Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22985 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5932 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Tafeltjie aan die wa
Ons kamp nou al jare met losstaande tafels in die tent.
Ek is lus en fit van die tafels wat so in slide langs die kant van die wa, dan is dit sommer altyd waterpas ook.
Wat sou julle aanbeveel, die van Stainless Steel of Melamien en ook knip die voorste 2 x pote in teen die wa of staan hulle op die grond?
Pote wat teen die wa is dink ek is beter, dan het jy net standaard lengte waar tafel dan altyd level is. Met pote op grond gaan jy verstelbare pote moet kry, want afstand gaan altyd bietjie van mekaar verskil.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Pote wat teen die wa is dink ek is beter, dan het jy net standaard lengte waar tafel dan altyd level is. Met pote op grond gaan jy verstelbare pote moet kry, want afstand gaan altyd bietjie van mekaar verskil.
Ek het destyds een gehad wat se blad aluminium was. Ek sien deesdae maak hulle dit melamien....seker oor koste besparing en gewig. Ek het so n rakkie wat teen karavaan kom wat ook melamien blad het....een van die rakkies het n kraak in gekry. So ek sou sê aluminium blad is dan beter
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie Geert, ek het ook gedink soos jy se, pote aan die wa.
Ons Campworld in Klerksdorp verkoop die Melamien tipe met pootjies aan die wa.
Hang af waar jy die tafel wil heg aan die wa. Maak net seker die pote gaan nie die oopmaak van enige deurtjies[panele] verhoed nie.
Myne het 'n stelpoot grond toe gehad, baie goed gewerk, en al die klappies kon oopmaak. Ook geen ekstra gaatjies te boor in wand van woonwa nie. Dit bly maar 'n plek waar water kan inkom.
enige kamp toerusting is by my gekoppel aan gewig, ek dink net dat malamien is swaarder as alu. en as jy water kry is die alu die beter een.
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Want ons wil juis die tafel onder die kragprop sit vir die ketel vir water kook en koffie maak.
Ek glo ek sal die Stainless steel roete gaan.
Jy kan hulle ook probeer. Hulle vervaardig en het verskeie opsies
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek het groot geword met die tafels wat aan die kant van die wa vas haak. My Pa se ou wa het dit standaard gehad by die wiel van die karavaan. Hy het ook 'n 2de hoër tafel tusen deur en voorkant van die wa aangebring. Ek het 'n buite tafel toe so ook vir beide my Penta's aangebring bokant die wiel in die middel van die wa. Die eerste Penta het ek die verstelbare poot na die grond toe gebruik en die 2de Penta die pote na die kant van die wa toe. Beide het hul voordeel en nadele.
Met die poot grond toe moet jy 'n manier he om die poot verstelbaar te maak weens grond hoogte verskille. Die tafel kan jy so lank en breed maak soos jy wil. Met die tipe poot, vertrou ek gaatjies in beide die vastegedeelte en verstelbare gedeeltet waar deur jy 'n R-clip druk die meeste. Sommige mense gebruik die Aussie lock waar jy die een pyp binne die ander een draai-lock, maar ek het ook op verskeie kere die tafel se goed op die vloer gesien met die metode.
Met die pote teen die karavaan moet jy tenminste twee pote he, een tenminste van elke hoek van die tafel af. Dan verloor jy tafel lengte en moet jy daarvoor kompenseer met die breedte van die tafel langs die wa af. Die lengte van die tafel (gemeet weg van die wa af) is eintlik beperk tot so 550mm. As jy dit langer gaan maak is daar redelike risiko vir stabiliteit. Die stabiliteit is gekoppel aan die hoogte van die tafel van grond af, die lengte en dan die skuinshoek van die pote tot teen die wa. Jy sal sien wat ek bedoel wanneer jy jou beplanning doen.
Na my ondervinding met die twee tipe tafels sou ek die standaard binne die wa Dinnette tafel groote gebruik met een verstelbare poot.
Toe ek die laaste Penta verkoop het en die Classique aangeskaf het, het ek terug beweeg na die Plastiese tuin tafel en kleiner kamp tafeltjies want nou kan ek dit weer plaas net waar ek wil. Met die wil ek sê, dink mooi voor jy die verskil aanbring, want die los tafels dink ek werk maar die beste.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dankie Leon
Ek en ma het ook gepraat en het besluit ons het 2 x los tafels wat ons al vir jare langs die karavaan gebruik en soos jy sê, plaas waar ons hulle wil hê.
So, ek sit nou stil dat daai krap waar dit nie juk nie verbygaan, en gaan dan voort met ons 2 x los tafels.
Dankie ook Geert vir jou inset en kontak details.
Ons ry n plastiese tuintafel saam. Pote haal uit en vervoer dan onderstebo op dubbelbed. Neem een stel stoele saam waarmee ons om tafel kan eet of om die kampeer vuur sit. Werk goed vir ons
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons ry n plastiese tuintafel saam. Pote haal uit en vervoer dan onderstebo op dubbelbed. Neem een stel stoele saam waarmee ons om tafel kan eet of om die kampeer vuur sit. Werk goed vir ons
Hi Geert. Ons het twee soortgelyke tafels. Ons sin is net vierkantig. As ons naweke weg gaan haal ek een uit die wa. Vir lank vakansie gaan altwee saam.
Hulle is lekker stewige tafels. Ek het ook sakke vir myne laat maak by my buurman. Nou bly hulle mooi en kan nie krap tydens vervoer nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Geert, tell me more about the chairs I need to replace mine after 13 years wear.
What make are those, and where did you get them ?
Ons het ook by die los tafels gebly vir die sit waar jy wil reede. Een van ons los tafel's het verstelbaare poote....nogal handig. Die ander level ek met hout blokke uit die neus kas....wat min gebeur.
Groete,
Paul
Die tafels wat ek en Geert gebruik het ook verstelbare pote. Dis redelike dik pote so die gedeelte wat uitskroef maak die tafel nogal stewig.
Om ander goed te level soos my gas braai en kampkaste, dalk klein tafeltjies gebruik ek die skuins rubber deur stoppe. Dis min dat die gaping wat opgeneem moet word meer is as die dikte van die deurstop.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Geert, tell me more about the chairs I need to replace mine after 13 years wear.
What make are those, and where did you get them ?
Solomons verkoop dit. Wat lekker is, is dat jy die hoogte van voorpote kan verstel. Omdat ek lank is, is dit soms dat alle gewig van my op my boude is as ek sit....met verstelbare pote maak ek dat dit bietjie versprei onder bene ook
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Solomons verkoop dit. Wat lekker is, is dat jy die hoogte van voorpote kan verstel. Omdat ek lank is, is dit soms dat alle gewig van my op my boude is as ek sit....met verstelbare pote maak ek dat dit bietjie versprei onder bene ook
Thanks Geert.
Thanks Geert. Pricy though.
Groete,
Paul
I bought cheap Take-a-lot knock offs that 'stretch' out ...
https://www.takealot.com/afritrail-textilene-lounger-folding-chair-120kg/PLID57793364
Living the dream
I make use of the Campmaster Hi-back chairs. GAME had them on special R699 this past Dec. Can handle 120kg. They just work well for us.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
We have two loungers they are nice, just too bulky when folded up for us. Would like to find two Roman chairs like the ones we have to replace. They fold up nice and flat compared to the two loungers.



