Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22963 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18426 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6684 |
| BrianB | 5917 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3677 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2294 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1816 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1521 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1420 |
| George | 1408 |
| Louvan | 1342 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 913 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 561 |
| Willie54 | 517 |
| Herman | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| Joe Stieger | 449 |
| LEEN | 425 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 308 |
| Grompie | 297 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
KNP 2027
Ek lees Sanparks se besprekings maak môre oop vir die April skool vakansie. Enige lede wat gaan bespreek? Dit gaan seker darem nie so rof soos die Julie skool vakansies nie?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek is maar lugtig vir knp . My laaste besoek daar was in Julie 2025. Ek het dit geniet met voorbehoude. Ons lankstaan was by B&D. Ons het die verskeie kampers met hulle storte getrotseer. Daar was die een skuins agter ons wat 'n gat gegrawe het vir sy gryswater; dan was daar die ou wat sy fênsie wa se pype by ablusie blok 3 in die straat laat uitloop het totdat hy besef ons ry oor sy pype; tot die 5 gesinne van Parys wat in 'n kring kom kampeer met boswaens op twee se plek en hul waters daar laat dreineer. Dan kompeteer ons vir dieselfde kraan.
Die vorige jaar by B&D het ons die tannie in haar Exclusive met skottelgoed wasser en wasmasjien gehad. Rêrig is dit nodig.
Dan wens ek vir die stelsel in die VSA waar staanplekke krag, riool en water aansluitings het.
Op 'n vorige plasing is daar melding gemaak van die probleem. Dit is sulke mense wat my totaal vyandig maak oor storte en die gebruikers wat nie kampeerders respekteer nie.
Stem 100% saam oor gryswatet wat sommer enige plek uitloop
Never too old to have a happy childhood
Dit gebeur seker nie net in Kruger nie.
Ek het ook al langs mense gestaan in Satara wat hulle stortwater net daar onder wa laat uitloop. Gelukkig was dit opdraende na my toe.
Hoekom is mense liewer om eie storte as die ablusieblokke te gebruik?? Is dit omdat die ablusie geriewe oor die algemeen, veral in sommige Kruger kampe slordig is??
Die April vakansie besprekings is baie rustiger as Julie. Julle het my storie nou al gelees. Ons het besluit om in April eerder elders te gaan. Die vloede voeter ook baie goed op daar.
So baie mense is wat ek noem "unmindful" hulle voel net mooi n veer vir enige andermense se privaatheid en as hulle gryswater oor jou erf spoel is dit jou probleem. As hulle klaar gestort het los hulle die vloer net so vol modder, en ook by die opwas, kyk dis waar ek mos moerig raak. Mense was hulle skottelgoed en as jy daar aankom is daai wasbak en area daarom, vol eiers of stukke vleis of slaaiblare ens. Ons het nou maar ons eie wasrak gekoop en ek doen my skottelgoed by my tent en gooi die water by die opwas aan die kant by die drein af. dan bly my bloedruk en my vloekwooede in beheer.
Ps. Sien gisteraad op die nuus die n hele deel van die Orpenpad (R531) het heeltemal weggespoel, die hek sal toe wees vir a hele ruk dink ek.
Nou hoef ons nie te wonder watter pad om te vat nie, N4 is nou die een... 😂
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Jy kan kenelik deur Acornhoek die verspoelde stuk miss. Anders sou Timbivati en Mala Mala lodges afgesny wees.
Groete,
Paul
Alhoewel mense in wildtuin nie goeie kampeer etiket het soos hierbo genoem, gaan dit my beslis nie weerhou om nie daar te kampeer nie....daarvoor is ek te lief vir die wildtuin. Dit bly een van ons hoogtepunte van die jaar
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons is gelukig nie so gepla met water op ons buurman se staanplek nie.
Die Wildtuin bly ons gunsteling plek om te kamp. Well …… ons spandeer so 5 maande van die jaar daar.
Groete,
Paul
Besprekings vir Mei 2027 (gryskop-afslagtyd) maak eers 2 Junie oop. En dan kuier ek by my kinders oor die water. Ek het reeds met my voorkeur satellietkantoor geskakel om daardie probleem (hopelik) te oorkom. My e-pos, met datums en kampe, is reeds op my "drafts" gebêre en sal 2 - 3 dae voor 2 Junie aan die spesifieke dame by die satellietkantoor gestuur word. Sy het onderneem om my so goed moontlik te help nadat die telefoon-oproepe vir daardie dag hanteer is.
Ek hou dus maar duimvas.
Ek moet dan sorg dat ek 3 Junie bitter vroeg dieselfde voorkeur sattelietkantoor skakel, sodat ek voor Chris B gehelp kan word.😄
Wessel - ek stem. Bel dan eerder op 3 Junie. Hopelik word ek voor jou gehelp, want besprekings open reeds 2 Junie. Dus, bly maar by jou voorgenome 3 Junie.🥳
Ons gaan gewoonlik na die Julie skoolvakansie wildtuin toe, maar wil nou ook van die gryskop afslag gebruik maak. Ek moet nou besluit wat gaan die beste tyd wees.....mei-Junie of Augustus- September
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons vind Mei 'n baie aangename tyd in die wildtuin. Afhangende van die voorafgaande somerreën is die veld meestal nog redelik groen. Aug/Sep is waarskynlik 'n beter tyd vir wildkyk - die veld is nie so ruig nie en minder water kom in die veld voor wat wild na riviere en damme lok. Maar dit is ook die tyd wat die meeste beheerde brande plaasvind - en ek verpes die swartgebrande areas.
Maar ons gaan graag na ons 4 - 6 weke wildtuinkuier vir 2 - 3 maande ATKV Eiland Spa toe. En Jun/Jul/Aug is 'n ideale tyd om by Eilanfld die Kaapse wjnter te ontsnap. Die beplanning vir 2027 is dus om na die Mei-wildtuinkuier vir 3 maande te gaan slegwees by Eiland.

Beplan jul weer een kamp in die wildtuin of gaan julle opsplit in meer kampe?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Chris, die kans is dan goed dat ons mekaar kan raak kamp volgende jaar.
Ek moet nog dink waar ek wil bespreek. Wat ek wel weet is dat Satara en Tsendze maar weer op die wenslys is.
My e-pos wat ek klaar getik het en eers net voor die openingsdatum sal stuur, sluit 'n wildtuintoer van suid na noord in met die volgende kampe: Malelane, Krokodilbrug, Onder-Sabie, Satara, Letaba, Tsendze, Shingwedzi & Punda Maria (34 aande in totaal).
Nee Geert - ek sal maar my luigatgeid in my sak steek t.o.v. opslaan en afslaan. Dit was lekker om sommer net rustig in een kamp te wees. Maar dit was 'n eenmalige proefneming.
My e-pos wat ek klaar getik het en eers net voor die openingsdatum sal stuur, sluit 'n wildtuintoer van suid na noord in met die volgende kampe: Malelane, Krokodilbrug, Onder-Sabie, Satara, Letaba, Tsendze, Shingwedzi & Punda Maria (34 aande in totaal).
Dit klink na n lekker toer en virseker een om na uit te sien
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons het besluit om volgende jaar Augustus wildtuin toe te gaan. Ons wil gebruik maak van die gryskop afslag. Mei is te vroeg....veld nog te ruig vir lekker wildsbesigtiging. Wildtuin is ook nie meer baie goedkoop nie, so daai 40% afslag help baie. Sal maar sien hie die Augustus winde gaan pla....of is dit nie so erg in wildtuin nie?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek het nog paar dae om te besluit. Kruger roep, veral na my verkorte vlooie toer, maar ek het ook so lus om weer Kgalagadi toe te gaan. sommer tot bo by Nossob.
So 'n vakansie wil ek koppel aan 'n Mokala kuier. Dan ry ek met lang ompad die dorpe Kuruman en Vryburg mis. Die het ontaard in 'n misdadigers hool.
Besprekings vir Mei 2027 (gryskop-afslagtyd) maak eers 2 Junie oop. En dan kuier ek by my kinders oor die water. Ek het reeds met my voorkeur satellietkantoor geskakel om daardie probleem (hopelik) te oorkom. My e-pos, met datums en kampe, is reeds op my "drafts" gebêre en sal 2 - 3 dae voor 2 Junie aan die spesifieke dame by die satellietkantoor gestuur word. Sy het onderneem om my so goed moontlik te help nadat die telefoon-oproepe vir daardie dag hanteer is.
Ek hou dus maar duimvas.
Onthou môre
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek het reeds Sondag my e-pos vir EZI Bookings in Stellenbosch gestuur. Ek vertrou hulle sal my kan help (so ver moontlik). Joween het tydens ons laaste telefoongesprek genoem (toe ek nog by die huis was) dat sy sal poog om so gou moontlik by my versoek uit te kom. Hulle verwag egter 'n redelike toeloop van telefoonoproepe môre. Indien dit sou gebeur dat sy sekere nagte nie in my gekose kampe kan kry nie, sal ek maar hoop en vertrou op kansellasies vorentoe.
Op 1 September maak ATKV Eiland Spa se besprekings oop (vir ATKV-lede) vir lankstaan tydens die winter van 2027. Ek het dit in my agterkop om vir 3 maande (Jun/Jul/Aug) die Bolandse winter te ontsnap. 1 September is ek veronderstel om tuis te wees, want dit kan maar geduld verg om op daardie dag telefonies deur te kom.