Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22985 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5932 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Hoe gemaak wanneer die lus ontbreek?
Sestig jaar gelede kon ek nie genoeg van kampeer kry nie. Ek het nie genoegsame fondse gehad nie, en skaars die nodigste toerusting, maar van kampeer entoesiasme was daar geen tekort nie, kamp het ek gekamp.
My eerste kampvoertuig was 'n DKW. Ek het die passasiersitplek maak plat slaan en dit was my bed. Baie dinge het ontbreek, maar die lus vir kamp was allesoorheersend.
Later jare was ons vier gesinne wat saam getoer en gekamp het. Van die vier getroude pare is net ek en my vrou oor.
Vandag het ek alles wat my hart begeer om mee te kamp en nog meer, maar die entoesiasme ontbreek. Ek geniet dit om te sleep, maar die opslaan en afslaan moeite, asook die weer wat nie altyd saam speel nie is nie meer lekker nie. Ek vermoed vader tyd het 'n groot rol hierin te speel.
Hoe gereeld kamp ons deesdae? Een keer in Februarie en een keer in November, en elke keer op dieselfde plek, dieselfde staanplek.
Ons het in totaal by 127 verskillende kampeerplekke gekamp, Botswana, Zim, Namibië en natuurlk plaaslik. As ek die klok kon terugdraai doen ek dit weer net so.
Watter wonderlike herinneringe om te kan oordink!
Is dit net ek wat so voel,of is daar nog ander wat effens aan is in jare wat my gevoel deel?
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.
Nee Kanneman - jy's nie die enigste een wat só voel nie. Ek is in dieselfde bootjie.
Ek dink dat ons ook daar naby is. Het ook eintlik alles wat die hart begeer om te kampeer, maar dit gebeur selde.
Ek het al oorweeg om 'n geriefliker boswa te koop, om die op/af-slaan werk minder te maak, maar dit gaan moontlik geldmors wees.
Ons kampeer patroon bestaan uit;
Kruger 1x per jaar [so 3 weke]
dan 'n toer 1x per jaar [so 25-30dae]
en 2 tot 3 keer se kamp vir 'n midweek naby die huis.
Sjoe....127 is lekker baie. Volgens forum se terugvoering het ek tans 73x verskillende oorde besoek. Anders as joune , is myne alles net in SA. Moet nog die Namibië, Botswana en Mosambiek doen....weet nie wanneer nie, want daar is eintlik nog so klomp oorde in SA self wat ek wil besoek. Van hulle is naby aan my huis....minder as 100km. Die een wil ek miskien nader aan Kersfees vir n dag of 3 besoek....daar is nog plek, so ek weet nie of die plek onpopuler is of miskien onbekend? Vir my is hy onbekend....het laas verby hom gery toe ons oppad Kokoriba toe was. Ons probeer maar soveel moontlik verskillende oorde besoek, maar werk nie altyd so uit nie....afgelope jaar weer baie dieselfde besoek.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Op ons ouderdom MOET jy niks so jy besluit om te kamp of nie. Om die lekker herinneringe op te roep is self ook n plesier.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Rakende die lus wat ontbreek. Ons probeer om elke maand te kampeer. Soms raak dit ook so dat mens nie baie lus voel om te pak en gaan nie...dink dan om miskien liewer rustige naweek tuis deur te bring. Maar omdat mens bespreking het, is mens half verplig om te gaan, andersins verloor jy jou kampeer gelde. Altyd as ons dan eers kamp opgeslaan het en ontspan...dan is ons dankbaar ons het gegaan en voel dan meestal op daai oomblik mens moet dit meer doen....veral as mens dit nog kan doen tov gesondheid ensovoorts. Want ek dink mens gaan dit die dag mis as mens dit nie meer kan doen nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
My ou waentjie is nou op sy bokkies geplaas, want dit is onwaarskynlik dat sy wiele binne die volgende 12 maande gaan rol.
Ons sou vanaf 14 Januarie vir 'n maandkamp Dwarswegstrand toe gaan, maar a.g.v. 'n paar gesondheids-probleme wat die "government" ervaar, het ons besluit om dit te ruil vir twee weke in een van dié oord se strandwoonstelle (vanaf 12 Jan).
Mei/Junie gaan ons (reeds bespreek) vir ons ver kinders in Roemenië kuier en Oktober is ons vir 2 weke in Kgalagadi bespreek (in vaste akkommodasie).
Dit alles kos maar 'n arm en 'n been en daarom sal ons vir die res van die tyd maar tuisgebonde wees.
Ek het baia vir my Tannie (97) gese dat ek so bang is vir die tyd wat ek nie meer fiesies my passies kan doen nie. Sy se altyd “miskien sal jy dan nie meer will nie?”
Ons geniet nog die kamp lewe verskriklik baia. Ons bly nou well langer op n’ plek want veral die opslaan in 40c raak onaangenaam. Die ress bly net n’ plesier. Net jammer kamp en my vlieg passie werk nie saam nie. Dit is nou 4 jaar wat ek nie gevlieg het nie….sad!
