begins 🌪ï¸
LOL![]()
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ongeskikte Buffel.
Lol
Al weer oppad iewers heen.
Vark nek......................![]()
![]()
![]()
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Andries, Ek sien jy het dieselfe soort voertuig as ek maar jy sleep 'n heelwat swaarder karavaan. Wat is jou indrukke en ondervinding? Ek het wel aanvanklik to ek die Kuga gekry het, 'n Sprite Supersport baie gemaklik gesleep maar jou wa is weer bietjie swaarder en groter. Jammer dat ek nou jou oulike draad kaap.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Vandag sy rylopers lyk my is ongeskik en ondankbaar.
Ek laai niemand meer op nie.......veral na die laaste 7 verdwyn het....hahahhaha🤡🤡🤡🤡🤡
At last !!!!
'n Polisie kolonel het eenmaal vir my gesê hy het op 'n koue reënerige dag 'n ryloper gesien staan en vir 'n oomblik oorweeg om sy Valiant te stop en hom op te laai. Maar toe dink hy dat as hy dit doen, kan hy dalk in die reën staan en die ryloper kan wegry met sy gemaklike motor, toe ry hy maar verby. Seker ietwat onchristelik, maar die Bybel sê jy moet naaste liefhê soos jouself en nie liewer as jouself nie, wat jy wel doen as jy jou voertuig en miskien jou lewe ingevaar stel deur hom tegemoed te kom.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Toe ek jonk was.......so .....132jaar terug... bly in Oos Londen. Grootste sports was om van Cambridge see toe te hick?? Oor n naweek. Kyk hoeveel keer kan jy dit doen.
Tel Polisieman ons op met Chev 2500
Goeie for 5cents. Daai ding kon ry!!!!@
At last !!!!
😆😆....
Ek en twee skoolmaats besluit om stokkies te draai vir die laaste periode. Die branders wag. Gooi duim en hier kom 'n Zephyr 6 met T J nommerplaat met 'n spoed aan. Volgende sien jy net rook trek soos hy remme gooi. In is ons en daar trek ons weg met skreuende bande.
Man van min woorde op pad na Margate vir vakansie, Die Zephyr klink warmgemaak, die dash het swart vluweel op en die stuurwiel 'n knop wat hy met die regterhand vashou. Die linkerhand ruil ratte.
So halfpad Margate toe is daar twee enkelbaan brugge wat deur 'n lang draai in die pad verbind word. Ons het altyd gebrag wie se Pa kon die vinnigste oor die tweede brug ry.
Nou kyk, die Valie het die draai met spoed benader dat ons almal duike in die vloer rem. Die hele draai deur skree die bande en genadiglik trek hy die kar reg met sy regterhand net voor die tweede brug.
My vriend wat voor sit vra met 'n benoude stem "Sir what tyres have you on the car?". Hy antwoord met 'n Afrikaanse aksent, "smooth". My vriend se "excuse me?"
Hy antwoord weer, " SMOOTH!"
Ons was genees van ryloop vir 'n rukkie.
The Happy Campers.
Hi Fred, Ek het die Kuga (dis n diesel 2lt outomaties) so 4jr terug nuut gekoop, tot op datum nog nie n sent bestee nie. Dit is n fantastiese sleepvoertuig sowel as om sommer in die stad rond te ry.
Ek hou n rekord van alle diesel verbruik ens en my gem verbruik in die stad is 8 l/100km en as ek sleep teen so 100/110 km/u is dit 12.2l/100km.
Die groot gemoedsrus wat ek het is om geen bergpas of hoogtes in pad te vrees nie.
MAN DIS N LEKKER VOERTUIG.
Groetnis.
Be the person YOUR DOG thinks you are.
Hi Fred, Ek het die Kuga (dis n diesel 2lt outomaties) so 4jr terug nuut gekoop, tot op datum nog nie n sent bestee nie. Dit is n fantastiese sleepvoertuig sowel as om sommer in die stad rond te ry.
Ek hou n rekord van alle diesel verbruik ens en my gem verbruik in die stad is 8 l/100km en as ek sleep teen so 100/110 km/u is dit 12.2l/100km.
Die groot gemoedsrus wat ek het is om geen bergpas of hoogtes in pad te vrees nie.
MAN DIS N LEKKER VOERTUIG.
Is daai n fleetline wat jy sleep Andries ?
ðŸŒªï¸ Worry ends where faith begins 🌪ï¸
Hi Fred, Ek het die Kuga (dis n diesel 2lt outomaties) so 4jr terug nuut gekoop, tot op datum nog nie n sent bestee nie. Dit is n fantastiese sleepvoertuig sowel as om sommer in die stad rond te ry.
