Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22740 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18330 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6615 |
| BrianB | 5838 |
Uranus Member | 2600 + |
| mulderpm | 3435 |
Saturn Member | 2000 + |
| Kanneman | 2169 |
| Chris Boucher | 2085 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1903 |
| Nico | 1809 |
| Hennie Botha | 1716 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1607 |
| Butts | 1511 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1405 |
| RichardJ | 1376 |
| Louvan | 1317 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 908 |
| Michelin Man | 829 |
| Fanie | 820 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 671 |
| Benkie | 605 |
| 1Pierre2 | 551 |
| Willie54 | 512 |
Platinum Member | 250 + |
| Herman | 419 |
| LEEN | 416 |
| Oumens | 399 |
| survivalist | 360 |
| RD | 349 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 277 |
| Pontius | 273 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 252 |
Gold Member | 100 + |
| Hennie1968 | 247 |
| Trev1 | 225 |
| Chris Steffen | 206 |
| Joos Pretorius | 204 |
| Grompie | 201 |
| BigG | 192 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Ad Rem | 174 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 121 |
| Lewies | 116 |
| Theuns | 112 |
April skool vakansie ervaring ... Deel 1
Dagse aan almal. Ek was nou doodstil die laaste week of so. Ons het padgevat Satara toe. Nou daar is n klomp goed om te se, soos ons ou bekende akteur altyd gese het, "Ek het iets op die hart" Sy naam ontgaan my nou, maar ek sien sy gesig in my geestes oog. Ek het baie om oor te gesels, maar ek het gedink om die nou so oor n paar weke te doen. Vir die eerste keer verstaan ek my Afrikaanse onderwyserres se opdrag van n opstel mag nie meer as 300 woorde wees nie...
So trek ons weg, Saterdag 28 Mei, op ons vakansie wat ek nou al n jaar voor uitsien. Man ek het als haarfyn beplan en die laaste week, dag vir dag op die yskas "af-getiek". Groot les geleer, as jy iets by jou kamp toerusting bysit of vervang, toets die donerse goed... Maar meer hieroor later.
Ons het lank getop oor die roete, en wel ook op die forum raad van julle ontvang, uiteindelik besluit om N4 te vat soos voorgestel was op die forum. Ons het wel tog die Schoemanskloof gevat omrede ons vroeg hier in Pretoria weggeterk het en die verkeer was baie stil. Die roete het baie goed gegaan en met die padwerke was ons gelukkig nooit deel van 'n "Start-Stop" nie. ( Dalk moet ek LOTTO speel 🥳) By Malelane het dit klopdisselboom gegaan en was vinnig in die wildtuin.
Ons het so 13.30 by Satara aangekom en my stief seun wat alreeds daar was het vir ons n staanplek by hulle gehou, so "stand" soek was nie nodig nie. Satara was ongelooflik verwaardeloos en sal ook meer hieroor uitbrei later. Ons moes in 34 grade kamp opslaan, goeie nuus is ek het seker 4 kg verloor, en die koue bier daarna was soos heuning.
Tydens opslaan het ek ons nuwe Cadac-stoof uitgehaal met ons nuwe gasbottel. Nou hier moet ek bieg, ek was onnosel, ek het wel by die huis die koppeling wat saam met die stoof kom ge-instaleer, maar net weer weggestit vir as ons gaan kamp. Glad nie eers gesien dat die koppeling (bullnose) nie op die 7kg bottel pas nie. 😡! Dit is nie net 'n geval van nie-toets nie; dit is 'n geval van plein blerrie stupiditeit. Gelukkig het ek my vorige klein een-plaat-stofie saamgerits en dit het baie handig ingekom. Ek is bly ek het nooit toe die induction plaat gekoop nie, ek hou nogal van die gas stofies, en sien uit om my nuwe stoof dan nou in Julie uit te toets. (Ek het gister my bullnose adapter gaan koop 😂)
Laatste opmerking vir deel een. Ons Hyundai Santa Fe het heerlik gesleep. Ongelooflike krag. Ek was heeltyd op outomatiese spoed beheer en met geen huiwering het ons 100 km/h lag die snelweg aangedurf. My brandtaf verbruik was 12.9 km/l, so ek is heel beïndruk. Die wa agter het stroop glad agterna gehardloop sonder enige klagtes.
N lysie van al ons nuwe dinge wat deur die jaar gekoop was en nou in April die eerste keer gebruik het was:
- Hyhundai Sante Fe - Droom van n rit met die wa agter
- 3x bande vir die Raven - Het maar weer die dunlops gevat hulle was piekfyn op die pad
- 3x rims - dit was net vir my OCD geid
- TPMS vir 6 bande - die motor en Raven
- Nuwe dikker en 3 core elektriese koord - ek was hierdie slag gladnie "gesjok" nie
- Cadac gas stoof met nuwe gasbottel - epic fail!!! (bullnose is nou wel aangekoop en klaar ingekroef)
- Tentco braai broodtjie rooster - absolute gemors!!! hou maar by die tradisionele een.
- Grondseil - baie lekker, dit is slegs die enkel laag, maar hy is lekker groot en weeg amper niks, by skou gekoop hierdie jaar.
- 2x Bison koffiekoppies - Koffie lekker warm gehou - ook 'n skou aankoop.
Nou ja , dalk my 300 woorde oorskry vandag. My volgende insae sal wees, die verwaardelose kamp terein Satara wat laas jaar kamp van die jaar gewen het, nie dat dit toe juis all wereld klas was nie, maar nie te min, volgens hulle standaarde was die kamp n wenner in 2025. Ek weet ook hulle het die vloede gehad maar ek glo nie die vloede was wel die oorsaak van n ongeorginaseerde groep mense wat almal, kampers en die in chalet mense, baie boos gehad het. Maar meer hier oor volgend keer.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Dries, ek brand om te hoor van Satara. Ons is daar volgende maand, en volgens Sanparke is plek propvol geboek.
Dries, ek neem aan dit was 28 Maart. Ek lees lekker verder.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Dankie vir die terugvoer. Ek lees op ‘n ander forum dat heelwat mense kla oor die personeel en fasaliteite se toestand by Satara. Ons is Junie maand daar.
Satara se kampeering krag en water het groot skade gekry met die floede in Januarie. Alles is herstel maar die werk is nie afgehandel nie. Daar was tydelike krag kabels bo op die grond ingetrek en water pype is herstel maar nie weer toe gegooi nie. Die een ablusie blok word oor gebou/renoveer en die ander/naaste een se storte en geysers werk af en toe.
Dit was so toe ons vir Februarie daar gekamp het. Miskien het dinge nou verbeeter?
Ek hou nie daarvan as daar bou werk in n' kamp aan gaan terwyl ek daar kamp nie. Maar ek verkies goed in stand gehoude fasielityte. Ek het vir n' jaar Skukuza vermy terwyl die herstel/renoveer werk daar gedoen is. Die garaas is verkriklik steurend. Dit gaan nou soortgelyk in Satara.
Groete,
Paul
Satara se kampeering krag en water het groot skade gekry met die floede in Januarie. Alles is herstel maar die werk is nie afgehandel nie. Daar was tydelike krag kabels bo op die grond ingetrek en water pype is herstel maar nie weer toe gegooi nie. Die een ablusie blok word oor gebou/renoveer en die ander/naaste een se storte en geysers werk af en toe.
Dit was so toe ons vir Februarie daar gekamp het. Miskien het dinge nou verbeeter?
Ek hou nie daarvan as daar bou werk in n' kamp aan gaan terwyl ek daar kamp nie. Maar ek verkies goed in stand gehoude fasielityte. Ek het vir n' jaar Skukuza vermy terwyl die herstel/renoveer werk daar gedoen is. Die garaas is verkriklik steurend. Dit gaan nou soortgelyk in Satara.
My broer se seun het Maandag daar ingeboek. Ek hou van die badkamers se dakke....lyk mooi
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
My broer se seun het Maandag daar ingeboek. Ek hou van die badkamers se dakke....lyk mooi
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ja dit is die nuwe manier hoe SANPark die grass dakke oor doen. Dit is n' dun laag grass en dan bo op iets soos Harvey tiles. Minder in stand houding en minder brand gevaar en seeker ook laer versekering premies.
Die kontrakteur is "Middleman" en hulle werk vinnig. Werk 6am to 6pm en 7dae a week. Sondag raas hulle die hardste.
Groete,
Paul
Ja dit is die nuwe manier hoe SANPark die grass dakke oor doen. Dit is n' dun laag grass en dan bo op iets soos Harvey tiles. Minder in stand houding en minder brand gevaar en seeker ook laer versekering premies.
Die kontrakteur is "Middleman" en hulle werk vinnig. Werk 6am to 6pm en 7dae a week. Sondag raas hulle die hardste.
Wat het hul by swembad area gedoen? Dit was ook onlangs toe met konstruksie nette
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek is nie seeker nie want ons gaan nooit daarheen nie. Ek dink hy is oor ge-marbalite.
In Shingwedzi het ek my less geleer om nie in die publieke swembad te swem nie. Ek het n' oor en oog infeksie gekry en my vrou het n' blaas infeksie gekry. Antibiotiese pille en drupples.
Groete,
Paul
Kiddies splash pool is all we need.
Groete,
Paul
Deel 2…
Hennie, jammer man – ek voel nou so onhandig soos ’n Satara-personeellid dat ek nou die datum verkeerd het! Jy is heeltemal reg: dit was 28 Maart toe ons in die “beloofde land” ingevaar het.
Vandag gaan ek maar my hart uitpraat oor die kamp…
Voor ons reis op die internet, en ook op dag een in Satara, het ek met ’n paar personeellede gesels – twee dames by ontvangs, ’n kassier in die winkel, twee tuiniers en die dame by die petrolstasie. Almal het bevestig (soos ek ook tydens die vloede gelees het) dat daar wel waterskade by die personeelkwartiere was, maar nie regtig in die kampterrein of die chalets self nie. Ek het wel destyds gelees van kragskade in die kamp.
So Paul, as daar wel waterskade was as gevolg van die vloede, kan ek dalk so 3% simpatie hê… maar die swak kommunikasie en blatante leuens van ontvangs en die assistentbestuurder het my regtig teleurgestel.
Wessel, net sommer vooraf: 99% van die probleme is intussen uitgesorteer. Julle behoort nie probleme te hê nie – ek wil net keer dat jy nou kanselleer omdat ek hier vir dae lank op julle skouers huil! 👍
Nou ja – dag 1, 28 Maart. My stiefseun kies ’n staanplek aan die suidekant: eerste pad links as jy inkom, tweede plek aan die regterkant. Ons verkies maar die noordekant, naby daardie draai waar daar altyd ’n bietjie water lê (nie die modder self nie, maar daardie area). Natuurlik bly die draad aan die noordekant my eerste keuse – maar soos altyd is dit ’n lotto spel; jy moet maar geluk hê. Die staan plekke daar niby die "modder" was oop, die terrein was seker net 30% vol. Die probleem was, die meeste staanplekke se gras (wilde bosgras) was heuphoog – niemand kon daar kamp nie. So dis die rede dat ons toe nou aan die anderkant beland het. Maar dit was nie noodwendig n slegte plekkie nie, net die ablusies is kleiner. Ek dink dit was dalk die eerste in Satara.
Ek gaan toe gou badkamer toe om my hande te was… daar drup so ’n klein stroompie water uit die kraan. Toilet-inspeksie: een toilet verstop, die ander werk nog darem.
Ons ry gou rond, maar stop eers by ontvangs om die toilet te rapporteer. Op pad terug maak ek my voertuig vol diesel en vra die petroljoggie oor die waterskade, want die swembad is afgekordon met ’n seil en die gras daar rondom is seker ses voet hoog – letterlik! Sy sê toe daar is geen skade in die kamp nie; hulle is net besig met opknappings by die swembad.
Terug by die kamp: die toilet is nou “uitgesorteer”… maar die water is af. Nie ’n druppel nie.
Teen 18:00 stap ek weer ontvangs toe. Teen daardie tyd is albei toilette totaal vol – en nog steeds geen water nie. Geen dromme, geen asblikke, niks om die situasie te help nie. Hulle sê toe die water sal binne twee ure herstel wees en dat waterkanne nie nodig is nie.
Die volgende oggend: ’n klein stroompie water in die wasbakke. Jy kon basies net jouself natkry in ’n koue stort, seep aansmeer en halfpad afspoel. Die toilette loop oor…
En toe die ergste: drie manne het in die een hokkie langs die toilet hul ding op verskeie plekke gedoen. Dit het gelyk of iemand daaroor geloop het en dit oor die vloer en mure gesmeer het. Dit was absoluut VIESLIK – vuil en ondraaglik stink!
My derde draai ontvangs toe: geen verskoning nie. Hulle sê daar is niks fout met die water nie – alles is herstel… dit terwyl omtrent vyf ander mense (insluitend chaletbewoners) ook daar staan en kla.
Ek loop toe na die waterpyp wat glo herstel is, langs die restaurant. Daar is ’n personeellid wat vir my sê hulle moes die lyn herlei oor boomwortels en ’n lek – niks met vloede te doen nie. As jy na die pype kyk, sien jy hulle loop in ’n “W”-vorm om die bome.
Maar hier’s die ding: dit is 07:30… geen werker of loodgieter in sig nie. En die pype is netjies gelê, maar glad nie gekoppel nie! Die hoof pyp is halfpad probeer toemaak, maar water stroom nog daaruit.
Terug by ontvangs sê ek vir hulle die pype is nie eens gekoppel nie. “Nee,” sê sy, “dit is lankal reg – hulle werk nou agter die restaurant se muur.”
Ek loop toe self daarheen… niks. Geen werk, geen opgrawings.
Toe loop ek die assistentbestuurder raak. Hy hou vol die “W”-vorm is reg, maar daar is ’n lek wat hulle nie kan kry nie. Ons het behoorlik koppe gestamp – hoe meer ek wys wat aangaan, hoe meer hou hy by sy storie, maar hy wil nie saam met my stap om te gaan kyk by die opgrawings nie.
My vraag aan hom oor die swembad? Selfde antwoord: opknappings, geen idee wanneer dit reg sal wees nie. (Terloops – in twee dae het ek nie ’n enkele werker by die swembad gesien nie.)
Ons is intussen toe Maroela toe om te gaan stort en ablusiegeriewe te gebruik. Ongelukkig was die wasmasjiene daar ook buite werking.
Teen skemer is die toilette darem weer skoon… maar nog steeds geen water, geen verduideliking en geen plan nie. So gaan ons maar bed toe – en die volgende oggend is dit vers drie… presies dieselfde as vers een en twee.
Voordat ek julle in depressie laat verval, net gou iets ligter: ons braai op 28 Maart (aand 1).
Ek maak ’n lekker vuur en net toe die kole reg is, kantel die skottel – heeltemal deurgeroes! Die rooster was darem nog bruikbaar. Ons skep toe maar die kole terug en balanseer die skottel totdat die vleis gaar is.
Ek rapporteer dit ook die oggend, en teen 15:00 daag daar twee manne op om die braai te vervang. Maar hierdie vervanging werk soos daai bandwinkels langs die paaie in ons mooi land: jy gee jou ou band in en kies iemand anders se ouer band wat dalk effens beter is as joune…
Die “nuwe” braai? Heeltemal deurgeroes!
Gelukkig was ons daar – ek stop hulle en sê ons sal eerder die ou braai gebruik en op die grond vuur maak. Hulle verdwyn toe, en ’n uur later kom hulle terug, baie trots, met ’n ander tweedehandse braai wat darem beter is as ons ou een.
So iewers is daar nou ’n staanplek sonder ’n braai… of met ’n nóg slegter een!
Later die middag hoor ons, ons buurvrou hoe sy die bestuur oor die foon behoorlik uittrap – jy wil amper jou ore toedruk! Daardie aand bring hulle toe dromme met emmertjies vir water, en plak ’n vier-lyn-verskoning teen die ablusies op.
Die dromme hou so 30–40 minute… toe is dit leeg. Die volgende oggend? Terug by square one.
My stiefseun en sy vrou pak toe op en kry n plek in Malelane. Hulle is toe daarheen. My vrou sê daardie aand vir my sy is nou gatvol en ons ry huis toe. (Ons het toe wel gebly, maar ek los dit nou hier vir julle om te verteer. Deel 3 volg môre…)
Dinge hét later beter geraak ( dit was n 5 dag probeem) – en ek verstaan dat probleme gebeur, vloed of geen vloed. Maar my punt bly: die leuens en die totale gebrek aan probleemoplossing vir twee volle dae, terwyl mense in rye staan en kla, is wat my die meeste ontstel het.
Groete tot more 👊
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Dries, dis omtrent 'n onaangename manier van kamp. Mens kan nog 'n plan maak met stort, maar toilette moet gespoel kan word. al sit hulle asblikke vol water neer, dan kan elke persoon maar 'n emmer skep en spoel.
Tog vreemd hoe kampeerders se toilet gedrag tevore kom onder sulke omstandighede. Dis nou letterlik bollie op jou eie stoep.
Ek gaan nie kanselleer nie, gaan maar in goeie geloof.
Andries, did you not take photos of this shit-hole you talking about? I would not have stayed as long as you did, absolutely disgusting 😡. Have not been to the KNP in many years and was longing too go back again but now after hearing this it will take a lot to entice me back.
Dit het so gegaan toe ons Februarie daar was.
Met die Exclusive is ons gelukig net afhanklik vir no 2 in die ablusie. En ons maak automaties die 60L tenk vol waneer daar water is.
Jammer om te hoor dat dit nog die selfde daar is Dries.
Groete,
Paul
Ek sou ook gladnie so lank uitgehou het nie.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
So 'n gesukkel sonder water in die ablusie blok het ons in 2024 in Onder Sabie getref, op 2 dae. Gelukkig het hulle daar afvaldromme met water en emmers by die deure kom neersit
Ons is by Satara vanaf 6 Augustus vir twee weke ingeboek. Hoop die plek is teen daardie tyd OK. Dit gee hulle nog amper vier maande om reg te maak. Hou duim vas.
Die plek was vol bespreek maar ek sien daar is nou hier en daar staanplek beskikbaar. Heelwaarskynlik kansellasies as gevolg van die brandstof prys.
Never too old to have a happy childhood
Ons is volgende maand daar, sal laat weet hoe dit in Satara gegaan het.
Ek het n ruk terug gelees oor hierdie selfde probleem by Satara op een van die wildtuin se facebook blaaie. Maar daar mag jy glad nie negatiewe ervaring deel nie, dan blok hulle jou of delete die plasings. Ek sê sltyd....daai admins van daai groepe wat onaangename plasings verwyder is saam deel van die agteruitgang. Wildtuin personeel dink daar is geen klagtes op social media nie....so hulle dink dis aanvaarbaar en gaan net voort met swak diens.
Ons kan dankbaar wees daar is Voluntary Rangers, maar hille kan seker ook net soveel doen
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek het n ruk terug gelees oor hierdie selfde probleem by Satara op een van die wildtuin se facebook blaaie. Maar daar mag jy glad nie negatiewe ervaring deel nie, dan blok hulle jou of delete die plasings. Ek sê sltyd....daai admins van daai groepe wat onaangename plasings verwyder is saam deel van die agteruitgang. Wildtuin personeel dink daar is geen klagtes op social media nie....so hulle dink dis aanvaarbaar en gaan net voort met swak diens.
Ons kan dankbaar wees daar is Voluntary Rangers, maar hille kan seker ook net soveel doen
At least here the truth can be told without the concern that it will be deleted. :)



