Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22961 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| Joe Stieger | 449 |
| LEEN | 425 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
GEL BATTERYE
Ek moet 'n nuwe battery vir my vrou se 1600cc Corolla koop. Ek het gaan oplees oor Gel batterye omdat hulle 'n aansienlik langer lewensverwagting het as ander loodsuurbatterye maar dit word nie aanbeveel vir aansit nie. Die Corolla se aansitter is 1.4Kw wat beteken hy trek 117 Amp. Volgenmss wat ek lees is 'n goeie aanduiding vir maksimum vermoë vir gel batterye 5 maal tot 7 maal die amp-uur kapasiterit wat beteken die kar se battery sou instaat wees tot minstens 225 Amp. Dit klink dus of dit nie die battery sal seermaak nie.
Het enigeiemand hier werklike ondervinding van die onderwerp anders as persoonlike menings? Ek hoor graag van julle.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dit wat jy hier bo geplaas het is ook my kennis en ondervinding.
Ek het my kennis gekry oor die jare heen in die weermag en die plekke waar die onderskeie baterye gebruik is.
Om lang storie kort te maak is die algemene loodsuur batterye gebruik in die voertuig omgewing en gel batterye waar konstante med stroom benodig word oor lang tye en nie kort baie hoe stroom nie.
Ek het dit toegepas tussen die voertuie bote en karavane wat ons oor die jare gehad het, en dit het my nie teleurgestel nie. Ek hou nou nog by die loodsuur batterye vir my voertuie en gel batterye in boot of karavaan.
1. Ek het my Navara 7 jaar gery en geen battery in hom vervang nie
2. Het my Ford Saphire 10 jaar gery een keer battery vervang.
3. Eerste Ranger 6jaar gery en in laaste jaar battery vervang.
4. Opel Astra 5 jaar gery geen vervanging nie
5. Eerste boot 14 jaar gehad 1 keer battery vervang.
6. Tweede boot 6 jaar gehad geen battery vervang nie.
7. Tweede Penta 11 jaar gehad 1 keer battery vervang.
Boot en karavaan baterye was altyd op tricle charge al word hul nie gebruik nie.
My voertuie was altyd daagliks in gebruik.
Ek wil verder gaan deur ook te noem dat Willard my keuse van battery vervaardige is. Oor die jare heen het dit my die beste diensgegee in vergelyking met my vriende, skoon ouers en skoon famiele se aankope oor die jare.
Ek is in proses om nuwe yskas in my wa te sit en dit beteken 2x nuwe 100Amp/h batterye. Gel tipe sal dit wees. Ek twyfel of ek weer enige iets anders sal koop as Willard.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dankie Leon. Jy werk duidelikbaie mooi met jou voertuie om sulke goeie diens uit die batterye te kry.
Het jy ooit 'n gel battery in 'n voertuig vir aansit gebruik? Ek het reeds besluit om maar 'n EFB battery(enhanced Flooded Battery) te kry maar ek is nog nie 100% oortuig dat n gel battery nie geskik is vir aansit nie hoewel die menings wat ek op internet kry, anders is as wat ek graag wil glo. Die man by Battery Centrer meen die probleem is dat 'n voertuig se laaistelsel nie geskik is om gel batterye te laai nie maar hy kon ook nie feite verskaf nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
ek het my MB nou 13 Jaar en sy eerste battery is vervang omdat ek nie gelet het op die trikel charger wat se Krag skakelaar afgesit is nie. [Sy staan vir maade op 'n slag] van nuut tot nou 40000 km]
Die battery plek het gese hulle sal hom kan red maar ek het besluit Daai VARTA het goeie diens gelewer.
My siening is kyk na jou battery en hy hou jare
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Daar is so baie battery laaiers op die mark, watter laaier werk die beste vir gel batterye, veral vir die karavaan. Ek reken dit is seker beter om 'n aparte laaier te gebruik van beter gehalte as die Apollo10. Ek het ondervind die Hercules het nie die battery korrek gelaai nie en het 'n inteligente laaier installeer, die loodsuur het nog steeds na jaar reg gewek
Ek het eintlik nog nooit gel batterye gebruik nie, behalwe op die huis se alarm stelsel
Soos Leon noem, dit lyk na die beste opsie vir die karavaan, ek moet myne nou vervang, so ek gaan daarna kyk
life is a journey... not a destination.
Die loodsuur het nog steeds na 5 jaar reg gewek
life is a journey... not a destination.
Batterye is maar 'n duur onderwerp, daarom is dit die moeite werd om daar aan aandag te gee!
My voertuie ry deesdae nie meer so baie nie .... dorp toe en terug (en ons ou dorpie is maar klein, so ek loop partykeer!!) en soms langer afstande as ons gaan kamp of naburige dorpe of stede besoek. Algehele afstand per jaar oorskry selde 7000 km.! (waar ek in my professie dit per maand gedoen het ....)
Dus, laat ek maar my batterye laai met my slimlaaier(s) , veral in die winter as dit so koud is (kom van my Pa se dae af toe hy gereken het batterye moenie koud kry nie)
Die battery in my Touareg (186000 km) is nou 11 jaar oud (ja, ek hoop nie ek roep nou onheil op nie!). Motorfiets is so 5 jaar. Suzuki Jimny 18 maande, maar dit moes vervang word a.g.v. 'n alarm se kortsluiting.
Een ding wat my verbaas is die min kere wat ek vloeistowwe (water of suur) moet byvoeg. Vroeër dae - verbeel ek my - was dit 'n algemene ding? Ek besef dat die moderne batterye "geseël" word, maar tog kan ek die skroef-proppies bo oopmaak. Die Touareg se battery is onder die sitplek en dis 'n proses om daar uit te kom, maar sover is die ding nog werksaam!
Met 11 jaar se diens hoef jy jou nie te bekommer of hy genoeg vloristof in het nie.
Terloops, dit was nooit nodig om suur by te voeg nie, net water. Iemand, ek dink Danie SLA(?) meen dit kan voorfelig wees om selfs met n verseëlde battery die watervlak na te gaan as jy daarby kan uitkom.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het vir 10 jaar op Telkom se krag seksie gewerk. Vir die telefoon sentrales en carrier torusting se nood krag het ons in die begin Lood Suur gebruik en later Gel. Die lass van die toerusting is hoog(600A) maar dit bly by 600A. Die lass is constant.
Ons het altyd net Lood Suur vir die diesel mashiene se aansitters gebruik.
Groete,
Paul
Hooplik sal iemand binnekort afkom op iets anders as Termiese of Elektriese bron van Energie?
Groete,
Paul



