Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22965 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Herman | 451 |
| Joe Stieger | 450 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 426 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Exclusive Maintenance Raptor Coatings
Goed hier is 'n nuwe ding wat ek aanpak. Nou verf is regtig nie een van my sterkpunte nie maar as die verf van so aard is dat die afwerking nie spesiaale aandag nodig het nie dan is ek bereid om die taak aan te pak.
Soos julle weet het ek reeds sekere gedeeltes op die Exclusive verander na swart skakering toe. Goed soos die vents van die yskas, water aanvul punte, die deurtjies se raame, vents agter die microwave, geyser side cover en die mose cone.
Toe ek noe sien hoe maklik dit eintlik is om die Raptor coatings aan te wend het ek besluit om die nose cone weer oor te doen en saam met dit die Wheel arches.
Ek sal voor en na fotos plaas. Vir veiligheid om die spuitverf proses eers uit te sort gaan ons die Rock sliders op my broer se Landcruiser eerste doen.
So ja watch this space. Mens kry die Raptor kleure in 15 verskillende kleure, onderandere wit. As die verf proses maklik genoeg gaan kan ek dalk die kante van my wa se wit gedeeltes ook doen. Want daar is 'n paar duike op wat die vorige eienaar veroorsaak het en ek het aanvanklik nie gedink die duikkies gaan my so pla nie.
Het gisteraand die eerste wheel arch afgehaal. 6x selftappers en 2x klein poprivets en hy is af. Ek het regtig gedink daar is meer wat dit vas hou maar ja, hy is af.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon jy kan maklik daai duike uithaal. Daar is n’ kit op die mark of deur dent doctor. Jy plak n’ plastic dingitie met n’ glue gun op die duik en dan versigtig met n’ reverse action hammer trek jy die duik uit. Met meths kom die glue gun gom loss. Google dit.
Groete,
Paul
Van die plastiek om die wiele gepraat. Die goed is maar dun. Ek vul hulle met poliurethane skuim, die soort wat jy in n spuitkannetjie kry. Dit swel uit en is maar aanvanklik rof. As dit droog is,is dit maklik om dit met n skerp mes gelyk te sny. Dit gee n lekker stewige eenheid. Op ons vorige Sprite het ook n strook agter gehad wat seker so 20cm breed en die breedte van die karavaan wat ek ook so gevul het. Ek het op n kol agteruit gestoot en die wa teen n boom vasgestoot, gelukkig net lig. Sonder die skuim sou die plastiek beskadig gewees het. Daar was nie skade nie, net n paar merkies.
Die dentpuller werk redelik goed op motorvoertuie se bakwerk. Dit is nie so perfek as gewone paneelklop nie maar dit verbeter gewoonlik die duik. Ek het dit nog nie op n karavaan gebruik nie, maar ek sal versigtig wees. Op die sagte aluminium plaat kan dit maklik die duikie in n knop omskep.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Leon, daai Raptor coat se atlternatief kan jy koop by plek hier in Centurion, helfte die prys... Infinity Auto Paint... Hulle noem dit Robliner en doen presies dieselle werk. Ek het my bakkie se "Fender Flares" en agter bumper daarmee gedoen maar het 'n trick.
1.) gooi jou hardner in die blik en skud vir 'n goeie 5 min
2.) gooi 200ml thinners by ander blok hy die gun baie vinnig... die blik se nee maar dit werk
3.) staan ver weg as jy spuit van die area af, min 'n meter plus anders maak hy kolle en jy kry nie die "satin finish"
Ek het getoets by my op ander materiaal voor ek begin spuit het en het vrek mooi uitgekom na die toets stuk... 2 liter gebruik en nog oor gehad
Ek het die woonwa se flares en die nosecone ook gedoen daarmee maar die tintable een wat dieselle kleur as die woonwa se grys is
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night

Dis hoe die plastiek tafel lyk na die verf werk, hy was groen... Plak alles toe wat jy nie vol verf wil he nie self die plaveisel... gooi groot drop sheet want dit mors... die splatter gaan oral
Die kolle was te naby vir die gun... vinnig geleer
Ek het een ding vergeet, sit die blik Raptor of Robliner 'n uur of 2 in die Son voor jy hom spuit dat hy goed warm word... dan is hy meer vloeibaar... dis nou voor jy hardner gooi of enige iets anders
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Leon jy kan maklik daai duike uithaal. Daar is n’ kit op die mark of deur dent doctor. Jy plak n’ plastic dingitie met n’ glue gun op die duik en dan versigtig met n’ reverse action hammer trek jy die duik uit. Met meths kom die glue gun gom loss. Google dit.
Hi Paul. Nee ek glo nie die duike gaan uitkom nie. Die aliminium het gerek. So hy gaan of binne toe of buitentoe duik. Ek het die proses al gesien.
Van die plastiek om die wiele gepraat. Die goed is maar dun. Ek vul hulle met poliurethane skuim, die soort wat jy in n spuitkannetjie kry. Dit swel uit en is maar aanvanklik rof. As dit droog is,is dit maklik om dit met n skerp mes gelyk te sny. Dit gee n lekker stewige eenheid. Op ons vorige Sprite het ook n strook agter gehad wat seker so 20cm breed en die breedte van die karavaan wat ek ook so gevul het. Ek het op n kol agteruit gestoot en die wa teen n boom vasgestoot, gelukkig net lig. Sonder die skuim sou die plastiek beskadig gewees het. Daar was nie skade nie, net n paar merkies.
Die dentpuller werk redelik goed op motorvoertuie se bakwerk. Dit is nie so perfek as gewone paneelklop nie maar dit verbeter gewoonlik die duik. Ek het dit nog nie op n karavaan gebruik nie, maar ek sal versigtig wees. Op die sagte aluminium plaat kan dit maklik die duikie in n knop omskep.
Dankie vir die tip. Ek sal kyk daarna om die holtes te vul alhoewel die wheelarches het lekker stewig gesit met net die paar selftappers en twee poprivets elk.

