Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Honde stront
Ja, ons staan baie lekker
Hierdie week, trek daar toe twee gesinne tien meter van ons af, met 5, ja vyf honde , in
ONBESKRYFLIK , hoe die vliege toe toeneem, in so 'n mate dat ons laataand na sononder eers kon kosmaak.
Vanmore toe hulle verkas , roep ek die bestuurderes om te kom hondemis optel..
Sy is hier weg met 'n driekwart plastieksak mis.
Sy gaan boodskap aan hulle stuur, want nou is sy die moer in
One is never too old too learn
Nee kyk, dis te erg! Ons het self op 'n tyd 'n enkele klein hondjie saamgeneem en agter haar skoongemaak. As jy 'n trop aanhou, neem jy hule nie saam na vriende of kampplekke nie- jy los hulle tuis. 'n Groot deel van die skuld is ook die van die oordbestuur wat die trop honde toegelaat het. Goed van jou om die probleem hulle s'n te maak.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Nee kyk, dis te erg! Ons het self op 'n tyd 'n enkele klein hondjie saamgeneem en agter haar skoongemaak. As jy 'n trop aanhou, neem jy hule nie saam na vriende of kampplekke nie- jy los hulle tuis. 'n Groot deel van die skuld is ook die van die oordbestuur wat die trop honde toegelaat het. Goed van jou om die probleem hulle s'n te maak.
Ja, Fred
Ek wou eers self gaan optel, maar my vrou het my die dood voor oge gestel as ek dit doen.
Toe besluit ek om die werker hier te vra, maar hy se^ toe, hy is te besig !
Man, Toe word ek mos kwaad !
Die oord bestuurderes loop Toe by badkamer rond en ek roep haar, en verduidelik dat die stront onmiddelik verwyder moet word,...
So 5minute daarna, daag sy met checersak en grafie hier op, en ek en vroulief wys haar Toe waar al die bolle le^
Sy ewe gedwee maar moes opscoop
Ons huidig in orania
One is never too old too learn
Ek sou die eienaars van die honde direk na die eerste landmyn versoek het om dit onmiddelik op te tel.
Indien hulle nie aan my versoek voldoen het nie, sou ek dit onder bestuur se aandag gebring het.
My gidshond kamp saam met ons en hy is altyd by my. . Ek neem hom eenkant toe vir sy toilet en dan word dit dadelik verwyder.
Moeg geploeg.
Dis wat n opgevoede mens doen.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, vertel bietjie meer asb.
Verstaan my mooi...
Ek/ons het nie 'n probleem as een hond per staanplek toegelaat word nie.
Maar 5 honde per staanplek, in hierdie temperature, is volgens my/ons uiters onaanvaarbaar.
As enigiemand roer in die aand, is daar 'n helse geblaf
Die bestuurderes het ons verseker dat daar duidelik reels uitgespel is met hul bespreking
Maar nouja, ons is seker maar onrealisties om te verwag dat honde nie op ons stoep moet stront nie.
One is never too old too learn
Ek weet nie of julle by Vluytjeskraal Rivierpark kampeer nie, maar toe ons daar was, was dit nie pet friendly gewees nie....ook borde by ingang gewees wat diere verbied het
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Bob ek het gereageer op die laaste paragraaf van Chris se bydrae waar hy noem dat hy skoonmaak agter sy gidshond. Opgevoede mense doen dit uit respek vir die omgewing, ander mense en bowenal vir hulself.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Bob ek het gereageer op die laaste paragraaf van Chris se bydrae waar hy noem dat hy skoonmaak agter sy gidshond. Opgevoede mense doen dit uit respek vir die omgewing, ander mense en bowenal vir hulself.
Dankie Fred
Sjoe ek net bekommerd geraak, jy mik dit op my :)
One is never too old too learn
Ek weet nie of julle by Vluytjeskraal Rivierpark kampeer nie, maar toe ons daar was, was dit nie pet friendly gewees nie....ook borde by ingang gewees wat diere verbied het
Hulle laat diere toe deesdae
One is never too old too learn
Ek sou kla terwyl die mense daar is...om te wag tot hul weg is met n driekwart sak mis moes ongelooflik gestink het.
Jy moet sommer fotos neem en sulke selfsugtige varke name and shame
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Bob jy moes gekla het terwyl hulle daar kamp ,maar jy het presies die regte pad gevolg ,om die taak aan die Bestuurderes tegee .Honde hoort nie in n karavaan park, mors op ander mense se staanplekke ,blaf, en verjaag al wat n voël en dier .Ek het al mense gesien wat hulle met toue om hulle nek vasmaak, onreg teenoor daai dier .Wil jy nie asb die naam van die karavaan park gee dan weet ek om nooit daar tegaan kamp .Ek maak in elkgeval seker as ek bespreek ,as hulle honde toelaat gaan ek nie ,want dit is onnodige probleme .
Ek stem saam met Willie - ek weier om te kamp waar daar honde toegelaat word. Nie dat ek teen honde is nie - inteendeel, ons het huidiglik 5 skaaphonde en het op 'n stadium 8 gehad. Ek het beplan om by Ruah Park te gaan kampeer, maar vandat hulle besluit het om honde toe te laat, is dit van die baan.
Ons het so paar jaar gelede in Harbour Island in Gordonsbaai vir 4 maande gebly - elke middag het 'n man met 2 groot honde op die strand voor ons huis verby geloop - en elke keer het die honde besluit om slagysters te los, tot ek eendag die man aangesê het om die slagysters op te tel. Hy het hom vererg maar dit toe tog opgetel - daarna het hy elke dag wanneer hy verby ons huis geloop het, my gewys dat hy 'n plastiek sak het om die honde se gemors op te tel.
Ons gaan nie na kampeer plekke wat “pet friendly” is nie!
Groete,
Paul
In Manyane was daar n’ tyd dat rondlooper katte ń probleem was. Ń vrou het begin om hulle te vang en te steriliseer. Nee dankie.
Groete,
Paul
Ek sal tog in die vervolg baie noukeurig na oorde se advertensies moet kyk. Of, met bespreking doodseker maak of troeteldiere [honde, katte, krokodille] toegelaat word.
Ek gun honde eienaars ook 'n geleentheid om met hulle diere te kamp, maar verkieslik wil ek nie saam kampeer nie.
Nou hoe voel julle oor 'n welsprekende papegaai langs julle, terwyl julle kampeer??😆
Ek het empatie met honde-eienaars wat kampeer. Daar is min oorde wat hulle toelaat en optredes soos Bob beskryf, laat die aantal verder verminder. Oord eienaars maak 'n fout om sulke mense met hulle trop honde toe te laat. Dit lyk vir my of die meerderheid kampeerders teen honde in die kamp gekant is en dus is hulle sentiment vir die oord-eienaars belangriker, of altans dit behort te wees. Oordeienaars wat agteroor buig om sulke onbedagsame mense tegemoed te kom, maak dus 'n fout. Hulle kry een persoon se inkomste maar verloor 'n aantal kliëente se goedgesindhed wat nie terugkom nie. Dwing dus die reëls streng af en maak geen uitsondering nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dit is n' mooilike een. Party mense is mall oor enige troeteldier, ander hou net van katte en ander hou weer net van honde en so aan. Dan is daar party wat net van hulle eie troeteldiere hou en bereid is om die geblaff en bolle op te tel. Dan is daar party wat glad nie van troeteldiere hou nie veral nie wander hulle in sy privaat area kom nie.
Meeste diere is tot n' maate teritoriaal en dus merk hulle hulle area af met uriene. Dit is gewoonlik onaanvaarbaar vir jou buurman as sy tent deel van die woefie of Felix se teritorie word.
In n' publieke oord is dit onmoontelik om honde of katte te beperk tot jou eie staanplek. Dit is seeker waarom dit n' probleem is.
Groete,
Paul
Net so Fred. Dit is die veiligste manier. En dan maak ander hulle kampeering oop vir troeteldiere "Pet Friendly" en hooplik maak hulle dit baia duidelik en ook polisieer hulle die reels streng.
Dit moet rerig mooilik wees vir n' kampeerder wat sy troeteldier as n' lid van die famieleie beskou.
Groete,
Paul
Baie moeilike situasie, troeteldiere (party kinders ook) hoort nie in area of oord wat jy moet deel met ander mense nie. Honde wat alleen by huis gelos word sonder aandag met (hopenlik) bakke vol kos en water is ook vir my onaanvaarbaar. Hulle het sosiale tyd per dag nodig, buurman wat net 3 sekondes kos gee en loop is ook onaanvaarbaar. Ek dink altyd 1ste aan my honde brats voor ek enige iets reel en partymaal is dit nodig om ook te budget vir n ekstra uitgawe om iemand te kry om in te woon terwyl jy gaan ontspan vir lang tydperk. Net soos met kinders is honde se oulike maniertjies nie noodwendig oulik vir ander nie !
Probleem is seker maar die eienaar.Almal dink natuurlik hul eie hondjies is oulik en dink dan dis aanvaarbaar en oulik vir ander kampeerders as hulle by hul staanplekke kom inloer. Al gehad by Dragons Peak waar die 2x worshonde agter ons heeltyd blaf as ons badkamer toe loop....en eienaars dink dis oulik....WTF? Daai is een van die oorde waar ek nie weer gou sal inloer...was chaos met die hoeveelheid ongemanierde brakke daar....eienaars wat hul nie kampeer gereed kan maak nie of daarin faal
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜



