Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22985 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5932 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
army dae
In die ou SAW tydens diensplig wys die bombardier die eerstekeer 'n G5 kanon aan die nuwe troepe:
Bombardier: "Troepe! Sien julle hierdie kanon?"
Troepe: "Ja, Bombardier!"
Bombardier: "Nou hierdie is 'n G5 kanon! Hy kan 40 kilometerver skiet! Verstaan julle troepe?"
Troepe: "Ja, Bombardier!"
Bombardier: "Nou tel julle hom op aan daai disselboom enswaai hom reg in die rondte!"
Troepe: "Reg, Bombardier!" en hulle tel die kanon op en swaai die loop in die rondte.
Bombardier: "Goed. Nou sien julle dat hierdie kanon kan in'n volle sirkel van 180 grade skiet?"
Na 'n ongemaklike stilte staan een slim troepie op: "Maar Bombardier,is daar nie 360 grade in 'n volle sirkel nie?"
Bombardier: "Jou dom troep! Het jy nie geweet 'n mens kry groot sirkels en klein sirkels nie?
CANT WAIT TO CAMP FULL TIME
JY sien daar is n' dom antwoord vir elke vraag
How great is our GOD
He-he-he!!!!!!
Ja ons troepe was soms skerper as die sersant self lekker gelaag nou
Haak daai wa kamp bly koning
Ek ken daai bombardier, hy is nou in die politiek.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
Ek dink weer hy is 'n forum moderator erens?
Mooi man, dit was nog die goeie ou dae.
Kamp Groete
Pieta, was jy 'n samajoor in die army ?? Jy het darem maar 'n ordentlike snor 
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
Was een jaar vir 'n 3 weke kamp net buite Pretoria. Elke dag het ons klas gehad. Die dag het dit onder andere gegaan oor hoe om afstand te skat om jou visier in te stel. Hy kyk so om en verwys na die telefoonlyn in die verte en se die afstand tussen die pale is 100 meter en is 'n goeie verwysing. Ek was 'n telekommunkasie tegnikus vroeer jare en korrigeer hom dat die afstand tussen die pale is 80 meter aangesien dit 'n hooflyn is en baie drade dra.
Wel, ek moes toe na die telefoon lyn hardloop die afstand aftree en weer terug hardloop omdat ek my slim gehou het. Toe ek terugkom het die klas al verdaag en die instukteur het nooit gevra hoeveel tree dit is nie.
So is dit innie army.
Toe ek my diensplig, net na basies, gedoen het is ons op parade. Sersant vra wie wil lorry drivers word. Nou ja, ons kry toe elk n krywa om tuin diens te doen
Was 25 jaar in die mag. Ek kan nou weer 'n paar staaltjies vertel van dinge van troepe.
Kom ons los dit maar eerder net nou word ek van die forum geskors.
Ou Froggy nee ek het net diensplig gedoen in die 70's die snor het maar met die jare saam gekom. 
Kamp Groete
Leon ek dink ons uniforum manne kan dit vat.
My seun is al 20 jaar staandemag in Bloem, my jongste dogter is in SAPS speurtak, my broer SAPS . Albei my oupas, pa en ooms was weermag. My seun se hy sal oo pension gaan as lid dit is sy loopbaan hy is Komandand.
Maar voor iemand dalk tog iets se sal ek ook liewer hier afstap, ek is uit n uniform familie van beide my ouers se kant af.
Ha ha ha dis seker nou se ARMY nè......................
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek lag eintlik oor daai teddie.....
Ons shit het gebeur die oomblik toe ons deur die hekker gestap het hier by Sturrock park.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Die RSM kry die boodskap dat Piet se pa oorlede is maar hy weet hoe om dit oor te dra nie. Hy roep toe die hele peloton bymekaar en bring almal op aandag. Die volgende oomblik brul hy: Almal wat se pa nog lewe gee een tree vorentoe en Piet waar dink jy gaan jy heen.
Vanaand is dit koud hier in GP.
My vrou en ek besluit ons eet sop wat ons gevries het saam rolletjies en toe begin ek weer dink toe ek daai rolletjie smeer met kaas smeer.
Die lekker ou bos burger:
- 1x Ratpack elk/p/seksie.
- Vorige dag is die voete deurgestap.
- Volgende dag is siesta waar die kos besluit word.
Die esbit stofies, ratpacks en esbits word nader getrek.
Jy neem die doggy biscuits en daai blikkie doggy vleis en jou cheesie en bou Å„ burger.
Die stofie word staande gemaak met sy twee uittrek potjies en die esbit brand.
Die burger is gebou.
Die karton van die ratpack boks maak jy klam en plaas onder en bo oor jou burger en seel met die plastiek van die ratpack.
Maak die dixie klammerig en sit die burger gedoente binne die dixie op die stofie en laat kook.
Kyk, siffie straat se burger was nie so lekker nie.
Nie n grap nie. Sien nou die aand hoe die weermag perde in Potch verhongerd en verniel is. Waar is die dae wat ons in ons perde se stalle deurgag gesit het om te kyk dat die perd nie sieker word en ok is. Die verskonings gemaak is ongrondig, pateties en bewys van onkundigheid, geen belangstelling ook geen teenwoordigheid.
ðŸŒªï¸ Worry ends where faith begins 🌪ï¸
Nie n grap nie. Sien nou die aand hoe die weermag perde in Potch verhongerd en verniel is. Waar is die dae wat ons in ons perde se stalle deurgag gesit het om te kyk dat die perd nie sieker word en ok is. Die verskonings gemaak is ongrondig, pateties en bewys van onkundigheid, geen belangstelling ook geen teenwoordigheid.
Dit is uiters swak. As dit iemand in die privaat sektor was is hy hof toe gesleep deur die SPCA.
Dink julle nie ook dat die Army moet maar verby kom vir 'n drag slae nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Feit van die saak is, ons manne van die army-jare kan VERTEL. Ons kan vir ure VERTEL. Ek was NEGE maande lank op die grens waarvan DRIE in Mosambiek was. Ons het Ondangua gaan vestig . Noudat ek terugkyk kan ek nie glo dat die weermag SO onvoorbereid was nie, so MIN geweet het van die "vyand" se vermoë nie en hulle troepe aan soveel onnodige gevaarblootgestel het nie. Maar een ding is onweerlegbaar waar, ons weet tot vandag nog wat ons limiete is, ons weet tot vandag steeds waar om die lyn te trek. Ons gooi nie sommer n middelvinger rond soos die jongmanne van vandag nie en ons is nie hardegat met manne wat jou dalk net n paar klappe kan gee nie. Ons het respek vir iemand wat jou meerdere is en ons salueeer steeds stilletjies manne van ons ouderdom wat dalk nie meer n sixpack het nie. Nog net n paar jaar dan is ons army-anne n vergete geslag.
You'll never never know if you never never go



