Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Sleep motor
Ek het al so bietjie bespreek oor my kar waarmee ons huidiglik sleep. Die is nou my 2011 Kia Sportage 2.0 petrol AWD 196 000 km op die klok. Lieflike motor, geen probleme nie en maklik om aan te werk. Sy is maar pap in die broek met wegtrek, en as ek sleep moet ek gladnie op n bult wegtrek nie, ek brand letterlik daai clutch laat hy goed ruik. My algemene pad met ons wa is N4 na Maleane hek toe, en daai lang bulte is ek in 2e rat 60km per uur.
Dit is nie net frustreerend nie maar ek kry ook die kar jammer. Ons het besluit om dalk nou te begin soek na n motor om die Kia mee te vervang, ons gaan probeer kyk om dit dan nou sommer dalk ons laaste tou motor sal wees so soek iets nie te oud nie met lae kilos. Maar ons wil nie speel nie. Ek sal maar afbtaal op maks om te kan bekostig want dit is maar duur. So ons kyk na die volgende en wonder net wat julle opinies is oor ons denke. Klink baie na n "mid-life -crises" koop maar ons dink regtig oop kop en het nog nie finaal besluit nie.
Ons nommer 1 op die stadium is dalk n 2019 Volkswagen 2.0 diesel Transporter: Spasie, Krag, brandstof verbruik nie te sleg nie en sit lekker hoog, sou ons by die kinders in die kaap kuier is die rit lekker met die spasie en daar onder kan ons almal in een kar gaan wyn proe. Die versekerings mense se my die diefstal risiko op die motors is weglaatbaar klein (nogals verras) - Hoe sleep die oudjies? Hulle krag is 110KW en Torque is 340Nm.
Ander motors sal wees: Fortuner - Diefstal en Highjack...? 2. Ford Everest? Ek het begin kyk na die Isuzu MU-x maar lees die voorste suspensie op daai kar is ongelooflik onbetroubaar en te swak for die groote en gewig van die kar. Sy Knukkles, stabiliserlink lowercontrol arms en CV's moet gereeld vervang word en Isuzu gee geen genade met re-calls nie.
Wat is julle denke oor n kombi vir 2 oumense of is daar beter alternatiewe wat ek kan gaan uitken en oplees.
Ps. Groot vir my met die kombi is mens kan maklik in die kombi stop en agtertoe beweek as jy iets aan die anderkant van die motor wil sien, dis nou in die wildtuin 😉.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Dries, ek los die ingeligte kommentare aan die slim mense, maar ai my keuse sou los hande daai Volksie bussie wees. Het een gehad, sleep soos 'n droom en spasie vir afrika.
Ek het nie ondervinding van die spesifieke Kombi nie maar het amper dertig jaar n Sprite Supersport met n 2.1L Kombi gesleep. Hy het maar 82Kw ontwikkel en 174Nm wrinkrag teen 2700 opm ontwikkel maar heel goed gesleep.Hy was iwel erwat dorstig maar dis n groot voertuig. Sy sleepverbruik teen n maksimum van 90 tot 100 kpu was egter maar min hoër as alleen ry teen 120. Dit was waarskynlik omdat die groot bakwerk grootliks windweerstand van die karavaan afgekeer het.
Jou 110Kw klink min maar met sleep is dit wringkrag wat brlangrit is en 340Nm is baie. Al die ander voordele wat jy noem kan ek bevestig. Ons het ook die Kombi liggies omskep om sonder die karavaan as camper gebruik is. Hy het ook verskeie groot vragte vr die kindrrs vervoer as hulle getrek het en vir ons self ook oor lang afstande. Dan is VW ook n baie betroubare kwaliteit voertuig. As die betrokke voertuig in n goeie toestand is sou ek sê dis verreweg die beste keuse tussen die wat jy noem
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja nee, my kop gaan heeltyd terug na die kombi opsie. Het vanoggend met n kollega se Isuzu Mu-x gery, die rit is net nie soos die kombi nie, so my hart brand vir hom.
Die kombi waarna ek kyk is ook iemand wat ek ken, en hy is nie haastig nie so ek kan maar nog so bietjie spaar. Maar al moet ek n bank beroof dink ek nie ek moet dit laat verby gaan nie. Dit is n 2019 transporter 2.0 TDI. Dis n ou omie wat kyk om na n ouetehuis te gaan en nie meer self bestuur nie. Dalk nog eers June volgende jaar. Hy ry basies net Kerk toe en winker toe, so hy het net 20 000Km op en ruik nog nuut, sonder n skrapie! regtig n bargain moet net die bargain se geld by mekaar skraap...
