Gebruik hierdie Karavaan- en Kampeer Forum GRATIS
Begin nuwe onderwerpe, geselsies, grap met ander kampeerders, lewer kommentaar, voorstelle, advies of hulp om karavaanparke, kampeerterreine, vakansie oorde, bestemmings, besighede, produkte, padtoestande, voertuie, karavane en vele meer...
| Lid | Insette |
Sirius Lid | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Lid | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Lid | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptunus Lid | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturnus Lid | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Lid | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Lid | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Maan Lid | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titaan Lid | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Lid | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Goud Lid | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Wild Track
'n Waarkuwing vir Ford Ranger 2 L eienaars en houers van verlengde waartborge: Ons kinders het sowat twee weke gelede teruggekom van Mozambiek met skoonseun se Ford Ranger Wild Track 2 liter toe die kar so 30 kilos van Pretoria af gaan staan het. Baie gelukkig naby die huis. Hulle het suid van Maputo gekamp met 'n tent trailer, waar jy net met 'n 4X4 kan kom, so dink net aan die situasie as die voertuig daar gebreek het!
Hulle het pas gehoor dis die 'timing belt' wat ingegee het. Die betrokke model het 'n rubberband wat binne die masjien in olie loop. Ek het gaan navorsing doen en gevind dis 'n baie swak ontwerp. Dit is veronderstel om sowat 'n kwart miljoen kilos te hou maar daar is gevalle- soos die een- waar dit baie vroeër begin disintegreer het. Die dele wat afbreek kan ook die oliepomp verstop en so groot skade aan die masjein veroorsaak. Die kwotasie vir die herstelwerk aan skoonseun se bakkie is 150 duisend rand. Hy het 'n verlengde waarborg maar soos verwag kon word, wil die assuransiemaatskappy nie die eis eerbiedig nie. Hulle gaan nou ombud toe maar intussen moet die voertuig herstelk word.
Die masjien word nie meer vervaardig nie omdat Ford besef het dit is 'n swak ontwerp. So my raad is, as jy so 'n voertuig het, raak van hom ontslae en moet nie eers daaraan dink om so een tweedehand te koop nie al kan jy dit amper verniet kry. Sommige klein Fords, oa sommige Ecosports en Focus modelle het ook so 'n band.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het nou net gehoor die bakkie het maar 70 duisend kilos op die klok. Al die voorgeskrewe diense is by Ford self gedoen en dit is ook gediens net voor hulle vertrek na Mozambiek. Daar was toe 'n geluid wat Skoonseun aan die werkswinkel genoem het en die mense het hom verseker dis niks om bekommerd oor te wees nie. Die band is 'n bekende probleem by Ford maar anders as die Kugas wat gebrand het, is dit baie stil gehou. Ek het self 'n Kuga (wat NIE gebrand het nie) gehad, waarmee ek duur ratkasprobleme gehad het en nou hierdie geval. Dit maak dat indien ek weer 'n nuwe voertuig sal koop, wat op my leeftheid onwaarskynlik is, dit nie 'n Ford sal wees nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja well it is what it is.......................... Ek het tans so Ford Wildtrak en moet maar doen daarmee. Daar is nie fondse vir die vervanging daarvan nie.
Hy moet maar doen. Uitgelewer aan die Heer se genade.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon, dit is slegs sekere 2 liter Wildtracks wat die probleem het. Hoop joue is nie een van hulle nie. Maak maar seker wat die geval is. Indien dit is, beveel verskeie eienaars op internet aan dat die bande nie meer as 100 duisend kilos moet loop voor dit vervang word nie. Ford beveel aan 160 duisend kilos maar waarskynlik is dit bietjie optimisties. Hulle het vroeër selfs 240 duisend kilos aanbeveel! Omdat die masjien uitgehaal moet word om dit te vervang, lyk dit my dit kan 'n duurderige operasie wees maar sekerlik minder as wat die band verbrokkel, olietoevoer afsny word en groter skade aan die masjien gedoen word. Internet sê die vervanging sal tussen R18 en 25 duisend kos.
Hoop nie ek het jou gemoedsrus verstoor nie maar dis beter om te weet as om fataal verras te word.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die internet is vol van die gevalle waar hierdie timingbelt in olie probleme gee. Ek kan nie presies onthou nie, maar is dit nie net die 2l bi-turbo enjins wat die probleem het nie.
Amarok het ook die spesifieke masjien met die 2.3l petrol masjien vervang, seker vir dieselfde rede.
Ford herbou blykbaar nie meer die 2 liter bi-turbo masjiene nie, hulle vervang bloot die masjien met 'n splinternuwe een. Die masjien moet ingevoer word wat sowat vyf weke sal duur en dan kom die werk nog by. Dit is waarom my skoonseun R150,000 gekwoteer word om sy bakkie te herstel. Nie goeie nuus nie!
