Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22963 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| Joe Stieger | 449 |
| LEEN | 425 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
Edenpark, Naboomspruit/Mookgopong
Ons was die afgelope naweek vir die eerste keer by Edenpark (Naboomspruit/Mookgopong). Dit is die mees fantastiese plek vir rus en vrede vir 'n moeë Gautenger. Alles was skoon, netjies en goed versorgd en die enorme geplaveide staanplekke 'n groot verrassing. Die personeel was vriendelik, bedagsaam en byderhand vir enige hulp of sommer net 'n praatjie. Mens kan in vrede gaan rondstap op die vele wandelpaaie sonder om gepla te word (of amper omgery te word) deur die lawaai van vierwielmotorfietse of enigiets meganies. Die uitleg van die park en staanplekke is duidelik goed deurdenk met die beplanning en bou daarvan, met die kampeerder in gedagte. Die feit dat elke staanplek se braaiplek apart is van die res van die staanplek, help byvoorbeeld om die rook weg van jou wa te hou. Daar is ook klein dingetjies wat Edenpark spesiaal maak soos die skoon private kombuis-en-kleedkamer waar jy 'n persoonlike verwelkomingsbrief kry, met jou naam daarop gedruk. Die pragtige Afrikaanse taalgebruik op alle drukwerk bring mens ook amper 'n traan van nostalgie in die oog. Ons sal defnitief weer en weer soontoe gaan en ek kan die park werklik aanbeveel vir enigiemand wat wil wegkom van die stad se lawaai. Daar is min woonwaparke waar mens nog op 'n Saterdagaand op jou lappieskombers op die grasperk kan gaan lê en in doodse stilte die sterre kan dophou.
Gerhard dankie ver die info hoe lyk hulle tariewe
Dit was R275 per nag (so gevolglik R550 vir die naweek) vir die staanplek met privaat geriewe. Dit sluit dan die staanplek in en oornag vir tot 4 mense maksimum. Dit is seker nie die goedkoopste opsie beskikbaar nie maar elke sent werd.
Gerhard dit klink goed
Baie dankie Gerhard -- ons gaan definitief daar kuier Connie
Hi Willem Ek kamp alreeds vanaf 2003 by Edenpark en het al baie ure saam met Hennie gesit en gesels. Dit is bietjie ver vir my vir 'n gewone kort naweek en kry deesdae nie meer al die tyd om op ander naweke soontoe te gaan nie. Net 'n uitklaring rondom die tariewe: my laaste inligting was dat die 4 mense word getel as Pa, Ma en 2 skoolgaande kinders. Indien dit vier volwassenes is (kinders uit die skool word ook as volwassenes getel), is die eerste twee volwassenes by die basiese tarief ingesluit en jy betaal ekstra vir die ander twee. Die ander dinge het elke keer vir die ongeveer nege kere aanvaar net soos Gerhard dit beskryf het. Lekker kamp!
Wonderlike pragtige plek en het goeie tye daar beleef. Die tariefstruktuur is egter buite verhouding en sal eers weer daarheen gaan wanneer dit aangepas is tot die normale. 'n Kop bly 'n kop. Of dit Pa, Ma, Oupa, Ouma of oom Gert en tant Saar. Die tariefstruktuur van teopassing op "gesinne alleen" is nonsens. Sou jou 18 jarige matriekseun nou minder piepie en stort as oom Gert of tant Saar? Kom ons bly liewer by die realiteite soos om eenvoudig net per kop te hef.