Wou net kyk of daar ander opsies is om te oorweeg, soos ek se dink dit sal ons laaste "sleep kar " wees.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Dit klink soos n uitstekende kopie. Is dit n 10 sitplek of n paneelwa?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Daai Kombi behoort jou wat met 340Nm gemaklik te sleep. Enige iets groter sleep sal ek self nie aanbeveel nie. Die mahindra Tipper wat ek gehad het, het die Exclusive met dieselfde wringkrag gesleep maar hy het hard gewerk om dit te doen.
Die kombi is 'n lekker gesin motor maar my bekommernis is hoeveel keer 'n maand kom die familie vir jou kuier waar julle almal saam moet ry?
Ek sou aanraai koop die voertuig vir jou en ma se gebruik die ander moet vir hul self sorg al kom hulle kuier. Ek het jare lank dubbel kajuit gekoop vir as die kinders kom kuier. Ek ry nou 'n Super cab sodat ek lekker pak spasie het en bietjie ruimte binne die Tipper.
My kinders het hulle eie SUV en double Cab 's
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dit is die 10 sitplek. N properse kombi nie n paneel wa nie.
Nee wat die kinders bly in die Kaap, hulle stel gladnie belang om pretoria toe te ry nie. Ons gaan elke desember af Kaap toe en stop by al die klein dorpies, Roadtrip. Ry so 5 dae af kuier n week en drie dae op.
My grootste trek pleister vir die Kombi in die Wildtuin, ek dink hy sit die hoogste, ry gemaklik goeie brandstof verbruik en om in die kombi te kan beweeg van voor na agter. 😁!!
En net die tipe kilos op n kar so oud, wen jy n paar rand want die jaar model bepaal grootliks die prys. Karre van 2019 is almal 100K plus met n paar net bo 80K so 20K is hoender tande se moses.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
'n Bakkie sal nie noodwendig ligter op brandstof wees nie en die spasie is natuurlik nie eers naastenby gelyk aan die Kombi s'n nie. Ek moes 'n paar jaar gelede met 'n nuwe Ford bakkie ry toe ons vorige Kuga vir groot werk in was, en die bakkie het inderdaad heelwat meer petrol gebruik as ons Kombi onder soortgelyke omstandighede. Ons het ook gereeld met die Kombi Kruger toe gegaan en sommer in die Kombi piekniek gehou onder 'n koelteboom as ons nie by 'n piekniekplek kom uitkom nie. Ons huidige Peugeot 3008 (asook die vorige Kuga) is baie meer gesofistikeerd as die Kombi, maar op plekke soos 'n wildreservaat en as ons by die kinders is, mis ons steeds ons Kombi hoewel ons reds sowat tien jaar gelede van hom moes afskeid neem. Hy het karakter soos min ander voertuie. Dit is ook nie moontlik om 'n behoorlike slaapplek in die Peugeot in te rig soos in die Kombi nie. Ek weet nie hoe die nuwe een werk nie, maar ons s'n kon in 'n behoorlike dubbelbed ingerig word wat dit baie geskik gemaak het om te kamp op plekke waar ons nie met die karavaan kon kom nie.Dis'n lekker voertuig met ekstras. Om as 'n groter gesin saam te ry, is heerlik maar dit is beslis nie die belangrikste voordeel nie.
Ons het vir jare aan SAWA behoort en om die kampvuur was daar gereeld besprekings oor die meriete van verskillende sleepvoertuie en gewoonlik het almal saamgestem, ook die bakkiemense, dat die Kombi tops was. Bakkies was toe nie so kragtig soos huidiglik nie so hulle het nie juis met krag gewen nie.
Laat weet wat jy uiteindelik besluit het. Moenie dat ons jou beïnvloed nie, elkeen het maar sy eie voorkeure.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dit is die 10 sitplek. N properse kombi nie n paneel wa nie.
Nee wat die kinders bly in die Kaap, hulle stel gladnie belang om pretoria toe te ry nie. Ons gaan elke desember af Kaap toe en stop by al die klein dorpies, Roadtrip. Ry so 5 dae af kuier n week en drie dae op.
My grootste trek pleister vir die Kombi in die Wildtuin, ek dink hy sit die hoogste, ry gemaklik goeie brandstof verbruik en om in die kombi te kan beweeg van voor na agter. 😁!!
En net die tipe kilos op n kar so oud, wen jy n paar rand want die jaar model bepaal grootliks die prys. Karre van 2019 is almal 100K plus met n paar net bo 80K so 20K is hoender tande se moses.
Jy moet hom geniet. Dit bly 'n baie lekker voertuig om te ry.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dankie vir al die insette. Kyk my hart is nog al die tyd Kombi. Ek wou graag hoor wat julle almal se. Ek sal beslis julle laat weet hoe dinge verloop. Ek het vandag deur n vriend die vin nommer deur Volkswagen laat hardloop, enigste werk aan die kar was n voorruit wat vervang is en geen ongeluk herstle werk op die VIN nie. Maar ek ken ook darm die mense sy seun is my buurman, so ek weet die kar is in n baie goeie kondisie.
Ek sal laat weet hoe dinge verloop, en wie weet dalk nog n foto of twee as nuwe eienaar in die nabye toekoms.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Ek, ek self kyk na ander voertuig vroeg volgende jaar want my Ford Bantam waarmee ek werk is nou klaar (seker die spoed) 😂 ek sal maar die DC Foton vat as werks voertuig... sal maar altyd bakkie oorweeg omdat die pak spasie baie meer is agter op die bak en die honde daar kan ry, maar met daai kilos op die kombi sal ek dit defnitief koop as ek jy is
Die hoogte van die bus help baie met sleep omdat die bus al die wind bo-oor die woonwa gooi.
Ek het gesleep toe my Volvo afgeskryf was met 'n 2.2 Hiace panelvan (ook afgeskryf) af see toe en geen probleme ondervind selfs met die opdraendes
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Ek, ek self kyk na ander voertuig vroeg volgende jaar want my Ford Bantam waarmee ek werk is nou klaar (seker die spoed) 😂 ek sal maar die DC Foton vat as werks voertuig... sal maar altyd bakkie oorweeg omdat die pak spasie baie meer is agter op die bak en die honde daar kan ry, maar met daai kilos op die kombi sal ek dit defnitief koop as ek jy is
Die hoogte van die bus help baie met sleep omdat die bus al die wind bo-oor die woonwa gooi.
Ek het gesleep toe my Volvo afgeskryf was met 'n 2.2 Hiace panelvan (ook afgeskryf) af see toe en geen probleme ondervind selfs met die opdraendes
Die voertuie wat jy al afgeskryf het was seker .g.v. spoed...te vinnig of te stadig. LOL
Moeg geploeg.
Die voertuie wat jy al afgeskryf het was seker .g.v. spoed...te vinnig of te stadig. LOL
Presies... Al 2 het stl gestaan ... Speed Kills so get out of the way 🤣
Nog nooit 'n kar verloor as gevolg van spoed
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Sal BESLIS die VW Kombi voorstel. Nou nie dat ek al met so 'n motor gesleep het nie, maar darem goeie ondervinding gekry deur met Kombi's te ry en te bestuur. En daardie enjin se wringkrag ... uiters goed.
Dit laat my terugdink aan ons jong dae.....
Jare gelede het 'n vriend van my 'n Kombi gehad met 'n 1500 cc enjin in. Ons was vier jong mans wat partymaal Mosambiek toe gery het om die motorwedrenne daar te gaan bywoon (nou gee ek my ouderdom weg!!)
Die Kombi het net die twee sitplekke voor gehad en dan die bank sitplek agter. Sydney (vriend) het 'n primus stofie gehad waarop hy dan ontbyt gemaak het - terwyl ons gery het wil jy glo!!!. Daardie gebakte eiers en spek reuk het daardie motortjie gevul. Dan het ons drie geëet en later sou Sydney by Sybrand (bynaam Syp) die bestuur oorneem - in die ry .... (was 'n ding om te sien hoe die een agter om die bestuurder verby skuif sonder om spoed te verloor) ... waarop Syp dan kon eet. Koffie was ook bedien in die Kombi op die manier.
As ons vandag so iets sou waag sou ons sekerlik gekruisig word, maar daardie dae was dit groot pret, en met die Genade van Bo het ons daarmee weggekom!!
Seker omdat daardie Kombis so min krag gehad het. As julle sou stop om om te ruil, sou dit 15 minute neem om weer op spoed te kom, so 80kpu op n effense afdraende🤨. Ek ken hulle, dis van die eerste voertuie war ek bestuur het. Bietjie dwarswind en jy moes stoei om hom op die pad te hou. Egter baie karakter.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven



