English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 775
Total Replies: 269 567
Total Views: 83 853 292
topics: 4 588
replies: 32 170
views: 17 497 685
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 180
replies: 207
views: 17 638

Kampeerplekke in die Langkloof op die R62 tussen Herold en Jeffreys Baai

replies: 22
views: 283
17 Mar, 2022 @ 11:55:52 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Ons gaan volgende week vir die eerste keer met die R62 langs die Langkloof verken van Herold af tot by Jeffreys Baai... Ek kan onthou dat iemand eendag, erens, vertel het hoe lekker hulle op n verlate kamp langs groot ronde rotse erens in die Langkloof kampeer het.

Waar dink jy kan ons gerus kampeer so met die Langloof langs, asseblief?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar, 2022 @ 21:46:00 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Laai die kamp en leef af van caravan park.

Anders kyk op Flip en Tila se web.

Sterkte en geniet.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar, 2022 @ 09:13:31 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Daar is n munisipale karavaanpark op Uniondale. Nog nie daar gestaan nie. Van Riebeeckstraat. Ek sien daar is bome om die perseel en een ablusie-blok. Laat weet hoe jy dit gevind het.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar, 2022 @ 10:43:10 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Daar is n munisipale karavaanpark op Uniondale. Nog nie daar gestaan nie. Van Riebeeckstraat. Ek sien daar is bome om die perseel en een ablusie-blok. Laat weet hoe jy dit gevind het.

Dankie Dansan, dis effens van ons roete af. Maar, ons het n paar jaar gelede daar oornag oppad terug Potch toe en dit was nie te sleg nie. Dit was stil en veilig toe, en die gras is met alle pogings groen gehou en die privaat stort- en toiletgeriewe was toe redelik gebruikersvriendelik.

As ek moet sal ek weer daar oorstaan, meer die res van die dorp is droog, en nie juis baie verruklik nie. Ek het die idee gekry dat die eienaar van die karavaanpark regtig probeer om iets gebruikersvriendeliks aan te bied. 

Ons het wel die heerlikste fies&cheeps by die kafeetjie gekoop... tot ons verbasing...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar, 2022 @ 10:48:18 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Laai die kamp en leef af van caravan park.

Anders kyk op Flip en Tila se web.

Sterkte en geniet.

 

Chuck, ek het nogal onlangs met ons reis tussen Oudtshoorn en die Hexriviervallei aan jou gedink wat die ander dag vertel het hoe droog dit op julle paas was op n keer...

Want die blommeprag van laas November het nou in Maart verdwyn en ons moes, en het, ons verlustig aan die kleurskakerings van die blomlose plantegroei... wat natuurlik ook n mooi van sy eie het.

Dit was duidelik dat mens daardie roete moet ry in die lente en die herfs... want elke seisoen bied n heel ander prag aan...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar, 2022 @ 11:33:58 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4712
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Fanie, ek kan nie jou beskrywing van Uniondale karavaan park versoen met wat ons 'n paar jaar gelede daar gevind het nie.  Jy praat nie dalk van Willowmore s'n nie? Die lyk goed hoewel ons nog nie daar gestaaan het nie. Die park waar ons was,  was uiters power en 'n privaat persoon het dit soort van vir die munisipaliteit "bestuur", eintlik net die geld geneem.   Daar was ook net een ablusieblok en geen privaat geriewe nie. As dit wel Uniondale is, is ek bly, want die dorpie, asook Willowmore, is heel interessant en beide het oulike eetplekkies.  Ons sal beslis so oor twee maande, wanneer ons weer daardeur ry, gaan kyk.

Ek kan nie help met inligting oor kampering in die Langkloof nie.  Soek gerus onder Langkloof Camping en laat weet mettertyd.  Julle is duidelik mense wat die skoonheid en interessantheid van 'n gebied raaksien en ek geniet jou beskrywings.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
18 Mar, 2022 @ 12:04:13 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Daar is n munisipale karavaanpark op Uniondale. Nog nie daar gestaan nie. Van Riebeeckstraat. Ek sien daar is bome om die perseel en een ablusie-blok. Laat weet hoe jy dit gevind het.

Dansan en Fred - ek vra om verskoning... Fred is reg, ek het dit inderdaad verwar met Willowmore se Karavaanpark... dankie Fred.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar, 2022 @ 12:33:07 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Daar is n munisipale karavaanpark op Uniondale. Nog nie daar gestaan nie. Van Riebeeckstraat. Ek sien daar is bome om die perseel en een ablusie-blok. Laat weet hoe jy dit gevind het.

Dankie Dansan - ek sien daar is koeltebome en ons gaan verseker afdraai Uniondale toe en daai koeltebome opsoek...

...en dalk net laai ons daai doedie wat ryloop, ook op...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar, 2022 @ 11:06:36 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Chuck, ek het nogal onlangs met ons reis tussen Oudtshoorn en die Hexriviervallei aan jou gedink wat die ander dag vertel het hoe droog dit op julle paas was op n keer...

Want die blommeprag van laas November het nou in Maart verdwyn en ons moes, en het, ons verlustig aan die kleurskakerings van die blomlose plantegroei... wat natuurlik ook n mooi van sy eie het.

Dit was duidelik dat mens daardie roete moet ry in die lente en die herfs... want elke seisoen bied n heel ander prag aan...

Dankie, ja dit het gereën, maar die damme is nie so vol soos hier in die binne land nie.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar, 2022 @ 11:45:35 am
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1603
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Kouga Wilderness - kyk hulle webblad. 28 km vanaf Joubertina. Ek het in die 80's gereeld daar gewerk tussen die Ferreira's wat begin appelkose droog het - ek het toe vir die destydse Droëvrugteraad gewerk.

Wondermooie wêreld waardeur jy ry. Alhoewel ek nog nie self daar gekamp het nie, lyk die foto's tipies soos wat ek daardie omgewing onthou. Dit is egtet gruispad van Joubertina af tot daar en uiteraard nie geskik vir padwaens nie. Maar as ek reg onthou Fanie, kamp jy net met jou bakkie.

Resensies lyk ook heel goed.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar, 2022 @ 12:47:22 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Kouga Wilderness - kyk hulle webblad. 28 km vanaf Joubertina. Ek het in die 80's gereeld daar gewerk tussen die Ferreira's wat begin appelkose droog het - ek het toe vir die destydse Droëvrugteraad gewerk.

Wondermooie wêreld waardeur jy ry. Alhoewel ek nog nie self daar gekamp het nie, lyk die foto's tipies soos wat ek daardie omgewing onthou. Dit is egtet gruispad van Joubertina af tot daar en uiteraard nie geskik vir padwaens nie. Maar as ek reg onthou Fanie, kamp jy net met jou bakkie.

Resensies lyk ook heel goed.

Dankie Chris, dit lyk baie aanloklik!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar, 2022 @ 13:10:17 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Kouga Wilderness - kyk hulle webblad. 28 km vanaf Joubertina. Ek het in die 80's gereeld daar gewerk tussen die Ferreira's wat begin appelkose droog het - ek het toe vir die destydse Droëvrugteraad gewerk.

Wondermooie wêreld waardeur jy ry. Alhoewel ek nog nie self daar gekamp het nie, lyk die foto's tipies soos wat ek daardie omgewing onthou. Dit is egtet gruispad van Joubertina af tot daar en uiteraard nie geskik vir padwaens nie. Maar as ek reg onthou Fanie, kamp jy net met jou bakkie.

Resensies lyk ook heel goed.

En die erste prys vir die mees verassende en asemrowende kampeerplek op hierdie draad gaan aan?

Chris Boucher!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar, 2022 @ 18:45:44 pm
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1603
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Was jy daar Fanie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar, 2022 @ 08:50:58 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Was jy daar Fanie?

Jy vra of ek daar was?

Ons was daar Chris! Wat n ongelooflike belewenis!

Ons het nie beplan om te gaan nie, alhoewel ons wel die plek vooraf bestudeer het, op jou aanbeveling - maar toe ons die Maandagmiddag by Kleinkraaltjie kom, waar ons op Joubertina sou oornag, was alles toe en die strate stil. Ons sien toe egter onverwags die padteken wat "Kouga Wildernis" aandui, toe ons die dorp binnegaan, en besluit toe later om die grondpad aan te durf, want ons ry ten minste byna elke dag grondpad en dit kan seker nie so erg wees nie... het ons gereken.

Ons maak toe die venstertjies agter mooi dig toe, en ek vat daai 28 kilometers, nogal redelik vinnig aan, want ons Toyota bakkie ry grondpad beter teen n hoer spoed.

En ons ry hom...

Teen 9 kilometers op die klok, toe is ons oe groot geskrik, en ons hare staan regop... en ons besef ons het onsself in n ding begewe... maar ons ry hom...

Later klim ons die pad teeen die berge eenkant af en weer anderkant op, soos n ou Bobbejaan met n knopkierie, maar die Toyota vat hom en hy klou hom en ons asems is weggeslaan deur die belewenis...

Onder in die klowe tussen die bome en langs die waterstrome dink ons dit is seker net hier om die draai... maar dan klim hy weer teen die volgende kop uit tot op die plato en anderkant af...

Hierdie opstel, het nog baie paragrawe, maar ek volstaan vir eers deur te se dat toe ons daar stop, by ons kampplek, was ons lewens onherroeplik verryk en ons in n heel ander wereld... tussen Appelkoosbome en skape wat loop en bler oppad kraal toe laatmiddag... onder reuse Akkerbome langs n waterstroom...

Dankie Chris, jy het ons n enorme guns gedoen deur ons aan die plek bekend te stel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar, 2022 @ 08:59:30 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Was jy daar Fanie?

Ons sou net die een nag daar oorbly, maar besluit toe om twee nagte daar te bly sodat ons ten minste vir al ons moeite beloon kan word. 

Die terugreis die volgende oggend was makliker omdat die groot skrik toe al gaan le het en ons stadiger gery het om die berge en dale meer intens te sien en te beleef. (Ek het ook inderdaad die ou Psalm/Gesang onthou van: "Op berge en in dale...")

Ons was alleen daar en die eienaars was baie gaaf en behulpsaam - veral omdat ons toe geen kos by ons gehad het, vir die tweede dag nie, en hulle aan ons uit die huis, of die winkeltjie, mince en aartappels een uie verkoop het.

Dit gaan maar swaar met Nico, alhoewel hy nog soos n jongman lyk, al is hy al in sy 70's - want die Parkinsons maak hom gedaan. Gelukkig het hy n masjientjie laat inplant en dit help hom nodal baie, vertel Melody(as ek haar naam reg onthou.) Melody is egter nog baie sterk en bedryf daai hele plek met gastehuise en kampterrein dat die stof so trek... ha ha ha 

Ons het altesaam 700 kilos gereis deur die Lankloof en terug met die Tsitsikammapad... en die langste deel daarvan was die 28 kilos in en 28 kilos uit die Kouga Wildernis, uit. Dit voel so. Dit voel asof die grootste deel en langste deel van ons 700 kilos rit daai 28 kilos was. Dit was ongelooflik intens, baie veilig, baie goed instand gehou, baie gebruikersvriendelik vir n "bergklimpad" en baie die moeite werd... as mens dit nou "moeite" moet noem... want eintlik is dit nie moeite nie.

En mens kan inderdaad net daar ingaan met jou voertuig en jou tent of daktent. Ek dink dis n moet vir enige wegbreek kamper... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar, 2022 @ 13:49:53 pm
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1603
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Soos voorheen genoem, het ek in my jongdae redelik gereeld in die Kouga ingery. Die pad loop as't ware 'n sirkelroete en kom weer aan Kareedouw se kant van Joubertina by die teerpad uit. Dit was vir my elke keer 'n belewenis om daar te ry.

So het ek ook in die Baviaanskloof (net so ver as Studtis) en Gamkaskloof (Die Hel) gewerk. En daardie paaie het ek destyds met 'n 1600 Ford Escort aangedurf.

Ek sou wat wou gee om weer 'n keer in die Kouga te kom. Ek onthou met my eerste besoek het ek 'n waterlikkewaan op die laagwaterbrug oor die Kougarivier gekry. Omdat ek nie so-iets geken het nie was ek seker dit was 'n jong krokodil - totdat die Ferreira's my reggehelp het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar, 2022 @ 08:10:39 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Soos voorheen genoem, het ek in my jongdae redelik gereeld in die Kouga ingery. Die pad loop as't ware 'n sirkelroete en kom weer aan Kareedouw se kant van Joubertina by die teerpad uit. Dit was vir my elke keer 'n belewenis om daar te ry.

So het ek ook in die Baviaanskloof (net so ver as Studtis) en Gamkaskloof (Die Hel) gewerk. En daardie paaie het ek destyds met 'n 1600 Ford Escort aangedurf.

Ek sou wat wou gee om weer 'n keer in die Kouga te kom. Ek onthou met my eerste besoek het ek 'n waterlikkewaan op die laagwaterbrug oor die Kougarivier gekry. Omdat ek nie so-iets geken het nie was ek seker dit was 'n jong krokodil - totdat die Ferreira's my reggehelp het.

1600 Ford Escort?!

😳

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar, 2022 @ 11:39:19 am
Chris Boucher
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1603
Joined: 30 Apr, 2015
Experience: 36 years

Daai karretjie het orals gery - Die Hel, Kouga en (die makker deel van) die Baviaanskloof.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar, 2022 @ 13:53:14 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Daai karretjie het orals gery - Die Hel, Kouga en (die makker deel van) die Baviaanskloof.

Ons het juis nou die dag met die ingaan in die Kouga Wildernes is, onverwags op n draai so n blou hatchback karretjie teegekom, en ek het vinnig geraai dat dit n ouerige Mazda tree-to-tree moet wees, met die dame wat vasbeslote klou aan die stuurwiel en ons maar net kon dink"fooooeeeeeiiiitog!"... en toe raai ons maar sy woon seker erens op die pad en hoop toe dat sy nie daagliks so moes inry werk toe nie.

Teen daai tyd was ons reeds erg in skok, en om die blou motortjie teen die los klipperige pad te sien worstel was vir ons een te veel.

So, ek wil my nie eers indink hoe jy en jou gewillige Escortjie daaardie roetes destyds aangedurf het, nie. Jis, jy moes baie toegewyd gewees het aan jou werk!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar, 2022 @ 13:56:54 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Maar, laat ek dan nou hier ampotelik verslag doen oor ons reis verlede week al met die Lankloof langs...

Ons was baie aangenaam verras - ons het verwag dat die Lankloof baie verdroog sou wees, soos dele van die R62 in die rigting vanaf Oudtshoorn, Mondatgu se kant toe. Maar, dit was toe nie so nie - dit was baie groener en die skakerings van blareklere van die fynbos was n lus.

Ons het toe ook inderdaad teen 50kpu voortgekruie en dit baie geniet... dit was mooi... van kampplek tot kampplek...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar, 2022 @ 14:00:52 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Die eerste nag, dit was die Sondagnag van die langnaweek, wat ons so onverhoeds betrap het, het ons in die Louvain kampterrein geslaap. In die bos... met die wolke wat die koue vanoor die berg, see se kant af inrol... maar ons het snaaks genoeg nie so koud gekry nie en die inrollende wolke het later verdwyn.

Ons het gaan stap... en na die hordes skape in die kampe gekyk wat toe net begin lam het... en die perde, wat mak kom groet het teen die draad.

Ons was alleen in die kamp en dit was rustig en stil en lekker.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar, 2022 @ 07:32:40 am
RichardJ
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 804
Joined: 02 Sep, 2015
Experience: 54 years

Dankie vir hierdie verslag Fanie, ek geniet die beskrywings,  klink baie lekker.

Living the dream
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required