Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22984 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18430 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6701 |
| BrianB | 5931 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3699 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2170 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1817 |
| Hennie Botha | 1727 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1522 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1422 |
| George | 1409 |
| Louvan | 1345 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 915 |
| JohanMarais | 830 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 672 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 564 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 461 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 427 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Pontius | 310 |
| Grompie | 308 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| BigG | 193 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 184 |
| Driesvan | 183 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| Dolrik | 148 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 125 |
| Lewies | 116 |
Tyd vir 'n ander bakkie - wat is julle ondervinding
Ek oorweeg sterk om 'n ander bakkie te koop.
Sal nie nuut kan koop (julle ken die pryse van nuut).
Ek sal moet kyk na 'n gebruikte bakkie. Gedink max R 550 000, dalk sal ek wegkom vanaf 2023 en op modelle met lae killos. Min wat ek vir die Ranger kan kry, dan kan die paaiement so amper bekostigbaar wees.
Tans staan die 3.2 Ford Ranger XLT (2015 double Cab 4x2) op 170 000 km. Nog daai shape met die groot brulpadda ligte :)
Die keer sal ons kyk na 4x4. Dit moet dan ook die laaste bakkie koop wees, dus dan iets wat gaan hou, nie sommer gou engin of ratkas probleme gaan gee. Normal 'wear and tear' is verstaanbaar. Beskikbaarheid van part moet nie 'n probleem wees wanneer dit nodig is, lang termyn nie 'n arm en been kos om te dies en te onderhou.
Julle voorstelle, meenigs en opinies asb? Hoe meer info hoe meer gaan ek moet dink en bid hieroor. Ek hoor graag van julle. Ek is nie veel gepla oor die 'fancy' kameras, sunroofs, etc.
We leave in 5 minutes.....
Hallo Hennie, ek het so 'n paar naweke terug gaan kyk na die JAC T9... Jy kry hulle vir so R500 K dan is die kilos onder 3000km
EK het hom gaan ry en daai 2.o liter diesel trek soos 'n bom, as ek weer iets moet koop is dit my pad en het alles in wat oop en toe maak
https://carshop.co.za/used-cars/jac/2026-jac-t9-20-cti-super-lux-double-cab-auto-gauteng/71WHDM2N035461
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
As voorvereiste noem Hennie dat die bakkie betroubaar moet wees, d.w.s. die ding moet nie breek nie.
Ek sê nie die Chinees gaan breek nie, maar al wat ek weet is dat Toyota 'n reputasie het wat nie van die Chinese gesê kan word nie.
Ek het die naweek in 'n dubbel kajuit 4x4 GWM bakkie gery. Ek hou nie van al die elektronika nie, maar die simpelste ding wat die ding het is 'n elektriese handrem. Jy druk net 'n knoppie en die handrem is aan. Stupid. Ek is ou skool. Weet hoe om 'n handrem te gebruik teen steil bulte, ongeag of dit 'n outomatiese transmissie is al dan nie.
En dan is die verkrygbaarheid van onderdele 'n paar jaar in die pad af 'n ander storie. Hoe meer van 'n voertuig verkoop hoe beter is die kans om vorentoe onderdele te kry.
Ons praat nie eens van herverkoop waardes nie.
Ek is ou skool. Ek glo in "Koop Suid Afrikaans." Dit skep plaaslik werk!
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.
Hennie, ek bestudeer die bakkie-mark intensief. Ek het tans 'n Hilux 2.4GD6 outomaties wat die Kavango lekker sleep. Dit het so 110kWatt en 400Nm wringkrag.
Die enigste faktor wat jy met enige aankoop vooraf met die versekering moet uitklaar, is die vereistes rondom diefstal en oorrompel langs die pad. Dit is 'n groot probleem vir Hiluxe in veral Gauteng en in Brits. Ek moes 2 opspoorstelsels laat insit.
As ek vandag verplig word om 'n ander trokkie te koop, sal my oorweging as volg wees;
1] Triton, sekerlik die beste 4x4 ratkasaandrywing van alle bakkies. Kan selfs heeldag 4x4 geskakel hou, selfs op teerpad.
2] Isuzu 3l. Hulle is egter baie duur
3] Goedkoopste Ranger wat NIE 'n "wet belt" het nie.
Van my vriende het onlangs 'n 4x4 Isuzu gekoop, en sy versekering het aangedring op 'n opspoorstelsel. bloot omdat dit 4x4 is.
Dan is daar natuurlik die Mahindra S6 tot S11 reeks. Ek twyfel of hulle hoog op steel lys is.
Beggars cant be choosers so ek sal maar JAC koop ek gewoond aan ou Chinese so die JAC gaan 100 keer beter wees vir my maar sal nie die Foton verkoop nie.
Hilux en Ford sal ek nie naby kom nie oor die risiko vir hijack en diefstal
Kyk maar hoeveel 3.2 Fords staan ook van ratkas probleme veral as jy sleep en vra maar vir Eskom hoeveel van daai 2.2's wat hulle gekoop het se ratkaste het ingegee op minder as 100 000 km, my Broer het vir hulle vloot bestuur gedoen en ek weet dis die waarheid, het die dokumentasie gesien dat 25 van hulle stukkend gestaan het op 'n stadium... almal ratkas probleme
Ek het lank Mazda BT50 gery en sal ook hom nie weer koop as hy nog beskikbaar was maar dit was die dealer se skuld hier in Centurion... die solenoid op die diesel pomp wat saam met sy immobilizer het opgepak op 40 000 km, kom die middag by die handelaar en vra waar is my bakkie... Hulle antwoord .. Hy is by 'n diesel workshop in die stad, ek ry toe daarheen ... kry my bakkie nog onder waarborg by 'n backyard mechanic wat daar sit en die solenoid afslaan van die diesel pomp af met 'n hamer en dit in die grond.
Fotos geneem, daai handelaar het daai bakkie by my gekoop vir vol retail..
In elk geval terug na die onderwerp... ek kan 2 JAC bakkies koop vir die geld van 'n Isuzu
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Voor ek vergeet en dan stap ek af... Chery gaan nou gebou word in die Rosslyn Fabriek van Nissan Suid Afrika wat ook weghardloop en alles gaan begin invoer.
Dan is Chery Suid Afrikaans soos Mahindra wat einlik uit Indie kom.
EISH 😂
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Ek ry 'n 3,2 Ford 2013 model. Sleep sonder probleme. Diens my bakkie elke 10000km al beveel Ford 1500km aan. Dit gaan oor die kwaliteit van die olie. Die mense wat weet sê dis een van die beste Ford enjins.
As Eskom nie sy voertuie betyds by gekwalifiseerde diens verskaffers laat diens nie, dan gaan daar probleme wees. Isuzu is ook een van die beste ( en grootste in die wêreld) diesel enjin vervaardiger. Selfs Toyota het die 2,5l in sy bakkies gebruik sonder dat die stoere Toyota aanhangers dit besef het. Stories oor my boetie wat daar gewerk het nie, is feiteloos sonder beter data oor die gebruik en aanwending geskiedenis nie. My dogter ry "n 2,2 sonder enige probleme.
Mahindra is goed. Bly weg van Tata. Selfs die Indiese Weermag koop dit nie.
Groete
"Dit moet dan ook die laaste bakkie koop wees, dus dan iets wat gaan hou, nie sommer gou engin of ratkas probleme gaan gee. "
Ek dink meeste weet watse bakkie het al bewys wat jou vereistes is
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
My enigste probleem is die Chinese karre in maar nog jonk op ons mark. Ek dink om parte te kry kan n probleem wees, selfs iets soos n bumper, sou iemand in jou vas ry gaan jy vir maande wag. Hulle verf op die motor is ook nog nie heeltemal in Afrika getoets nie, Hyundai en Kia is goeie voorbeelde van hulle ouerkarre op die pad, die son het hulle stukkend gebrand.
Ek is seker hulle gaan goed doen, dink net n ou moet hulle so 10 jaar gee (dis lank na ons sleep tyd) maar dit is so. My vorige kar (Sportage) sou ek nie aan gevat het in 2011 toe hy nuut was nie. In 2020 het ek hom tweedaans gekoop en was baie gelukkig. Dit is maar n kans wat n ou vat, iemand moet hulle vir ons uit toets 👊. Klink my ook van hulle petrol verbruik statestieke is nie akkuraat nie, hulle is rwedelik swaarder as wat hulle se.
Ek weet dis n klomp geld maar my geld le op die Isuzu MU-X, enige model na 2021. Voor dit was daar blykbaar probleme met voorste knuckles wat bande gevreet het. Dit is nou uitgesorteer.
Ek wou so graag ’n bakkie of groter 4x4 kry, maar: 1. Geld en 2. Happy Wife... So het moes settle met die Santafe.
Maar my ondersoeke was soos volg:
1. Hilux - Beste wat jy kan koop, maar jy leen hom net, iemand gaan hom kom haal.
2. Ford - As hy nog onder waarboeg is fine, daana kan jy begin regmaak vir ratkas probleme. Ford maak hulle nie eers meer reg nie, hulle swop hom net vir n nuwe een.
3. Mazda - Die woorde gaan ek kwoteer "ticking timebom"
4. Mitsubishi - Geen groot probleme nie, maar daar is omtrent geen (bitter min) handelaars en parte beskikbaar nie.
5. Isuzu - Behalwe vir die knuckles van vroeer modelle, is hy n tawwe bakkie met min probleme wat verewig sal loop en nie gesteel word nie. (hy hardloop bietjie hard, is al wat ek ondervind het met n toets rit)
6. Chinese motors - Lyk belowend maar nog nie hulle strepeverdien op Afrika landskap nie.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Ek ry 'n 3,2 Ford 2013 model. Sleep sonder probleme. Diens my bakkie elke 10000km al beveel Ford 1500km aan. Dit gaan oor die kwaliteit van die olie. Die mense wat weet sê dis een van die beste Ford enjins.
As Eskom nie sy voertuie betyds by gekwalifiseerde diens verskaffers laat diens nie, dan gaan daar probleme wees. Isuzu is ook een van die beste ( en grootste in die wêreld) diesel enjin vervaardiger. Selfs Toyota het die 2,5l in sy bakkies gebruik sonder dat die stoere Toyota aanhangers dit besef het. Stories oor my boetie wat daar gewerk het nie, is feiteloos sonder beter data oor die gebruik en aanwending geskiedenis nie. My dogter ry "n 2,2 sonder enige probleme.
Mahindra is goed. Bly weg van Tata. Selfs die Indiese Weermag koop dit nie.
Groete
Gaan kyk gerus op Google... Ratkaste is Ford Se grootte probleem, soek net Ranger 3.2 problems of 2.2... JY is net gelukkig.
Eskom en Telkom Se bakkies was almal ge lease vanaf Bidvest Bank. Hulle moes redelik gebruik word Vir 4 X 4... Nie een het gehou nie en Eskom is terug land cruiser toe en Telkom.. Nissan Np 200
Alles was gediens deur Ford self Onder waarborg.
My broer was die hoof by tegnies by die bank.. moes Alle herstelwerk goedkeur en seker maak wat is die fout... Net Soos Ek Qualified Diesel mech en hy was werkswinkel bestuurder by Mazda en Ford so Ek dink hy weet waarvan hy praat
Daar is my Foton.. Nou 130 000 km op.. Nie 'n dag se probleme gehad nie en dis ou tegnologie.. Foton het weggehol op 'n stadium en kon steeds Alle parte kry... Selfs na Ek sy Fender flare bumper en een lig na moer gery het
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Dankie vir jou opinie. Joune dra baie meer waarde as myne, myne is alles hoor-se en ek moes daarmee besluite maak. Ek sal graag ook wil hoor of die ander aantuigens soos byvoorbeeld Mazda, "ticking timebom" regtig so is? Baie mense glo in Mazda, so my redes in my geselsie hierbo was so 6 maande se vra vra en google en AI, Dalk was die meer oorsee se opinies en nie noodwendig van hier nie.
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Dries, Jy weet hoe het hulle besluit watter een kry 'n Ford of 'n Mazda badge in die fabriek ?
Hulle het die bakkies buite gestop en die wat olie gelek het het 'n Ford badge gekry... die wat nie gelek het nie 'n Mazda badge 😂
Onder die enjin kap is dit presies dieselle ding
Caravan Master by day, Mosquito Buffet by Night
Ek vind dit vreemd en kommerwekkend dat Mitshibushi so min handelaars het, en dat veral Triton verkope so laag is. Dit is egter 'n baie goeie produk.
Die lae verkope laat die vraag ontstaan, hoe lank nog voordat hulle onttrek uit SA??
Ek lees met belangstelling van die probleme met Ford se ratkaste. Ek het 'n Kuga AWD gehad wat ek verkoop het na ek 'n tweede maal duur herstelwerk aan sy koppelaar gehad het. Dit was 'n dubbelkoppelaarratkas. Weet julle watter tipe Ford ratkaste die berugtes is? Ek meen die outokaste en handrat eenhede (is daar nog van hulle?) sal dalk nie problematies wees nie. Ek vermy na my nare ondervindings enige dubbelkoppelaarratkase soos die pes.
My skoonseun het 'n 2 liter Ford dubbekajuit met 'n 10 spoed outokas. Baie kragtig en hy ry baie lekker maar skakel aanhoudend tussen ratte wat ek regtig hinderlik vind. Ook is die voertuig meganies maar raserig- die masjien- maar ek neem aan bakkies word ontwerp om raserig te wees, dit is dalk deel van die macho-gevoel wat dit moet weerspieël. Ek verkies die gesofikeerde gevoel wat my Peugeot asook die vorige Kuga bied. Met beide is/was die rit gemaklik en teen 'n padspoed hoor jy nie die masjien nie, ook nie die oorskakeling tussen ratte nie. Beide was nie so kragtig nie (120Kw en voldoende wringkrag) maar ons karavaantjie is lig en voldoende is genoeg vir my.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
U woord is n lamp vir my voet en n lig vir my pad
Wel elke ou het sy voorkeure en so weet die mense op die forum dat ek sedert 1987 nie oë het vir 'n toya nie.
Ek self het my karavane oor die jare met Mazda 2.5 Tdi, Navara 2.5 Tdi 4x4, Twee Ford Rangers 3.2 4x4, Mahindra Karoo en nou weer die Ford 2.0 Bi Turbo 4x4.
My karavane se GVM/BVM was gemiddeld 1400 tot 2200kg sedert 1997 tot hede. En nog nooit het ek enigsins enige ratkas probleme of koppelaar probleme of derglike engine probleme met enige van die sleep voertuie ondervind nie. Die Navara het by vêre die beste brandstof verbruik gegee met en sonder sleep van die waens. Die 3.2 Rangers met Auto ratkaste het my 2.2 ton Sensation Maia 4 keer af gesleep kaap toe seker die gemaklikste wat ek ooit karavaan gesleep het.
Die Mahindra het die Exclusive gesleep maar in die berge van Nelspruit omgewing het ek gesien ek gaan die Tipper seer maak as ek daai gewig permanent met hom gaan sleep. Dis maar die rede vir die terug beweeg na Ford Bi-Turbo toe. Het die Exclusive heel skaflik Gauteng en Warmbad omgewing gesleep en toe Desember laas jaar is ons af Natal Suid kus toe. Ek het toe maar net weer gesien dat hierdie Tippers gemaak is vir die sleep van 'n karavaan.
Sedert ek my eerste Ranger in 2013 gekoop het, het my broer 'n maand na my sy eerste Ranger gekoop. Hy staan al op sy 6 de Ranger nie weens probleme nie maar weens die hoeveelheid kilo's wat hy in 'n jaar op die voertuie sit want dis sy werks voertuig. Die laaste twee is Raptors. Hy self het nog nooit enige issues of probleme met die Fords gehad nie.
So jy kan luister na wat ander sê tov sekere make gewoonlik praat hulle oor probleme met voertuie wat hulle nie self ry nie, of jy kan praat met mense wat self daai voertuie ry.
Voorbeelde:
Die caretaker van ons kompleks ry die P-series tipper en hy sleep 'n Jurgens Palma met hom. Geen probleme met die voertuig nie en hy het genoeg krag om daai wa gemaklik Natal toe te sleep en terug. Hy praat wel van Turbo "lag" met lae revolusies maar mens pas aan by dit wat die tipper kan doen.
My Seun sleep sy Off-road karavaan met 'n Peugeot Landtrek. Hy was saam met ons Desember af Natal Suidkus toe. Het geen probleme met die Tipper nie en is baie gelukkig oor die sleep vermoë. Terloops die Landtrek het dieselfde enjin in as die Isuzu 1.9l diesel en baie belangrik is tans die goedkoopste 4x4 dubbel kajuit in SA.
My niggie se man sleep sy karavaan met die Mahindra ScorpioN 4x4 en hy is baie gelukkig met die sleep vermoë en die brandstof verbruik. Dis nou nie 'n bakkie nie maar kom puik met hom oor die weg.
So.......... ek as persoon sal jou afraai om enigsins 'n toya te koop want ek like nie die frieken goed nie. Dis 10 teen 1 'n okay voertuig maar jy sal hulle nooit naby my erf sien nie. Dis 'n persoonlike ding.
Praat met die manne wat die voertuie onderskeidelik ry en kry dan by hulle terugvoer. Ja dit kan dalk so bietjie opgeblase wees maar tenminste ry hy daai voertuig en is die terugvoer nie hoorsê nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek waardeer julle almal se komentaar, opinies en ervaarings. Laat dit inkom asb.
Dit alles maak my kop nog meer draai.
Maar nou gaan die ondersoek verder, van 4x2 na 4x4. Is dit die moeite werd die extra geld vir die paar keer wat ons 4x4 benodig. Ja 4x2 beperk waar ons kan gaan kamp. 4x4 en ons kan die boswa dieper sleep.
Toyota - soos julle se. Jy leen hom net, alhoewel hy n goei naam het.
Ford - Hoor goed en sleg van Ford (oud en nuwe modelle). Dat die Ranger 3,2 het die bene. Dan later duur as dinge begin breek.
Isuzu - Hy trek my en is een van my opsies, maar ek verstaan Isuzu ontrek uit die land. Die 1.9 sien ek is daar baie 2nd hand te koop. Ek vermoed die 1.9 is bietjie lig in die broek.
Mahindra - Outyds maar klink of hy die werk kan doen. Ons het 'n Mahindra XUV 3XO top of the range. Sover is ons baie tevrede met hom.
Nissan - Klink of hy die werk ook kan doen. Ek is nie baie vertroud met Nissan. Moet nog huiswerk doen.
GWM P300 - Ook n sterk mededinger. Maar aan die eenkant maar nog versigtig vir hom. Waarborg en diensplan is aanloklik.
Destyds to Hyundai die land ingekom was almal maar skepties. Vandag dra hy 'n goeie naam. Ons self het al 3 x Hyundai Elantras gehad en was baie tevrede. Asook 2 x Kia's. Ons Kia Picanto 1.2 (2012 model) staan op 204 000 km en loop nog mooi. Diens hom gereeeld. Hy is die 'runner' winkel en skool toe.
Baie van die China karre kan dalk ook die pad stap met jare om te kom. Dalk kan ons maar begin om chinees te leer, want teen die pas gaan ons landsvlag seker binnekort verander.
Peugeot - Nie vir my. Het jare terug n Peugeot 807 gehad. Baie lekker kar tot hy gebreek het. Wel die bank het hom in elk geval stukkend kom haal na my egskeiding en sekwistrasie.
Kia Tasman - sommer net 'n lelike ding.
Foton, JMC en JAC- Prys lyk goed. Gaan hy langtermyn hou en gaan mens parte kry sou dit nodig wees. Waarborge en diensplanne op van die Chinese bakkies is aanloklik.
Praat ek met die local 'mechanics' in die dorp, dan het hulle ook hulle menings.
Van hulle se koop die P300, die ander ene se Isuzu en die ander ene weer bly weg van Isuzu. wat almal wel se is dat Toyota nie joune is.
Vir nou moet WeSteelCars maar die Ranger kom prys.
We leave in 5 minutes.....
Ek ry 'n 2024 Nissan Navara LE A/T 4 x 2 wat ek as 'n demo model gekoop het. Dit is my tweede Navara en ek het ook voor dit met 'n Nissan Hardbody gesleep. Ek was in die mark vir die Navara of die 2.4 Toyota Hilux 2 x 4 maar het op die einde die Navara gekies vir verskeie redes wat insluit beter/luukser afwerking binne en die Navara skop ook heelwat meer Nm torque uit as die 2.4 Toyota (450Nm vs 400Nm).
Ek het niks teen die Toyota nie en sy reputasie is baie goed, ek het net die Navara verkies. Soos Leon hierbo genoem het is die Navara sover bakkies gaan goed met diesel verbruik as ek myne met vriende se bakkies vegelyk en soos ek reeds gese het is die bakkie lekker sterk vir sleep. Ek sleep n Jurgens XT140 wat nou nie so swaar is soos van die groter karavane nie maar ek voel dit nie eers agter die bakkie nie. ek sleep gereeld op grondpad en sanderige paaie en het nog nooit 'n probleem met die 4 x 2 gehad nie. Dis my eerste A/T voertuig en ek kan nie glo dat ek nie lank terug al besluit het om hierdie rigting in te gaan nie. Die Nissan se tweedehandse waarde is nie so goed soos van die ander bakkies nie maar behalwe vir dit kan ek die bakkie met gemak aanbeveel.
Groete en voorspoed met wat jy ookal besluit.
Mazda BT50 word vanaf 2020 deur Isuzu gebou, en is nie meer ʼn Ford nie. Amarok is nou ʼn Ford.
Ek glo weer jy moet ņ vloot bestuurder of ń mechanic vra waaraan werk hy die meeste? N’ insleep diens geê ook ń eerlike antwoord.
Die eienaar van ń voortuig ry gewoonlik die beste voortuig op aarde.
Groete,
Paul
Oh my oh my, ek het nie eers aan die VW gedink.
Ek verstaan die VW is goed, maar dra die prys 'tag' saam met hom.
My laaste VW was my 1973 (1.6) Beetle wat ek in 1990 gekoop het. Was 'n kannie dood kar, al wou hy nie altyd start.
Toe ry 'n prokureer voor my in by Sterland (Sunnyside) bumber skade, blameer my nogal .......
Beetle verkoop aan 'n vriend en 'n Hi-Fi gekoop. Ok maak lekker dom as mens jonk is.
We leave in 5 minutes.....



