English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 108
Total Replies: 227 347
Total Views: 82 264 962
topics: 1 125
replies: 11 447
views: 4 802 032
Jokes and everything else that makes you laugh

Ryloper

replies: 25
views: 459
02 Jul 2019 @ 10:49:27 am
Andal
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 144
Joined: 25 Nov 2012
Experience: 6 years

Ek laai gister na werk n ryloper op. Na n ruk toe vra hy vir my of ek nie bang is om rylopers op te laai nie, en hoe weet ek of hy nie miskien n reeksmoordenaar is nie.

Toe se ek vir hom nee wat, die kanse dat daar 2 reeksmoordenaars gelykertyd in een motorkar sal wees is baie onwaarskynlik.

Toe klim hy sommer so in die ry uit sonder om te groet. Flippen ongeskik en ondankbaar sal ek sê!!!

Groetnis.

Be the person YOUR DOG thinks you are.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 11:13:47 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1633
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ongepoetste jakkals 🦊

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 11:42:33 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13395
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

LOLlaughing

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 13:27:38 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ongeskikte Buffel.

Lol 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 14:11:54 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13698
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Vark nek......................laughingsealedtongue-out

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 14:18:51 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2304
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Andries, Ek sien jy het dieselfe soort voertuig as ek maar jy sleep 'n heelwat swaarder karavaan.  Wat is jou indrukke en ondervinding?  Ek het wel aanvanklik to ek die Kuga gekry  het, 'n Sprite Supersport baie gemaklik gesleep maar jou wa is weer bietjie swaarder en groter. Jammer dat ek nou jou oulike draad kaap.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 14:28:07 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2946
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Vandag sy rylopers lyk my is ongeskik en ondankbaar.

Ek laai niemand meer op nie.......veral na die laaste 7 verdwyn het....hahahhaha🤡🤡🤡🤡🤡

At last !!!!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 14:36:06 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2304
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

'n Polisie kolonel het eenmaal vir my gesê hy het op 'n koue reënerige dag 'n ryloper gesien staan en vir 'n oomblik oorweeg om sy Valiant te stop en hom op te laai.  Maar toe dink hy dat as hy dit doen, kan hy dalk in die reën staan en die ryloper kan wegry met sy gemaklike motor, toe ry hy maar verby.  Seker ietwat onchristelik, maar die Bybel sê jy moet naaste liefhê soos jouself en nie liewer as jouself nie, wat jy wel doen as jy jou voertuig en miskien jou lewe ingevaar stel deur hom tegemoed te kom.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 14:52:07 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2946
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Toe ek jonk was.......so .....132jaar terug... bly in Oos Londen. Grootste sports was om van Cambridge see toe te hick?? Oor n naweek. Kyk hoeveel keer kan jy dit doen.

Tel Polisieman ons op met Chev 2500

Goeie for 5cents. Daai ding kon ry!!!!@

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 16:05:53 pm
kleinman
Silver Member
48% Profile Strength
Posts: 51
Joined: 27 Nov 2017

😆😆....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 17:54:34 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3616
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Ek en twee skoolmaats besluit om stokkies te draai vir die laaste periode. Die branders wag. Gooi duim en hier kom 'n Zephyr 6 met T J nommerplaat met 'n spoed aan. Volgende sien jy net rook trek soos hy remme gooi. In is ons en daar trek ons weg met skreuende bande.

Man van min woorde op pad na Margate vir vakansie, Die Zephyr klink warmgemaak, die dash het swart vluweel op en die stuurwiel 'n knop wat hy met die regterhand vashou. Die linkerhand ruil ratte.

So halfpad Margate toe is daar twee enkelbaan brugge wat deur 'n lang draai in die pad verbind word. Ons het altyd gebrag wie se Pa kon die vinnigste oor die tweede brug ry.

Nou kyk, die Valie het die draai met spoed benader dat ons almal duike in die vloer rem. Die hele draai deur skree die bande en genadiglik trek hy die kar reg met sy regterhand net voor die tweede brug.

My vriend wat voor sit vra met 'n benoude stem "Sir what tyres have you on the car?". Hy antwoord met 'n Afrikaanse aksent, "smooth". My vriend se "excuse me?" 

Hy antwoord weer, " SMOOTH!"

Ons was genees van ryloop vir 'n rukkie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 18:49:44 pm
Andal
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 144
Joined: 25 Nov 2012
Experience: 6 years

Hi Fred, Ek het die Kuga (dis n diesel 2lt outomaties) so 4jr terug nuut gekoop, tot op datum nog nie n sent bestee nie. Dit is n fantastiese sleepvoertuig sowel as om sommer in die stad rond te ry.

Ek hou n rekord van alle diesel verbruik ens en my gem verbruik in die stad is 8 l/100km en as ek sleep teen so 100/110 km/u is dit 12.2l/100km.

Die groot gemoedsrus wat ek het is om geen bergpas of hoogtes in pad te vrees nie.

MAN DIS N LEKKER VOERTUIG.

Groetnis.

Be the person YOUR DOG thinks you are.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 19:43:00 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1633
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hi Fred, Ek het die Kuga (dis n diesel 2lt outomaties) so 4jr terug nuut gekoop, tot op datum nog nie n sent bestee nie. Dit is n fantastiese sleepvoertuig sowel as om sommer in die stad rond te ry.

Ek hou n rekord van alle diesel verbruik ens en my gem verbruik in die stad is 8 l/100km en as ek sleep teen so 100/110 km/u is dit 12.2l/100km.

Die groot gemoedsrus wat ek het is om geen bergpas of hoogtes in pad te vrees nie.

MAN DIS N LEKKER VOERTUIG.

Is daai n fleetline wat jy sleep Andries ?

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2019 @ 19:44:10 pm

02 Jul 2019 @ 22:53:13 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1633
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek het n army kamp gedoen so in die eighties, Standerton, Groot draai dam, en moes die pomp stasie op pas. Kry toe pas vir n naweek en ryloop Alberton toe.    3 Uur die oggend trek ek so tussen Standerton en Heidelberg. Bitter koud, baie donker sien ek in die verte ligte aankom met n groot gejuig. Staan so half in die pad sodat ek nie misgekyk kan word. Die man kom verby my en trap brieke ek dog hy gaan die bakkie omgooi. Draf toe nader en toe daai venster oop gaan kan n brouery nie so stink. Eks hardop, eks koud en ek klim

Nou soos ons ry se die man hy hoop nie ek gaan hom roof. Maar as ek planne het. Dan jaag hy reg op n brug af. Mis dit naelskraap en sê, dan maak ek ons albei dood. So gaan dit aan op hoë spoed tot voor Heidelberg. Ek kan nie eens onthou waar, maar naby Heidelberg het hy gestop en ek het gehardloop want nou nou jaag die maltrap my ook nog.

Dit was n bruin kol in die broek situasie maar gelukkig het ek browns aangehad.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 08:18:29 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2304
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek stem 100% met jou saam Andries.  Met my ligte karavaantjie is my verbruik heelwat laer as joune- so in die omgewing van 8.5l/100 km as ek binnelands sleep.  By die kus met sy baie op en afdraendes is dit bietjie hoër.  My koppelaar het onlangs probleme gegee maar dis onder waarborg vervang.  Die voertuig loop nou weer lekker, en meen oorskakelings is selfs gladder as vantevore.  Dis moontlik nie net my verbeelding nie want al die programme is ook opgegradeer.  Die nuwe voertuie lyk dit my is deels voertuig en deels rekenaar.  Ek het myne amper vyf jaar gelede gekoop en ek glimlag steeds elke slag as ek in hom klim.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 10:19:15 am
Andal
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 144
Joined: 25 Nov 2012
Experience: 6 years

Hi Bak oor, nee disdie Jurgens Expo

Groetnis.

