Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22965 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Joe Stieger | 451 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 426 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Die regte pad wildtuin toe?
Ek weet hierdie word gereeld bespreek en ek het selfs raad gevra net voor ons wag is einde Maart.
Ons het met die N4 gery vanaf Pretoria tot by Malelane-hek, vandaar op tot by Satara. Ons het 4.30 weggetrek en was seker so 13.30 by Satara. 9 ure met een stop by Milly's en 50 km/h in die wildtuin ingesluit, ’n paar stoppe waar ons gekyk het na olifante, ’n paar ander mooi sightings en ’n paar trapsuutjies in die pad.
Die pad (N4) is mooi met padwerke in Skoemans kloof, ons het darm die Stop/Go gemis oor min verkeer die dag. Ek dink die ander kant om is seker beter op die stadium. Hulle werk darm hard aan die pad daar en sal n fees wees as hy klaar is. By Malelaan is daar ook nog padwerke maar dit het nie tw sleg gegaan nie. Julie is dalk n ander storie wie weet. Ek hoop oor n jaar is die als gefix.
Oopad terug is ons by Orpenhek uit. Ons wou eers Pietersburg omgaan, maar het gedink die Moria-bymekaarkom sou dalk chaos bring. Ek het gelees Orighstad Dullstroom is n baie goeie pad deesdae met baie slegte slaggate slegs in Lydenburg. So kies ons toe fie pad reguit af deur Busbuck ridge. Groot fout, moet asseblief nooit daai pad vat nie. plek plek baie sleg en duer die informele townships, en formele was n nagmerrie. Mense en diere is oral op en in die pad en me die karavaan op daai pad kan jy omtern 90% van die tyd net 60 tot dalk 80 km/h ry. dit het ons 9 ure gevat tot by Middelburg en toe is ons eers op die N4. Dit sou vinniger en makliker en minder stressvol gewees het as ons net weer terug Mallelaan toe gery het en dan terug Pretoria.
Kan iemand dalk terugvoer gee oor die roete - Pietersburg , Haernetsburg, Gravelotte, Mica, Hoedspruit, Orpen?
Ek het die pad in 2024 gery en was daar geen potholes of padwerke nie. dit was n 7 ure rit met n kort stop. In 2023 het ek deur Orighstad gery, die pad by Belfast was onrybaar, vreeslik erg maar daarna selfs deur lydenburg ongelooflikdit was n 5 ure trip. Moet by sê dit was toe ek nog met my ventertjie gekamp het, so het darem bietjie vinniger kon ry.
Laat weet assblief as iemand onglans hiedie ander paaie probeer het.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Elkeen het seker maar sy gunsteling hek en roete wat hul volg wildtuin toe. Ons het een keer oor Pietersburg Tzaneen gery, omdat ons Letaba toe was, maar pad het vreeslik lank gevoel vir my. Hele klomp jare het ons ook van Satara deur Bosbokrand gery....klomp spoedhobbels en nog n boete gekry, was nie lekker pad vir ons nie. Omdat ons die laaste klomp jare nie verder noord as Satara kampeer nie, gebruik ons net Malelane(het een maal Krokodilbrug gebruik)
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Elkeen het seker maar sy gunsteling hek en roete wat hul volg wildtuin toe. Ons het een keer oor Pietersburg Tzaneen gery, omdat ons Letaba toe was, maar pad het vreeslik lank gevoel vir my. Hele klomp jare het ons ook van Satara deur Bosbokrand gery....klomp spoedhobbels en nog n boete gekry, was nie lekker pad vir ons nie. Omdat ons die laaste klomp jare nie verder noord as Satara kampeer nie, gebruik ons net Malelane(het een maal Krokodilbrug gebruik)
....maar sien uit na N4 as dit klaar is by Schoemanskloof en kloof tussen Nelspruit en Malelane, dit behoort dan n fees wees om te ry, maar dink dit gaan nog n rukkie wees....daar is baie grondverskuiwing wat gedoen moet word
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Die pad tussen Gravelotte en Mica is onrybaar, veral met n karavaan .Daar is n groot stuk wat weggespoel het ,jy moet langs die pad ry, bly weg van daai pad met n karavaan .Die Dullstroom Leydenburg pad, ook nie geskik vir n karavaan baie sleg .
Sjoe, die Gravelotte- Mica pad is slegte nuus. Ek het dit etlike jare gelede gesleep, en was toe in goeie toestand.
Ek vermy ook die Witrivier- Numbi hek pad, bloot omdat onveilig blyk te wees.
Ek verkies om die N4 te gebruik, vir Malelane en Krokodilbrug hekke. Dan ook Phalaborwa hek om na Tsendze, Satara kampe te gaan.
Ek bespreek maar my kampe so dat my eerste/laaste slaap in die wildtuin naby 'n hek is. As ons van Tsendze of Shingwedzi vertrek, boek ek in vir oorslaap by Phalaborwa Safari Park, om pad volgende dag Brits toe, korter te maak.
Wie het onlangs met die R40 van Witrivier na Hazyview gesleep om by Phabeni of Kruger-hek in te gaan?? Vriende sê die pad is goed, maar hulle het nie 'n woonwa gesleep nie.
Julle gee my nou iets om oor te dink. Gewoonlik is my gunsteling hekke Malelane of Krok Brug aan die Suide en Palaborwa aan die weste. Beplan gewoonlik om daardie hekke te gebruik. Maar Augustusmaand is ons eerste staanplek by Maroela. Hou daarvan om so vroeg moontlik in die oggend by die kamp aan te kom ten einde ‘n lekker staanplek te kry. My huidige plan is om die vorige aand by Busa House in Witrivier (baie aangenaam) te oornag en dan vroeg volgende oggend deur Bosbokrand deur na Orpen hek te ry. Hou gladnie van Bosbokrand nie maar het dit al verskye kere sonder probleem gery - daar is altyd ‘n eerste keer.