Dis hoe die plastiek tafel lyk na die verf werk, hy was groen... Plak alles toe wat jy nie vol verf wil he nie self die plaveisel... gooi groot drop sheet want dit mors... die splatter gaan oral
Die kolle was te naby vir die gun... vinnig geleer
Ek het een ding vergeet, sit die blik Raptor of Robliner 'n uur of 2 in die Son voor jy hom spuit dat hy goed warm word... dan is hy meer vloeibaar... dis nou voor jy hardner gooi of enige iets anders
Theo ek dink die raaD is van onskatbare waarde. Ek het reeds 'n ander tipe spray gun gekry waarmee jy die hoeveelheid by die nozzle kan verstel. Die tip om die verf eers in die son te plaas dink ek is baie waardevol. Ek beplan om dit eers op 'n ander oppervlak te toets. Die gebruiks aanwysings met die beter spraygun is baie maklik. Die verstellings is eenvoudig maar die toets op 'n ander oppervlak sal steeds nodig wees.
Tans is al die panele van die wa afgehaal. Ek begin vanaand te skuur om net die glade oppervlaktes effe grof te kry dat die Raptor verf goed plek het om te klou.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon ek moet se ek het nog nie gesien of dit op aluminium werk nie. Jy is seeker reg dat die sagte aluminium gerek het. Op my Fiesta het dit perfek gewerk. Dit is waar ek dit gesien het.
Groete,
Paul
Jy kry adhesion promoter van Raptor 450ml aerosol... meet daai plak raptor op enige ding
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Leon ek moet se ek het nog nie gesien of dit op aluminium werk nie. Jy is seeker reg dat die sagte aluminium gerek het. Op my Fiesta het dit perfek gewerk. Dit is waar ek dit gesien het.
Voertuie se bakwerke is van verskillende tipes staal aanmekaargesit sodat sommige panele makliker kan meegee om die skok op die passasiers te verminder in geval van ʼn botsing. Dit geld vir die voorste bakwerkpanele..Raamwerkdele is baie hard om die kajuit intak te hou. Op n BMW waaraan ek gewerk het was die agterste deel bokant die wiel so hard dat ek moeilik n gaatjie kon boor vir ʼn poprivet. Die dentpuller kan duike aan hierdie panele nie eintlik uit trek nie. Aan die sagter panele werk dit goed. Dit werk ook nie goed op skerpgeboë dele nie .Ek dink die sagte panele van ʼn karavaan gaan nie werk nie. Die puller gaan net meer skade veroorsaak.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Hoe kry mens dan daai duike op die woonwa se aluminium uit?
Net nadat ek my woonwa gekoop het het ek hom langs die kant gestamp. n'groot duik en skeur. Die heele paneel is toe met n' velling gedek. Soos n'pleister.
Groete,
Paul
Soos iemand tereg hierbo gesê het, rek die plaat heel moontlik op die plek waar dit geduik is. Dit kan dus nie maklik teruggetrek word na sy oorspronklike vorm nie. Moontlik kan ʼn paneelklopper dit suksesvol kan doen deur die duik op te vul maar soos dit maar is, gaan dit duur wees. Dit is as dit ʼn gladde en nie ʼn gebosseerde plaat is nie.Dalk is dit van die soort skades waarmee ʼn mens maar verlief moet neem en daarmee saamleef. As dit n klein duikie is, raak dit tog nie die integriteit van die wa nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Jy kry adhesion promoter van Raptor 450ml aerosol... meet daai plak raptor op enige ding
Jip het hom ook. Gaan seker maak die goed sit vas. My broer het dit al op ander plekke op sy Landcruiser gebruik so dis net die tekstuur wat ons moet uit sort dan behoort hy te loop.
Fred die klein duikies is okay maar hulle is op so onooglike plekke gelee. Die verf is redelik duur en ek gaan eers kyk hoe vêr kom ek met die huidige 4 liter pak van swart. Dit sal 'n aanduiding gee of ek die wit sal doen of nie.
Die stickers op ons wa is ook redelik oud en lelik as ek dit aftrek gaan daar merke sit. Stickers is dalk goed koper as die verf om te vervang, as mens dit in die hande kan kry.
Pragtige Jurgens is mos tot niet. So ja sal maar sien.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek sukkel vreeslik om die fotos afgelaai te kry dat ek dit hier kan plaas.
Die wheel arches het regtig mooi uitgekom.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Hier is 'n paar fotos.
Tekstuur van die raptor coating kan mens mee speel. Ek het dit redelik fyn gemaak.

So lyk die Nose cone nou.

Die Geyser se plaat

En hoe dit op die wa lyk.

Ek is baie gelukkig oor die resultaat.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Wow dit lyk mooi. Like hammer finish.
Groete,
Paul
Maar gaan dit nie die fuil vang nie?
Is glad/mirror dan nie maar beter nie?
Groete,
Paul
Vang Niks... my bakkie se fender flares en agter bumper geverf daarmee... spuit sommer skoon met pressure washer.
Sticks like shit
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Nice job Leon. Vans looking 'spikerish'!
Living the dream
Alles kry maar stof op net soos die oorspronklike afwerking. Met die vorige swart verf op die nose cone het mens die stof net vinniger gesien as ek bv stofpad gery het.
Soos Theo sê, spuit hom net af. Klippies maak nie merke nie en sou daar een wees is die touch-up so maklik mens het nie 'n afwerking probleem om oor te worry nie.
My gut feeling is omrede die afwerking eintlik sy eie tekstuur het, kan mens die duike op die kant van die wa met fibrespan afrond om dit netjies gelyk te maak en dan die wa se kante met Wit Raptor oor te spuit.
Die grootste werk is die maskeering en toeplak en beheer oor die overspray. Want dis soos Theo gesê het alles raak taai as jy nie beheer oor dit vat nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dit lyk nou spoggerig.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Die Canopy op my Tipper se kant gulwing klappe aan die kant en agter is veselglas maar met 'n swart matblack afwerking. As jy daaraan vat het die veterige vinger en hande merke gesit.
Die naweek wat verby is het ek dit ook met die Raptor swart verf bygekom.
Nou lyk daai Tipper darem Spiekeries.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !