Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Onetiese hengelaars
Die onderwerp is al voorheen bespreek maar optredes van die mense het my weereens hier op Stilbaai oor die mense se etiek laat wonder. Dit is sekerlik nie algemeen nie maar sommige hengelaars gooi darem regtig naam weg.
In n rotspoel by Jongensfontein waar kinders ook speel is n klomp viskoppe, waarskynlik na die vangs sommer daar skoongemaak is, gegooi. Dis n redelik stagnante poel wat waarskynlik net met springety nuwe water kry en nou is dit net daar gestort om te verrot.
In die vlei by die riviermonding pomp hengelasrs op groot skaal modderkrewels vir aas uit. Hoeveel hulle nodig het en hoeveel visse hulle daarmee vang weet ek nie, maar dis nie my klagte nie. Vanmiddag vind ons n hele klomp van die dooie kreweltjies uitgegooi, seker 30 of 40. As die hengelaar hulle in water gehou het kon hy waarskynlik hulle vrygelaat het, maar waarom sou meneer nou moeite doen? Niks is in oneindige hoeveelhede beskikbaar nie en nie bron van aas kan ook uitgeput raak.
Op die rotse by n strand by Ballito is dit gereeld so stink van die visreste wat net daar op die rotse gelaat word en verrot dat ander mense dit uiters onaangenaam vind om daar te kom.
Ek vermoed dit is dalk binnenanders wat nie die etiek van hengel geleer het nie maar Desembers probeer visse vang wat die sondaars is maar vir my en seker ander mense wat nie hengel nie, skep dit maar n swak indruk van hengelaars.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek wonder nou net of sulke mense uitkamp en hulle honde saamneem. Ek wed hulle sal optree soos Bob (Oumens) in n ander draad beskryf.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Jy raak 'n saak aan wat vir my as hengelaar dwars in die krop steek. Deesdae hengel ek net soms langs Hentiesbaai se kus. Ek het 'n broertjie dood aan morsige, onnadenkende hengelaars. Ek spandeer soms meer tyd om sulke hengelaars (ek wil hulle eintlik nie hengelaars noem nie) se gemors op te ruim. Stukke vislyn en gebruikte plastieksakke waarin aas was, lê oral rond. Ons ry 'n swartsak saam om ons eie afvalprodukte, maar veral ander hengelaars se gemors, in te gooi.
Kyk ek self is 'n hengelaar, maar het al reeds jare terug besluit dat ek net kunsaas gebruik. Dit is regtig jammer dat mense hul gemors netso agter laat.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Wat ek by Ballito gesien het is meestal die Local manne / hengelaars wat die biskoppe en aas en rommel agterlaat.
Mede kamper het van die manne aangespreek oor die gemors en toe antwoord hulle dat hulle kos vir die voëls los. Weet nie watter voëls nie want by Ballito is daar nie eintlik meeue / seevoëls Nie.
Wat ek by Ballito gesien het is meestal die Local manne / hengelaars wat die biskoppe en aas en rommel agterlaat.
Mede kamper het van die manne aangespreek oor die gemors en toe antwoord hulle dat hulle kos vir die voëls los. Weet nie watter voëls nie want by Ballito is daar nie eintlik meeue / seevoëls Nie.
Ook al gesien op daai rotse voor The Boulders woonstelle. Maar voëls eet nie ou vislyn en soms bierblikke nie.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dis nou sommer twak wat die blikskottels vinnig uitgedink het omdat hulle in n verleentheid was. En nie n slim verskoning nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Hierdie is n moeilik topic. Dit is onverskoonbaar wanneer iemand vis skoonmaak op n plek waar die branders nie die gemors kan wegwas tydens hoogwater nie. Dan word dit n stink nes waar besoekers liewer wil wgbly.
MAAR, daar kom tye wanneer jy vis vang op n afgeleë plek op rotse waar basies NET hengelaars kan kom. Gewoonlik grens die seevoëls op sulke plekke as n verpesting. Om dan visderms in die see te gooi of selfs op die rots (tydens laagwater) te los is basies nie n probleem nie .... die voëls maak daai area splinternuur weer skoon. Visderms wat van n boot af gegooi word lok gou-gou voëls en ander groot-vis en word gewoonlik binne n oomblik ook deur robbbe opgevreet.
Aan die einde van die dag kom dit bloot op common sense neer. Jy sal altyd n mors-jors-gat hê en altyd opgevoede mense hê.
You'll never never know if you never never go