Ek hou n rekord van alle diesel verbruik ens en my gem verbruik in die stad is 8 l/100km en as ek sleep teen so 100/110 km/u is dit 12.2l/100km.
Die groot gemoedsrus wat ek het is om geen bergpas of hoogtes in pad te vrees nie.
MAN DIS N LEKKER VOERTUIG.
Is daai n fleetline wat jy sleep Andries ?
ðŸŒªï¸ Worry ends where faith begins 🌪ï¸
Ek het n army kamp gedoen so in die eighties, Standerton, Groot draai dam, en moes die pomp stasie op pas. Kry toe pas vir n naweek en ryloop Alberton toe. 3 Uur die oggend trek ek so tussen Standerton en Heidelberg. Bitter koud, baie donker sien ek in die verte ligte aankom met n groot gejuig. Staan so half in die pad sodat ek nie misgekyk kan word. Die man kom verby my en trap brieke ek dog hy gaan die bakkie omgooi. Draf toe nader en toe daai venster oop gaan kan n brouery nie so stink. Eks hardop, eks koud en ek klim
Nou soos ons ry se die man hy hoop nie ek gaan hom roof. Maar as ek planne het. Dan jaag hy reg op n brug af. Mis dit naelskraap en sê, dan maak ek ons albei dood. So gaan dit aan op hoë spoed tot voor Heidelberg. Ek kan nie eens onthou waar, maar naby Heidelberg het hy gestop en ek het gehardloop want nou nou jaag die maltrap my ook nog.
Dit was n bruin kol in die broek situasie maar gelukkig het ek browns aangehad.
ðŸŒªï¸ Worry ends where faith begins 🌪ï¸
Ek stem 100% met jou saam Andries. Met my ligte karavaantjie is my verbruik heelwat laer as joune- so in die omgewing van 8.5l/100 km as ek binnelands sleep. By die kus met sy baie op en afdraendes is dit bietjie hoër. My koppelaar het onlangs probleme gegee maar dis onder waarborg vervang. Die voertuig loop nou weer lekker, en meen oorskakelings is selfs gladder as vantevore. Dis moontlik nie net my verbeelding nie want al die programme is ook opgegradeer. Die nuwe voertuie lyk dit my is deels voertuig en deels rekenaar. Ek het myne amper vyf jaar gelede gekoop en ek glimlag steeds elke slag as ek in hom klim.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Hi Bak oor, nee disdie Jurgens Expo
Groetnis.
Be the person YOUR DOG thinks you are.
Ek en 'n maat van my gedurende weermag tyd in die vroeg 80's het saam met 'n konvooi gery vanaf Chetto tot Rundu en weer vanaf Rundu tot Grootfontein saam met 'n ander konvooi.
Dit was ook gedurende 'n naweek pas en ons wou vir 'n ''jol'' gaan in Tsumeb by die TCL myn klub.
Vanaf Grootfontein het ons geryloop en 'n geleentheid gekry saam met 'n ou in 'n Ford Cortina XLE. Die maat se kar het ook erg geryk na 'n shebeen, maar ons het maar geklim omrede die ''jol'' erg geroep het en ek het 'n ''girl'' ook gehad in Tsumeb wie se pa die myn kaptein was en wou nie te laat by haar opdaag nie.
Dit was alreeds donkerig en die ou laat wiel met die XLE en gooi net so nou en dan die papsak na ons kant toe vir 'n sluk of twee. Draai by Tsumeb in en my maat en ek ook toe alreeds mooi voor van die papsak se rond gooiery.
Toe ons eers so onder deur die straat ligte ry, merk ons die XLE het nie 'n stuurwiel nie en die ou hanteer hom met 'n ''Vicegrip''.
Toe ons eers besef hoe die ou laat wiel het en dit met 'n ''Vicegrip'' as stuurwiel, het ons skoon vergeet ons het so paar wyne agter die blad en was van vooraf weer nugter.
Daarna as ons weer geryloop het, het ons mooi gekyk. Sodra ons so lig groen XLE gesien het, het ons maar agter 'n bos gaan skuiling soek en gewag vir 'n ander geleentheid.
Ek dink as n persoon n boek kan skryf oor die wel en wee van n troep en sy ryloop avonture sal dit n all time wenner wees. Beslis sal dit nie n roman wees. Of wag nou ? Weet ook nie.
ðŸŒªï¸ Worry ends where faith begins 🌪ï¸
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
As hy uniform aan gehad het, sou hy nie so lank gewag het vir 'n geleentheid nie.
Nou het sy lyf skoon afgegroei van die lank staan. Sien sy broek pas ook nou beter, of is dit rekmateriaal wat saam met sy lyf verander?
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23