Groete,
Paul
Ongelukkig dink ek die lus sal altyd daar wees, maar die lyf wil nie altyd saamwerk nie. Was nou net af Ramsgate toe in n woonstel, die pad het oneindig ver gevoel, die 100m stap strand toe het die kniee laat rebelleer en die in en uitpak is nou nie meer lekker nie. Kamp rondom Dinokeng en Brits laat my nog opflikker, maar weet nie meer hoe lank nie. As mens nog jonk is dink jy aan al die vakansies, reis en wereld sien met aftrede, tot dit gebeur en jy agterkom jou kop wil nog maar jou lyf en reflekse het defn n knou weg wat nie meer herstelbaar is nie. Nou verstaan ek hoekom oupa en ouma altyd op die stoep gesit het !
Ongelukkig dink ek die lus sal altyd daar wees, maar die lyf wil nie altyd saamwerk nie. Was nou net af Ramsgate toe in n woonstel, die pad het oneindig ver gevoel, die 100m stap strand toe het die kniee laat rebelleer en die in en uitpak is nou nie meer lekker nie. Kamp rondom Dinokeng en Brits laat my nog opflikker, maar weet nie meer hoe lank nie. As mens nog jonk is dink jy aan al die vakansies, reis en wereld sien met aftrede, tot dit gebeur en jy agterkom jou kop wil nog maar jou lyf en reflekse het defn n knou weg wat nie meer herstelbaar is nie. Nou verstaan ek hoekom oupa en ouma altyd op die stoep gesit het !
Leen - jy verwoord my ervarings/gevoelens. Ek sien lankal nie meer kans vir 'n naweek-kamp nie. As dit nie minstens 10 dae of langer kan wees nie, moet dit maar bly. Net te veel PT om karavaan te haak, te gaan opslaan (al is dit net die stoeptent), weer af te slaan en karavaan in sy garage te kom bêre. Daarom dat ons vanjaar vir 'n volle 4 weke in een kamp in die wildtuin was en 2 maande by Eiland Spa vasgehaak het.
Ek ry deesdae skaars 100 km, dan moet ek uitklim om eers weer al die pyne in die lyf uit te skud.
Ek glo nie dat die "lus" geheel en al (in ons geval) die oorsaak is vir ons ...... minder ..... kamp nie.
Die finansies speel ook 'n groot rol, veral vir pensionarisse. Ek is versot op toer. Het dit menigmale gedoen oorsee, en lokaal. Weens my werk het ek talle male oorsee (veral Europa) pligte, kursusse en werk gehad. Het dan op eie koste 'n ekstra week of twee geneem, my vrou laat oorvlieg en dan, in 'n Eurokarretjie, die pad gevat en gaan rondry. Die eerste en die laaste aand in 'n hotel of gastehuis inbespreek, en tussen-in net gery .... as ons 'n dorpie of plekkie sien waarvan ons hou, middagete geëet, en/of twee aande oorgebly . Te lekker. So het ons vakansie gehou en dit gate uitgeniet. Herinneringe wat ons nooit sal vergeet nie, opgebou.
Tuis het ons tot 'n groot mate dieselfde patroon gevolg. Wel soms 'n kampvakansie 4 - 21 dae by 'n plek kampplek deurgebring, of dan sommer net gaan toer. Geen bespreking nie, net gery, "iewers sal ons wel 'n gaatjie kry om oor te bly vir die aand"
Maar, nou met pensioen, en veral die brandstof pryse, is dié genotjie ook "few and far between" Met 'n sleepvoertuig wat (teen huidige pryse) ongeveer R250 per 100 km hardloop, is 'n 5-8000 km toer - soos ons voorheen 'n hele paar keer gedoen het - blerrie (verskoon die Frans!) duur! Ons vind ook dat kamp nie meer so goedkoop is nie. Ons berus dus maar op pensionaris weke (buite seisoen) in ons omtrek van so 250 km. Probeer dit so een keer elke 6 - 8 weke doen, maar kom partykeer ook nie eers daar uit nie.
Maar, as ek saans so by my braaivleis vuurtjie, hier by die huis sit, verlang ek ook nog na "Awol", my karavaan, en ek glo hy dink ook net so sterk aan my!!!! Gelukkig sal ons weer Januarie, as dit goedkoper is uittrek. Wag net!!
Well, atm I‘m still willing & able for how long? time will tell :)
Mens bereik n punt waar jy eintlik al alles gedoen het. Ek dink ek het amper uitgebrand toe ek deestyds nog vir Drive Out en die Buiteburger artikels geskrywe het. En toe ons die Weg-tydskrif begin het het ons letterlik alles Suid van die Kongo n paar keer gery. Die ouderdom (ek is nog ten volle in my beroep besig) knaag maar wanneer n besluit geneem moet word oor WEER n lang toer. Ons het die bos-wa verkoop omdat twee tipes toere begin knaag het en is nou padkaravaan mense. Elke oppak en elke afpak word "dis nou die laaste ene." Maar net sodra dit te stil word en ek lees van julle lekker toere word die nuwe toer "dalk nou die laaste ene." Die lewe word ook baie besig, ons is stappers en is naweke iewers in n berg. Dit raak dan n kompetisie tussen die bergpad en die karavaan. En die kinders woon oorsee, wat n finansiële doodslag is vir die karavaan as die koste van n toer in ag geneem word.
Ek kry die indruk dat die mense wat aan hierdie forum deelneem dieselfde ouderdom is as ek.
You'll never never know if you never never go
Hoe oud is jy Dansan, of laat ek dan liewer so vra, kom jy uit die oorlog tyd of is jy onder die Nasionale Party heerskappy gebore? Dit klink vir my asof jy sommer nog baie kampeerlus in jou lyf het. 😇
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.
Ek het vir die eerste keer in 'n paar jaar weer ver gesleep en by die see gaan kamp. Ek het dit so half en half as 'n inoefening gedoen vir ons aftree tyd. Volgende maand (Feb) oor 'n jaar dan gaan ons die lankstaan kampeer ding doen.
Tenspyte van die heel wat reen weer wat ons gehad het, was dit 'n puik vakansie. Ja die op en afslaan was heelwat werk maar in die toekoms sal dit oor meer as ne een dag tydperk gedoen word.
Ons beplan ook om eenkeer 'n maand weg te breek solank die fondse dit toe laat. So met naweke wegbreek sit ek net die Rally op, dan is die werk baie min.
So die kamp gier is nog erg in ons bloed. Gelukkig laat die lyf dit nog toe. As die lyf in die toekoms gaan rebeleer dan sal ons net bietjie langer op 'n plek staan om so die op en afslaan te verminder.
Kamp sal ons kamp.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Hoe oud is jy Dansan, of laat ek dan liewer so vra, kom jy uit die oorlog tyd of is jy onder die Nasionale Party heerskappy gebore? Dit klink vir my asof jy sommer nog baie kampeerlus in jou lyf het. 😇
Pieter, ek dink jy en Danie is dalk ewe oud. Laat 70's vroee 80's. Sorry, my guess
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Goeie raaskoot Hennie. My ma het in 'n tou gestaan vir my babakos toe sekere goed gerantsoeneer was.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.
Mens raak ook bederf met langer wegbreke. Ons het nou vir n baie lang ruk nie korter as 4 dae kampeer nie...probeer al Woensdag wegkom vir n naweek wegbreek. Ek wou nou net voor nuwe jaar vir 2 aande gekampeer het by n oord buite Brits...my vrou wou nie, sy reken dis te veel werk net vir 2 aande. Nie die kamp opslaan nie, want dit neem ons 30min....die vooraf voorbereidings
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ja mens raak verseker bederf as jy langer kan staan.
Maar ons het ons self so met die tye ingerig dat as ek vir 'n naweek wil wegbreek is dit letterlik net kos vir die twee dae en klere vir 'n dag of twee wat moet ingepak word.
Die sleep van die wa is vir my 'n plesier. Ons sit net die Rally op max 30min dans als op sy plek.
My wa staan tans steeds op sy wiele want ek beplan 'n wegbreek voor die eiende van die maand. Iewers naby Brits of Dinokeng.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ons begin ook nou langer as 3 dae op n' plek staan want die opslaan begin om inspanninend te wees. Vir een nag gooi ons net n' grond seil en twee stoele.
Ons slaan vir n' langer tyd twee dakke op en 3 tafels en twee stoele en 3 sy tafeltjies. Dan ook n' rak wat aan die woonwa haak. Ons doen dit in 30 minute. Gebruik ook in-skroef penne en 4 duim spykers vir die grond seil.
Kamp is in ons bloed en alles wat daarme saam gaan. Ons hoop dat ons nog vir n' lang tyd dit kan doen.
Dit is te lekker as jou tyd jou eie is. Afgetree!
Lekker kamp.
Groete,
Paul
Ons is in Kaapstad, en het van middel Oktober af minder as 12 millimeter reen gehad. Wat reen betref, wonderlike kampeer weer. Die wind was egter in die laaste tyd 'n ander storie.
Elke keer wanneer ons hoor hoe die reen, verspoelings en hael die noorde teister dan wonder ons hoe dit met die kampeerders gaan.
Ons is in '73 weg uit die Transvaal uit, en het darem daarna by Tsipise, Klein Kariba en Loskop, asook 'n paar keer by Marekele, Pilansberg en Kruger gekamp. Soos wat ons "ou mense" lepel in die dak gesteek het het ons minder rede gehad om Kersfees daar te gaan kamp. Destyds het ons nie geskrik vir ver sleep nie. Deesdae kos dit heeltemal te veel vir ons begroting.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.



