Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22965 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Joe Stieger | 451 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 426 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
What are your two favourite camping destinations?
Many of times we are asked...
What are your two favourite camping destinations?
Mine has always been the Desert, there is something beautiful about Nothing and Nobody!
And the Ocean with abundance Sea Life, Coral Reefs and Marine Fish!
What’s your two favourite destinations?
The CaravanParks.com Team
Bos en see. As ek in die bos is, mis ek nie die see nie. As ek by die see is, mis ek nie die bos nie. Seker omdat ek so lekker afskakel by bogenoemde dat ek nie aan iets anders dink nie.
Ons hou ook van berge, maar nie te lank nie. (Kom in 3de plek)
Ons hengel nie, so het nie behoefte aan dam en rivier oorde nie.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons het eintlik net 1 bestemming----wildtuine omgewing.
Ek is ook nie 'n hengelaar nie, dus word 'n kusoord slegs as oorslaapplek beskou.
Blomme toere en toere af WesKaap toe word gewoonlik so beplan dat daar by Sanparke aangedoen word.
Ons het nog geen toere deur Natal gedoen nie.
Met al die kinders en kleinkinders oorsee, het ons nie 'n trek na tipiese oorde wat op "kinder" vermaak ingestel is nie.
Ek is lief daarvoor om in die Laeveld te kamp. My voorkeurplekke hier is die Krugerwildtuin en ATKV Eiland Spa.
Ek is ook lief om langs die kus vakansie te hou, maar verkieslik langs die Suid-Kaapse kus -tussen Hartenbos en Wildernis.
Aag - en mag ek maar 'n derde deel noem (nee, 'n spesifieke plek). Die Karoo Nasionale Park.
Good morning all,
this is a very difficult question to answer as we have so many marvellous places.
The drier areas of the Northern Cape.
The National Parks and our Ezemvelo Parks here in Natal.
However the Western Cape is another favourite.
Then of course Namibia. Our special place.
Ek dink jy is gelukkig as jy so 'n bietjie van die kind in jou behou. Kinders vind iets interessant en lekker op enige plek. Daar is ons insiens nie veel swak plekke om by te kampeer nie en die enigste paar wat ons werklik nie aangenaam gevind het nie, was plekke waar ons noodgedwonge moes oorstaan en wat in 'n baie swak toestand was.
Ons het nog altyd van die see gehou. Ons het reeds sestien jaar 'n plekkie op Stilbaai en is nou permanent hier- by die see. Nogtans is dit steeds vir ons 'n avontuur om by ander kusoorde uit te kamp. So dis een van ons gunsteling plekke.
Al die ander is ons, ons tweede gunstelingplekke. Nou dat ons permanent hier is en die jare bietjie aanstoot, sal ons waarskynlik nie weer by ver plekke soos KNP en die oorde in die bosveld uitkom nie , maar mens weet nooit. Ons sal graag met die wa weer na Namibia toe gaan so lang ritte is nie noodwendig uit nie. Ons was nog nooit lang staners nie en deesdae onderneem ons maar kort toere van so tien dae waartydens ons werklik toer maar ook dit is nie 'n vaste besluit nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons is Wildtuin mense. Ons spandeer maande daar en kan nie genoeg kry van die stilte en die natuur nie.
As ons see toe gaan moet die weer goed wees en die klimaat warm en die water warm. Dit is hoekom ons see trips noord van Durban is met ons gunsteling die Inhambane area in Mozambique. As ons suid gaan is dit om die ander kinders en klein kinders te besoek. Ons vlieg gewoonlik aff.
Dan spandeer ons gewoonlik so 2 maande van die jaar in ons naburige lande. Daar soek ons ook maar die stilte en natuur plekke. Die Namibie se sand woestyn is pragtig om sy staakte eenvoudigheid. Die wit grass met rooi duine en blou lug (thats it).
Groete,
Paul
Bosveld eerste net omdat dit tans nader is en dan tweede ook die see oorde. Oor so paar maande gaan ons permannet kamp dan kan dit enige van die twee tipe oorde wees.
