Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22965 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Joe Stieger | 451 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 426 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Mikrogolf liter gewys
Naand Almal
Hoeveel liter is die standaard mikrogolf eenhede in die Penta Liter gewys... Ek weet Jurgens het op daai stadium net LG gebruik
Ek het die woonwa gekoop en nuwe mikrogolf saam gekry want die ou een wou nie meer werk en was klaar uitgehaal en weggegooi... die nuwe een verdwaal in die gat... ek soek dieselle grootte want daar is ek bietjie OCD.
Die Baas gebruik hom baie vir gestoomde groente, rys en aartappels so hy moet werk maar daai 20 lt ver te klein
As ek groente soek slag ek 'n Vark maar ek moet haar happy hou... Happy Wife... Happy Life
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Maklikste sal wees om jou opening te meet en daar volgens te koop....meeste besighede verskaf mates op hul aanlyn winkels. Of gaan Makro toe, meet en koop daar
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Theo, jy is natuurlik bewus dat volume alleen misleidend kan wees. Geert se raad om te meet is beste. 'n 30l sfeer en 30l kubieke vorm is nie pasmaats nie.
Ek seg altyd---wat jy meet, is wat jy weet.
Hi Theo.
Ek sal net die cover aan die voorkant van die microgolf nuut oor doen. Dis 'n stuk mooi hout wat jy die regte groote gat vir die microgolf in sny.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Volgens die Penta spec is dit ń 19L mikrogolf. Die model sal seeker nie meer beskikbaar wees nie. Meet die gat se groote en diepte van die kas en soek een wat sal pas.
Jy kan ook na ń handelaar toe gaan en kyk wat in die laaste Pentas is.
My 2012 Penta het ń 19L Defy in gehad.
Jammer die oorspronklike is weg gegooi. Hulle is maklik herstelbaar. Ek het myne in die Exclusive reg gemaak. Fuse + diode + capacitor het op gepak.
Groete,
Paul
Ek dink ook mikrogolwe wat deur fabriek ingesit is verkil van maak. Ek dink hulle het batches gekoop van items wat hulle teen goeie prys kon kry. Ek sien dit baie met yskaste dat handelsname verskil van tydperk tot tydperk
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Net so Geert. N’ gooie vriend van my is op die raad van Pioneer Plastics. Hy sê elke jaar het Jurgens aangedring op 20% afslag anders koop hulle elders. Dus het die verskaffers gereeld verander. My Exclusive yskas is ń Fridge Star. My Penta was ń Ion. All twee van Swaziland.
Groete,
Paul
Wat 'n gstoei vanmiddag met die mikrogolf eenheid... het gaan meet by Hirsch's hier in Centurion en al wat ek kon kry was toe 'n Midea Inverter eenheid met 30 lt kapasiteit (5 jaar waarborg)... trim afgehaal op die kassie.. mikrogolf helemal in die gat ingedruk en die trim teruggesit maar toe pas die mikrogolf nie deur die gat om hom weer vorentoe te kry nie..
Begin maar toe dink of ek die kas moet skaaf... Haal die mikrogolf ventilasie gat af op die buitekant van die woonwa en net met genade kon ek my hande deur daai gate kry om hom vorentoe te druk dat hy weer oplyn voor... nogsteeds klein bietjie skeef maar sal more verder sukkel.

Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Nee wat dit lyk netjies, hoop nie hy skuif terug as jy ry nie? dalk sy diepte meet, uithaal en n stopper agter in die kassie inskroef en dan weer terug druk?
Klink soos n mission maar dan gaan hy nie skuif nie.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Dit is darem 'n tamaai van 'n microgolf daai. Lyk of jy 'n paar dinge in hom kan gaar maak.
Kyk Of jy van onder af deur die kassie hom kan vas sit. My microgolf in die wa se pootjies is uitgehaal en deur die hout met boutjies in daai voete se plek vas geskroef.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dries, saak van ontmoontlikheid met 'n plankie want dan kan ek nie die trim terugkry nie. as die mikrogolf nie ver genoeg uitkom nie kry jy nie die deur oop nie
Ek het nou maar regtig backyard mechanic gegaan en 'n silicon gekry, Den Braven High Tack ... Deur en keypad afgehaal dat ek hom bietjie kon lig en het silicon onder die agter voete van die mikrogolf gesit en hom weer laat sak... ek glo nie hy sal beweeg nie.
Volgens die produk kan hy 2.2 ton per vierkante meter dra... weet of ek hom ooit weer daar gaan uitkry nie
Leon hy het geen pote van rubber, staan op die galvanized plaat onder... dink my plan sal werk
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Mooi Theo.
Hoop net hy werk totdat jy die woonwa verkoop.
Myne is met drie skroefies van onder vas. Die vierde het nie n' foet gehad nie so geen gaatjie nie.
Groete,
Paul



