Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22965 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Joe Stieger | 451 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 426 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Victoria Falls Rest Camp Gekose Oord

Victoria Falls Rest Camp - Victoria Falls, Zimbabwe
Kamp & Leef Gekose Oord
Victoria-Valle selfsorg & Kampverblyf is die bekostigbaarste verblyf by die Victoria-Valle. Die ruskamp is in die middel van die Victoria-Valle se dorp geleë. Slegs 2km vanaf die valle is dit die naaste kampterrein aan die Victoria Valle. Veiligheid geniet ‘n hoë prioriteit en met hoë vlekvrye-staal en elektriese heinings, bied dit eersteklas veiligheid. Die ruskamp spog met baie goed versorgde grasgebiede en ‘n oorvloed bome wat die omgewing in die kamp baie verwelkomend maak.
Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.
Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm
Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.
The CaravanParks.com Team
Hulle is op my doen lysie.
Al weer oppad iewers heen.
Bietjie raserag oor die naweke...
On The Road Again
Kamp net vêr weg van die ablusieblok. Groot groepe met busse besoek die oord maar ons het lekker gekamp en is baie sentraal. Hulle het ook kampplek so 'n paar km van die hoofoord teen die Zambesie rivier maar dit het nie veilig daar gevoel nie.
Is daar baie om te sien buiten die Vic valle?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek stem saam JIN. Ek wil ook nog daar 'n draai gaan maak. Punt daarvan maak om tiervis te vang.
het oor die naweek 'n foto gekry van nuwe ZIM tiervis rekord van oor die 16kg.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Oppas ......
Dis nie so skoon soos wat julle verwag nie. Dis maar agterlik in party gevalle. Ek sou eerder in Kasane in Botswana woon en dan 'n dag-trip na die valle neem. Daar is heerlike plekke om te staan langs die Chobe-rivier. Die valle is altyd mooi om te sien, maar toe ons laas daar was was die ganse wydte van die valle (lees mooi) net VYF METER wyd. Dit was kurkdroog, geen water nie. En dis DUUR om die valle te besoek.
Julle kan via Zambië ook na die valle gaan kyk, dan moet julle die pont oorneem, neem net genoeg Kwatchas saam, dis moeilik om dit by die bank op Livingston te kry, jy staan in 'n lang tou. Dis baie veilig, ons het ons volgepakte kar (jerrykanne en bagasie op die dak) eenvoudig aan die Botswana-kant van die pont langs die pad geparkeer en 'n taxi geneem vanaf die Zambië-kant. Dit kos jou 'n hengse klomp geld as jy jou kar inneem. Die pont is gratis, maar wees gereed vir baie mense met baie bagasie. Jy gaan die taxi moet deel met locals. (Kyk die blou karretjie ,,,)
So nie kan julle natuurlik die grenspos na Zimbabwe gebruik, dis minder besig maar jy sien die valle dan van die Suide-kant af.
Ek ken baie goeie vriende wat in Kasane woon, ingeval julle 'n nood-nommer soek.
You'll never never know if you never never go
Die valle is duurder om te sien van Zambia se kant.
Dis goedkoper om by Zimbabwe in te gaan.
Indien julle met julle eie voertuie ingaan is die Hwange Wildtuin definitief die moeite werd om te gaan sien. Indien julle net opdaag en plek soek kan jy teen 'n baie meer redelike prys ingaan en vat wat beskikbaar is. Jy betaal in US $, so om te bespreek is redelik duur. Vir Walk in kry jy goeie pryse, maar moet dan vat wat beskikbaar is.
Indien julle 'n grooterage groep is, kan die Pikniek plekke redelik uitwerk. Dis duur vir een of twee, maar vir 'n hele groep word die kostes gedeel.
Ngweshla, Kennedy's en daar is ook 'n groot dam wat 'n moi piekniek plek het waar jy kan oorbly (Dateema Dam of so iets, ek kan nou nie meer onthou nie).
Daar is baie mooi plekkies. Terwyl jy daar is kan jy dan sommer opry noorde toe. Mana Pools is iets uit die boonste rakke uit. In die suide van Mana Pools is Chitake Springs, waar jy nie by 'n ander plek so interaksie met leeus sal kry nie. Wees hier versigtig, jy is vir hulle net 'n ander kos bron. Daar was al daar 'n man opgeeet terwyl hy agter sy voertuig gestort het. Die familie was voor die voertuig om 'n groot vuur besig om te braai. Nie wil wagter wat aangekom het met wapen wat geskiet het terwyl hy aangehardloop kom, het hulle ook nie oor hom of sy wapen gesteur nie. Hulle het hom daar opgeeet - klaar, net 'n voet het oorgebly.
daar is baie om te doen in Zimbabwe, maar hulle geld eenheid het plat geval - dis die Amerikaanse Doller, nadat die Zim Doller plat geval het. Jy bank nou geld US $ en dan kry jy krediet op jou selfoon, wat jy gebruik vir inkopies.
Met kontant is dit dubbel die koste en jy kry nie kleingeld nie...
On The Road Again
Is dit die bekende Victoria watervalle daai op jou 2de foto?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Regoor die park is daar 'n winkel wat visgerei verkoop en ook visvang toere op die Zambesie onderneem. Ons mans het die tiervis vang gedoen en die vrouens het die helikopter toer oor die valle gedoen. Die valle was in volle vloed en asemrowend mooi.
Wou nog die "river rafting" onder die valle doen maar die rivier was te vol.
Hoe werk die betaling dan met die krediet op jou selfoon?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Hierdie besoek is ook op my lys.
Wie het dit al met n "pad" karavaan gedoen en enige aanbevelings?