Ek het al in Namibie die duine gaan ry en kamp daar is fantasties. Dis net my pad wa is nie eintlik bedoel vir daai tipe paaie nie, so kom ons sê maar "Been there done that for now....."
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek dink jy is gelukkig as jy so 'n bietjie van die kind in jou behou. Kinders vind iets interessant en lekker op enige plek. Daar is ons insiens nie veel swak plekke om by te kampeer nie en die enigste paar wat ons werklik nie aangenaam gevind het nie, was plekke waar ons noodgedwonge moes oorstaan en wat in 'n baie swak toestand was.
Ons het nog altyd van die see gehou. Ons het reeds sestien jaar 'n plekkie op Stilbaai en is nou permanent hier- by die see. Nogtans is dit steeds vir ons 'n avontuur om by ander kusoorde uit te kamp. So dis een van ons gunsteling plekke.
Al die ander is ons, ons tweede gunstelingplekke. Nou dat ons permanent hier is en die jare bietjie aanstoot, sal ons waarskynlik nie weer by ver plekke soos KNP en die oorde in die bosveld uitkom nie , maar mens weet nooit. Ons sal graag met die wa weer na Namibia toe gaan so lang ritte is nie noodwendig uit nie. Ons was nog nooit lang staners nie en deesdae onderneem ons maar kort toere van so tien dae waartydens ons werklik toer maar ook dit is nie 'n vaste besluit nie.
Fred, ek lees nou dit julle permanent in Stilbaai is. Het julle nou verkoop in die Noorde. Ek was bewus dat julle eiendom in Stilbaai gehad het.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Beide die wildtuin en die see (in die hengelseisoen). Maar ek jou nie van wind nie - so dit is seker maar bos
Never too old to have a happy childhood
Hennie, jammer oor jou vraag. Ja, ons het verkoop. Ek het bedoel om jou te antwoord en toe besef ek moet my nuwe tuiste op my profiel verander. Toe het ek dit blykbaar vergeet. Ons bly heerlik op Stilbaai in ons vakansiehuis. Dis aansienlik kouer as Pietersburg maar ons hanteer dit gemaklik met n houtstofie. In die somer is dit ook aansienlik koeler wat baie welkom is. Ek kon Ptg se somerhitte al minder hanteer seker ouderdom.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Maar Fred jy is dan nou so veer van al die lekker kamp plekke. :-))
Nee wat ons verkies Pretoria se klimaat en al die geriewe wat net om die draai is. En ons is naby aan die bosveld en die warm tropiese see en die Wildtuin!!. Maar dit is n' persoonlik keuse.
Groete,
Paul
Paul, ons het beide op die Rand, nou Gauteng grootgeword en daarna vir 50 jaar in die Bosveld gewoon. Ons het baie oorde en KNP baie besoek en meestal ook elke jaar by die see uit gekom. Ons het dus ṅ ingeligte keuse gemaak waarmee ons baie tevrede is. Ons is baie gelukkig om die stad te verruil vir die kalmte hier eaar alles nog goed werk.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja Fred. Ek hou nie eintelik van die stad nie. Die taxis, bedelaars, smouse en verkeer is nie wat my aanstaan nie. Dit is hoekom ons maar die warmte trotseer en vir maande Wildtuin toe gaan. Ek hoef dit seeker nie te se nie maar dit is ons gunsteling plek. Still rustig en stadig...niks gejaag nie. Ons sal nie somer vir maande see toe gaan nie.
My probleem is dat na n'tyd in die afgesonderde Wildtuin my "to do" lys te lank word. Dan moet ek huis toe gaan om dinge te herstel of vervang. Ek moet se hier waar ons woon in Groenkloof is ons afgesonder van meeste van die stad se geremoer.
Geniet die Fred. Stilbaai is n'pragtige plek. Baia van my kolegas en vriende het daareen af getree.
