Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Bakkie Buite Bande
Ek het nie ondervinding van die Bridgestone AT bande ,maar ek glo hier sal mense wees wat wel al van die bande gebruik gemaak het .Indien wel, wat is julle kommentaar rakende die bande ?Ek kan die nuutste Bridgestone Bande die AT 002 bande kry teen n goeie prys .
Ek het n 2004 Isuzu KB 300 Double cab My eerste stel bande wat met die bakkie uitgekom het ,het net 100000 km gehou Die tweede stel bande wat ek op gesit het is General Grabbers AT Die speedo staan nou op 340000km en die bande kan nog baie myle loop ( dit is 240000 km wat hulle al geloop het Believe it or not dit is die waarheid ) Dit is my ervaaring met General Grabbers
My seen het n Landrover ook met General Grabbers op en hy kry ook hoie myle uit sy bande en hy ry nogal baie offroad
Keith dis ongelooflike kilos daai, ek hoop jy hou darm die ouderdom ook dop. Na 5 jaar begin bande redelik baie gou verouderd met barsies. Die barsies wat mens sien kom van binne af, so jy kan net dink hoe die band aan die binnekant lyk. Baie van die stukke bande wat op die snelwee le is van re-treads maar sommiges is ook van verouderde bande wat disintegreer. Ek hou my motor bande dop van 5 jaar ouderdom en vevang maximum op 8 jaar maar verkies 5. My karavaan sal ek nie sleep met bande ouer as 5 jaar nie.
Ek moet se my vorige bakkie (2.700 Hilux) het ook General Grabber gehad. Ek het die bande ook baie geniet.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Jammer Willie, ek wou ook net se, Bridgestone is n premium band, ek dink nie jy sal probleme he nie. Hulle is nie die stilste band op die pad nie maar as mens n goeie prys op n premium band kry moet jy maar vat. Michelin is en was nog altyd vir my die top band om te kry, maar met die band grootes wat ons nou mee rondry is hulle so bietjie uit my budget specs. Ek was baie gelukkig ek kon die tweedaandse dealer se arm draai vir 4 nuwe Bridgestones op my motor toe ek hom laas maand gekoop het. So ek kan darm nog lekker lank ry sonder om daai onkostes te maak.
Maar ek stem saam met Keith, kyk gerus na General Grabbers, hulle pryse in baie billik. Dit word deur die Duitse maatskapy Continental gemaak (ook Premium). Die prys het my destyds verbaas.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Ek ry al sedert 2016 slegs Bridgestone At bande op my trokkies, en ook Kavango. Ek het nog geen probleme daarmee ervaar nie.
Ek kan weens wisseling van trokkies egter nie met sekerheid my uitlaat oor hoeveel kilometers ek op 'n stel gekry het nie. Ek vermoed egter dat dit nie veel meer 90 000km dal wees nie.
Ek is nie 'n 4x4 ryer nie, dus werk my bande hoofsaaklik teerpad, en dan Sanparke grondpaaie.
Baie dankie julle sal ,maar gaan vir die Bridgestone AT002, want ek vervang ook inelkgeval die bande op 5 jaar ,en ek ry nie meer as 8000 km per jaar met die bakkie.Dit is n nuwe weergawe van Bridgestone, blybaar sagter op die pad, nie meer so padgeraas, en goeie padhou vermoë ,op nat pad oppervlaktes asook op grondpaaie .Ek ry ook feitlik net teerpaaie ,net in die Kruger grondpaaie .
Willie, ek het vergeet om te noem, ek ry
Bridgestone Dueller 693 III.
Dalk is ek maar net gewoond daaraan, maar ek ervaar nie juis padgeraas nie.
Gaan kyk na die BS opsies, ek vermoed daai nuwe ATOO2 gaan veel duurder wees as myne.
Die bridgestone bande is goeie bande. kyk net na die loopvlak dat dit nie teveel na Mud and Sand se rigting gaan nie. Hoe grooter die nobblies op die band is hou meer die pad lawaai. Ja aan die begin is die pad lawaai nie 'n issue nie maar later raak dit 'n pyn in die agterstewe.
All Terrain bande het oor die algemeen fyner groewe oor 100% van die band so dit behoort okay te wees.
Dan Bridgestone is deel van Firestone. Hoor of hulle ook die "all road hazard guarantee" op daai band het. Indien wel laat hulle dit so stipuleer op die Invoice. Dit kan jou 'n geldjie spaar in die toekoms.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dit is dalk 'n bietjie teenproduktief om bande met die hoogte verwagte loopafstand te koop en dan die bande na vyf jaar te vervang waar hulle nog maar min kilos op het. In karavane se geval kan hulle dalk nie eers 20 duisend kilos op hê nie. As dit vir die voertuig met die masjien in is, dink ek om in bande met baie goeie padhouvermoë te belê maak 'n mate van sin. Sulke bande het 'n laer verwagte afstand omdat hyulle rubber sagter is sodat jy nie na vyf of tien jaar soveel bruikbare rubber moet weggooi nie. Sulke duur bande is gewoonlik baie stil op die pad. Dis valse hoop om te glo jy gaan bande met uitstekende padhouvermë en dan ook nog uitstekende kilo's kry, dis die een of die ander. Maar om bande wat veilig is teen 270 k/u te koop teen 'n buitensporige prys terwyl ons maar 120 k/u mag ry, is net eenvoudig onoordeelkundigheid en 'n mors van geld. Dit gaan nie jou voertuig veiliger teen 120 k/u maak as bakkiebande wat vir 140k/u ontwerp is nie.
