Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22965 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Herman | 451 |
| Joe Stieger | 450 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 426 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Karavaan Onderstel Gesak
Ek het gister my 1997 Sprite Super Sport na ons plaaslike dienssentrum gevat vir ‘n diens. Daar aangekom het ek verduidelik wat ek alles gedoen wou hê en daarna het die werktuigkundige die karavaan so gekyk en gesê hy dink my onderstel (iets met die as te doen) het gesak maar hy sal seker maak en my laat weet. Nou, ek het nog nooit v soiets gehoor nie en vir my lyk die karavaan normaal. Kan ‘n kundige asb vir my verduidelik wat dit beteken en is dit regtig gevaarlik om so te sleep? (Hy beweer so.)
Myne het dit ook gedoen. Weet nie of dit gevaarlik is nie, maar jy kan dit met die blote oog sien hoe naby die wiel aan die wiel arch is van karavaan. Myne was amper teen hom gewees. Dis nie groot storie om reg te maak nie....hulle vervang rubber wat onklaar geraak het.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜

Vriende van ons het so rukkie terug syne laat regmaak waar die as gesak het, maar hulle het nie rubbers vervang nie....hulle het spacers ingesit. Dit het hom net so oor die R2k gekos.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
As ek die insette so lees, klink dit vir my of die as se suspensie oor die 29 jaar net verslap het. Dit kan die stabiliteit van die wa negatief be-invloed.
Boonop loop mens die risiko dat as jy 'n gat tref, of 'n hobbel, dat die wiel die modderskerm kan tref, en dit breek.
Moontlik is die mees korrekte herstel om die as kompleet met sy ingeboude rubbers te vervang. Dalk is dit ook 'n goeie idee om sommer die "spacers" te laat insit.
Die "spacers" gee daai ekstra gemoedsrus dat die wa nie kan deurstamp op deesdae se slegte paaie nie.
Ek dink dit sal verkeerd wees om net spacers in te sit. Die suspensie is daar om die karavaan te beskerm deur skokke van die ongelyk pad te versag. Die rubber as bied reeds ʼn redelik harde rit as dit nuut is en as die rubber dunner raak of verhard, , raak die rit nog harder. Herstel van die as is beslis goedkoper as skade aan die raam onder die vloer en selfs die bakwerk, indien dit enigsins moontlik sou wees. Herstel van die as kan beteken vervanging van slegs die rubbers of dalk van die hele as. Ekonomie sal jou keuse waarskynlik bepaal.
Die feit dat jy nie met die oog die fout kan sien nie, is omdat die agteruitgang maar stadig gebeur. Deur die wa te lig met stutte onder die as wanneer hy nie in gebruik is nie, sal baie help om dit teen te werk maar rubber is maar nie vir altyd nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Myne het dit ook gedoen. Weet nie of dit gevaarlik is nie, maar jy kan dit met die blote oog sien hoe naby die wiel aan die wiel arch is van karavaan. Myne was amper teen hom gewees. Dis nie groot storie om reg te maak nie....hulle vervang rubber wat onklaar geraak het.
Die rubber verouder en disintigreer, raak onklaar. Wat met my 1965 Slipstream gebeur het is dat die bineste vierkant pyp deur gedraai het en dus het die woonwa op die wiele gedruk. Maar dit het na 37 jaar gebeur.
As jou Sprite gesak het moet die as afgehaal word en ingestuur word want om die as uit mekaar en in mekaar te sit het jy n'speciaale groot press nodig. Die bineste vierkantige pyp gly nie net in nie. Ek weet dit kan deur Roadque gereel word. AlKo het dit voorheen gedoen maar hulle is land uit. Hulle het die as vervaardig.
Groete,
Paul
Baie dankie vir al die insette! Ek het nou ‘n baie beter idee v wat dit behels en is ook beter toegerus om te reageer op wat die werktuigkundige gaan sê. Hou maar duimvas!
Dit is waar die as moet nuwe rubbers kry .Alko is nie meer in Suid Afrika ,maar Burquip het oorgevat by hulle en vervaadig presies dieselfde aste as Alko volgens Duitse Tegnologie en hulle herstel ook die ou aste .Gaan net op google hulle kontak nrs is daar beskikbaar .
'n Kampmaat van my het dieselfde probleem gehad met sy Jurgens Palma. Hy het die as laat recon by 'n plek in Centurion (Caravan Clinic).
Nou loop die wa weer klopdisselboom.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
My Penta se as was gebuig. Ek het hom teen n'stomp in Tsendze gebuig. One Stop Caravan Clinic in Pta Noord het hom aff gehaal. Roadque het hom kom haal en na AlKo (in 2017) gevat en hulle het hom reg gemaak. Die Centurion owens sal seeker die selfde doen maar nou net na Burquip toe stuur. Jy het special tools nodig. Jou plaaslike dienssentrum sal seeker die selfde doen.
Dankie Geert vir die die Burquip.
Daai stomp is nog daar.
Groete,
Paul
Jip, daai stomp is nog daar. Dalk moet iemand vir Rodger 'n geskenk gee om dit uit te kap.
Heelwat ouens het al aan daai stomp gehak.
Jip, daai stomp is nog daar. Dalk moet iemand vir Rodger 'n geskenk gee om dit uit te kap.
Heelwat ouens het al aan daai stomp gehak.
Ja Wessel. Ek het n'klagte in 2017 by Sanparke ingedien. Met fotos van my skade en die stomp. Hulle se hulle gaan nie ecologiese veranderings aan bring nie....st@nt man. Die hele kamp is ecologies indring. Ek het ook al aangebied aan Rodger om n'vuur op die stomp te maak maar hy will nie. Dit is n'hardekool stomp. Leadwood Bushwillow. Jy kan nie net kap nie. n'vuur dink ek is die beste.
Laas jaar het ek gesien hoe n'kamper met sy Land Rover Discovery in die stomp vas ry.
Groete,
Paul
Vir die wat will weet. Dit is waar die stomp is.
Groete,
Paul
Ek ken die stomp. Hulle kan sekerlik die pad opvul sodat die stomp bedek is. Dit gaan mos nie die ekologie beskadig nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het nog nie die stomp gesien nie, maar stem saam met Paul (ekologiese verskoning) .....verwyder die stomp wat so baie mense skade rig.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Of plant n'paal daar wat hoog genoeg is dat jy hom maklik kan sien. Hy is reg langs die pad op die binne kant van die draai en die lang grass maak hom onsigbaar.
Hy het my woonwa se as gebuig, die wiel rim gebuig sodat hy aff blaas en die onderste kant op gevromel.
Groete,
Paul
Nog 'm moontlikheid is om die pad effens te verlê sodat die stomp mie meer in die pad is nie. Maar dalk is daar dan weer ander bome wat bedreig word. Selfs 'n versperring om die stomp sal al help, of 'n duidelike waarskuwing beide kante van die stomp, as dit nie reeds daar is nie. Ons was in Tsendle 'n paar maade na dit geopen is en ek dink sederdien het baie mense seker al gekla en verskeie dalk al skade gehad. Dit klink vir my asof SANPARKE verkies om die probleem net te ignoreer.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het gister my 1997 Sprite Super Sport na ons plaaslike dienssentrum gevat vir ‘n diens. Daar aangekom het ek verduidelik wat ek alles gedoen wou hê en daarna het die werktuigkundige die karavaan so gekyk en gesê hy dink my onderstel (iets met die as te doen) het gesak maar hy sal seker maak en my laat weet. Nou, ek het nog nooit v soiets gehoor nie en vir my lyk die karavaan normaal. Kan ‘n kundige asb vir my verduidelik wat dit beteken en is dit regtig gevaarlik om so te sleep? (Hy beweer so.)
Maar om terug te kom op oorspronlike vraag. Maak maar seker van "skade" op jou as. Ek skryf skade in aanhalings tekens, want baie keer is dit nie skade nie....meer onderhouds item. Toe my as gesak het, het ek my karavaan na n welbekende karavaan herstelwerkwinkel geneem in Pretoria. Hulle het ook n groot dramatiese verhaal vertel en n kwotasie gegee van R19300. Ek het toe verwysing gehad van goeie (betroubare) handelaar, maar moes my karavaan Alberton area toe geneem het. Die mense het toe vir my mooi gewys hoe kan jy sien of jou as beskadig is of nie....op die ou einde was alles 100%....net die rubbers wat my toe R1700 gekos het(2002). Net bietjie ekstra navorsing het my R18000 gespaar. 9% van ander een se kwotasie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons gaan einde Aug weer daarheen. Ek gaan weer vir Rodger vra of ons nie n' vuur op die stomp kan maak nie. Ons staan op no. 15....redelik naby aan die pess.
Groete,
Paul
Ek laat my nou oop vir onregverdige kritiek van slimmes op die forum. Sou jy die wa laat sak of lig verander jy die oorspronklike SABS spesifikasies waarop die wa goedgekeur was. Dan vereis die regulasies dat die wa weer geregistreer moet word want die lig of sak is 'n modifikasie. Dit maak nie nou saak nie tot die wa verkoop word en weer deur 'n padwaardigheids inspeksie moet gaan. Die inspekteur behoort die verandering op te tel en dus die sertifikaat terug te hou.

Ek glo nie dit is nodig nie. Daar is baie 4x4 voertuie wat nuwe suspensies laat installeer wat die voertuie hoër maak en hulle word nie geher-registreer nie.
My dogter het 'n Gypsey Lite (Impi) gekoop en die wa se onderstel is 30mm gelig want die klein wa loop redelik laag. Ge nuwe of herregistrasie nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !