Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22026 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17782 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6237 |
Bostoe | 5466 |
BrianB | 5310 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2697 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2150 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1868 |
Nico | 1772 |
steamer | 1702 |
Hennie Botha | 1683 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1463 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1261 |
Louvan | 1251 |
Gerden | 1177 |
RichardJ | 1173 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 855 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 443 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
1Pierre2 | 419 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 385 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 359 |
survivalist | 356 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 269 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 184 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |

Voor Dooie-mans deur
Gewonder of hier persone is wat kan raadgee oor wat mens doen as jy bespreek het by 'n plek, laataand daar aankom en hul gee jou een of anner storie dat daar ongelukkig nie vir jou plek is nie.
Wat maak mens in so 'n geval? Gaat maak jy maar staan langs die pad erens?
*
One is never too old too learn

Sjoe, dis lelik ...... gewoonlik (dis nou by hotel of B&B) verwag die bestuur dat jy aandui as jy na 18:00 wil inbespreek. Egter nog nooit geweet dat daar so 'n storie met karavaankampe mag wees nie.
Moet erken ons het wél eens by Karoo Nasionale Park aangekom teen so 20:00 se kant. Sekuriteit by die hek het ons ingelaat (ons het vooraf 'n bespreking gedoen vir die nag) en ons moes net die volgende oggend by Ontvangs aanmeld.
Maar, ja, in jou geval het ek regtig nie 'n antwoord nie ...... wat was hulle rede(s)?
Laas jaar toe ons by n plek by die see in boek...toe is daar n paartjie voor ons met jong kinders..baba en so 3 jaar oud..hul het n chalet geboek.. toe het die plek per ongeluk n dubbel booking gemaak...dit was nogal chaos...maar die bestuur het toe op ou einde vir hulle ander bly plek gereel en betaal..
If its worth doing, its worth doing well.

Ons het in die vroëe negentigs gereeld oor die feestyd by Riverside buite Stilbaai gekamp voordat dit 'n deeltitel oord geword het.
Een jaar, net voor Kersfees, toe trek daar 'n BMW met 'n karavaan in en parkeer half in die pad naby die ablusie. Ek vra toe vir die Johannesburger hoe dan so?
Hy beduie toe vir my dat hulle elke jaar oor die feestyd hulle karavaan hak en met hulle twee kinders die Suid Afrikaanse kus om toer sonder om by een plek te bespreek. Hy sê hulle arriveer bloot, staan met kontant in die hand wanneer hulle vra om net oor te slaap en weer te ry, en dat hulle nie eens 'n rally afdak gaan opslaan nie. Volgens hom was hulle nog nooit weg gewys nie.
Dit maak vir my baie sin. Die oord eienaar kry belastingvrye sakgeld, die toeris veroorsaak 'n minimum ongerief, en voordat mense kan kla is die toeris al weer op pad.
Wanneer dit vir 'n paar dae is kan ek verstaan dat so iets 'n probleem raak.
Ek dink so iets kan nogal 'n avontuur raak indien jou gesindheid reg ingestel is. Jy gaan baie ervaring in 'n kort tydjie opdoen.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.

Ons het in die vroëe negentigs gereeld oor die feestyd by Riverside buite Stilbaai gekamp voordat dit 'n deeltitel oord geword het.
Een jaar, net voor Kersfees, toe trek daar 'n BMW met 'n karavaan in en parkeer half in die pad naby die ablusie. Ek vra toe vir die Johannesburger hoe dan so?
Hy beduie toe vir my dat hulle elke jaar oor die feestyd hulle karavaan hak en met hulle twee kinders die Suid Afrikaanse kus om toer sonder om by een plek te bespreek. Hy sê hulle arriveer bloot, staan met kontant in die hand wanneer hulle vra om net oor te slaap en weer te ry, en dat hulle nie eens 'n rally afdak gaan opslaan nie. Volgens hom was hulle nog nooit weg gewys nie.
Dit maak vir my baie sin. Die oord eienaar kry belastingvrye sakgeld, die toeris veroorsaak 'n minimum ongerief, en voordat mense kan kla is die toeris al weer op pad.
Wanneer dit vir 'n paar dae is kan ek verstaan dat so iets 'n probleem raak.
Ek dink so iets kan nogal 'n avontuur raak indien jou gesindheid reg ingestel is. Jy gaan baie ervaring in 'n kort tydjie opdoen.

Knneman, baie dankie, ek glo dat die eienaar 'n mens tehulp sal kom soos met die johannesburger.
Dit het nogal gemoedsrus gegee met wat jy beskryf het.
Ek wonner in so 'n situasie of mens kan ry tot by die polies stasie en daar gaan vra of jy die nag daar kan staanmaak en in die more vroeg weer jou ry kry ?
Ek, my vrou en dogter had eenmaal 'n voertuig in krugersdorp moes gaan haal......, halfpad wou die ou kombi se enjin nie meer, en moes ek hom op sleeptou neem met my 3lt siera.
Om die minste te se^, het dit seker 20jaar van my vrou se lewe verkort, om in daai kombi agter my te hanteer,op sleeptou. Op Lydenburg aangekom laataand besluit ons toe, dat voordat ons die abel-erasmus pas aandurf, dat ons in Lydenburg gaan oornag, en het sommer daar op een van die voertuig-verkoop agenskap se parkeer-area tussen voertuie ingetrek en al drie van ons in die siera geslaap.
Vroeg-oggend toes ons weer weg. 🤪
One is never too old too learn

Bietjie van die onderwerp af, maar dit is nou hier genoem. Om n voertuig met n tou te sleep, is saggies gesê baie traumaties. Ek het n sleepstang wat in drie dele is van seker so 60cm wat dit maklik maak om te vervoer. Jy sit dit aanmekaar en as jy moet sleep is meeste van die spanning weg. My skoonseun het verlede maand een gekoop teen n redelike prys van ek dink R500. Ek het myne al n paar maal gebruik meestal om ander mense te sleep. Ek dink dis n baie nuttige item om saam te ry, hetsy of jou voertuig oud is of nie. Selfs n nuwe RR kan gaan staan. Dit kan jou lewe spaar en beslis baie geld ook as die alternatief is om van n insleepdiens gebruik te maak. Barmhartige Samaritane wat bereid is om te help, bestaan werklik nog.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Yes, Fred, ek was werkloos en geldjies maar uiters skraps, met die sleepery.
Ek ook al gedink dat as mens square tubing wat inmekaar skuif, gaan mens, soos jy se^, maar net meter en half of so nodig he^ om hom in voertuig saam te neem.
En moenie sleg voel oor "van topic af" nie, ons sit mos om die kampvuur en gesels, of hoe? Kan ek vir jou nog 'n klippies ingooi? ðŸËÅ
One is never too old too learn

Inkort ek vat my geld terug en soek ander plek hoekom ,want jy het reeds betaal en bestuur nagelaat om te verseker jou plek is wel beskikbaar met aankoms
Haak daai wa kamp bly koning

Inkort ek vat my geld terug en soek ander plek hoekom ,want jy het reeds betaal en bestuur nagelaat om te verseker jou plek is wel beskikbaar met aankoms

Dit is so, Bostoe, maar wat gedaan as jy nou daar in die vertes, met naaste dorp 300km ver en dit reeds donker is ?
Slaan mens dan sommer langs die pad op tot die volgende oggend?
Wonder maar net.
One is never too old too learn

Oumens,
Ons bel altyd vooruit: eers vroegoggend, so teen 9uur, om te hoor of ons bespreking nog reg is, en laat hulle weet ons is oppad, baie belangrik, ons vra altyd tot hoe laat toe kan mens nog inboek?
Dan vra ons ook dat indien ons laat sou opdaag, hoe ons dan sal kan inkom.
Dan, as ons wel sien ons gaan laat kom, bel ons net voordat hulle toemaak so vier uur of vyf uur om te bevestig dat ons wel oppad is, en dat hulle tog sal reel, dat as ons aankom, ons wel sal kan ingaan.
Ons het al n keer of wat baie laat by kampeerplekke aangekom, maar omdat ons so gereeld bel, het ons nog nooit voor dooiemansdeur beland nie. Ons moes al wel "boete" van so R50 betaal omdat ons laat was, maar ons is nog nooit weggewys nie.
Ek dink, die beste is maar om nooit net te aanvaar dat joui bespreking wel nog staan, en dat jy wel sal kan inkom nie. Juis daarom ook het ons selfoonchargers in ons voetuig wat vanuit die sigaretaansteker werk.
Mooi ry en mag julle nooit sukkel om erens te kan kampeer nie.
Die feit dat ons lid is van AA gee vir ons baie gemoedsrus. En hulle baie lae jaarlikse tarief vir ouer mense, pas ons sakke. Ek kan dit regtig aanbeveel.
Ja, ek weet dat mens addiosioneel moet betaal vir as hulle jou verder as 100 kilos moet sleep... maar 100 kilos is darem n ver ent, en mens is dikwels binne daardie radius, dan kos jou insleep jou niks.

Dit is so, Bostoe, maar wat gedaan as jy nou daar in die vertes, met naaste dorp 300km ver en dit reeds donker is ?
Slaan mens dan sommer langs die pad op tot die volgende oggend?
Wonder maar net.

Oumens,
Lees gerus bietjie deur hierdie ou draad van my - hierin beantwoord die ouens die vraag oor of mens langs die pad moet kamp ook... jy sal dit dalk geniet om te lees wat geskryf is...
Fanie, baie dankie vir jou insette, ek gaan nou daai draad lees, dankie.
One is never too old too learn

Fanie, ek sopas my vrou gese^, as ons moeg word vir sleep, gaan doen ons wat Fanie en sy vroutjie doen/gedoen het !
Wat 'n vryheids lewe.
ðŸËâ°
One is never too old too learn

Dit is so, Bostoe, maar wat gedaan as jy nou daar in die vertes, met naaste dorp 300km ver en dit reeds donker is ?
Slaan mens dan sommer langs die pad op tot die volgende oggend?
Wonder maar net.

Bly n moelike een waar gaan jy as dit donker is ek stem maar so plek sien my nie meer dis ook nie meer veilig soos innie ou dae stop langs pad en slaap
Haak daai wa kamp bly koning