Be the person YOUR DOG thinks you are.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 10:40:53 am
Anonymous

Ek en 'n maat van my gedurende weermag tyd in die vroeg 80's het saam met 'n konvooi gery vanaf Chetto tot Rundu en weer vanaf Rundu tot Grootfontein saam met 'n ander konvooi.

Dit was ook gedurende 'n naweek pas en ons wou vir 'n ''jol'' gaan in Tsumeb by die TCL myn klub.

Vanaf Grootfontein het ons geryloop en 'n geleentheid gekry saam met 'n ou in 'n Ford Cortina XLE. Die maat se kar het ook erg geryk na 'n shebeen, maar ons het maar geklim omrede die ''jol'' erg geroep het en ek het 'n ''girl'' ook gehad in Tsumeb wie se pa die myn kaptein was en wou nie te laat by haar opdaag nie.

Dit was alreeds donkerig en die ou laat wiel met die XLE en gooi net so nou en dan die papsak na ons kant toe vir 'n sluk of twee. Draai by Tsumeb in en my maat en ek ook toe alreeds mooi voor van die papsak se rond gooiery.

Toe ons eers so onder deur die straat ligte ry, merk ons die XLE het nie 'n stuurwiel nie en die ou hanteer hom met 'n ''Vicegrip''.

Toe ons eers besef hoe die ou laat wiel het en dit met 'n ''Vicegrip'' as stuurwiel, het ons skoon vergeet ons het so paar wyne agter die blad en was van vooraf weer nugter.

Daarna as ons weer geryloop het, het ons mooi gekyk. Sodra ons so lig groen XLE gesien het, het ons maar agter 'n bos gaan skuiling soek en gewag vir 'n ander geleentheid.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2019 @ 22:03:37 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1633
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek dink as n persoon n boek kan skryf oor die wel en wee van n troep en sy ryloop avonture sal dit n all time wenner wees. Beslis sal dit nie n roman wees. Of wag nou ? Weet ook nie.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2019 @ 15:56:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13395
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2019 @ 16:54:23 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1470
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

As hy uniform aan gehad het, sou hy nie so lank gewag het vir 'n geleentheid nie.

Nou het sy lyf skoon afgegroei van die lank staan. Sien sy broek pas ook nou beter, of is dit rekmateriaal wat saam met sy lyf verander?

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2019 @ 22:42:48 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1633
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Daai perd sal beslis nie vir die gereg kan weg hardloop, bene ver te kort. Behoort so n cosmetic surgery op alle kriminele te doen.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2019 @ 14:02:02 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2304
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Hoekom hou mense daarvan om bespotlik te lyk?  Ek dink ook aan mense wat goeie geld vir jeans wat geskeur en deurgeskuur is, betaal.  Ek verstaan mense baiemaal gladnie.  Daar is 'n hoofstuk in Gullkiver's Travels wat amper klink of hy goeie kennis gehad het van die hedendaagse lewe.  En hy het gespot daaroor- mense doen dit vandag werklik. Ai!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2019 @ 14:02:04 pm

07 Jul 2019 @ 14:02:05 pm

07 Jul 2019 @ 18:15:35 pm
Anonymous

Ja die jong latte met hulle klere drag laat ook soms my oê rek.

My "jol" klere in SWA was ń sjef se witbroek wat ek gesteel hetlaughing, ń lekker "states" T-shirt en plakkies.

Dit was hoog mode daai tyd.

Verwys na die ryloop

Mense het nie sommer opgetel nie.

Ons het gevlieg tot by Grootfontein met bos verlof.

Ons moes 2 dae deurbring by die deurgangs kamp vir die volgende flossie Waterkloof toe.

My vriend en ek besluit ons ryloop, dan is ons lank voor die ander in JHB.

Ons het vasgehaak in Combat vir 3 dae en toe eers geleentheid gekry tot Windhoek.

Alles is klaar soos in "ALLES", ons is honger, dors en alles.

Ons neem toe trein. Wat ń fout!!!

Ons het 4 dae van ons bos verlof oorgehad toe ons eers tuis kom.

Definitief, slim vang sy baasyell

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required