Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22028 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17782 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6241 |
Bostoe | 5466 |
BrianB | 5314 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3223 |
mulderpm | 2701 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2150 |
Chris Boucher | 2005 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1868 |
Nico | 1772 |
steamer | 1702 |
Hennie Botha | 1683 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1463 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1261 |
Louvan | 1252 |
Gerden | 1183 |
RichardJ | 1173 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 855 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 663 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 443 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
1Pierre2 | 419 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 385 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 359 |
survivalist | 356 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 270 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 197 |
BigG | 184 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |
Andal | 167 |






Hoe het jy begin kampeer?
Net vir interesantheid....hoe het jy begin kampeer? Is dit iets wat jy van jongs af by jul ouers geleer het? Of is dit iets wat jy in jou latere jare self ontdek het en begin aanleer het? Of is dit via jou wederhelfte? Of....
Aan my kant is dit 'n leef wyse wat saam met my ouers gekom het. Ons het van kleins af saam met hulle gekamp. My ma het 'n film kamera gehad wat sy "home movies" gemaak het van toe ons nog baie klein was.
Daar iewers is 'n ou film onder andere waar hulle met 'n ou Austin Healey (Spelling die land basies deur kruis het en ou Meiringspoort is ook daar op.
So ons as kinders kamp al vandat ons kan onthou.
Aan my wederhelfte se kant, het hulle altyd by Watervalle in die Kaap saam met haar ouers gaan kamp in tente. As kind het hulle daar in die rivier met kar tubes afgery en tussen die wit spoel klippe swem poele gebou.
So in my gesin is die kamp virus al van kleins af in ons se lywe. Het ook fotos waar my kids as babatjies op die strand kruip. So dra mens mos maar die kamp virus oor.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Altyd gaan vakansie hou as kind in chalets en woonstelle. In Standerd 5 het my ma'le 'n karavaan gehuur en ons is Tshipisi toe met hom. Ons kinders het dit vreeslik geniet, maar vreemd genoeg het my ouers gedink dit wat 'n ramp.
Vrou het ook maar altyd in chalets gebly as kind.
Vir een of ander rede het ons 'n tent gekoop en begin kamp na ons getroud is, seker maar omdat ons so paar keer saamgenooi is op kampe deur ander mense. Nognooit terug gekyk nie, dit het net moelik begin raak in 'n tent met kinders, so minder gekamp laaste 5 jaar of so. Maar dis nou baie meer gereeld met die karavaan.
Het laasjaar 'n karavaan gekry en my broer 3 maande terug ook een. Nou moet ek net my Pêl kry om ook te koop (hy is nader as wat hy self besef), en dà n gaan ons kamp!
Ek en my vrou het self begin met tente many moons ago
How great is our GOD

Kamp al van dat ek klein was en altyd in tente.
In 1950 het ons, Ma,Pa,boetie en ek saam met my oom en sy familie. Hulle was 6 in 'n motorhome wat op 'n groot lorry gebou was van Hope Town na my neef se plaas in Rhodesia gereisen terug. Dit was so 'n 4 of 5 weke reis. Daar was twee lotte dubbel banks maar dit was breed genoeg sodat ma en pa kon saam slaap op een bank onder en ek (6) en my broer (4) saam op die boonste bank.
My oom en tannie op die ander stel bunks en die jonger twee van hulle kinders bo hulle. My twee ander neefs so 12 jaar oud het elkeen 'n bed oor die voor wiele gehad.
Die beste manier om die motor home te beskryf is om te se dit het soos 'n wit geverfte baksteen op wiele gelyk.
My vrou en ek het albei groot geword by kus gebiede.
Sy in die Wes-Kaap, ek in die Oos-Kaap.
Gedurende vakansie tye het die familie van Transvaal gewoonlik kom kamp in ons omgewing en daarom het ek die geleentheid aangegryp om saam te gaan kamp.
Met ons verhuising GP toe en ons seun pas gebore, het my vrou en ek en seun die hotel, woonstel of chalet ding gedoen.
Nadat die seun op sy eie gegaan het, het my vrou en ek vir ons 'n 4-man Cabin tent aangeskaf met al die nodige kamp toerusting. Met die al die nodige kamp toerusting het ons vinnig uitgevind dat die ou 4-man tentjie ver te klein is.
Ons het toe 'n 16-man Lagoona tent aangeskaf waarna aantal kampeerders my tot raserny gedryf het omrede hulle graag so tent wil bekom.
Die laaste kamp met hom was by Weesgerus, waar ek die bes gegee het en toe besluit om hom sommer daar en dan te verkoop.
Ons bekom toe 'n 3-vertek tent wat vir ons voldoende was en ook groot genoeg om al die kamp toerusting te akkommodeer.
Na 'n paar kampe met hom, besluit ons die karavaan weg waarvan ons onseker oor was. Ons skaf toe vir ons 'n goedkoop 1981 Caravette 4 aan en sien die karavaan lewe is nogals interessant.
Na so 4-kampe met die C4 (ou Skorra), besluit ons om luukser en groter te gaan en geniet elke oomblik wanneer die tyd dit toelaat om te gaan karavaan kamp.
Indien die terrein of die tyd dit nie toelaat nie, word die tent vinnig gelaai en ons neem die pad natuur toe.
Tans het ons nooit weer teruggekyk na chalets of woonstel kampe nie en kamp nou al sedert 2002.
Ek het by die kus groot geword. As familie was ons mal oor visvang. Maar dit was te rof vir die vrouens. Om by die beste plekke op die wilde kus uit te kom was dit maar slegte paaie en kamp in 'n groot swaar ou weermag tent. Geen 4x4 --'n Morris Oxford nogal - en ons was klomp!. Baie keer deur 'n span osse uitgesleep.
Geen kragopwekkers, Engels, Snomasters, of son paneele ens- dit was droe ys parraffin lampe en vleis wat later 'n reukie kry! Later het ons gas lampe en gas vrieskaste gekry.
Maar ja ons het darem groot vis gevang - iets wat jonges vandag nie van weet nie.

Ons het as kinders saam pa en ma begin kamp in die sestigs toe pa ons eerste Jurgens tweedehands gekoop het. Alles het met gas gewerk. Ons was vier seuns en dis seker al bekostigbare vakansie wat hulle kon bybring. Die ritueel was vir baie jare twee weke op Gonubie met 'n week by Maselspoort direk daarna om die sout af te was. Dan Loskopdam oor paasnaweek en die Eiland vir twee weke in Julie. Vroulief se ouers het saam by Loskop en die Eiland gestaan so kamp was in ons altwee se bloed. Het egter 'n groot ongeluk met 'n karavaan so 30 jaar terug gehad en die het maar 'n ruk geneem om oor die bang te kom. Nou kamp ons weer woes met sommer twee waens.
My Pa het vir ons in 1961 'n Jurgens 16 voet by die Randse Paasskou gekoop. Jurgens het die woonwaens op bestelling gebou en die fabriek was toe in Germiston waar my Pa die woonwa moes gaan haal het. Hy het die wa met 'n Austin Westminister gesleep.
My ander helfte het as kind met tente gaan vakansie hou. So kampering was in ons albei se bloed. Ons is nie mense wat tussen mure wil in gehok wees nie. Ons eerste koppie koffie in die oggend geniet ons buite, of dit nou 04h00 of 'n bietjie later is. Dit geld vir winter en somer. Ons is nie laat slapers nie.
Albei ons kinders is ook kampeerders en gelukkig het hul eggenotes ook as kinders gekampeer. So, dit is maar 'n oorerflike virus.
Moeg geploeg.
As kind het ons nie gekampeer nie. Toe ek so tien jaar oud was, het ons aan die Natalse kus by familie 'n dag gaan deurbring wat by 'Toti in 'n Gypsey karavaan uitgekamp het. Ons het in 'n vakansiewoonstel gebly. Dit was vir my die wonderlikse ding en ek het myself beloof as ek groot is, gaan ek ook een hê. Ek het toe ek begin werk het, 'n paar keer in 'n tent gaan kamp en na ek getroud is, ook saammet my vrou. Toe ons jongste seker so drie jaar oud was, het ons ons Sprite Supersport gekoop, en ek het tuisgekom! Dit was net so wonderlik as wat ek my voorgestel het en die hele familie het saamgestem. Ons het maar die kinders grootgemaak met meestal uitkampvakansies en ons twee getroude dogter het ook hulle mans tot uitkamp bekeer en kamp gereeld met hulle gesinne. Vandag is ons nog steeds net so gaande hieroor en geniet ons Oystertjie terdeë.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Voor skool onthou ek 'n tent kamp van ons familie op Lorenço Marcues (Maputo) se strand. Daarna ook iewers in die wildtuin. Dis 1957-1959.
Daarna skooltoe en altyd met die Voortrekkers gaan kamp.
Ouers had 'n besigheid so ons was maar vakansies by die huis.
Vrou het baie saam met haar pa gaan kamp en visvang. So sy het dit beter geken as ek.
Ons het in chalets en hotelle gebly vakansies tot ons in 1988 'n karavaan by iemand gehuur het om dit te probeer, nogal Tshipise, wildtuin en Eiland toe. Myself stompies gewerk om die spul op en af te slaan.
In 1991 hou ons as gesin kajuitraad en besluit watter tipe vakansies ons wil hê.
Karavaan het gewen en ons het ons eerste karavaan, 1991 Jurgens Fleetline L met die bunk beds gekoop. Nuut, want ek kon nie vat kry aan 'n tweedehandse wa nie.
Nou op ons vierde karavaan, ons kleindogter is gek na kamp (by Eiland) en haar ouers het ook karavaan aangeskaf.
Ons het regtig alles probeer en niks kom by karavaankamp nie.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23

Op skool in Oos Londen maar by die Voortrekkers aan gesluit. Baie kampe gedoen ................sonder tente. Of dit nou reen of nie....kamp sal ons kamp.
Baie jare nadat ek getroud is het ons weer begin kamp. Eers tente geleen by vriende, toe tente gekoop. En net toe die Lorrie begin lyk soos hierdie Zim bakkies wat hier by Polony City verby ry, toe koop ek my eerste wa. 1992 Gypsey Caravette 5 (dis waar Grumpy vandaan kom) Lekker wa.......moes hom nooit verkoop het nie.
Terloops, my ouers het nooit gekamp nie. Inteendeel, hulle het nooit vakansie geneem nie. My stiefpa het n slaghuis gehad in Oos Londen. Vakansie tye was die slaghuis se "Spiek tye"
At last !!!!

Back in the late 1970s my father had a VW 1600 Kombi and tent combo.
- Green Heart Caravan Park somewhere along the south coast of KZN.
I can only remember the beach had massive rocks and was only good for his sea fishing.
Us kids did not have a sandy beach or rock pools to play in, unless we walked further South or something.
But his fishing was great at the time, so we ate fish most nights while camping.
It was the time when that song "Radio Ga Ga" came out by Freddie Mercury
The CaravanParks.com Team

Ek het ook saam met my ouers begin kamp.
Eerste was dit n selfgeboude (deur my Pa) sleepwa soortgelyk as die Skipper.
Daarna in vroee 70's met n 1968 Sprite Major. Gesleep deur n 1972 Chev Elcamino 4.1 straight 6 bakkie.
Lekker jare, geen krag punte en long drop toilets, ens.
Het op my eie begin kamp na my weermag.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne

Ek het eintlik vergeet om te noem. My werklike self kamp opslaan was alleen saam met my mortier groep gedurende tuin-ops opleiding in Lethaba gedurende die vroeg 80's.
Dit was hard en taf, maar tog lekker om aan te dink.
Soms het die trane gevloei van moegheid, maar die joppie moet gedoen word.
Mortier gat grawe met loop grafies en Å 3-span in 81mm groep.
Die wapen moet eerste staanplek kry en dan slaapplek grawe vir No's: 1, 2 & 3 van ons mortier groepie.
Soms deurnag "biwwies" gebou met waarskuwings toutjies aan die hand polse.
Kamp van klein af saam met Ma en Pa, eers in a tent en die eerste caravan was a Sprite Musketeer en alles binne het met gas gewerk. Hy het die selfde stabalizer set up daai tyd as wat die Jurgens gehad het, die twee bars met die kettangs en hy het steeds moeilik gesleep. My Pa het hom gesleep met a Studebaker Lark. My vrou is a Chalet Queen want dis hoe hulle vakansie gehou. So ek moet bietjie 'give and take' doen waneer dit by vakansie kom.
Ons het laasjaar n gemeente naweek by Weesgerus gehou. Daar was kampeerders en chalet bewoners gewees. Ons het n hele sirkel bespreek. Ons het die gemeenskaplike braais ensovoort dan sommer in die sirkel gehou...so die chalet bewoners moes afkom soontoe. Die een ou wat in chalet gebly het kon nie glo hoe gesellig dit was in die karavaanpark en hoe die mense lekker saam kuier en geniet nie. Hy het sò baie daarvan gehou...hy het nou vir hom ook n karavaan aangekoop. Soos ek sê: kampering is aansteeklik!
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Vriende van ons het ook vir eers saam met ons gekamp en in die Add-A-room geslaap. Daarna het hulle self 'n ou klein Sprite aangeskaf. Later opgegradeer na 'n Swing toe en tans Kamp hulle met 'n Jurgens Classique.
Nog 'n bewys dat kamp aansteeklik is.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ons het in baie maar soos in baie moeilike omstandigehede begin kamp.
Dit het begin met 'n 4-man cabin tent. Ons het bespreek by 'n oord aan die suid kus gedurende 'n Desember.
Met die aankoms by die oord, het alreeds 'n gly gekry in die plek. Die ontvangs het geruik na gebrande bacon wat die ontvangs dame besig was om vir haar te maak. Die ontvangs was uiters onnet, maar ongelukkig alreeds vooruit betaal en so moes ons maar neem wat na ons toe kom.
Die staanplekke was chaos en onnet, dan wil ek nie eens praat van die ablusies nie. Jy is te versigtig om net jou voete afte spoel.
Die eerste nag begin die wind erg te waai met reën buie. Die volgende dag besluit ons, ons ry meert Uvongo se kant toe uit en soek vir 'n ander oord. Ons val toe vas in die verkeer.
Omrede ons al voorheen in 'n chalet gekamp het by Caravan Cove, kontak my vrou hulle. Twee staan plekke beskikbaar. Ons neem een teen 'n plaas se prys. Daardie hele 2-weke reën dit aanhoudend, maar ons het gekamp.
Ons 2-de kamp met 'n 16-man Lagoona tent by Weesgerus, dieselfde ding. Baie mooi weer in die oggend, maar agtermiddag begin dit onophoudend reën dat die modder deur die tent se grondseil suiwer, maar ons het gekamp tot ons tyd verstreke was.
Ons kamp nogsteeds onophoudend en ek dink dit sal moeilik wees om daarvan af te sien.
'n Kollega het woonwa gesleep en menige klubkampe gedoen en ek kon nooit verstaan wat met die man en sy vrou verkaaerd is om te kamp nie, dit was vir my 'n totaal vreemde ding. Ou Piet het my later oortuig om ook woonwa te sleep met die goeie raad om te begin met 'n oordentlike sleepvoertuig.
So het ek 1973 'n Ranchero 500, V8 aangeskaf en begin met 'n Travelite woonwa. Eerste toer was vanaf Witbank na Pongola, St Lucia, Uitspan Caravan Park, King Fischer Caravan Park. Die Ranchero na 8 jaar verkoop toe brandstof beperkings baie erg word. Skaf toe 'n VW Kombi aan maar dadelik V6 Ford masjien laat installeer en sleep toe 'n Sprite Sunway. Kapers (nou nie Kapenaars) het te lief geword om die Kombies te kaap en moes ek weer deurloop in Louis Trichardt terwyl ons op Tshipise gekamp het. Volgende dag in Musina 'n 2001 Toyota 30KZTE raakgeloop en die Kombie ook daar verkoop. Die Toyota sleep steeds maar nou 'n Sprite Super Sport wat ek in 1992 aangeskaf het.
Nog nooit spyt dat ek begin het om woonwa te sleep en oordentlik te kamp nie.
Dit het in 1959 met 'n groot Voortrekkerkamp in Oos Londen begin. Bell-tente en kombersrolle op die grond/gras. Dit het baie gereën en daar was sulke laang erdwurms in die tente. Alles was nat maar die gogga het gebyt.
Daarna in die Weermag in enigiets geslaap, van grondseil tot karavaan, steeds het die gogga geklou.
Het later tente geleen en toe gekoop - steeds lekker gekamp. Later ook 'n daktent op toer deur Namibië. Nog later met 'n sleepwa en daktent verskeie ervarings, maar die lyf wou nie meer die rondrits hanteer nie en het nou 'n Sprite Splash waarmee ons kampeer.
Dit bly 'n fees en gaan nog lekkerder word wanneer ons die langpad vat vir 'n paar maande.