Groete,
Paul
Soos jy sê, dis elkeen se keuse. As ons almal dieselfde gedink het, sou dit onhoubaar gewees het met almal wat byvoorbeeld net op een plek wou kampeer. Lankstaan is ook een van die. Ons het dit nog nooit gedoen nie. Ek dink ek sal my dood verveel. 'n Vriend het pas teruggrkom na 'n ses weke staan in Kgalakgadi. Dis baie lekker vir 'n week maar dan wil ek aanskuif. Dalk het ons nog nie die kuns van niksdoen bemeester nie.

Ek ook nog nie ervaring van lankstaan nie, maar dink nie ek sal my verveel in die wildtuin of by enige see oord nie. Die res dink ek kan lank begin word....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Die Wildtuin is groot genoeg om rond te beweeg. Ons het altyd net so 4-5 dae in n'kamp gestaan dan skuif ons na n' ander kamp toe. Die rustigheid bly die selfde maar die omgewing verander. Ons het gevind dat so rond skuif well lekker is maar dit is nie onspanend nie. Jy is die heele tyd besig om tent op te slaan en aff te slaan. Ons raak ook nooit verveeld in die Wildtuin nie.
Ons sal nie vir langer as twee weeke Kgalagadi of die ander Sanparke toe kan gaan nie. Hulle is te klein of te min paaie.
Soos julle weet ons was vir n'maand in Mozambique by die see. Sonder die woonwa. Dit was ook groot pret.
In 2021 het ons die heele Desember anti kloksgewys om Suid Africa met die woonwa getoer. Kgalagadi, Port Noloth so om en toe deur Pongola om terug gekom. Niks was bespreek nie en ons het oorals reg gekom.
Ons ken nou all mense van Kasane, Katima Mulilo, Swakopmund tot in Kosi Baai. Die gesels met ons buure en hulle weer te ontmoet is wonderlik. My vrou het n' boekie (A5) waarin sy alles neer skryf. Sy trek nou all by die vierde boekie. Ons slaan gereeld na in haar boekie/s as ons weer by n'plek kom.
Ek dink om tuis te sit en TV te kyk is vir my verveelig. Dit is wat ek nou doen totdat die pret weer op die 12de Julie begin.
Groete,
Paul
Hennie, jammer oor jou vraag. Ja, ons het verkoop. Ek het bedoel om jou te antwoord en toe besef ek moet my nuwe tuiste op my profiel verander. Toe het ek dit blykbaar vergeet. Ons bly heerlik op Stilbaai in ons vakansiehuis. Dis aansienlik kouer as Pietersburg maar ons hanteer dit gemaklik met n houtstofie. In die somer is dit ook aansienlik koeler wat baie welkom is. Ek kon Ptg se somerhitte al minder hanteer seker ouderdom.
Geen probleem. Stilbaai is 'n lieflike plek. Ek het nou Mrt weer 'n draai daar gemaak. Van my oud kollegas het ook daar gaan aftree. Die een egpaar het intussen hulle huis daar verkoop en is besig om weer te bou in St Helena baai. Soos jy se, dinge werk nog daar.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Dit klink vir my of Stilbaai n' aftree oord is :-))
Die ander populere aftree plek is Hartenbos en net langs aan in Reebok. Twee van my kolegas het daar gaan aftree. Daar werk alles nog. Netjies, skoon en georderd.
Groete,
Paul
Stilbaai is puik, maar dis maar een van verskeie klein dorpies langs die Kaapse kus wat ideale aftree-bestemmings is. Meete hier is eintlik uitgebreide aftree-oorde, buite vakansies lekkerstil en veral oor Desember, lekker besige met 'n ander, steeds lekker atmosfeer. Mense wat nie wind kan hanteer of koue nat weer in die winter, sal nie hier aard nie. Maar die feit dat die winter hier groen en vol blomme is, vergoed mildelik daarvoor. As 'n mens soos ons in die droëe, vaal winters in die noorde gebly het, is dit vreemd maar maklik om aan gewoond te raak.
Met die oormatige reën wat groot dele van die suide gehad het, dink ek Namakwaland se blomme gaan vanjaar 'n fees wees.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven