Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22988 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18433 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6702 |
| BrianB | 5935 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3710 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1423 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 674 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 462 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 312 |
| Grompie | 311 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Ad Rem | 188 |
| Driesvan | 186 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
Maak van Jockey Carrier
Het uit eindelik my goed by mekaar. So die naweek bou ek 'n nuwe Jockey Carrier vir my wa.
Daar was twee forum lede wat hulle goed ook by mekaar het. Kontak my op 0 agt 2 88 nil 174 een as julle reg is om dit aan mekaar te sit.
Sa oggend so vroeg as moontlik
My huis in PTA noord
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Bring ook die ondergedeelte van jou karavaan se Jockey wiel saam. Net om seker te maak hy pas as ons hom aanmekaar sit.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
My jockey carrier is klaar. Chris het laat weet syne is klaar. So daar is nog een persoon wat nog moet maak.
Vir 'n Sensation eienaar wat dalk belang stel. Ek het n klaargemaakte jockey carrier te koop. R375 onderhandelbaar. Sal môre foto op sit
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Hier is die foto soos belowe.



Kyk na die verskil in die Jockey wiele se vurke. Die brons kleur een is BPW karavaan onderstel Jockey wiele en die swart een voor die oorspronklike Jurgens en CI se onderstel Jockey wiele.
Vir die Sensation eienaars die brons Jockey Carrier se prys is onderhandelbaar as jy vir my 2 ou jockey wiel vurke soos in die swart voorbeeld kan bring sal ek jou ruil.
Ek wil nog een maak van die voorste voorbeeld.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dit lyk baie goed gemaak en baie mooi Leon.
Just brought this topic forward.
The three wheels prevent the Jockey from dipping into the soft sand, even works better over loose gravel and protect the proper soft lawn on a nice stand.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon, het jy al die drie wiel jockey getoets in die sand?
Met die mover op my wa is die grootste probleem sand want die een wiel jockey sak maklik weg en selfs by Drakensville in Desember het ons bietjie nat grond gehad en gesukel.
Het by Alco vir my die drie wiel jockey gekoop maar nog nie gebruik nie.
Leon, het jy al die drie wiel jockey getoets in die sand?
Met die mover op my wa is die grootste probleem sand want die een wiel jockey sak maklik weg en selfs by Drakensville in Desember het ons bietjie nat grond gehad en gesukel.
Het by Alco vir my die drie wiel jockey gekoop maar nog nie gebruik nie.
Dit werk heel goed want die neus gewig word versprei oor die drie wiele. As die sand so sag is soos op 'n strand kry jy steeds opdraende maar dit gaan makliker as net die een ou wieletjie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Jan, ek kan bevestig dat die Jockey Carrier (Leon se patent) puik werk dik gras, los sand en nat grond/sand. Die was draai baie maklik en mover trek nie swaar nie. Het hom al by die kus ook sonder enige probleme gebruik.
Ek weet nie of die 3 wiel wat Alko verkoop net so suksesvol gaan wees nie. Die Jockey Carrier se middel wiel loop sowat 8mm hoër as die buitenste twee.
Dankie Leon en Chris. Sal ook die raad neem wat iemand hier iewers genoem het van Ma agter in die wa te laai om neus bietjie te lig. ![]()
Jan,jy soek nou diep moeilikheid,as ma jou planne hoor, wil ek nie naby wees nie
Ja ek kan hoor hoe gil Elmarie " Jan MEYER".......HaHaHa
Ek het in Maart vanjaar vir my Fleetline n 3 wiel Jockey by Campworld gekoop. Dit is die een wat met die "wing nut" vaskom. Dit was gedoen omdat die Fleetline se movers die enkelwiel breek. Die 3 wiel het seker net so 4 keer gewerk en ook net op harde grond of plaveisel. Vanoggend het ek hom afgehaal om n "bracket" te maak soos om Jeep gemaak het om die 3 wiele op die disselboom te dra terwyl ek ry. Toe ek die 3 wiele in my hand het merk ek dat die rubber gedeelte op die een buitenste "staal rim" reeds los is. Is dit maar normaal of het ek weer my vasgeloop. Indien dit nie normaal is nie, wat doen ek nou en waarmee vervang ek die wiele? Ons is Woensdag op pad om te gaan blomme kyk en wil nie daar gestrand wees nie. Miskien jaag ek net spoke op,maar ek sal gemoedsrus waardeer of andersins sal ek gou moet plan maak.
Die uitdaging met die drie wiele langs mekaar is maar net dat jy die "Checkers trollie" effek verloor en dit maak dat die buite wiele les op sê. Hulle help wel die gewig dra maak nie fout nie, maar die buite wiele het erg wrywing met die draai in verskeie rigtings.
Met die jockey carrier is die buite wiele se aste ongeveer 20mm agter die as van die middel wiel as jy hom neer laat. So behou jy die trollie wiel effek.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek is bekommerd oor die feit dat jy sê jy die wiele breek.
Ek dink voorwaar jou neusgewig is baie swaar. Ek het movers op my Penta, Classique en nou die groot Maia èn het gesien die jockey wiel kry swaar maar nooit hulle gebreek nie.
Was maar die rede vir die ontwerp van die Jockey Carrier.
Die Sensation se Jockey wiel opset is by vere die swakste patent wat ek nog gesien het. Ten spyte van dit en dat hy harder werk as my vorige karavane hou daai simpel pennetjie wat die jockey wiel as vasknyp heel goed.
Ek dink dis agv die gemak waarmee die carrier stap. Dik gras, sand en gruis klippies
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon miskien het ek myself swak uitgedruk om te se die Jockeywiel het gebreek. Ek het na die enkelwiel verwys wat nie gehou het met die mover nie. Die driewiel se rubber gedeelte op die een buitenste wiel is nou los op sy rim en dit is wat my bekommer. Die ander 2 wiele makeer nog niks. Wonder of dit nie n swak wiel was nie. Ek dink daaraan om die los wiel na die middel te skuif en die middel een wat se rubber gedeelte nog styf sit na die kant te skuif. My neusgewig is normaal en ek glo dit is as gevolg van wrywing wat die rubber losgekom het. Die driewiel se wiele is klein in teenstelling met jou patent wat ek glo baie beter sal doen.
Leon miskien het ek myself swak uitgedruk om te se die Jockeywiel het gebreek. Ek het na die enkelwiel verwys wat nie gehou het met die mover nie. Die driewiel se rubber gedeelte op die een buitenste wiel is nou los op sy rim en dit is wat my bekommer. Die ander 2 wiele makeer nog niks. Wonder of dit nie n swak wiel was nie. Ek dink daaraan om die los wiel na die middel te skuif en die middel een wat se rubber gedeelte nog styf sit na die kant te skuif. My neusgewig is normaal en ek glo dit is as gevolg van wrywing wat die rubber losgekom het. Die driewiel se wiele is klein in teenstelling met jou patent wat ek glo baie beter sal doen.
Ja dit was seker maar 'n enkele swak plek. Sal seker help as jy hulle wissel.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek het vanmiddag die wiele losgemaak. Die een kant se wiel se rubber is heeltemal los van die "rim" af. Dit is beslis n fabrieksfout. Ek het hom intussen na die middel geskuif. Die ander 2 makeer niks. Eienaardig genoeg is dit ook die enigste een van die drie wat se loopvlak (riffels) ook omtrent afgeloop is terwyl die ander 2 se loopvlak nog mooi is. Dit versterk my vermoede dat daar fout met daardie wiel se rubber samestelling moet wees.
Ek sal kyk of ek n ander wiel los kan kry en dan net hom vervang. Ek het ook my "bracket" gemaak en op die disselboom vasgemaak soos wat oom Jeep in die ander draad gewys het. Dit het pragtig uitgekom en lyk of dit so hoort. Die drie wiele pas soos n handskoen onderstebo daarin en het nou n permanente plek.
Ek was toe vandag hier by ons CI handelaar. Ek en die eienaar Stan ken mekaar redelik goed. Hy kon ook nie glo wat met my wiel gebeur het nie. Gelukkig het hy vir my n nuwe een gehad. Toe ek hom vat toe sien ek die loopvlak van die nuwe wiel is op die naat oopgebars. Die tweede een is los op die rim net soos myne tans is. Die derde een het hy van n nuwe kompleet Jockey afgehaal en hy was reg. Dit is toe dat hy my vertel dat Alko, wat die wiele maak ,die besigheid verkoop het aan n nuwe maatskappy met n naam soos Tecsa of so iets. Alko word glo baie geld geskuld en dit het die maatskappy onder druk geplaas. Tecsa het ook van die ou takke gesluit...oa die een hier in Pinetown. Hy is nie seker nie maar dit lyk asof die naam ook gaan verander. Daar loop stories rond dat selfs Campworld n nuwe eienaar kry. Volgens Stan sukkel die handelaars baie om onderdele uit hulle en Jurgens te kry. Jurgens antwoord blykbaar ook nie hulle fone nie.
Is daar n slang in die gras of is dit maar net stories wat sonder meriete rondloop. Ek is nietemin bly dat my wiel beslis lyk soos n swak produk op n stadium. Ek het nie my ou wiel vir Stan gegee om te probeer eis nie omdat dit onregverdig teenoor hom sou wees siende dat die maatskappy nie meer onder die ou naam bestaan nie. Daar bestaan gerugte dat die nuwe maatskappy n nuwe tak in Durban gaan open en nie op Alko se ou perseel en naam nie.