Om duur bande vir die karavaan te koop omdat hulle baie goeie padhouvermoë het, maak netso min sin. Die karavaan hoef nie 'pad te hou' nie, hy loop maar waar die sleepvoertuig hom lei. Bakkiemande is vir 'n karavaan die verstandigste maar hulle het gewoonlik 'n baie hoë ry-afstand soos van die lede hierbo ondervind. Ek glo in elkgeval nie bande is noodwendig onveilig of gedaan op 5 of tien duisend kilometer nie. My Ventertjie se oorspronklike kruislaagbande het op ongeveer 25 jaar ons 'n paar keer op ritte van meer as drie duisend kilos geneem, swaar gelaai. Die straallaagbande wat hulle seker 15 jaar gelede vervang het, het ook 'n paar keer tussen Pietersburg en Stilbaai gery. En geen van die bande het die geringste tekens van barsies getoon nie. Beide stelle het nog baie ruber opgehad want hulle het nie baie kilos gedoen nie. Die kruislaagbande was egter baie hard aan die einde. Die waentjie het pas sy derde stel gekry op groter wiele
Dries, daar is geen rede om te glo die bande gaan binne vinniger agteruit as buite nie. Die binnekante is juis baie goed teen die elemente beskerm. Jy kan ook duidelik sien sulke ou bande lyk binne nog splinternuut as dit afgehaal word.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Leon baie dankie sal bietjie vir hulle vra vir die ALL ROAD HAZARD waarborg dit is belangrik .Dit is, maar elkeen se keuse ,maar solank ek die swaar karavane sleep ,vervang ek elke 5 jaar die bande.Jy het n goeie 8 ply band nodig op die groot karavane, 1500kg is swaar sonder niks gelaai .Daai band moet druk kan hanteer ,Ek verkoop weer die bande wat ek afhaal, teen redelike goeie pryse .Hierdie Taxi manne baklei oor hulle .
Hi Fred, ek het hierdie inligting maar van nuus brokkies en band-maatskappye al gekry. Ek het n groot belangsetlling in bande.
Dit maak wel sin soos jy se die binnekant van die band kry nie die elemente van son, water en lig. So die binnekant eintlik wel tot n mate beskem. Maar oortyd kry dit skade wat jy nie nood wendig sien nie. Bande het in die rubber olies en die droog uit met tyd en bande kry droog vrot wat die rubber laat dis integreer. Meeste karre wat ek diens, met 8 jaar ou bande is die "walls" vol krake.
Mens kan bande se lewe verleng as jy jou kar in n gerage parkeer veral in die dag waar dit koel is en nie son kry nie. Waentjies en karavane die selfde en as mens die bande kan toemaak met a "cover" help dit ook baie. Dit is dalk hoe jy jou waantjie gestoor het, onderdak in die koelte. Dan dalk die bande nog so goed laat lyk. Maar daar is nie n manier dat ek op n trip sal gaan met bande op my wa of kar wat 25 jaar oud is nie. Ek is maar eerder n bang jan.
Ek speel maar veilig en vervang wa op 5 jaar en kar bande op 8 jaar maar kyk met elke diens na die toestand. 2mm tussen my en die pad is iets wat goed dop gehou moet word...
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Willie, jou redenasie maak nie sin nie. Jy mag dalk 'n swaar[groot]wa sleep, maar die wa se gewig is nie rerig op jou bakkie nie. Die woonwa druk maar volgens duimreel, 10% van wa se gewig, op die sleepbal. Tipies kan 'n Bridgestone trokkieband [265/65x17] Dueller 1120kg dra, as dit 3bar gepomp is.
Dit is egter 'n ander storie as ons van woonwa-bande praat. Daar moet mens bande opsit wat lekker hard gepomp kan word om genoegsame drakrag te hê. Gewoonlik 'n goeie 8-laag kommersiële band wat so ongeveer900kg kan hanteer, as dit 4.5bar gepomp is.
Jou inset van gister verwys dan seker hoofsaaklik na woonwabande, wnt bakkiebande gaan nie pas op 'n taxi nie.
ek het jare terug Yokohoma bande op een van my voertuie gesit. Daar in die midlands by DALTON verloor ek een band . Daar het ek 'n duur les geleer nl Koop 'n band wat jy ooral kan koop. Ek moes vir daai band TWT in Durban kontak en hulle het 2 dae nodig gehad om een tot in Durban tekry.
vandaar af ry ek net met Bande maak wat jy op put sonder water kan kry. en nie op invoer moet staat maak nie
Noem dit maar net
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Wessel ek het mos daar gesê, elkeen maak soos hy wil ,en goed dink, ek wil.niemand beinvloed, doen soos jy goed dink my maat, en wat werk vir jou ,ek doen wat sovêr vir my vir 50 jaar gewerk het .Ek het inelkgeval net gevra of iemand die Bridgestone bande ken en daai antwoord het ek gekry ,baie dankie .Ek het niks verder raad nodig dit is afgehandel .
Willie,
omdat ek doen soos ek goed dink, nes jy, ry ek Bridgestones. dit het ek gedeel op jou aanvanklike vraag.
Tweedens, wat ek daarna gedeel het, was algemene gesels oor bande vir woonwaens en trokkies. Ek gesels graag saam oor onderwerpe, en is jammer as jy dit as ongevraagde raad beskou.



