Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22985 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5932 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
FORD -Nuwe Olie

Ou storie oorspronlik mbt Land Rogers
Hier gaan ons weer...😂😂
Never too old to have a happy childhood
Dis okay laat hulle dit geniet. Ons Ford manne se Tippers kan 'n Ton dra so die stories is lig in die broek so hulle sal baie moet spin om daai bakke te laat oor loop.
En dis meestal Land Rover stories wat net 'n Ford naam kry................... Ha ha ha ha
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Oulike grappie- ek het dit nog nie gehoor nie. Maar op 'n ernstiger noot: Dis interessant dat moderne voertuie meestal nie meer olie lek nie- tensy iemand wat geen idee het wat hy doen, daarmee gefoeter het nie. As jy oordeel na die oliekolle op parkeerterreine kyk, lyk dit my daar is baie sulke voeruie. Vroeër was voertuie amper ontwerp om olie te lek. Was dit dalk om die onderhoud te vergemaklik? Jy gooi net olie by- jy hoef nie te dreineer nie? As jy weet hoe die ou motors se olieseëls gewerk het, sal jy my stelling verstaan. My Kombi het in my besit 240,000 km gedoen en het nie 'n druppel olie gelek nie. My BMW wat my dogter nou ry, het hier by 220,000 km op die klok en dit lek hoegenaamd nie. Ou Engelse voertuie en motorfietse wat veral berug ook hulle lekkende oliepanne.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Ek onthou nog, ek het 'n 1969 VW Beetle, 1500 gehad toe ek in std. 9 was en hom gery tot ek my eerste weermag danger pay gekry het en toe 'n 2-deur Golfie gekoop.
Die ou Beetle het so olie gelek, dit was nie moeilik vir die spietkops om my te volg nie.
Ek het gewoonlik Saterdae in die buurt waar ons gebly het die strate op en af gery en gekyk watter ou diens sy kar en hom dan gevra of ek sy ou olie kan kry.
Ek het die ou olie so bymekaar gemaak om elke keer net die Beetle op te top.
Die beetle was aangekoop vir R 485-00 en het hom ingeruil op die Golfie vir R 1200-00 as deposito, maar ek weet nie of die verkoopsman baie lank werksaam was na die transaksie nie
.

Met die enjin nog in 'n Beetle form is dit dalk nog 'n mission maar as daai Volla verander is in 'n Baja Bug is dit vreeslik maklik om daai olie lek te stop.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Maar ons dwaal nou af van die onderwerp. Hier praat ons oor olie lekke op 'n FORD.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek dink dis ongeskik van iemand wat weet sy kar lek olie om op jou paving te parkeer. Ek het 2 weke terug n plumber hier by my gehad....hy het tydens sy werk 2 verskillende plekke parkeer...beide areas olie kolle op paving.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜

.....en nee, dit was nie n Ford nie🙂
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Beste een op n Fordjie
Myne mag olie lek want.....hys n Ford. Wat is jou kar se rede?
At last !!!!
Dennis
Nou laat jy my terug verlang. My VW was n 1968 1500. Myne se enjin was vodde en het toe by Superwagen vir hom n recon laat insit. Nooit weer olie gelek nie.
Ekt altyd die se ding gehad....n Beetle wat nie olie lek nie....het nie olie ingehad nie😂😂😂
At last !!!!
Geert ek het net te laat hier gelees. Ek wou nog se die loodgieter het seker 'n Ford. ....![]()
![]()
![]()
Sjoe maar die manne gesels lekkerder saam op die comedy draad as oor enige ander sake. Ons moet maar die maandag ook agter die rug kry.![]()
![]()
![]()
Ja en die Ford se olie mors het oorgeloop na VW toe. Dit nog voordat die Tipper se bak vol was...........![]()
![]()
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Gepraat van olie : Het julle manne al OOIT na n olie-kundige gegaan en hom gevra om te kyk presies watter olie geskik is vir JOU voertuig? Julle moet n slag gaan inloer by n plek soos Western Province Lubricants, julle sal verbaas wees om te sien wat hulle sê. Hulle het pragtige rekenaar-diagramme waarna jy kan kyk. Daar is n verskillende olie-formule vir elke tipe gebruik. Ek moet erken, ek olie-diens my kar onnodig baie, byna elke diens word gedoen halfpad na die voorgeskrewe tyd. En na elke toer word die olie en filter weer vervang.
You'll never never know if you never never go
Sou die oliedeskundige beter weet as die vervaardigers? Ek bly maar eerder by die olie wat deur die vervaardiger aanbeveel is. Op die ouer motors, voor sintesiese olie bestaan het, sal ek ook die naaste graad ten volle sinteties gebruik. Ek het nie meer sulke voertuie nie maar as jy sinteties gebruik, kan jy ook veilig die vervangingstyd verdubbel.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Gepraat van olie : Het julle manne al OOIT na n olie-kundige gegaan en hom gevra om te kyk presies watter olie geskik is vir JOU voertuig? Julle moet n slag gaan inloer by n plek soos Western Province Lubricants, julle sal verbaas wees om te sien wat hulle sê. Hulle het pragtige rekenaar-diagramme waarna jy kan kyk. Daar is n verskillende olie-formule vir elke tipe gebruik. Ek moet erken, ek olie-diens my kar onnodig baie, byna elke diens word gedoen halfpad na die voorgeskrewe tyd. En na elke toer word die olie en filter weer vervang.
Die beste een vir my is na al die hofsake dat sintetiese olie verkoop word wat eintlik minerale olie is.
@Fred - ja 'n ou engelse kar wat nie olie lek is een wat nie olie in het nie - hehehehe
Beste een op n Fordjie
Myne mag olie lek want.....hys n Ford. Wat is jou kar se rede?
My kar se rede: hy's 'n Land Rover. Hy mag olie lek. Die res van julle kom na die tyd hier aan!
Moet sê, ek het 1 Defender tot op 330,000km gery (harde overlanding en in die bosse) en trek nou by my derde Discovery. Nie een het olie gelek nie.
Die issue met nuwer voertuie, ek sluit LR Discovery in, is dat almal onder met 'n plaat toegemaak is, tot so na die ratkas, so as hy olie lek, gaan jy dit nie sien nie.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
Fred, ek verseker jou dat alle vervaardigers olie maak wat vir ALLE enjins geskik is, hulle maak nie n olie wat NET vir n spesifieke voertuig geskik is nie, hulle sal te veel tipe olie moet maak. 'n Spesifiek olie gaan pas by beide my Mercedes EN by my Fortuner, maar daar is n olie wat gemaak is NET vir my Merc en 'n tipe wat gemaak is NET vir die Chuner. Jy kry n algemene olie, maar jy kry n olie vir enjins wat hard werk en n olie vir enjins wat teen hoë spoed kan ry. Daar is n rede hoekom Jeep sy EIE olie het en nooit die olie wat jy by agente kry gebruik nie.
You'll never never know if you never never go
Danie lees ek reg dat Jeep sy spesifieke olie laat maak?
Dis nou nie die 1e keer wat ek hoor dat agente bv nie die regte olie in hul voertuie gebruik nie. Mens weet dit egter nie. Slegs as mens ingaan op die saak dan kom dit na vore.
Dit wil voorkom asof Jeep net 'n sekere spesifikasie het wat MS-6395 is en 'n hele paar olie vervaardigers se produkte voldoen hieraan. Ek sien egter dat die hoog aangeskrewe Mobil olie nie aan hierdie spesifikasie voldoen nie. Castrol Edge is een v d olies wat wel hieraan voldoen. Volgens my het baie vervaardigers hul eie spesifikasie soos Renault, Fiat, MB, BMW, VW en vele meer.