Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22965 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Joe Stieger | 451 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 426 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Besoek aan Oos-Londen
Ek beoog om in Februarie 2020 die eerste keer Oos-Londen te besoek. Graag verneem ek welke van die volgende 3 kampe julle sal aanbeveel:
1 Nahoon Munisipale karavaanpark
2 Gonubie Vakansieoord
3 Nature's Rest
Welkom op die Forum...
Yellow Sands Karavaan Park, alhoewel dit nie op jou lys voorkom nie.
Die ander genoemde plekke het al verskillende probleme ondervind.
Waar het jy die inligting van die drie plekke gekry, en waarom is hul gekies ?
On The Road Again
Welkom op die forum.
Was nog net daar in n B&B en dit vir werk.
Sal nog eendag daar met die wa uitkom.
Edge ek sal jou vorentoe kontak as ek vergeet van die plek daar.
Al weer oppad iewers heen.
Hennie, ek was so 4 jaar gelede by Gonubie, maar daar is geen sekuriteit nie. Die "mense" het sommer deur die park geloop sonder dat hulle gekeer word. Trouens toe ons met laagwater in die rivier op stap was daar 3 plakkers hutte langs die park op die rivier se wal. Ek sal ook eerder Yellow Sands aanbeveel.
Baie dankie manne vir jul kommentaar. Ek het maar die plekke op die internet gekry. Ek is bewus van Yellow Sands maar dit is verder weg van Oos-Londen. Volgens kommentaar op Google lyk dit nie of daar juis probleme by Nature's Rest is nie.
Yellow Sand is wel bietjie uit die stad maar by verre die beste. Ek het nog nooit by Gonubie gekamp nie maar elke keer wanneer ons daar inloer (en ek loer gereeld daar in - laaste keer Junie ‘19) lyk dit maar aardig.
Ek mag verkeerd wees maar ek dink ek het al van misdaad probleme gehoor my Natures Rest. Wat my persoonlike pla is die feit dat hulle redelik naby is aan ‘n besige pad en naby ‘n area wat baie besighede het. Die ontvangs dame het ‘n klompie jare gelede vir my oor die foon gesê die strand daar het al misdaad probleme gehad.
Glo my ry maar bietjie verder en gaan na Yellow Sands, jy sal nie spyt wees nie. In my mening seker die top oord in die land. Ander opsie is Palm Springs. Het 2017 laas daar gekamp en was nie te sleg nie.
Suid-Vrystaat groete.
Stefan.
Revelation 22:7
baie dankie Stefan. Ek waardeer jou kommenaar en oorweeg Yellow Sands nou streng.
Gauteng Groete
Hennie
Ons het verlede jaar April vir 3nagte by Gornubie gestaan sonder enige probleme. Daar was bouwerk deur die dag vir nuwe kantoor en swembad maar saans was dit stil.
Dankie Jan
Groete
Hennie
Soos hierbo genoem, is die strand 'n probleem by Natures Rest en Securiteit by alby Gonubie en Nahoon. By albei, moet jy ook die strand deel met ander mense. Dit is nie privaat strande, vir die verskillende oorde nie. Natures Rest is net so ver van die Winkels, as wat Yellow Sands is.
Yellow Sands is Privaat strand en het ook Rivier, indien jy boot wil gebruik. Veiligheid is ook van die beste in die land, en ek het nog nooit gehoor van goed wat daar vermis geraak het. Daar is goeie Spar, Tops en Slaghuis naby Yellow Sands - omtrent 7 km, sowel as plekke om uit-te-eet.
Jou besluit...
On The Road Again
Baie dankie. Ek waardeer jou kommentaar en aanbevelings. Yellow Sands hier kom ons.
Groete
Hennie