Die alternatief is om by Malelane in te gaan maar dan is dit ‘n lang pad Maroela toe. Die enigste hek wat vir my ‘n definitiewe NEE is is Numbi. Daar ry ek nie.
Never too old to have a happy childhood
"Kan iemand dalk terugvoer gee oor die roete - Pietersburg , Haernetsburg, Gravelotte, Mica, Hoedspruit, Orpen?"
Ons het laas jaar die pad terug gery. Geen probleeme nie. Jy hoef nie deur Hoedspruit te ry nie. Vat die R531. Die Lydenburg, Dulstroom pad het ons aan die einde van laas jaar gery. Frot tussen Lydenburg en Dulstroom. Bushbuck Ridge is n' nagmerie.
Groete,
Paul
Vir ons is die maklikste pad van Satara af na Berg en Dal of Crocodil Brug vir oornag dan uit op die N4...Maar ons het baia tyd.
Groete,
Paul
Ek sê weer vind ,maar elders ook uit daai pad tussen Gravelotte en Mica gladnie rybaar met n karavaan .Dit was n baie mooi pad ,julle is reg, maar hy is ongelooflik sleg, grondpad ,as jy jabsoluut niks voel vir jou karavaan ry hom .Daai vloed het daar erge skade gemaak .Ons moet net onthou wat verlede jaar mooi was ,is nou nie meer so na daai vloed .
Die beste pad is nou, jy ry Pietersburg ,,Magoebaskloof ,Tzaneen ,dan in Tzaneen neem jy die Leydenburg pad, die pad gaan dan deur The Oaks, dan sluit jy weer by die pad aan wat van die Abel Eurasmus pas se kant kom.Daar draai jy links, en gaan dan oor die Blyderivier tot by die slangpark daar draai jy regs, dan is jy op die pad wat jy dan Orpen hek kan bereik .Dit is huidig die beste pad
Frans, ek het verneem dat Busa house nie meer so lekker is as toe dit Ben Mari was nie.
Dalk moet jy oorweeg om die volgende te doen;
1] Ry Witrivier, Hazyview, Graskop, met R532 na Orighstad en dan klaserie. Gaan slaap sommer 1ste aand in Swadini forever oord.
2] Ry van Nelspruit met R537 na Sabie, dan na Graskop, dan R532 verby Van Reenen forever om bokant Orighstad op die Hoedspruit pad te kom.
Wie het onlangs daar gesleep??
Ekskuus die naam vir die Forever resort is nie meer Van Reenen nie, maar Blyde canyon op die R532. Lieflike uitsig oor Blyde canyon en die 3 rondawels..
Ons moet net onthou wat verlede jaar mooi was ,is nou nie meer so na daai vloed .
Ongetwyfeld!
Groete,
Paul
Dankie Wessel. Sal bietjie kyk. Ons was so 18 maande terug by Busa. Niks waffers nie maar goed genoeg om te oornag. Maar sal alternative oorweeg.
Never too old to have a happy childhood
Ek het nou met iemand gepraat wat die pad tussen Witrivier en Hazyview gister gery het .Hy sê daai pad is mooi ,so dan kan jy Nelspruit,Witrivier ,Hazyview dan Phabeni Hek ingaan .
Jy kan by Numbi Hotel in Hazeview ook gaan oorslaap .Hulle het klomp staanplekke vir karavane veilig .Ek ken mense wat in die winter vir 3 maande daar staan .Gerieflik om in en uit tery Kruger toe .
Ek het gelees op facebook dat jy met karavaan Phabeni hek moet vermy....blykbaar nie geskik vir karavaan na vloede nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Geert jy is reg ,ek het vir Patric daar gebel ek ken hom .Hy het ook bevestig dat Phabeni nie reg is vir Karavane .Hy sê ons moet verby gaan Kruger hek ingaan .
Geert jy is reg ,ek het vir Patric daar gebel ek ken hom .Hy het ook bevestig dat Phabeni nie reg is vir Karavane .Hy sê ons moet verby gaan Kruger hek ingaan .
My broer se seun was laas week by Satara en wou daar uitgaan....klink of ophou daar by S65 afrit is.
So gepraat van die S65....hy is seker nou al meer as 2 jaar toe. Wonder of hulle hom ooit weer gaan oopmaak. Ons het hom nogals geniet.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Middag... Nou met 'n Vriend van my gepraat wat baie Phalaborwa toe ry... elke 2 weke en sy roete is en vat die van sy Whatsapp af... ek kamp nooit in die Wille Tuin so ek weet nie of dit sal help... Ek het 1o jaar op Hoedspruit self gebly en was nooit in die Wille Tuin... sommer in my erf gekyk
N1 Pietersburg, dan R71 deur Magoebaskloof, Tzaneen, Gravelotte dan Phalagat. Pad baie mooi. Geen slaggat
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Dit is vir my nuus ek het nooit geweet daar is n pad vanaf Gravelotte reguit Phalaborwa toe .Al pad wat ek ken is Gravelotte ,Mica en daar voor Mica by die T aansluiting draai jy links Phalaborwa en regs Hoedspruit .Ek sien ook nie op my GPS n pad vanaf Gravelotte direk na Phalaborwa .Die probleem is reeds met daai pad wat ek van weet tussen tussen Gravelotte en Mica daai pad is nie geskik vir n karavaan daarvan is ek 100% seker ,maar dit is elkeen se keuse .



