Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22965 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Joe Stieger | 451 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 426 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Troeteldier karavaan park
Is daar n bestaande Klub of lys van troeteldier vriendelike karavaanparke
In GP is Soetdoering in Vereeniging en Bloekompoort in Suikerbos Rand tussen Heidelberg en Meyerton.
In die Bosveld (Limpopo Modimolle):
- Klipspringer gaste plaas.
- Bakara gaste plaas.
- Klein Paradys.
- Kleine Bela.
- Maroela Oasis.
Neem kennis asb:
- Klein Paradys betaal jy R300/maand vir troeteldier elk asook normale tariewe gedurende April en Desember indien jy Å„ lang termyner is.
- Maroela werk dieselfde as bogenoem.
- Kleine Bela se tariewe bly, maar jy betaal ekstra gedurende April en Desember met lang termyn.
- Bakara en Klipspringer bly standaard.
Welkom op die forum.
Dankie vir die lys, nou weet ek waar om nie te gaan kamp nie.
Al weer oppad iewers heen.
Eintlik wou ek "reply" op hierdie terugvoering.
"DIT Pas ons Goed".
Bygesê, ons kamp nie meer permanent nie.
Ons is gevestig met:
- 80 Skaap.
- 42 Bees.
- 23 Rooibok.
Ek het Å„ Skaap hond om skape te beheer en Å„ Boston Terrier vir beeste.
Die wild gaan op hulle eie.
Koedoes wat draad spring is vir die yskas en mense wat swaar kry.
PUNT.
Hi verduidelik asb vir my, hoe hanteer julle honde kids as jul gaan kamp. Is jul honde gedisiplineerd om by julle te bly en te luister of "interact" hulle met ander honde sonder enige negatiewe aksies. Myne moet maar tuis bly want hul baie voorbeeldige opgevoede gedisiplineerde maniere wat hul met spesiale opleiding en sielkunde gekry het ontaard in monstergedrag as ek net in buurt gaan stap met hulle. Sien ook baie ander selfsorg vakansieplekke met kampies om huise vir troeteldiere maar ek voel te onseker en bang vir hul reaksie op vreemde plekke. Jack R en Corgi. Laat weet asb.
Ons het, toe ons nog honde gehad het, met 'n klein miniatuur Doberman tefie gekamp. Ons het vroeër ook 'n ander een gehad wat saamgetoer het. Dis maar moeilik om kampplekke te kry wat honde toelaat. Honde is maar honde en jy kan nie op hulle dissipline staatmaak nie, so dit is nodig om hulle permanent aan 'n leiband te hou as hulle buite die karavaan is, en natuurlik agter hulle op te ruim. Karavaanparke wat dierevriendelik is, laat gewoonlik net klein hondjies toe om verstaanbare redes. Honde soos Corgies wat jy noem, en Skotties, is wel klein, maar met baie sterk persoonlikhede en hulle veral moet maar ingeperk te word anders neem hulle oor. Met al die moeite om kampplekke te kry, was dit nogtans 'n plesier om ons honde saam te hê. Hulle het beide baie goed gereis en die kampe amper meer as ons geniet. Probeer dit gerus op 'n kort kamp om te sien of dit vir julle werk.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Diere is uiteraard vir eienaars baie oulik, maar nie noodwendig vir vreemde mense om hul nie. Dis soos kinders.....ouers sal altyd dink hul kinders is die oulikste en beste, maar hoeveel keer gebeur dit nie dat hul mense om hul irriteer nie met balskop, lawaai, onbeskof, tjank ens. Ons het byvoorbeeld n hele ruk terug by Dragonpeak gekamp....as mede kampeerders 5am die oggend badkamer toe stap, gaan ons bure agter ons se worshonde so tekere en blaf en begin mekaar te byt uit opgewondenheid en fustrasies omdat hul aan ketting vasgemaak is aan tent paal.....dit was hengse irriterend, terwyl eienaars dink hul woefies is gestuur deur engeltjies. Ook ander bure se honde kom staan regop teen my braaier en lek die rooster skoon......weereens eienaars dink dis hengse oulik, maar ek wil daai brak se nek omdraai. Al gesien hoe "P" brakke teen ander se tente en pale.....sies man! Dan kry jy altyd die mense wat sê hul honde blaf nie......dan is dit nie n hond nie, want n normale hond blaf.....en n blawwery van n brak op n campsite lanks my irriteer baie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Daar is maar min parke wat honde toelaat terwyl die meerderheid dit nie toelaat nie. Meeste mense is, indien die hondeliefhebbers nie, is minstens verdraasgsaam teenoor honde. Diegene wat hulle gladnie kan verdra nie, het mos die keuse om gladnie by die enkele kampe wat hulle wel toelaat, te kampeer nie en honde-eienaars maar hulle plesier toe te laat. Die hele wêreld kan tog nie gereël word om elke indiwidu se voorkere te bevredig nie.
En selfs by kampe waar honde toegelaat word, kan kampeerders sekerlik gaan kla as honde teen hulle tente pie of hulle braaiers lek! Dit is in elkgeval onbedagsaam van honde-eienaars om hulle woefies los te laat rondloop en hulle stel ook die voortgesette vergunning in gevaar deur dit te doen.
Kinders kan soms bietjie oorneem, maar oor die algemeen het ek nie juis simpatie met mense wat alewig kla as kinders in 'n karavaanpark rumoer nie. Ons is self al lank met pensioen en geniet steeds die teenwoordigheid van kinders in 'n karavaanpark. Ons onthou nog baie goed hoe ons kinders die uitkamp geniet het. Dit is gewoonlik ouer iesigrimmige mense wat oor die kinders kla. My raad aan hulle is as hulle so oorsensitief is, moet nie uitkamp nie, minstens nie binne skoolvakansies nie- bly eerder in hulle aftree-oord en verstok in stilte.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dis ook onbedagsaam om hulle heeldag aan n tentpaal of steadie vas te maak en dan die dag te verkas. Maar soos genoem.....gelukkig is daar keuses en ons probeer hulle ook maar soos Jin hierbo noem ver moontlik te vermy
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek het ook al voorheen fotos hier geplaas by Ballito waar eienaars dink niemand het gesien dis hul hond wat geskyt het in gemeenskaplike area en dan ook maar net aanloop en ander moet in daai gemors vaskyk, trap en optel namens hom. Neewat, dis maar net n beslommernis wat jy saamvat
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek neem aan met die bewyse, het jy by Bestuur gaan kla? Hoe het Bestuur gereageer? Dit wil vir my voorkom asof Ballito nogal gestelt is op netheid. Op die stappad bokant die strand is daar oral plastieksakkies vir honde-afval en houers om die resultaat in te gooi, so ek glo, of hoop, Bestuur het die regte ding gedoen.
Onhoflike gedrag kan nie aanvaar word nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dis hoekom daar oorde is vir ouens wat toelaat vir honde en oorde wat dit nie toelaat ek gun elkke ou son oor sy kop maar verkies 100% oorde wat nie diere/ honde toelaat nie . Hoekom se ek so , Nie lus om hond op te pas nie en te warrie wie gaan kwaad raak vir hond se geblaf , honde is gemaak om te blaaf party eienaars maak nie skoon agter hulle honde nie dis n feit . Hulle van natuur like om been (reun) te lig teen kar wiele geboue tente ens dan pee hulle dit maak my plyn weg die moer in. So jy wat honde het wat gaan kamp by n oord wat dit toelaat reg so ek respekteer jou ,ek wat dit nie like nie en by oord kamp waar honde nie toegelaat word respekteer my asb
Haak daai wa kamp bly koning
Selfde hier, nogmaals dankie. Was ook nog nie by die plekke wat jy noem nie.
Al weer oppad iewers heen.
Die onderwerp is al kaf gedraf en ja ons almal kamp soos ons dit van hou ek hou nie van n kamp met honde nie soos die volgende ou weer van hou om met sy hond te kamp in kort soos ek ook al baie gese het kom ons respekteer mekaar se like van kamp😉
Haak daai wa kamp bly koning
Ek stem! As jy wil sien hoe vinnig my hitte-meter sy bo-punt bereik is dit wanneer ek by n kamp opdaag met honde wat soos kinders behandel word. Siestog.
You'll never never know if you never never go
As kampeerder wat gereeld in tydperke van twaalf dae by byna twaalf verskillende karavaanparke kampeer, kom ek geheel en al in opstand teen enige honde in enige karavaanpark!
Ons het dit nou al herhaaldelik ervaar, onderaan ons skoensole ook, dat eienaars van honde in karavaanparke nie kyk waar hulle honde gaan mis nie, en indien hulle wel sien dat hulle hond daar doer anderkant op n oop karavaanstaanplek gaan mis, dan doen hulle nie die moeite om agter die hond aan te loop en die mis te gaan optel nie.
Gevolglik gebeur dit dan dat die nuwe intrekkers in oop karavaanstaanplekke, "doer anderkant" in daardie mis trap en die onaangename ondervinding van sulke honde selfsugtige honde eienaars moet verduur.
Ek is sterk van mening, en van oortuiging, dat alle honde, en ander diere ook, by karavaanparke verbied moet word. Mense met diere kan gewoon by die huis bly as hulle nie iemand kan kry om hulle diere op te pas nie.
Ek verpes, absoluut verpes, honde in karavaanparke, omdat ek al herhaaldelik moes sukkel om my kamp pantoffels skoon te maak...
Chuck, ek ondersteun jou heelhartig, maar met gewraakte gevoelens van bitterheid in my hart - want hoekom moet ons die plesier van sulke kampplekke ontneem word deur selfsugtige honde eienaars en die kamp-eienaars wat dit toelaat?!!
Ek kom in opstand... maar ek steun jou heelhartig.
Gerden
Ja asseblief, moenie kom kamp met al jou skape, beeste en watse diere jy nog op jou plaas het nie.
ha ha ha ...



