Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22965 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Joe Stieger | 451 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 426 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Cape Vidal
Sorry oor die een ek soek inligting by iemand wat onlangs hier gekamp het. dankie
Hi Erich, het in Junie daar gestaan vir 'n week. Die dag toe ons arriveer was daar 'n pa en dogter naweek aan. Die badkamers was redelik skoon, maar ek moet vir jou se, as die klompie van die see af kom was dit sand oral. Die arme skoonmakers kon net nie voorbly nie en van die kinders het regtig uit hulle pad gegaan om die plek 'n varkhok te los. Nadat hulle almal vertrek het die Sondag, was daar slegs 'n paar staanplekke beset - die badkamers was baie mooi skoon al die tyd en daar was altyd genoeg warm water, toiletpapier, ens. Die ablusiegeriewe is oud en kort opgradering, maar is heeltemal funksioneel. Die werkers en personeel by die hek was te alle tye baie vriendelik en behulpsaam en ek moet vir jou se die bestuurder is regtig 'n gawe ou, hy het onlangs oorgeneem daar. Hy het daagliks oral omgery en gehoor of daar enige probleme is en of almal happy is. Die braaiers is gereeld skoongemaak en die vuilgoed is daagliks weggery. Die enigste probleem wat ons gehad het, was die verd.... ape - hulle het omtrent ons lewe versuur. Hulle vat absoluut oor daar. Sal sommer langs jou iets van die tafel af gryp. Wees asb. voorbereid vir hulle en moet niks laat rondle wat eetbaar is nie, sluit toe, hulle skeur die tente oop om by kos uit te kom. Het eendag per ongeluk die tent net op 'n skrefie oopgelos en toe is die lot in my medisynekas in - jy sal heelwaarskynlik nog 'n paar daar raakloop wat sukkel met hulle mae na die strooptog. Wonderlike plek - geniet!!!
Dankie vir jou terugvoer oor Vidal ek weet van die ape het al tweekeer daar gekamp.Ja is dit nie snaaks hoe mense veral kinders 'n ablusie kan bemors .Hulle sal nie by die huis strepe teen die mure smeer toiletpapier teen die plafon gooi,papiere en stompies in die toilet of urinaal gooi,stompies op die vloer doodtrap,ens.Hoekom dit by 'n publieke plek doen,dink dit gaan maar oor opvoeding.Vidal is 'n wonderlike plek sal probeer om te boek.
Michelle hoe lyk die pad soentoe
Willem,ons het Pongola omgery - padwerke tussen Piet Retief en Pongola, maar van daar af - teerpad al die pad. Dit is 'n natuurreservaat soos jy seker weet, omtrent baie diere gesien, renosters het in die pad geloop, moes 'n rukkie wag sodat hulle kon padgee - sal defnitief weer gaan, maar nie Junie nie, net te koud vir swem en snorkel!



