Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21975 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17715 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6174 |
Bostoe | 5456 |
BrianB | 5260 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3220 |
mulderpm | 2603 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1996 |
Swanie | 1858 |
Nico | 1762 |
steamer | 1698 |
Hennie Botha | 1677 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1454 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1242 |
Louvan | 1237 |
RichardJ | 1135 |
Gerden | 1135 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 847 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 771 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 592 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 432 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 393 |
LEEN | 382 |
Kamp is Koning | 372 |
survivalist | 352 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 237 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 183 |
BigG | 182 |





Olifant probleme
My broer hulle is vanoggend in Mabalingwe deur 'n olifant aangeval wat sy tand deur hulle Everest se agterruit gedruk het. Hulle het onverwags in die middel van 'n groep olifante beland en het stilgehou en die voertuig afgekakel. Een olifant het egter hulle baie kwalik geneem, hulle met stof gegooi en toe die voertuig aangeval. My broer het toe die voertuig aangesluit en begin ry en gelukkig het die olifante voor die voertuig gewyk. Die kwaai een het egter agter hulle aangehardloop en getrompetter maar hulle is veilig weg maar kwaai getraumatiseer. Hulle wag nou vir die versekering om te reël vir die vervanging van die ruit. Die res van die voertuig is gelukkig nie beskadig nie. Hulle is op toer vanaf Stilbaai en moet Donderdag in Kruger aankom, so tyd is 'n faktor.
Ek wonder nou of die olifant ook 'n Toyota-man is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, sorry to hear this, traumatic indeed.
Our silver/grey Hilux is not welcome near Elephant. My wife who drives in the parks is terrified of them ...
Having said that, here in the South they seem to be a lot calmer than in the North.
Living the dream

Wow Fred, sorry hear of their traumatic experience, however glad that they are ok other than being traumatised and the vehicle back window broken.
Bly Fred jou broer hulle ok ek gehoor daar is te veel olifante innie wiltuin
Haak daai wa kamp bly koning
Dankie manne. Ek is dankbaar hulle is veilig.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Bly hulle is ongedeerd. Was nou onlangs in KNP waar ek net betyds kon stop vir 'n olifantbul wat voor ons oor die pad gestorm het. Dit was opmerklik hoeveel bome deur die olifante vernietig word. Daar is duidelik te veel van hulle.

I don't want to be pulling my caravan and run into one of these situations in a wildlife reserve
Ai, bly hulle is darem veilig. Ja, ons is self nie lief vir olifante nie nadat ons 2021 n noue ontkoming gehad het met n olifant tussen Lower Sabie en Krokodilbrug....sonder karavaan. Dis nou nog steeds n vrees vir my om in die wildtuin te sleep. Selfs met daaglikse wilsbesigtiging is ons nie lief om olifante te sien nie. Wat dit nog erger maak in wildtuin is hierdie onbedagsame mense wat amper teen die olifant moet staan om hulle met hulle moerse lang lense af te neem. Kry ook haastiges wat net moet verby kom.
Ons het onlangs Karoo Nasionale Park baie geniet want ons het geweet ons gaan nie op hulle afkom nie. Teendeel...ons het einde Januarie gekampeer by Addo waar daar hordes is....maar is baie rustiger is as KNP sin...en het hulle baie geniet
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Hierdie aanval was in n kleiner privaat reservaat. Dalk is dit deel van die rede dat die olifante gespanne was. Hulle natuurlike habitat is die wye vlaktes. Baie mense verstaan ook net nie dat wilde diere wild is nie en verbeel hulle die diere is daar net om hulle te vermaak
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Hierdie aanval was in n kleiner privaat reservaat. Dalk is dit deel van die rede dat die olifante gespanne was. Hulle natuurlike habitat is die wye vlaktes. Baie mense verstaan ook net nie dat wilde diere wild is nie en verbeel hulle die diere is daar net om hulle te vermaak

Ek stem saam. Met my onlangse besoek aan KNP het ek baie mense gesien wat te vinnig ry en nog meer onrusbarend was die toergidse wat jaag van een punt na die volgende. Hulle kommunikeer met mekaar oor waar iets is om te sien en dan jaag hulle soontoe. Ek het net betyds vir die olifant gestop teen 30 km/h, iemand wat bo 50 km/h ry sou nie betyds kon stop nie.

Ek het dit ook teen die wildbewaarders wat hopeloos te vinnig ry om van die een besigtiging na die ander te kom. Het dit weereens agtergekom tydens ons besoek aan die wildreservate in die Oos Kaap. In een so 'n geval het so 'n voertuig by ons verbygejaag (met 10 toeriste) teen 'n spoed. Ek het werklikwaar die wildbewaarder probeer inhaal om die voertuig se registrasie nommer te kry, maar uiteindelik teen 50+ km/u besluit die stof deur die voorste voertuig opgeskop is te gevaarlik, en het die afgtog geblaas. Ek het wel "probeer" om die geval te rapporteer deur die tyd, rigting en roete te verskaf, maar is seker dat daar absoluut geen opvolg was nie.
Hierdie mense behoort werklikwaar vasgevat te word ........
Mabalingwe het onlangs 'n hengse brand beleef. Dit kon die diere ontsenu. Daarby is die olifante in die reservaat nie baie inskiklik met mense nie . Dit is soos die spul in Pilanesberg..
groete

Te veel mense en te min ruimte vir die olifante dalk in beide reservate?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Wat maak jy as jy sleep en 'n lastige olifant bestorm jou, buiten om stil te staan en jou oë baie styf toe te hou?
Is daar wildkenners wat goeie advies kan gee bv sluit jy die voertuig af, blaas toeter, stop en laat die voertuig luier want omdraai of terugstoot gaan nie werk nie.
Ja ek lees nou al die stories van die olifante. Ons gaan nou die 21 Maart Wildtuin toe Begin by Satara dan Skukuza en eindig in Berg en Dal, so gaan ook baie ry met die Wa agter aan en is ook maar skrikkerig vir die olifante.Wat doen mens?
Ek wil nie sê dit sal altyd so wees ,maar ek het al tussen Skukuza en Laer Sabie ,2 keer in so sistuasie beland dat ek tussen n trop Olifante is links en regs van die pad met die karavaan en al 2 keer het van die Bulle gestorm ,getrompet koppe geswaai, maar omgedraai .Ek dink tog die groot karavaan en bakkie skrik hulle bietjie meer af as net n voertuig alleen .Dit is beter dink ek as jy in so posisie beland sluit jou voetuig af ,want hulle ore is baie sensitief vir geluid .Die ander groot probleem is mense wat tot teenaan hulle ry ,en wil fotos neem, en die pad blok ,en jy sit daar vasgevang waar jy nie wil wees .Dit is n groot probleem .En wat ons moet onthou hierdie dier het n geweldige goeie geheue ,en as hy een keer kwaad geword het ,bv vir n voertuig ,sal hy gaan vir n voertuig .So mense is in baie gevalle die oorsaak dat die diere so aggresief optree .

En toe is daar 'n olifant wat kwaad raak in Pilansberg. ( https://www.google.com/url?sa=t&source=web&rct=j&opi=89978449&url=https://abc7news.com/south-africa-elephant-safari-car-caught-on-video/14554112/&ved=2ahUKEwjrn6WotoeFAxWbVfEDHbuqAvIQvOMEKAB6BAgKEAE&usg=AOvVaw2eWCnotVJVJLjE2SJ8xZqF
In vergelyking hiermee was my broer-hulle se olifant heel vriendelik. Maar dis weer 'n relatief klein reservaat wat moontlik stress by die olifanttroppe veroorsaak asook die baie voertuie wat die diere pla. .
Ons was verlede week in Kruger tussen Hazyview en Skukuza en het weereens gesien hoe die bestuurders van oop besigtigingsvoertuie hulle gedra. Daar was 'n baie groot luiperd langs die pad en die toeristevoertuie het soos 'n trop aasvoeëls op hom toegesak. Ons ouens in gewone voertuie kon nie veel sien nie want die toeristebakkies is baie hoog en hulle versper die pad sodat ons ook nie eers kon verbykom nie. Die toeriste betaal baie om diere te sien, so hulle verwag waarde vir hulle geld maar hulle maak die ondervinding vir ons ander besoekers baie onaangenaam en pla die diere. Ek weet nie watter oplossing daar kan wees nie, maar ek dink nie ek sal weer na 'n kleiner wildpark gaan nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Iemand hierbo het genoem dat amptenare in die wildtuin jaag. EWk het aanvaar almal is beperk tot 50k/u op die hoofpaaie maar 'n amptenaar het aan my broer gesê amptenare mag 70kpu ry. As dit so is, is dit belaglik. Die spoedbeperking is daar om die diere te beskerm en 'n amptelike voertuig kan 'n dier netso effektief doodry as 'n privaarvoertuig. Dan kry jy ook nog die jakkalse was sê hy mak 50 of 70kpu ry, maar hy reken hy het nog 10kpu speling en ry dan 60 of 80kpu. En sommige van die "amptelike" voertuie is groot vragmotors.
Maar soms sien jy darem ook werklike agting vir die natuur. Naby Skukuza het ons op 'n aantal voertuie afgekom wat die pad versper. Een van die voertuie se bestuurders, toevallig 'n swart man, het angstig beduie ons moet stop en na die teerpad beduie waar ons uiteindelik 'n baie klein verkleurmannetjie gesien het. Hy het nie beweeg nie en ons almal wou nie aanry nie omdat ons bang was ons ry hom dood. Na 'n lang tyd se wag, het ek dit gewaag om uit te klim en die outjie na die kant van die pad te dra. Almal wat gewag het, het my met groot glimlagte en handeklap begroet, insluitende die (swart) bestuurder in 'n groot tenkwa reg egter ons wat netso geduldig gewag het. Ek moet noem dat dit wel moontlik sou wees om verby te ry want al die voertuie het aan hulle kant van die pad gestaan sodat dit moonlik sou weas om in die middel verby te ry, waar die verskrikte verkleurmanntjie was. Die respek van mense vir die natuur het my werklik geraak. Ek oortree nie gewoonlik reëls nie, maar ek dink my indiskresie was die slag geregverdig.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Daar is weer n man in Pilansberg deur n olifant gedood. Die idiot het uit sy voertuig geklim en na n klein trop olifante met kalfies gestap om fotos te neem. Glo n Spanjaard. Ek het geen simpatie met hom nie. Ek hoop nie daar gaan teen die olifante opgetree word nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek deel jou stanpunt Fred. Daar is ongelukkig nie pille vir 'stupid-geid' nie.

Ek ook. Die ding dat sekere mense, amtenare en aflewerings voeruie, 65Km/u mag ry en besoekers beperk is to 50km/u is waansinnig. Is hulle dan beter bestuurders as die besoekers.
Die olifant het maar net sy famielie beskerm. Ons reis baia in na burige parke en daar is geen heinings of beskerming vir die besoekers nie. Die olifante en ander diere loop gereeld deur jou kamp. Dit is tog uitsonderlik dat daar n' voorval is. Ek dink die rede is twee voudig. Die diere kom waar mense is (kamp) en nie anders om nie en die troppe met kalfies kom nie in die kamp nie. Die wat deur die kamp loop is besig om te wei (eet). En hulle is heel bewus en steur hulle nie aan die kampers nie.
Groete,
Paul