Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22963 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| Joe Stieger | 449 |
| LEEN | 425 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Etosha
Jammer as daar reeds n Etosha-bespreking was.
Was een van julle onlangs na Etosha? Ek wil graag weet wat dit deesdae kos met n karavaan per dag, dag-fooie en voertuig-fooie.
You'll never never know if you never never go
Danie, wil jy bitter graag so vêr sleep na Etosha?
Was julle al in Kgalagadi? Baie nader en baie netjies. Dis Sanpark fooie wat maklik bekombaar is.
Ek wonder skielik of mens gelde reeds betaal vir die verspoelde Kruger kan ruil/verander na enige ander Sanpark.
My broer was die afgelope vakansie daar deur. Ek het hom gevra met Whats App vir die info. Sal dit deur gee as hy dit verskaf.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dankie Wessel, as gevolg van my betrokkenhed by die Buiteburger en Weg was ek al meer as tien keer in die Kgalagadi. Al ons reise na Sentraal Kalahari het deur Nossob plaasgevind. Ek is MAL oor die Kgalagadi.
MAAR, ons het die boswa verkoop en sit nou net met n pad-wa.
Ek was baie jare laas in Etosha. Ek hoor goeie sowel as slegte dinge van Etosha en sal hard dink voordat ek die pad vat. Vanoggend het ek gaan kyk na die moontlikheid van n bespreking. Met die oopmaak van die program verskyn n groot ROOI nota "NO FUEL AVAILABLE IN ETOSHA." So daar flikker die rooi ligte al klaar.
Dagfooie is R300 per couple en R50 per voertuig. Dis nie te erg nie. Vier aande in n kamp kos R1 100-00, wat ook nie sleg is nie. Ek hoor braaiery die paaie is maar eina-eina.
Ja, ons Kruger-bespreking is in geheel verskuif na einde Julie, maar as ek kyk na die hordes foto's wat op die media geplaas word dink ek nie al die af-paadjies en lae-water bruggies gaan reggemaak wees teen dan nie. So ek aanvaar dat ek een van honderdes is wat alternatiewe vakansies beplan.
Terloops, Etosha is ongeveer 150km verder van ons af as die Kruger.

Die brandstof beskikbaarheid is problematies. Ons was nou in Des 2025 op na Terracebaai in die Skedelkus Park. Volgens info is daar brandstof maar beide Terracebaai en Torabaai se brandstof punte is toegemaak. Ons kon eers weer by Hentiesbaai brandstof kry. Ons is ook gesê dat Engen onttrek aan Namibië. Bv die Engen vulstasie suid van Keetmanshoop is nou Shell. Gelukkig was die Wimpy nog daar.
Groete
Ek oorweeg ook Etosha volgende jaar (2027). En vir ons ouens hieronder uit die Kaap uit is daar weinig verskil in afstand tussen Kruger en Etosha. En dan bied Namibië soveel meer as 'n trippie wildtuin toe. As jy met 'n padkaravaan reis dink ek sommer aan:
Lüderitz; Swakop; Henties (as jy soos ek 'n hengelaar is) en dan natuurlik Etosha. Ek is tans besig met ernstige beplanning in my kop vir sodanige trip.
Jammer Danie - ek kan nie antwoord op jou vrae t.o.v. kostes in Etosha nie. Ek sou graag self antwoorde in daardie verband wil hê. Ek verkies Kruger bo Etosha, maar aangesien ek só lanklaas in Etosha was, is dit dalk 'n slag tyd dat ek daar uitkom.