'n Mens wonder waarom Ford tot onlangs hierdie masjien gebruik het terwyl hulle vroeg blykbaar al agtergekom het dit is 'n probleemmasjien. Een kommentaar sê dis maar soos groot korporasies werk. Hulle het baie geld bestee om 'n tegnologie te ontwikkel en hulle sal aanhou om dit te produseer tot hulle hul belegging verhaal het. Ons, die verbruikers, moet maar daarvoor betaal. En weereens soos met die brandende Kuga's, het hulle dit probeer stil hou- die keer meer suksesvol as met die Kugas. Foute word gemaak met voertuie maar eerbare vervaardigers erken hulle foute en herroep voertuie vir opgraderings.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Sjoe dis slegte nuus. Kan hulle nie die plaaslik beskikbare 2l enkel turbo enjin goedkoper insit nie. Ander opsie is om die 2.3l turbo petrol masjien te oorweeg vir inbou. Dan is jou seun vir aktyd klaar met daai "wet belt" probleem.
Soos gister genoem, die internet het al geruime tyd terug ontplof oor die probleem. FordSA dink seker ons mense lees/besoek nie die internet nie.
Dit is nie prakties om 'n ander Ford motor te gebruik nie. Daar is hope elektronika betrokke wat nie gaan werk met 'n ander masjien nie. Skoonseun het dit oorweeg en met die deskundiges te bespreek. Vyftig jaar gelede was so-iets maklik en is gereeld gedoen. Ons het dit ook gedoen, bv om 'n 1600cc Cortina masnien in 'n Anglia in te bou of 'n Ford V6 in 'n VW Kombi, maar tegnologie het nou so verander dat dit net nie meer doenbaar is nie. Baie jammer want dit sou 'n baie goeie oplossing gewees het. Behalwe vir die masjien, lyk die bakkie of hy pas van die vloer af kom.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, ek lees nounet van die terugroep van sekere Toyota LC300 modelle. Dis die met die twee turbo V6 petrol masjiene, vervaardig tussen 2022 en 2024.
Blykbaar het daar fyn metaal residu na vervaardiging in die enjins agtergebly, wat moontlik skade kan veroorsaak. Toyota vervang daardie enjins GRATIS met splinternuwe enjins.
In my skoonseun se geval sê Ford hulle gaan nie sy verlengde waarborg eerbiedig nie want hy het nie 'n egte Ford uitlaatstelsel nie! Dis net 'n standaard stelsel. Die verlengde waarborg noem sewe redes waarom hulle nie die waarborg sal eerbiedig nie. Een is as daar veranderinge aangebring is wat kon lei tot die skade. Hoe gaan 'n uitlaatstelsel die tydband laat disintegreer? Skoonseun aanvaar hulle verskoning nie. Ford het nie regtig 'n rede om die eis te weier nie- hulle probeer net geld spaar. As die saak in die hof moet eindig, sal dit.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Is die verlengde waarborg by Ford, en nou wil hulle nie dit eerbiedig nie.??
Ek stem saam, die uitlaatstelsel kan nie blameer word nie.
Daar is mos 'n ombudsman betreffende sulke eise/probleme met voertuie en handelaars. Ek het egter geen idee hoe om die ombudsman te kontak nie. Dalk kan die AA mens met kontakbesonderhede help.
Enige verseekerings maatskapy werk so. As die bande nie padvaardig is nie weier hulle om die ongeluk skade te betaal. Al het die twee niks met mekaar uit te waai nie.
Sterkte met die skade.
Groete,
Paul
Dankie Wessel. My kinders het die saak onder beheer en weet wat om te doen. Beide is heel kundig en sal hulle nie laat bedrieg nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja....ek sê altyd n versekering en mediese fonds wys hul ware kleure as dit by eis kom. Almal kyk goed en die beste diens as dit by verkope van polis kom. Onlangs moes my seun vir operasie gaan....wel bekend "goeie " mediese fonds....eerste groot eis na 13 jaar....hul betaal R4000 van die R60,000 rekening. Dis maar n derde van jou maandelikse premie.....
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Stem saam met Geert.
N’ vriend met ń Pajero soos myne seize op 85000km. Hy eys toe onder waarborg. Twee mense van Mitsubishi Japan kom kyk na die skade. Hulle keur toe sy eyes aff om rede hy ń wynch foor op het.
Swak!
Groete,
Paul
Stem saam met Geert.
N’ vriend met ń Pajero soos myne seize op 85000km. Hy eys toe onder waarborg. Twee mense van Mitsubishi Japan kom kyk na die skade. Hulle keur toe sy eyes aff om rede hy ń wynch foor op het.
Swak!
Sjoe....unreal, maak mens woedend
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜



