Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Ouderdom en karavaan rond stoot.
Ek is gedurende die oorlog gebore, wat ongetwyfeld die rede moet wees waarom ek nie meer die krag het om ons karavaan rond te stoot nie, veral nie as die voorwielietjie die sand in ploeg nie.
My dokter sê daar is nou 'n spesiale saal in die hospitaal vir ouer mense wat karavane rond stoot en op lere klim. Hy sê toe ek is 'n kanidaat om daar te gaan lê.
Ek neem ons karavaan more in om movers te laat installeer. Dit is blykbaar goedkoper as om vir 'n lang naweek in die hospitaal te oornag.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.
Pieter, daai is die beste ding na gesnyde brood. Jy kan in jou kampstoel sit en die wa menoevre. Die jockey kan nog in sagte sand inwurg, maar daar is ook maniere om dit te vergemaklik. jy kry n dubbelwiel wat jy jou jockeywiel opsit om dit te teenvoeter, Geert verkoop van hulle. Vir nou help ek hom net so bietjie met die hand.
Ek het ook n 19mm socket op n treaded rod (so 400mm lank) en n klein INGCO boor gekoop om steadies af te draai en weer op te draai.
Ek is besig om aan n gadget te werk om die steadies ook met n remote te laat werk. Ek klink seker na n luigat, maar ek hou van sulke gadgets om mens se lewe maklik te maak, veral op jou oudag, mans kan darm jou kamptyd verleng. Daar is wel sulke toebehore maar kos n plaas se geld, so ek wil sommer my eie bewerkstellig.
Sterkte, maar dis die regte stappe wat jy nou doen. In my opinie is die Ewiks seker die een wat mens se sak die beste pas.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Good idea Pieter.
Also a mat or two for the jockey wheel on sand...if it buries itself.
Long may you continue camping.
Living the dream
Ek stoot maar nogsteeds... dis in elk geval al stoot wat ek kry op my ouderdom 😆
Op 'n ernstiger noot... ek stoot die woonwa met die bakkie tot waar ek hom soek... baie goedkoper vir arm mense soos ek... My rylaan bietjie skeef so die woonwa moet tot in die motorhuis 3/4 van die lengte ingestoot word met die bakkie... 60mm clearance aan elke kant, dan kan ek hom afhaak en net laat terug rol
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Dink dis darem meer as 60 mm maar steeds 'n tight fit

Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Movers het my kampeer lewe ook al baie makliker gemaak. Ek het egter groot skoolgelde betaal met ingevoerde movers. Tans Ewiks op en baie tevrede....parte lokaal beskikbaar en diens puik.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Theo daai is baie tight! Seker n redelike storie om hom mooi te laat pas.
Kyk daar is ouens wat kan reverse, Theo ek dink jy i een van hulle. Ek is nou een van die andremanne. Ek kan myself so bietjie help in trurat maar raak maar nog so bietjie deurmekaar in tight spots. Ek het ook besluit ons gaan die Raven hou tot in ons karavaan aftree dae, so terwyl ek nog werk, moet ek maar dinge laat doen om later op my oudag nie met ’n uitrug te sit nie.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Dis makliker om die karavaan in 'n nou ruimte in te stoot met 'n sleephaak voor op die sleepvoertuig. Moet egter nie die haak in die middel voor plaas nie. As jy dit na links plaas so dat jy die kant van die karavaan van die stuurwiel af kan sien, en jou vrou aan die linkerkan van die sleepvoertuig staan en jou rig, is dit heel maklik. Ek het dit so gedoen met my Kombi en Sprite Supersport vir baie jare.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Hi Fred, daai kan ek ook nie doen nie, maar driveway... een kant is 'n Boom, anderkant is die bedding so daar is nie plek vir off centre
Ek mis huidiglik die boom met 10 cm en dan behoort die woonwa reguit in te gaan solank my lyn reg is
Die boom en die bedding is die volgende goed wat uitgehaal word sodat ek meer plaveisel kan neersit sodat dit my bietjie meer draai spasie sal gee... Dis die werk vir die winter.
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Jy het duidelik 'n moeilike situasie. Ek dink egter selfs met die haak in die middelvoor geplaas kan dit makliker wees as om agteruit te stoot. Jy kan dan steeds nie sien waar jy gaan nie maar minstens is die links en regs swaai van die karavaan logies.
Ek het ook my opset gebruik om die karavaan reg te stoot waar ons gekamp het
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Maklikste manier om terug te stoot met 'n woonwa, jy weet presies waarheen hy gaan

Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Ek dink dis maar die standaard manier om die ding te hanteer maar maklik is dit ook beslis nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Wag tot jy 'n Interlink moet probeer agteruit kry... daai kan nogal moeilik raak want jy moet 2 trailers gelyk dophou... kon dit doen paar jaar terug maar dink dit gaan nou paar probeer slae kos
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Movers is die oplossing.
Ek verkies nog steeds om met die car die wa te positioneer. Dit is selde nodig om die movers te gebruik.
Ons stoot nooit die Exclusive met die hand nie.
Groete,
Paul
Jy kan nie so 'n groot wa stoot al wil jy, dis hoekom ons leer reverse het met 'n sleepwa.
My Oorlede Pa het ons nog gevat na die asgate in Valhalla toe die Qarry nog 'n gat was, met die sleepwa vol tuinvuilgoed, jy ry van die hek af in... Jy mag nie afhaak en stoot dan het jou been gebrand en selfs as jy geknak het.
Dan natuurlik weer gebrand as jy te vinnig wegetrek het in die sand, was lekker... daai tyd Cortina XR6 gery en hy kon nogal spin... Baie kere aspris so die klap op my bo been was die moeite werk
Goeie Memories 1981
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Ek het in 2009 as ek reg onthou vir my Penta Movers laat installeer want ek was in 'n soortgelyke situasie as Theo om die wa op sy plek te kry. Sedert dien het ek besluit ek koop nooit weer 'n karavaan sonder "movers" op nie.
Ja ek plaas die wa so na as moontlik met die voertuig en dan kan ma die wa skuif net waar en hoe sy hom wil hê met die mover.
Terug by die huis moet ek die wa so 40m tussen die ander eenhede van die kompleks terug stoot tot naby aan die afdak en hek. Ek kyk net in die spieels en trukamera en draai die stuurwiel na die kant toe wat die wa 'n "fout" maak.
Laaste 8m vat die mover die wa tot op sy slaap plek met 'n skerp draai deur 'n hek onder die dak in. Nee wat al koop ek 'n Sherpa Tiny sit ek mover op.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek het oorweeg om movers aan die Skipper te sit en gevind dis nie moontlik nie. Op 'n gelyk oppervlakte kan ek die klein karavaantjie self stoot maar selfs 'n effense opdraende maak dit onmoontlik op my ouderdom. By ons huis in Pietersburg was daar 'n skotige opdraende tot binne die garage met nog 'n effense draai vooraf. Dit was onmoontlik om die wa met die sleepvoertuig in te stoot. Ek het 'n ligte Adendorff windas gebruik. Vroutje het die knoppies gedruk en ek het die disselboon gemanipuleer. Ek het 'n stiwige hegpunt agter aan die karavaan aangebring. Met ons vorige Sprite Supersport wat in 'n ander garage gehuisves is en met ons destydse Kombi het ek dit maklik ingestoot met 'n haak vooraan soos hierbo beskryf.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Pontius, ek moet nog die "hand onder" tegniek gebruik. Ek vat maar stuur bo en doen dit verkeerdom.
Stoot ook maar die Kavango met trokkie waar ek dit wil hê. Dan het ek 'n elektiese neuswiel wat, indien nodig, gebruik word om laaste plasing, of omdraai op staanplek te doen.
My oorleede Pa het geweier om movers op sy Sprite Splash te sit. Hy het ge sê dit kos meer as wat die woonwa werd is. Nou ja hy het vroeg opgehou met woonwa kamp.
Groete,
Paul
Ek het sopas tuis gekom met die karavaan en sy nuwe stel Ewiks movers.
Dit was nou regtig 'n plesier om die karavaan sommer van die sypaadjie af tot by sy slaapplek te "bestuur"
Die twee klein motortjies is darem baie raserig. Mens sou kon sweer hulle murmureer!
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.
Ja nee, movers is beter as stoot Theo, ek belowe. 🤣
Die mowers is raserig, ek weet Ewiks verkoop nou n stel wat automaties tot teen die wiel druk en dan is hy boonop ook doodstil, maar hy kos BAIE meer as die raserige en "manual engaging" model. Die raserige een is na my meening perfek. Jy stoot die wa soos julle se tot naby met die motor en dan raas jy nou maar vir so 3 minute, maar mamma is heel gelukkig dat hy reguit staan.
My wa se huis se paadjie is tussen deur 2 groot bome. Ek moet regs draai, dan links, en dit is onmoontlik om met sleep daardeur te kom. so dis of manual of movers. My wa is lig, 1000 kg, maar ek kan hom nie stoot of trek nie.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad



