Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22965 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Joe Stieger | 451 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 426 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Bass Lake Lodge - Terugvoering
Toegangs roete tot die oord is teer met die laaste 3km grondpad wat vir my gemaklik gegaan het met n pad karavaan. Die ontspanning is relatief aan die min kant, is meer vir lekker rus. Vir my persoonlik kort daar iets by die swembad area. Ons was daar toe dit baie warm was. Mense gaan swem net in die swembad en as hulle uitklim, gaan hulle direk weer terug karavane toe.....niemand bly fisies paar uur kuier om die swembad nie.....so volgens my kort daar iets. Die fasiliteite word wel baie netjies onderhou. Die personeel is baie vriendelik....vanaf die ontvangs tot die skoonmakers. Almal wat daar oor naweek aangekom het, was verwelkom met n glas yskoue vrugte sap wat heerlik afgegaan het. Die ablusie fasiliteite is pragtig en word baie skoon gehou....dis was regtig n plesier om daarvan gebruik te maak. Ons het deurgaans veilig gevoel.....die oord is met n ordentlik elektriese omheining omhein. Die winkel se voorraad is baie basies, maar glo dit sal aan jou basiese goed kan voorsien wat jy tuis vergeet het. Daar is geen take away nie....so maak maar voorsiening vir alle maaltye. Deurgaans baie vriendelike en bedagsame gaste in oord ervaar.....almal groet en geen geraas was te hoor na 10pm nie. Staanplekke was vir ons pragtig....as ek daai staanplek maar net kon oprol en saamneem na ander oorde....Dankie vir die personeel daarvoor. Ek glo dit was goeie waarde vir geld as mens na die netheid van fasiliteite kyk. Ons sal graag weer die oord wil besoek in die toekoms en sal hul mooi en skoon fasiliteite aan ons mede kampeerder kan aanbeveel
Ek plaas klompie fotos.......
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Bass lake was en is nog altyd n pragtige netjiese rustige oord - mense praat eintlik altyd van n snob oord agv ander kampeerders wat elkeen sy eie bussn mind en nie sommer meng of groet nie. Pla my egter nie ek is daar om my eie bussn te mind op my eie erf. Bestuur was egter nog altyd baie vriendelik behulpsaam en maak altyd rondtes om te groet en te gesels. Die koelteboompies is miskien bietjie min om die swembad maar by die kampterein is hul vinnig besig om te groei ! Altyd lekker en naby Pta.
Dankie vir die deel van jou foto's Geert. Dit bring sommer aangename herinneringe van ons 1-nag oorstaanbesoek terug.
Ons was 2 jaar gelede vir 'n Sondagaand daar. Ons was die enigste mense, maar het geensins ongemaklik of onveilig gevoel nie.
Die volgende oggend, tydens ons rit na die teerpad het 'n bakkie van agter gekom en langs ons stilgehou. Dit was die bestuurspaar wat verskoning gemaak het vir die feit dat hulle nie die vorige aand daar was nie en verneem het of alles in die haak was.
Ons het dalk die spreekwoordelike kort strooitjie getrek t.o.v. die toestand van die gruispad. Maar dit is 'n prag-oord.
Dankie Vir die fotos Geert. Lyk glad nie sleg. Lyk ook goed versorg
ðŸŒªï¸ Worry ends where faith begins 🌪ï¸
Baie dankie vir die terugvoering en foto's.
Daar gaan ons Bass lake camping 2 - 6 april, maar ter wille van ander en ons eie gesondheid is ons bereid om dit op te offer tot later indien dit SY wil is.
Baie dankie Geert spoggerige oord
Haak daai wa kamp bly koning
Bass lake is gesluit vir 3 weke en sal met almal onhandel wat reeds bespreek en betaal het sodra ons almal weet wat die pad vorenoe inhou !
Dankie Leen!
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie Geert
Al weer oppad iewers heen.
Geert
Dankie vir die volledige inligting en veral fotos.
Jy is nou 'n man so na my hart wat sy terugvoer rugsteun met volledige stell fotos.
Bass Lake is nou definitief op my lys as ek iewers in die somer wil wegkom van Malelane hitte af.
Ook nie te vêr van die kinders in Faerie Glen nie. Is nou wel so 49km, maar dit is baie nader as die 400km normale reis vanaf Malelane.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
Ons het al twee keer by die oord gekamp. Het dit nog elke keer geniet. Laaste keer was tydens die kwaai droogte toe was die klein bass damme onder die groot dam heeltemal leeg.
Ablusies is regtig netjies.
Puik oord.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Toe ons gestap het, het ons amper op n boomslang getrap....hy was so dik soos my pols. My seun wat voorgestap het, het seker amper 2m in die lug gespring...ek self dink ek was nie ver agter nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Anyone been here lately? I want to know the condition of the gravel road approaching the park.
Thanks
Sorry placed this in the wrong thread should have been De Rust.
Bass het nog heelwat staanplekke beskikbaar vir langnaweek 26 April tot 1 Mei vir ander laatslapers soos ons.



