Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Soek karavaan in Pretoria omgewing
Die bug het my vriend ook nou gebyt, en hy is woes opsoek na n karavaan. Hy is nie noodwendig agter n spesefike model nie. Sy kriteria is die volgende:
1. Eiland bed
2. Groter yskas as die klein yskassies wat in die ou karavane was.
3. Lugversorger
4. Hy het R 60 000.00
Daar is soveel kroeks daar buite en dit maak mens so kwaad! Het julle dalk raad na watter tipe karavaan sal die kriteria volg, die yskas hoef nie standaard te wees nie MAW dit kan n ou karavaan wees met die yskas en aircon wat dan later geinstleer was.
Of waar kan ons aanklop om by iemand wat mens kan vertrou nie jou geld gaan steel nie! Ons soek in die Pretoria omgewing.
Enige raad, of kontakte sal gaaf wees.
Groete
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Andries die raad wat ek kan gee is dat hulle na verskeie karavaanplekke toe moet gaan en gaan kyk wat se wa vir hulle gaan werk.
Daar is verskeie grote waens daar buite almal met dit wat hy soek, maar dis nie al wat mens na moet kyk nie. Hulle het 10 teen 1 al 'n idee van wat hulle saam neem en hoe hulle kamp. Al die derglike goete moet in die wa en sleep voertuig gepak word.
As voorbeeld Is 'n Penta en Palma karavaan dieselfde grote, slaap vier mense maar die Palma is meer geskik vir 'n paartjie van twee pakplek gewys en die Penta maak voorsiening vir 'n paartjie wat ook twee kiddies het.
Laat hulle gaan kyk na watter wa vir hulle sal werk en as hulle sê dat die Fleetline sal puik werk dan help mens makliker soek.
Ander raad is omtrent alle privaat verkopers sal sê dat hulle wa is in 'n puik kondisie. Maar as mens regtig belangstel in 'n spesifieke wa sê vir die verkoper dat hy die wa na 'n handelaar toe moet vat van jou keuse vir 'n inspeksie. As daar niks groot fout is met die wa nie sal jy die inspeksie fooi betaal, as daar wel groot foute is betaal die verkoper die inspeksie fooi. Verder kan daar geonderhandel word oor wie maak die foute reg en of val die verkoper met die prys dan maak jy bv dit reg.
Op die manier word niemand benadeel nie en is die kopie LEGIT.
Intussen sal ek op die uitkyk wees vir enige iets na dit wat hulle vra.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dankie Leon. Goeie raad.
Ek het hom ook gese hy moet solank rigitreer op die site. Klink my sy oog is dalk op n Fleetline.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Ek sien nou hierdie Fleetline xl op facebook vir R45k....lyk nog mooi
https://m.facebook.com/groups/280408643916249/permalink/1284985293458574/?comment_id=1285711426719294&reply_comment_id=1286116966678740
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek weet van 'n 95' Fleetline wat laas maand aan We buy Cars verkoop is. Uitstekende toestand, ek ken die eienaar. Hulle wou bloot net 'n nuwe groot luukse wa aanskaf.
Die ene sal nie houtvrot hê nie
Ek weet van 'n 95' Fleetline wat laas maand aan We buy Cars verkoop is. Uitstekende toestand, ek ken die eienaar. Hulle wou bloot net 'n nuwe groot luukse wa aanskaf.
Die ene sal nie houtvrot hê nie
Mens moet spring vir so 'n wa.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek sien toevallig die Fleetline wat links onder op die bladsy adverteer word, onder "Nuutste Verkope" Die prys het wenkbroue laat rek.
Wel ek was gehap maar kla glad nie... het paar rand aan my Penta spandeer na hy ook blykbaar spotless was... moes nuwe briek dromme kry en dit was 'n paar rand en 'n groot gesukkel om te kry maar selfs die woonwaens wat jy by dealers kry het ook maar sy versteekte foute en jy kry 'n kookwater waarborg... so lank soos jy jou vinger in kookwater kan hou... so lank is die waarborg as iets verkeerd gaan en jy sal aan die kortste ent trek
Ek het nog altyd privaat gegaan en die wa nog meer as R20K onder sy mark waarde met nuwe dromme, bearings, stickers en los konneksies op die een binne lig wat ek moes regmaak..
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Fleet line is baie nice, baie pakplek en reg vir paartjie met 2 x kinders, sleep gemaklik.
Ek het laas ook privaat gekoop, ook 'n winskoop, ou moet net soek.
Fleet line is baie nice, baie pakplek en reg vir paartjie met 2 x kinders, sleep gemaklik.
Ek het laas ook privaat gekoop, ook 'n winskoop, ou moet net soek.
Stem saam. Mens moet soek en geduldig wees. Daai regte wa sal op sy tyd beskikbaar raak.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
My Vriend het toe privaat reggekom. Hy het n 1996 Super Sport gekoop. Ek het nie geweet die later modelle was so ruim nie. Ek hoor wat Theo se, maar joe mens spaar darm baie geld as jy 1. tweedaand koop en 2. Privaat.
Daar sal altyd n paar hickups wees maar as jy jou huiswerk goed doen is dit hopelik minimaal. Groot probleme soos houtvrot en suspensie is seker na my mening die 2 grootste gevare, en mens kan dit darm met deeglike ondersoek identiviseer. Ook as jy hom dalk voor jy koop laat ondersoek en by n handelaar laat check voor jy koop soos Leon genoem het.
My pel het vinnig gekoop en die wa lyk mooi so ek hoop hy was nie te haastig nie, maar so ver lyk dinge goed. Ek sal hopelik in April sy karavaan kan sien.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Mooi man ek is opgewonde vir hulle. Dit is altyd 'n great gevoel om daai wa in jou erf in te trek.
Nou begin die mooi maak. Die polish. Die verpersoonliking om die wa te kry soos jy hom wil hê.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ja nee Leon, daai gevoel van jou eie wa op jou efr trek is darm ongelooflik! Hulle het sommer van na die koop gehaak en gaan kamp naby hullle huis. Die wa is so mooi opgepas ek kan nie glo die absolute "bargain" wat hulle gekoop het nie. Ek en hy is nou heeltyd op die foon en ruil stories man dis lekker! Hy gaan die wa more deur die toets sit en die res van die week was, polish en sommer net speel. Maar moet se die wa lyk of hy gister van die vloer af gekom het. Enigste ding wat hy opgetel het was die water pompie in die water drom in die nosecone is het af gebreek. Die tuinslang daaraan is al baie hard. Hy sal dit nou binne kort vervang, ek sien hulle kos so tussen R400.00 en 600.00.
Is n vistenk pyp nie beter as n tuinslang nie?
Ek gaan hom die week op die site kry dat hy almal hier sy vrae kan stel en kamp ervaringe deel.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Andries ek het dit verkies dat die pyp wat in die waterkan aan die pompie vas is 'n deurskynende een is. Vistank pyp kleur soos jy sê. Die rede vir dit is die water bly 'n redelike tyd in die pyp en as daar alge aanpak dan sien jy dit onmiddelik as jy die kan weer vol water maak.
Met tuinslang gaan jy eers agter kom die alge is daar as die water wat by die kraan uitkom 'n klankie het soos permanente tank instalasies. Gelukkig bly die waterkan altyd skoon want mens was dit uit as jy hom volmaak.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Thanks Leon!! Ek het gedink dit sal n goeie idee wees. Hy sal net die pyp mooi moet lei dat hy nie toe knyp nie.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Goeie More Hy moet die silicon pyp koop (Aquarium Pyp), hou baie langer en word nie hard en knak ook glad nie.
en jy kry dit in swart.. geen alg kan daar groei.. hopelik
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night



